0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (36)
  • R50 - R100 (204)
  • R100 - R250 (1,093)
  • R250 - R500 (221)
  • R500+ (30)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie

Padda en die voelgesang (Afrikaans, Hardcover): Max Velthuijs Padda en die voelgesang (Afrikaans, Hardcover)
Max Velthuijs; Illustrated by Max Velthuijs
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 4 - 8 working days

Een pragtige herfsdag ontdek Padda ’n pikswart lyster wat roerloos op die grond le. Baie bekommerd wonder hy en sy vriende wat die voel makeer. Padda en die voelgesang is 'n storie vol pret en pragtige illustrasies, maar bevat ook 'n lewensles. In hierdie treffende verhaal maak die diere op ’n eenvoudige dog mooi manier met die dood kennis en besef hulle hoe ’n groot voorreg dit is om te lewe.

Klein Boek - 6 Boekpak 2 (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Klein Boek - 6 Boekpak 2 (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Klein boekies, maar hope pret!Fanie Viljoen se klein boekies is propvol fantastiese feite en interessante inligting oor speelgoed, modes, poetse en daar is selfs een wat jou kind sal help om die familie se hond toertjies te leer. Hierdie reeks verseker ure en ure se vermaak - en dis nou in bokspakke beskikbaar!

Maroelaboomstories (Afrikaans, Paperback): Leon De Villiers Maroelaboomstories (Afrikaans, Paperback)
Leon De Villiers; Illustrated by Linki Lutz
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Herleef ou gunstelinge uit die maroelaboom

Elke aand teen skemer klim die trop bobbejane tot bo in die groot maroelaboom. Dit is hulle gunsteling slaapboom. Almal klim en klouter op soek na die gemaklikste slaapplek.

Die klein bobbejaantjies wil eers gou nog gryp-en-knyp speel, maar die groot bobbejane raas kwaai.

Die son sak vinnig en die nag is op pad ... Wil jy ook soos die klein bobbejaantjies weet waarom olifante nie in neste woon nie, waar koedoes aan hul gedraaide horings kom en hoe buffels hulle strepe verloor het?

Dan is hierdie storiebundel met 15 diereverhale net vir jou!

Hierdie heruitgawe van Leon de Villiers se oorsponklike diereverhale is deur die talentvolle kunstenaar Linki Lutz geïllustreer.

Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 4 - 8 working days
Die laggende prinses (Afrikaans, Paperback): R. Hunt, A. Brychta Die laggende prinses (Afrikaans, Paperback)
R. Hunt, A. Brychta
R149 Discovery Miles 1 490 Ships in 6 - 10 working days

Die titel in hierdie fase verskaf 'n voortsetting van die populere "towersleutel"-stories uit Fase 5. Dit bevat sorgvuldig beheerde sinstruktuur, moedig voorspelling aan deur nou verwante teks en illustrasies, verskaf die ideale aanvangspunte vir onderwerpwerk en ontwikkel strategiee vir onafhanklike lees.

Kol Pienk Vlak Jaap Se Boek: Gr 1: Reader (Afrikaans, Paperback): Thomas Nelson & Sons Ltd Kol Pienk Vlak Jaap Se Boek: Gr 1: Reader (Afrikaans, Paperback)
Thomas Nelson & Sons Ltd
R77 Discovery Miles 770 Ships in 6 - 10 working days

Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic

Die Hobbit (Afrikaans, Paperback): J. R. R. Tolkien Die Hobbit (Afrikaans, Paperback)
J. R. R. Tolkien; Translated by Janie Oosthuysen 1
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 4 - 8 working days

Wanneer Bilbo Baalens uit sy gerieflike hobbitgat weggevoer word deur Ghandalf die towenaar en dertien vrypostige dwerge, word hy onverwags meegesleur in ’n samesweerdery om die dwerge se verlore skatte terug te steel by Smaug die Vreeslike: ’n reusagtige en baie gevaarlike draak … Die hobbit is al vir tagtig jaar lank een van die mees geliefde fantasieverhale ter wereld en word met reg as ’n klassieke werk beskou.

Die Sokker-Fiasko (Afrikaans, Paperback): Andre Trantraal Die Sokker-Fiasko (Afrikaans, Paperback)
Andre Trantraal
R65 R61 Discovery Miles 610 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die opwindende avonture van Keegan en Samier.

