0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (43)
  • R50 - R100 (250)
  • R100 - R250 (960)
  • R250 - R500 (138)
  • R500+ (28)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie

Brand (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Brand (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R240 R206 Discovery Miles 2 060 Save R34 (14%) Ships in 4 - 8 working days

'n Storie oor obsessies. Arian en Estie is in Graad 11 in dieselfde skool. Na hulle op sosiale media vriende word, begin Estie vir Arian stalk: Aanlyn, en later ook in die werklikheid. Eers is hy vir haar net nog 'n misterieuse vreemdeling, maar soos wat sy hom dophou openbaar hy, onwetend, sy diepste geheime aan haar.

Maar Estie het geheime van haar eie, wat sy ten alle koste verberg, selfs toe sy en Arian later vriende word: Geheime wat haar haar enigste vriend kan kos.

Pollie poskabouter se lee possak (Afrikaans, Hardcover): Annelize Bester Pollie poskabouter se lee possak (Afrikaans, Hardcover)
Annelize Bester; Illustrated by Johann Strauss; Edited by Francois Maree
R90 R71 Discovery Miles 710 Save R19 (21%) Ships in 5 - 10 working days

"Dis weg! Dis weg!" kerm Talienkie tussen die trane deur. "'n Dief, 'n gemene, wrede dief in Droombos wat ons nog almal of wag, dalk is dit die grondmonster". Diep, diep in die hart van Droombos, daar waar net bosdiertjies, feetjies en kabouters woon en waar kindertjies net in hul drome kan kom, gebeur allerhande dinge in en om Ou Knoetsboom in hierdie splinternuwe eg Afrikaanse reeks.

Asterix en die Noormanne (Afrikaans, Paperback): Rene Goscinny Asterix en die Noormanne (Afrikaans, Paperback)
Rene Goscinny; Illustrated by Albert Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois 1
R190 R159 Discovery Miles 1 590 Save R31 (16%) Ships in 4 - 8 working days

Olaf Grotentaf, die gevreesde leier van die Noormanne, ken geen vrees nie. Daarom wil by 'n bangbroek leer wat vrees is, want hy dink dit laat 'n mens vlieg. Hy en sy manne doen aan by die Galliese kus en ontvoer vir Spiekerix, Allamapstix se kleinneef. Hy moet hulle leer wat vrees is. Weer eens moet Asterix en Obelix inspring om hul hoofman se nefie te red.

Die Silwer Stoel (Afrikaans, Paperback): C. S. Lewis Die Silwer Stoel (Afrikaans, Paperback)
C. S. Lewis; Translated by Kobus Geldenhuys
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 4 - 8 working days

Net toe Jill Pole na die langste en goorste skoolkwartaal in haar lewe begin opsien, gebeur iets magies: Sy en Eustace Scrubb beland in Narnia! Aslan gee aan hulle vier tekens en 'n opdrag: om Prins Rilian, wat jare gelede spoorloos verdwyn het, op te spoor en terug te bring na Kair Paravel. Ongelukkig is die kinders so meegevoer deur hulle nuwe omgewing dat die eerste drie tekens heeltemal by hulle verbygaan. Sal hulle die vierde teken ook mis – of sal hulle daarin slaag om Prins Rilian met sy sterwende vader te herenig? Die silwer stoel, briljant vertaal deur Kobus Geldenhuys, verskyn hiermee vir die heel eerste keer in Afrikaans.

Agent Alex 3 - Visvang Verbode!: Boek 3, Boek 3 (Afrikaans, Paperback): Justin Richards Agent Alex 3 - Visvang Verbode!: Boek 3, Boek 3 (Afrikaans, Paperback)
Justin Richards; Translated by Amelia de Vaal
R139 Discovery Miles 1 390 Ships in 4 - 8 working days

Die derde boek in die reeks oor Agent Alex se avonture by Spioenkop Akademie. Die verfoeilike POEV-organisasie het 'n geheime basis onder die visdam by Alex se skool ingerig en bied nou kammakastig visvanglesse aan om inligting te versamel! Alex en sy vriende ruik sommer dadelik rot (of eerder: vis!) - maar kan hulle 'n plan beraam om POEV se geheime sending in die wiele te ry?!

