Herleef ou gunstelinge uit die maroelaboom
Elke aand teen skemer klim die trop bobbejane tot bo in die groot maroelaboom. Dit is hulle gunsteling slaapboom. Almal klim en klouter op soek na die gemaklikste slaapplek.
Die klein bobbejaantjies wil eers gou nog gryp-en-knyp speel, maar die groot bobbejane raas kwaai.
Die son sak vinnig en die nag is op pad ... Wil jy ook soos die klein bobbejaantjies weet waarom olifante nie in neste woon nie, waar koedoes aan hul gedraaide horings kom en hoe buffels hulle strepe verloor het?
Dan is hierdie storiebundel met 15 diereverhale net vir jou!
Hierdie heruitgawe van Leon de Villiers se oorsponklike diereverhale is deur die talentvolle kunstenaar Linki Lutz geïllustreer.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!