0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (43)
  • R50 - R100 (257)
  • R100 - R250 (967)
  • R250 - R500 (135)
  • R500+ (28)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie

Die Uile in Die Gimnasium (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Uile in Die Gimnasium (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 4 - 8 working days
Fanie Se Veldskooldae (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Fanie Se Veldskooldae (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R158 Discovery Miles 1 580 Ships in 4 - 8 working days

Fanie is nou 14 jaar oud en sy pa besluit dis tyd dat hy die plaasskool moet verlaat en verder in die veldskool moet gaan leer. En die uitdagings van die veldskool raak Fanie soms byna baas - hy moet sommer gou leer om te skiet vir die pot, hy moet die luiperds wat sy pa se skape vang, die skrik op die lyf jaag, hy moet wilde-eende jag op 'n kwaai oom se plaas en hy moet 'n week lank saam met twee Zoeloes in die berge langs die Pongolarivier oorleef. Naas die fisiese uitdagings moet hy ook respek vir ander kulture leer - die Engelse wereld van sy vriendinnetjie Jekkie en haar pa en die Zoeloewereld van sy jagmaats. Hy leer ook hoe delikaat die verhoudings tussen mense en tussen die verskillende natuurdinge is wanneer hy bewus raak van die gevolge van sy optrede teenoor koggelmanders, skerpioene en muishonde.

Katjies in Nood (Afrikaans, Staple bound): Isabella Camino, Delphine Lacharron Katjies in Nood (Afrikaans, Staple bound)
Isabella Camino, Delphine Lacharron; Illustrated by Isabella Camino; Fantasi Fantasi
R50 R39 Discovery Miles 390 Save R11 (22%) Ships in 5 - 10 working days
Bitterbosbende 3: Die Grafsangers (Afrikaans, Paperback): Anzil Kulsen Bitterbosbende 3: Die Grafsangers (Afrikaans, Paperback)
Anzil Kulsen
R165 R142 Discovery Miles 1 420 Save R23 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die Bitterbosbende besluit om in die skoolkoor te sing. Maar meneer Louw is nie die vriendelikste nie en boonop is daar nuwe koorlede wat Kurt nog nooit in die skool opgemerk het nie en wat blykbaar vir die res van die bende onsigbaar is. Dan ontdek Nieke 'n stuk papier met snaakse simbole, amper soos bladmusiek, in haar geskiedenisboek. Nieke en Kurt besef hulle droom albei oor onaardse aaklige musiek, en 'n koor van kinders geklee in swart, met aardige groot koppe . . .

Die Ware Wenner (Afrikaans, Paperback): Martin Schwella Die Ware Wenner (Afrikaans, Paperback)
Martin Schwella
R150 R117 Discovery Miles 1 170 Save R33 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Wen is iets, maar verloor is alles. Die klassieke verhaal van die Haas en die Skilpad is herskryf in ‘n vars nuwe avontuur met ‘n nuwe les! Die vriende, Skillie & Haas, neem deel aan die groot wedloop end it word hulle grootste toets. Die Ware Wenner gee ‘n nuwe betekenis aan wat dit beteken om te wen en heg baie waarde aan integriteit en vriendskap. Hierdie storie is nie oor wen of verloor nie, maar oor ‘n ware wenner

Dagboek Van 'n Wimpy Kid 17 - Oorvol Duk (Afrikaans, Paperback): Jeff Kinney Dagboek Van 'n Wimpy Kid 17 - Oorvol Duk (Afrikaans, Paperback)
Jeff Kinney
R195 R153 Discovery Miles 1 530 Save R42 (22%) Ships in 5 - 10 working days

In Oorvöl Duk vind Greg Heffley uit dat die roete na roem en glorie met ’n paar uitdagings gepaard gaan. Toe hy besluit het om saam met sy tienerbroer, Rodrick, se musiekgroep, Földoek, op toer te gaan het Greg nie besef waarvoor hy homself inlaat nie. Maar hy vind vinnig uit dat die laat aande, onbetaalde gigs, gevegte tussen mekaar en geldprobleme als deel van die rock-en-rol leefstyl is.

Kan Greg vir Földoek help om die legendes te word wat hulle dink hulle is? Of gaan te veel tyd saam met Rodrick se musiekgroep ’n stink tyd word?

Padda en die voelgesang (Afrikaans, Hardcover): Max Velthuijs Padda en die voelgesang (Afrikaans, Hardcover)
Max Velthuijs; Illustrated by Max Velthuijs
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days

Een pragtige herfsdag ontdek Padda ’n pikswart lyster wat roerloos op die grond le. Baie bekommerd wonder hy en sy vriende wat die voel makeer. Padda en die voelgesang is 'n storie vol pret en pragtige illustrasies, maar bevat ook 'n lewensles. In hierdie treffende verhaal maak die diere op ’n eenvoudige dog mooi manier met die dood kennis en besef hulle hoe ’n groot voorreg dit is om te lewe.