Asterix in Britannie (Afrikaans, Paperback): Rene Goscinny Asterix in Britannie (Afrikaans, Paperback)
Rene Goscinny; Illustrated by Albert Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R190 R159 Discovery Miles 1 590 Save R31 (16%) Ships in 4 - 8 working days

Britannie is in die mag van die Romeine, maar een dorpie bied nog dapper weerstand. Hulle posisie is egter benard. Asterix en Obelix is natuurlik gretig om te help en hulle reis met ’n vaatjie vol van Kasterolix se brousel saam met Sturefax, 'n kleinneef van Asterix, na Britannie. Hulle trotseer mis, reen, lou garsbier en gekookte wildevark met kruisementsous. Ongelukkig verloor hulle die vat met towerdoepa en dit is ’n stryd teen die Romeinse goewerneur Cosus Oppiprimus oor wie eerste die vat in die hande gaan kry...

Strand Toe (Afrikaans, Hardcover): Thomas Docherty Strand Toe (Afrikaans, Hardcover)
Thomas Docherty
R44 Discovery Miles 440 Ships in 4 - 8 working days
Die Avonture van Kuifie - Kuifie in Amerika (Afrikaans, Paperback): Herge Die Avonture van Kuifie - Kuifie in Amerika (Afrikaans, Paperback)
Herge; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.

Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as ’n bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi).

In Kuifie in Amerika reis Kuifie en Spokie na Chicago om die stad se bendes vas te trek. Met sy aankoms kry hy reeds te doen met die berugte Al Capone en twee van sy trawante. Hy ontmoet ook Capone se teenstander, die bendeleier Bobby Smiles.

Die bendes doen alles in hulle vermoë om hom te stuit: Hulle probeer hom vergiftig en verdrink, ontvoer vir Spokie en oortuig die Indiane in ’n nabygeleë reservaat dat Kuifie hulle vyand is. Sal Kuifie die stryd teen die bendes wen of gaan hy en Spokie in die Slift-fabriek se blikkieskos opeindig?

Hoephoepieland - Tien Omgeestories Met Hart (Afrikaans, Paperback): Ronel van der Watt Hoephoepieland - Tien Omgeestories Met Hart (Afrikaans, Paperback)
Ronel van der Watt
R200 R156 Discovery Miles 1 560 Save R44 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie spesiale kinderboek bevat tien omgeestories met hart.

Elke kind in juffrou Ansie se klas by Hoephoepieland het ’n eie storie wat in uitdagende omstandighede binne ’n multikulturele Suid- Afrikaanse konteks afspeel. Die situasies wissel van trauma (’n taxi-ongeluk, vreemdelingehaat, ’n huis wat afbrand en gesinsgeweld), mediese toestande (kongenitale hartdefek, ’n aansteeklike longsiekte en serebrale verlamming) tot verskillende gesinsamestellings (aanneming en ’n afwesige vader). Die outeur pak gewigtige kwessies met deernis, sensitiwiteit en fyn humor aan.

Die boek maak kinders bewus van ander se lewensomstandighede en help om hulle kapasiteit vir empatie te ontwikkel. Daar is ook agtergrondinligting oor elke storie se spesifieke tema asook vrae om oor te gesels.

Jessie die Kameelperd Soek Werk (Afrikaans, Paperback): Malie Olivier Jessie die Kameelperd Soek Werk (Afrikaans, Paperback)
Malie Olivier
R139 Discovery Miles 1 390 Ships in 7 - 10 working days
Brug na Terabithia (Afrikaans, Paperback): Katherine Paterson Brug na Terabithia (Afrikaans, Paperback)
Katherine Paterson; Translated by Kobus Geldenhuys
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 4 - 8 working days

Jess Aarons se grootste droom is om die vinnigste in sy graad te hardloop. Hy het die hele somervakansie geoefen en kan nie wag om sy klasmaats se gesigte te sien wanneer hy hulle almal wen nie.

Maar op die eerste skooldag is ’n nuwe meisie dapper genoeg om die seuns aan te durf en boonop almal uit te stof.

Dis nie ’n baie belowende begin vir ’n vriendskap nie, maar Jess en Leslie Burke word onafskeidbaar. Saam skep hulle Terabithia, ’n magiese koninkryk in die woud waar hulle twee as koning en koningin heers.

Dan is daar eendag ’n verskriklike tragedie.

Eers wanneer Jess hierdie tragedie begin verwerk, besef hy uiteindelik hoeveel krag en moed Leslie vir hom gegee het.

Rowley Jefferson Se Vreeslike Vriendelike Spookstories (Afrikaans, Paperback): Jeff Kinney Rowley Jefferson Se Vreeslike Vriendelike Spookstories (Afrikaans, Paperback)
Jeff Kinney
R190 R149 Discovery Miles 1 490 Save R41 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Gryp ’n flitslig, trek die beddegoed oor jou kop en verdiep jou in Rowley Jefferson se verwronge verbeelding , wat onverwags ook skreeusnaaks is. Jy sal jou vasloop in zombies, vampiere , spoke en veel meer in hierdie komies vreesaanjaende verhale.