Ontmoet vir Keegan en Samier. Hulle is beste vriende en Samier se tweelingsussie, Samia, kuier ook gewoonlik saam. Dan is daar ook Jenni-Lee, Keegan se klein sussie, en Keegan se slim en streng ouma. Saam het hierdie vriende hope heerlike avonture! Ongelukkig is Brent Petersen, die klasboelie, altyd daar om dinge bietjie te versuur …

Hierdie splinternuwe reeks, geskryf en geïllustreer deur André Trantraal, is perfek vir beginnerlesers. Die stories is eenvoudig, identifiseerbaar en geskryf met 'n lekker pas wat lesers se aandag sal hou.

Die sokker-fiasko.

Keegan, Samier en Samia gaan speel sokker in die parkie. Daar kry hulle vir Ghielie en sy nefies en saam speel hulle 'n heerlike spel. Samia is 'n uitstekende sokkerspeler! Maar dan kom Brent Petersen daar aan - en hy wil glad nie saam met 'n meisie sokker speel nie! Sal hulle nog steeds almal kan sokker speel of gaan Brent die hele dag bederf?

Die Koning se Toets (Afrikaans, Paperback): Melvyn Naidoo, Diamond Adebowale Die Koning se Toets (Afrikaans, Paperback)
Melvyn Naidoo, Diamond Adebowale
R278 Discovery Miles 2 780 Ships in 10 - 15 working days
Wolk (Afrikaans, Paperback): Hannes Barnard Wolk (Afrikaans, Paperback)
Hannes Barnard
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wat gebeur as jy die apokalips misloop? Rufus (eintlik Ruth) en Xandr het pas graad 10 klaargemaak en hulle ken mekaar van kleintyd af. Voordat Rufus en haar gesin die land verlaat besluit hulle om vir oulaas ’n baie belangrike eerste saam te beleef. Sal hulle die plan kan deurvoer?

Vaandeldraers Boekpak - Vrouehelde Van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback, Boxed set): Wendy Maartens Vaandeldraers Boekpak - Vrouehelde Van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback, Boxed set)
Wendy Maartens; Illustrated by Linki Brand
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vrouehelde van Suid-Afrika

Vaandeldraers; vrouehelde; inspirerende vroue van Suid-Afrika. Hierdie besonderse reeks bevat die verhale van 12 vrouens wat verdien om gevier te word; vrouens wat enigeen sal inspireer. Van bekende vrouens soos Thuli Madonsela, Caster Semenya en Vanessa Govender, tot meer onbesonge helde soos Grizelda Grootboom en Suna Venter.

Met unieke, kleurvolle illustrasies deur Linki Brand, is hierdie reeks ’n moet-hê vir elke jong leser. Die boeke is individueel te koop, of in ’n pragtige bokspak wat ’n ware versamelaarsitem is.

Bastian Blom En Die Woedende Weerwolf (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Bastian Blom En Die Woedende Weerwolf (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Linki Brand
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank ’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op die boonste verdieping.

Bastian versamel graag vreemde goed, soos:

  • valstande,
  • ou brille,
  • posseëls met vlermuise op, (Hy het nog net dertien – daar is nie baie seëls met vlermuise op nie.)
  • skilderye van katte, (Hiervan hou Cheddar, sy troetelrot, glad nie.)
  • porselein-uile,
  • en boeke met spookstories.

Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture!
Thomas@: Omnibus (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo Thomas@: Omnibus (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo
R300 R192 Discovery Miles 1 920 Save R108 (36%) In Stock

Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinder- en jeugboekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuurbelaaide topverkoper-reeks verskyn, sommige titels is in Engels vertaal, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot ’n TV-reeks op kykNET gelei. Die gewilde Thomas@-stories in nou in ’n reeks waarde-vir-geld-omnibusse beskikbaar. Hierdie omnibus bevat vier titels:

[email protected]

Thomas en sy vriende gaan op ? rugby- en netbaltoer na Namibië en kort voor lank is hulle weer kniediep in die moeilikheid wanneer hulle op die spookdorp, Kolmanskop, eiehandig ’n groep diamantsmokkelaars probeer aankeer.

[email protected]

Thomas se lewe suig harder as ’n stofsuier. Hy is (alweer) in die moeilikheid by die skoolhoof. Nou moet hy mure verf en allerhande goor werk by die skool doen om te keer dat ou Oros-man hom uit die skool skop. Boonop voel dit ook asof sy vriende hom in die rug steeks wanneer hulle ’n band begin sonder om hom eens daarvan te sê. Maar toe sy vriende hulle band inskryf vir ’n rock-kompetisie, raak dit duidelik dat hulle nie die enigste groep is wat die kompetisie wil wen nie. En iemand besluit hy sal enigiets doen om te wen – selfs al beteken dit dat iemand anders kan seerkry …

[email protected]

Nadat Thomas laat een aand ’n geheimsinnige gesprek afluister, is hy doodseker sy pa is bang vir iets of iemand. Wie is die geheimsinnige Rus van wie hulle gepraat het? En waarom het Thomas en sy gesin skielik ekstra beskerming nodig?

