Nicci is 'n willewragtig op 'n bergfiets. Die heel lekkerste is om die seuns se
reaksie te sien wanneer hulle besef 'n meisie het vir hulle weggery. Tot die dag
wat Nicci wreed aangeval en van haar fiets beroof word. Haar wêreld tuimel
ineen. Wie sal so iets doen? Stuk-stuk pas Nicci en haar vriende Felicity en
Donovan die legkaart inmekaar, en wat hulle uitvind toets hulle geloof in hulle
medemens, en hulle eie waardes. Die boek daag ook geslags- en
verhoudingstereotipes speels en slim uit. Nicci is ewe goed in ballet en
bergfietsry, maar omdat sy 'n meisie is, verwag haar ouers en onderwysers dat sy
vanselfsprekend ballet sal kies. Haar oë gaan ook oop oor die ou op wie sy verlief
is, wat eintlik maar net 'n modelmooi meisie soek vir wie voorkoms en wat ander
mense van haar dink, mees belangrik is. Sy vind in Donovan 'n ware vriend wat
haar toelaat om haarself te wees.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!