Rowley se spookstories sal jou dalk laat lag, maar pasop dalk sal jy met die lig aan wil slaap

Breuk Onder Die Uile (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Cor Dirks Breuk Onder Die Uile (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Cor Dirks
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 4 - 8 working days

Wat niemand ooit sou glo nie, het toe wel gebeur: 'n skeuring onder die Uile-geledere. Berrie is die een wat uit die hegte kringetjie wegbreek het. Met krieket kan hy en Philip nog saam speel sonder om werklik saam te werk. Maar toe breek die rugbyseisoen en daardie belangrike naelbyterwedstryd teen Excelsior aan.

Die Bootjie (Afrikaans, Hardcover): Thomas Docherty Die Bootjie (Afrikaans, Hardcover)
Thomas Docherty
R110 Discovery Miles 1 100 Ships in 4 - 8 working days
Die Avonture van Kuifie: Verkenners op die Maan (Afrikaans, Paperback): Herge Die Avonture van Kuifie: Verkenners op die Maan (Afrikaans, Paperback)
Herge; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

In hierdie opvolg tot Bestemming maan vlieg Kuifie, Spokie en kaptein Sardijn onder leiding van professor Sonneblom die ruimte in met ’n vuurpyl. Hulle avontuur raak nóg gevaarliker wanneer hulle op die maan land. Ten spyte van ’n hele paar noue ontkomings maak hulle wel groot wetenskaplike ontdekkings. Hulle wonder egter of hulle ooit weer die aarde veilig sal bereik.

Klein Boek - 6 Boekpak 2 (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Klein Boek - 6 Boekpak 2 (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Klein boekies, maar hope pret!Fanie Viljoen se klein boekies is propvol fantastiese feite en interessante inligting oor speelgoed, modes, poetse en daar is selfs een wat jou kind sal help om die familie se hond toertjies te leer. Hierdie reeks verseker ure en ure se vermaak - en dis nou in bokspakke beskikbaar!

Toepa-Toepa Towery (Afrikaans, Hardcover): J.F. Spies, Piet Grobler Toepa-Toepa Towery (Afrikaans, Hardcover)
J.F. Spies, Piet Grobler
R54 Discovery Miles 540 Ships in 4 - 8 working days
Harry Potter en die Beker Vol Vuur (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Beker Vol Vuur (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R335 R288 Discovery Miles 2 880 Save R47 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die Drietowenaarstoernooi vind by Hogwarts plaas. Slegs towenaars wat ouer as sewentien is, mag inskryf – dit keer Harry egter nie om te droom dat hy die kompetisie eendag sal wen nie. Maar toe die Beker Vol Vuur op Allerheiligeaand die kampioene aanwys, is Harry verstom om te ontdek sy naam is een van dié wat uitgesoek word. Hy moet lewensgevaarlike take uitvoer en drake en Donker towenaars trotseer . . . Maar met sy beste vriende Ron en Hermione aan sy kant, mag hy dit dalk net oorleef . . .

Die Vermaaklike Lewe Van Tyl Uilspieel (Afrikaans, Hardcover): Pieter W. Grobbelaar Die Vermaaklike Lewe Van Tyl Uilspieel (Afrikaans, Hardcover)
Pieter W. Grobbelaar
R191 Discovery Miles 1 910 Ships in 4 - 8 working days

Tyl Uilspieel se storie is reeds vir honderde jare bekend aan Europeers. Het hy regtig geleef? Niemand weet nie, maar daar is talle stede in Europa waar 'n mens sy spore kan navolg. Feit bly staan dat kinders dol sal wees oor sy avonture, flaters en foppery. Ouer lesers sal weer die pikareske aard van die vertelling waardeer - en glimlag vir die universele waarheid wat daaragter skuil.

Die Uile in Die Gimnasium (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Uile in Die Gimnasium (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 4 - 8 working days
Fanie Se Veldskooldae (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Fanie Se Veldskooldae (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R158 Discovery Miles 1 580 Ships in 4 - 8 working days

Fanie is nou 14 jaar oud en sy pa besluit dis tyd dat hy die plaasskool moet verlaat en verder in die veldskool moet gaan leer. En die uitdagings van die veldskool raak Fanie soms byna baas - hy moet sommer gou leer om te skiet vir die pot, hy moet die luiperds wat sy pa se skape vang, die skrik op die lyf jaag, hy moet wilde-eende jag op 'n kwaai oom se plaas en hy moet 'n week lank saam met twee Zoeloes in die berge langs die Pongolarivier oorleef. Naas die fisiese uitdagings moet hy ook respek vir ander kulture leer - die Engelse wereld van sy vriendinnetjie Jekkie en haar pa en die Zoeloewereld van sy jagmaats. Hy leer ook hoe delikaat die verhoudings tussen mense en tussen die verskillende natuurdinge is wanneer hy bewus raak van die gevolge van sy optrede teenoor koggelmanders, skerpioene en muishonde.