I Love to Eat Fruits and Vegetables (Afrikaans Children's book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large... I Love to Eat Fruits and Vegetables (Afrikaans Children's book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont
R705 Discovery Miles 7 050 Ships in 10 - 15 working days
Bitterbosbende 2: Die Been In Die Bos (Afrikaans, Paperback): Anzil Kulsen Bitterbosbende 2: Die Been In Die Bos (Afrikaans, Paperback)
Anzil Kulsen
R165 R142 Discovery Miles 1 420 Save R23 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die Bitterbosbende kamp langs die rivier. Toe Zia en Nieke een aand badkamer toe loop, begin 'n hond verwoed blaf. Toe is daar die geluid van 'n trein wat kwaai rem aanslaan en dan 'n harde botsing. Dis eers toe Zia gil dat Nieke sien wat in haar hand is . . .  'n been?  En so begin die soeke na die geheimsinnige stoomlokomotief wat passasiers in die sewentigerjare vervoer het, wat daar naby ontspoor het. Wat het van die slagoffers, wat kinders en 'n hond ingesluit het, geword?

Die Wraak Van Knor (Afrikaans, Paperback): Tosca Menten Die Wraak Van Knor (Afrikaans, Paperback)
Tosca Menten; Translated by Shane Kleyn; Illustrated by Elly Hees
R62 Discovery Miles 620 Ships in 4 - 8 working days

Worsies groei nie aan bome of iewers onder die grond nie. Worsies word gemaak van varke. Dit is nou eenmaal so. Hierdie boek gaan oor kampioenworsies. Dit gaan ook oor 'n vergete oupa, wat vroeer 'n slagter was, die liewe varkie Knor en die Worswedstryd van die Eeu. As jy nie van wors hou nie, moet jy liewer nie hierdie boek lees nie. En as jy wel van wors hou, eintlik ook nie … Of juis? Jy sien: Bette Babs kry op haar verjaardag 'n varkie van haar oupa. Sy noem hom Knor. Dit lyk miskien of Bette 'n oulike oupa het, maar het hy Knor vir haar gegee omdat hy wil inskryf vir die VVVVVV, die Vereniging Vir Vleisware Van Vars Varke, se worswedstryd?

Asterix en die Goue Sekel (Afrikaans, Paperback): Rene Goscinny Asterix en die Goue Sekel (Afrikaans, Paperback)
Rene Goscinny; Illustrated by Albert Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R190 R159 Discovery Miles 1 590 Save R31 (16%) Ships in 4 - 8 working days

'n Ramp het Asterix en Obelix se Galliese dorpie getref: Abrakadabrix, die druide, se goue sekel het gebreek. Sonder sy goue sekel kan hy nie die jaarlikse druide-saamtrek bywoon nie – of voelent oes vir die towerbrousel waarmee die Romeinse legioene afgeweer moet word nie. Asterix en Obelix word afgevaardig om al die pad Lutetia toe te reis om ’n nuwe sekel te gaan koop... maar die paadjie daarheen loop natuurlik nie sonder avontuurlike kronkels nie.

Die diere se prettige kermis (Afrikaans, Paperback): Lynn Bedford Hall Die diere se prettige kermis (Afrikaans, Paperback)
Lynn Bedford Hall; Illustrated by Jane Heinrichs
R109 Discovery Miles 1 090 Ships in 5 - 7 working days

Die storie gaan oor Mattie, ’n dogtertjie wat op ’n plaas woon. Sy is die enigste kind en was altyd baie eensaam tot daar een aand iets ongewoon en fantasties gebeur het! Op, op na die Wolke en Die Koekiekasteel is die eerste twee stories in die reeks. Haar avonture word net meer en meer… Nonnetjie Uil nooi Mattie na nog ’n opwindende gebeurtenis in droomland – die diere se kermis. Daar is allerhande stalletjies, waaronder Rupert Renoster se Hoepelgooi en die Springende appelbad. Soos gewoonlik gaan dinge verkeerd en dreig om die pret te bederf. Gelukkig maak Mattie altyd ’n plan en die kermis eindig op ’n goeie noot.

My mooiste sprokies (Afrikaans, CD): Madeleine Mansiet My mooiste sprokies (Afrikaans, CD)
Madeleine Mansiet; Illustrated by Francois Ruyer; Fantasi Fantasi
R100 R78 Discovery Miles 780 Save R22 (22%) Ships in 5 - 10 working days

'n Bloedrooi kappie, 'n goudgeel gifappel, drie krulsterte, 'n kat met stewels, 'n pampoen wat in 'n koets verander, 'n huisie van lekkers, en sewe klein bokkies ... Welkom in die wereld van sprokiesland! Lochner de Kock vertel al jou gunstelingsprokies! Kom luister saam! Die stories op die CD: Klein Duimpie; Die Wolf en die Sewe Bokkies; Hansie en Grietjie; Die Gestewelde Kat; Aspoestertjie; Die Drie Varkies; Rooikappie.