[email protected]

Thomas hoor toevallig hoe twee mans planne beraam om ’n besending onwettige vuurwapens van die hawe tot in die hartjie van Kaapstad te kry. Thomas word in die onderwêreld van Kaapstad vasgekeer – en niemand wat weet waar hy is nie …

Professor Fungus Omnibus 1 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Professor Fungus Omnibus 1 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Johann Strauss
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en maak van nader kennis met zombie-tamaties, ’n klomp vreesaanjaende visse, ’n skrikwekkende monster wat die Snotzilla genoem word … en beleef ’n asemrowende miniatuur-avontuur. Vyf fantastiese Professor Fungus-stories in een boek!

Fanie Word Grootwildjagter (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Fanie Word Grootwildjagter (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 4 - 8 working days

Fanie is nou 'n bietjie ouer en sy pa reken dis tyd om hom alleen saam met die Zoeloes op 'n jagtog te stuur. Met 'n splinternuwe jaggeweer oor die skouer vertrek Fanie in die rigting van die Swart-Mfoloz. In die ongerepte Bosveld moet Fanie groot besluite neem: 'n Goeie skoot of regte besluit kan die verskil maak tussen lewe en dood. Hartsake kwel hom ook. Met die moontlikheid van oorlog tussen Boer en Brit wat swaar op sy skouers druk, moet hy kies aan wie sy hart gaan behoort: Die Engelse meisie, Jekkie, of Soekie, 'n Boerenooientjie. Soos die weke in die Bosveld verbygaan, ontluik die wispelturige seun in 'n verantwoordelike jong man.

Suurlemoen! - 'n Storie oor Liefde, Rock en 'n Tuinkabouter (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Suurlemoen! - 'n Storie oor Liefde, Rock en 'n Tuinkabouter (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Elsabe Milandri 1
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Suurlemoen! is 'n boek propvol humor en tiener-intriges. Dit is 'n lekker ontspanningsoek wat mens met die ligte trant bekoor waarmee dit geskryf is. Die inhoud is bekend, maar wat die boek 'n onvergeetlike leeservaring maak is die nuwe manier waarmee dit aangebied word.

Die verskillende mediums wat deur Jaco Jacobs gebruik word in hierdie boek is 'n welkome verandering van die gewone tienerverhaal. Die visuele elemente komplimenteer die teks op elke moontlike geleentheid. Die einde word slegs deur die verskillende mediums bewerkstellig en alhoewel dit moontlik vir sommige lesers nie bevredigend genoeg sal wees nie, is dit steeds 'n innoverende manier om die boek te eindig. In hierdie geval is dit werklik so: "A picture is worth a thousand words."

Die verhaal begin met 'n humoristiese insident met lipstiffie en Mozart. Dit lei tot die ontstaan van die vier hoofkarakters, Tiaan, Zane, Bongani en Liezl, se band. Zane, soos Tiaan hom beskryf, is die moeilikheidmagneet wat baie vinnig verlief raak. Hy is spontaan en gee glad nie om as al die aandag op hom is nie. Bongani aan die ander kant is 'n karakter wat glad nie nonsens vat nie en die rigting aangee vir die band net soos sy die pas aangee op die tromme. Liezl is die slim en mooi meisie met die goue stem wat Tiaan en Zane se voete onder hulle uitslaan. Tiaan is weer effens skaam met 'n romantiese streep en 'n passie vir foto's en Post-It-Plakkers. Tiaan het ook 'n meer kreatiewe kant as Zane en vind dit moeiliker om oor sy emosies te praat. Dit alles saam is 'n resep vir moeilikheid en liefde.

Tiaan is die interne verteller en fokalisator. Dit maak dit moontlik om al die foto's en plakkers te gebruik aangesien die skrywer hierdie metode gebruik om Tiaan se gedagtes bekend te maak. Dit bevorder ook identifikasie tussen die tienerleser en die karakter van Tiaan. Tiaan is die gemiddelde ou met die mal vriend wat al die aandag kry. Hy en sy beste vriend wil soos alle tieners 'n band begin en dieselfde meisie hê. Die situasies in die boek is iets waarmee tieners werklik te doen kry en daarom kan hulle met hierdie karakter op 'n persoonlike vlak identifiseer. Tiaan word uitgebeeld op verskeie maniere sonder om dit oordrewe of selfbehep te laat lyk.