Katjies in Nood (Afrikaans, Staple bound): Isabella Camino, Delphine Lacharron Katjies in Nood (Afrikaans, Staple bound)
Isabella Camino, Delphine Lacharron; Illustrated by Isabella Camino; Fantasi Fantasi
R50 R39 Discovery Miles 390 Save R11 (22%) Ships in 5 - 10 working days
Bitterbosbende 3: Die Grafsangers (Afrikaans, Paperback): Anzil Kulsen Bitterbosbende 3: Die Grafsangers (Afrikaans, Paperback)
Anzil Kulsen
R165 R142 Discovery Miles 1 420 Save R23 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die Bitterbosbende besluit om in die skoolkoor te sing. Maar meneer Louw is nie die vriendelikste nie en boonop is daar nuwe koorlede wat Kurt nog nooit in die skool opgemerk het nie en wat blykbaar vir die res van die bende onsigbaar is. Dan ontdek Nieke 'n stuk papier met snaakse simbole, amper soos bladmusiek, in haar geskiedenisboek. Nieke en Kurt besef hulle droom albei oor onaardse aaklige musiek, en 'n koor van kinders geklee in swart, met aardige groot koppe . . .

Die Ware Wenner (Afrikaans, Paperback): Martin Schwella Die Ware Wenner (Afrikaans, Paperback)
Martin Schwella
R150 R117 Discovery Miles 1 170 Save R33 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Wen is iets, maar verloor is alles. Die klassieke verhaal van die Haas en die Skilpad is herskryf in ‘n vars nuwe avontuur met ‘n nuwe les! Die vriende, Skillie & Haas, neem deel aan die groot wedloop end it word hulle grootste toets. Die Ware Wenner gee ‘n nuwe betekenis aan wat dit beteken om te wen en heg baie waarde aan integriteit en vriendskap. Hierdie storie is nie oor wen of verloor nie, maar oor ‘n ware wenner

Dagboek Van 'n Wimpy Kid 17 - Oorvol Duk (Afrikaans, Paperback): Jeff Kinney Dagboek Van 'n Wimpy Kid 17 - Oorvol Duk (Afrikaans, Paperback)
Jeff Kinney
R195 R153 Discovery Miles 1 530 Save R42 (22%) Ships in 5 - 10 working days

In Oorvöl Duk vind Greg Heffley uit dat die roete na roem en glorie met ’n paar uitdagings gepaard gaan. Toe hy besluit het om saam met sy tienerbroer, Rodrick, se musiekgroep, Földoek, op toer te gaan het Greg nie besef waarvoor hy homself inlaat nie. Maar hy vind vinnig uit dat die laat aande, onbetaalde gigs, gevegte tussen mekaar en geldprobleme als deel van die rock-en-rol leefstyl is.

Kan Greg vir Földoek help om die legendes te word wat hulle dink hulle is? Of gaan te veel tyd saam met Rodrick se musiekgroep ’n stink tyd word?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Onderwereld
Fanie Viljoen Paperback R230 R165 Discovery Miles 1 650
Donkerster
Annerle Barnard Paperback R240 R185 Discovery Miles 1 850
Harry Potter en die Kamer van…
J. K. Rowling Paperback R250 R215 Discovery Miles 2 150
Twa Die Tydloper
Anoeschka Von Meck Paperback R320 R250 Discovery Miles 2 500
Quinn se Jaar van Kwik
Zelda Bezuidenhout Paperback R260 R224 Discovery Miles 2 240
Anderkant Die Blou
Zelda Bezuidenhout Paperback R160 R138 Discovery Miles 1 380
Dagboek Van 'n Wimpy Kid 18 - Leekoppie
Jeff Kinney Paperback R195 R153 Discovery Miles 1 530
Die Woud Van Sneeu & Ys
Frenette van Wyk Paperback R270 R232 Discovery Miles 2 320
Sondag Steel jy my Hart
Cecilia Steyn Paperback R220 R189 Discovery Miles 1 890
Perde-omnibus 1: 3-in-1 - Sonder…
Marga Jonker Paperback R250 R215 Discovery Miles 2 150

 

Partners