Babette se pa gaan oorsee en sy moet by die vreemde tannie Theodora op
Rustfontein gaan bly. Sy voel gou tuis, veral toe sy die aantreklike Tiaan en
tannie Theodora se oulike hondjie ontmoet. Sy kan boonop haar sangtalent
uitleef in die plaaslike teater se musiekproduksie. Maar alles is nie pluis in die
dorp nie. Dit het iets te doen met die geskiedkundige begraafplaas op die bult en
die legende van die meisie in die maanlig. Wie is die vrou in die swart lykswa wat
Babette agtervolg? En waarom sien haar nuwe vriendin, Avani, ook die aaklige
toneel wat een middag haar kamer afspeel? Babette moet veg vir haar lewe
wanneer sy haar vasloop in 'n horde grillige zombies. Maar sal sy haar grootste
vrese kan oorkom?
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!