Die skoolruimte wat in die boek gebruik word is nog 'n element waarmee die tiener kan identifiseer. Die skool-politiek wat na vore kom in die karakters soos Frik Venter, Cecile en Linette, maak die ruimte geloofwaardig en interessant. Randkarakters soos hierdie gee ook 'n dieper kykie in die skool-dinamiek en soeke na aanvaarding en populariteit uit wat tieners daagliks ervaar.

Saam met die ruimte en karakters speel die taal en veral humor 'n groot rol in die verhaal. Die taal is op die tienervlak. Engelse woorde word wel gebruik, maar soos die gemiddelde tiener dit sou gebruik, dit is egter funksioneel sonder dat dit wemel van slang woorde wat geen gewig dra nie. Die humor word op so 'n manier geïnkorporeer in die verhaal dat dit op die kritiese oomblikke gebeur wat nie net spanning verlig nie, maar ook die boek 'n ligter toon gee. Wat die humor nog meer genotvol maak is dat dit reg deur die hele boek loop en nie net losstaande insidente is nie. Mens verwag met hierdie karakters dat iets skreeusnaaks gaan gebeur, en dit gebeur weer en weer. Dit klink dalk nie realisties om 'n skool se radiostasie gyselaar te hou nie maar alles is moontlik op hoërskool. Tipiese gebeure soos die rumoer kompetisie en die liefdesdriehoek is meer tradisioneel en dus ook vanselfsprekend geloofwaardige gebeure waarmee die tiener kan identifiseer. Wat hierdie normale gebeure kleur gee is hoe die karakters die situasies hanteer.

Suurlemoen! is 'n lekker boek vir die tiener en selfs vir volwassenes wat wonder wat in die tienerwêreld aangaan of vir die leser wat 'n boek net wil geniet.

Stoute Papegaai En Ander Stories (Afrikaans, Paperback): Thomas Nelson & Sons Ltd Thomas Nelson & Sons Ltd Stoute Papegaai En Ander Stories (Afrikaans, Paperback)
Thomas Nelson & Sons Ltd Thomas Nelson & Sons Ltd
R170 Discovery Miles 1 700 Ships in 6 - 10 working days

Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic

Die Avonture Van Kaptein Onderbroek (Afrikaans, Paperback): Dav Pilkey Die Avonture Van Kaptein Onderbroek (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey; Translated by Kobus Geldenhuys
R215 R202 Discovery Miles 2 020 Save R13 (6%) Ships in 4 - 8 working days

George en Harold het die grootste superheld in die geskiedenis van hulle laerskool geskep – en nou gaan hulle lewe aan hom gee! Ontmoet kaptein Onderbroek! Sy ware identiteit is só ’n groot geheim dat selfs hý nie weet wie hy is nie!

Lees hierdie reeks deur dieselfde skrywer as Hondman. Skreeusnaaks en perfek vir eerste of trae lesers!

Lukas Bou 'n Superkar (Afrikaans, Paperback): Peti Troskie Lukas Bou 'n Superkar (Afrikaans, Paperback)
Peti Troskie; Illustrated by Hjalmar Pretorius
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wat kry jy as jy die volgende bymekaarsit?

Een Lukas, ‘n spul blokkies, een beste maat, ‘n boelie, ‘n kwaai juffrou en ‘n verlore wiskundeboek?

‘n Superkar!

Jakkals En Kraai En Die Stuk Kaas (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Jakkals En Kraai En Die Stuk Kaas (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Nicolene Louw
R65 R61 Discovery Miles 610 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy jou kind kan gee! Die Ek lees self-reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Die prettige, bekostigbare dierestories sal ure se leesvermaak verskaf. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker.

Z is vir Zackie: Die dieretuin - Die dieretuin (Afrikaans, Paperback, 2nd edition): Jaco Jacobs Z is vir Zackie: Die dieretuin - Die dieretuin (Afrikaans, Paperback, 2nd edition)
Jaco Jacobs; Illustrated by Alex van Houwelingen
R70 R66 Discovery Miles 660 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers – en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeilikheidmaker Anton en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak dit hope pret om te leer lees!

Saartjie Die Spinnekop Met Sewe Bene (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Saartjie Die Spinnekop Met Sewe Bene (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die idee vir hierdie pragtig geïllustreerde boek het gespruit uit die behoefte wat die skrywer gehad het om kennis aan kinders oor te dra oor wesens, soos insekte, wat hul omgewing deel. Hierdie prenteboek lei kinders se denke in 'n rigting oor hoe om hierdie klein wesens te respekteer.

Om die vrees vir spinnekoppe aan te spreek, het die skrywer hierdie avontuurstorie oor die oulike spinnekop met die naam Saartjie geskep. Die storie wys daarop dat sommige spinnekoppe onskadelik is en dat hulle, en baie ander kreatuurtjies in die natuur, nie die behandeling verdien wat mense hulle gee nie.

Ben Se Been En By Die Tandaarts - Rooi Vlak: Gr 1: Reader (Afrikaans, Paperback): Thomas Nelson & Sons Ltd Ben Se Been En By Die Tandaarts - Rooi Vlak: Gr 1: Reader (Afrikaans, Paperback)
Thomas Nelson & Sons Ltd
R77 Discovery Miles 770 Ships in 6 - 10 working days

Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic

Magriet Die Stadshoender (Afrikaans, Paperback): Melanie Tait Magriet Die Stadshoender (Afrikaans, Paperback)
Melanie Tait; Illustrated by Linki Brand
R57 Discovery Miles 570 Ships in 7 - 11 working days

ʼn Stadshoender wat geraas maak! Nina kry ʼn spesiale geskenk vir haar verjaarsdag - ʼn hoender! Nina en Magriet is dadelik beste maats. Magriet gaan selfs elke dag ʼn eier lê. Maar iewers is daar ʼn eierdief ... In Magriet die stadshoender ontmoet lesers vir Nina en Magriet. Hierdie twee gaan saam op hope avonture. In Magriet hou konsert voer Nina en Magriet ʼn konsert op, maar Magriet se kekkel is weg ... Die Magriet-reeks is gebaseer op die ware avonture van die skrywer se dogter, Nin, en haar hoenders, Matilda en Siena!

thomas@ Omnibus 1 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo thomas@ Omnibus 1 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Drie adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus!

Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinderboekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuurbelaaide topverkoper-reeks verskyn, sommige titels is in Engels vertaal, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot 'n TV-reeks op kykNET gelei. Nou is drie van die gewilde Thomas@-stories in een waarde-vir-geld-omnibus beskikbaar:

[email protected]

Thomas is nie lus om te trek nie. Veral nie na 'n grillerige ou Victoriaanse huis nie. Sommer gou begin allerlei vreemde dinge in die nuwe huis gebeur. Thomas hoor geheimsinnige voetstappe voor sy kamerdeur, deure gaan onverklaarbaar oop en toe en sy rekenaar se drukker spoeg die een vreemde boodskap na die ander uit. Kan dit wees dat daar regtig 'n spook in die huis is? Saam met sy vriende, Hannes, Alex en Thabo, probeer Thomas die raaisel van die huis oplos ... 'n raaisel wat hulle in groot gevaar laat beland.

[email protected]

Thomas en Hannes kan nie wag om 'n nuwe rekenaarspeletjie te toets wat hulle by Harry van die Cyber Tiger-internetkafee gekry het nie. Maar iets is verkeerd met die speletjie. 'n Geheimsinnige skerpioen verskyn op die rekenaarskerm en Hannes is oortuig die speletjie is in werklikheid 'n gevaarlike rekenaarvirus. Hoe ver sal die skurke gaan om die virus terug te kry?

[email protected]

Thomas-hulle sien uit na 'n wonderlike langnaweek by die see. Maar dan begin dinge lelik skeefloop: Thomas ontdek 'n deurtjie in die vloer van hulle strandhuis, en dit lei reguit na die skuilplek van die gevaarlike perlemoensmokkelaar Sharky Fortuin ...

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Nelson Mandela - Portrait Of An…
Richard Stengel Paperback  (1)
R446 R402 Discovery Miles 4 020
A Research Agenda for Corporations
Christopher May Hardcover R2,666 Discovery Miles 26 660
The Outlines of a New Commentary on…
Thomas Harmer Paperback R603 Discovery Miles 6 030
Research Handbook on Intellectual…
Niklas Bruun, Marja-Leena Mansala Hardcover R5,443 Discovery Miles 54 430
The Ecology of Tax Systems - Factors…
Vito Tanzi Paperback R1,003 Discovery Miles 10 030
By Himself - The Authorised Book Of…
Nelson Mandela Paperback R220 R200 Discovery Miles 2 000
Broken Country
Clare Leslie Hall Paperback R395 R353 Discovery Miles 3 530
The History of the Decline and Fall of…
Edward Gibbon Paperback R639 Discovery Miles 6 390
13-Minute Murder
James Patterson Paperback  (1)
R215 R199 Discovery Miles 1 990
Multibody Mechatronic Systems…
Joao Carlos Mendes Carvalho, Daniel Martins, … Hardcover R8,816 R7,023 Discovery Miles 70 230

 

Partners