Die Vier Maats En Ander Stories - Geel Vlak (Afrikaans, Paperback): Thomas Nelson & Sons Ltd Die Vier Maats En Ander Stories - Geel Vlak (Afrikaans, Paperback)
Thomas Nelson & Sons Ltd
R96 R87 Discovery Miles 870 Save R9 (9%) Ships in 6 - 10 working days

Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic

Matilda (Afrikaans, Paperback): Roald Dahl Matilda (Afrikaans, Paperback)
Roald Dahl; Illustrated by Quentin Blake
bundle available
R339 Discovery Miles 3 390 Ships in 12 - 17 working days

Matilda se ouers het haar al baie verskriklike dinge genome. Maar sy is eintlik 'n genie en dis hulle wat onnosel is. Vind uit hoe sy hulle en haar bose skoolhoof, juffrou Trunchbull, laat les opsê en boonop ontdek dat sy oor 'n baie spesiale gawe beskik . . . Nuwe uitgawes herdenk Roald Dahl se 100ste verjaardag in 2016.

Anna se verlore droom (Afrikaans, Hardcover): Thomas Docherty Anna se verlore droom (Afrikaans, Hardcover)
Thomas Docherty
R54 Discovery Miles 540 Ships in 4 - 8 working days

Anna het 'n lewendige verbeelding met drome wat vir haar werklik voel. Een oggend word sy wakker en besef dat sy haar droom nie kan onthou nie. Saam met haar hond reis sy deur haar drome op soek na die verlore droom. Hulle ontmoet reuse, vampiere, en 'n herhalende droom. Oplaas vind Anna die antwoord: haar droom was nader as wat sy gedink het. Sy klim weer in die snoesige bed en sien uit na nog interessante drome.

Marmerprinses (Afrikaans, Paperback): Jeanette Morton Marmerprinses (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Morton
R54 Discovery Miles 540 Ships in 4 - 8 working days

Marmerprinses handel oor 'n tienerdogter, Wilmien, wat verlief raak op die nuwe onderwyser by die skool, mnr. Paul le Roux. Tussen die verlief-wees deur moet sy leer vir haar matriekeindeksamen, deadlines as redakteur van die skoolkoerant hanteer, en afreken met haar skateboarder-vriend en buurman, Chris, wat heimlik ook verlief op haar is. Al waaraan Wilmien kan dink is Paul le Roux, en die geur van sy naskeermiddel... Sal sy kan wegkom van die feit dat hy getroud is met kinders?

Rowley Jefferson Se Vreeslike Vriendelike Avontuur (Afrikaans, Paperback): Jeff Kinney Rowley Jefferson Se Vreeslike Vriendelike Avontuur (Afrikaans, Paperback)
Jeff Kinney
R190 R149 Discovery Miles 1 490 Save R41 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Avonture wag! Uit die verbeelding van Rowley Jefferson kom ’n avontuur van epiese afmetings! Sluit aan by Roland en sy beste vriend, Garg die Barbaar, waar hulle die veiligheid van hulle dorpie verlaat en op ’n sending vertrek om Roland se ma uit die kloue van die Hardekwas Heksemeester te red. Gaan ons helde oorleef? Lees Rowley Jefferson se Vreeslike Vriendelike Avontuur en vind uit!

Grilgrypers 5: Die Groen Watergraf (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Grilgrypers 5: Die Groen Watergraf (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo; Illustrated by Shan Fischer
R180 R155 Discovery Miles 1 550 Save R25 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die tingerige Wian is baie opgewonde wanneer hy uiteindelik in pleegsorg geplaas word en van die weeshuis kan ontsnap. Net jammer dat die oorgewig boelie, Pierre, saam met hom by dieselfde gesin gaan woon. Maar Wian se nuwe ouers is glad nie gaaf en ordentlik soos hy hom voorgestel het nie. Inteendeel, hulle maak hom doodbenoud.

Veral toe hulle hom voorstel aan sy nuwe "suster", Cornelia - 'n massiewe, mak krokodil wat in die agterplaas woon.

Die leeu, die heks en die klerekas (Afrikaans, Paperback): C. S. Lewis Die leeu, die heks en die klerekas (Afrikaans, Paperback)
C. S. Lewis; Translated by Kobus Geldenhuys
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 4 - 8 working days

Toe die Tweede Wereldoorlog uitbreek, word Edmund, Peter, Susan en Lucy uit Londen weggegestuur om by 'n ou familievriend op die Engelse platteland te gaan woon. Met die dat ou professor Kirke skynbaar heeltemal in sy eie wereld leef, kan die kinders ongestoord na hulle eie vermaak soek in sy yslike ou huis in die middel van nerens. Eers is daar die opwinding van die huis verken: lang gange, eindelose spaarkamers, vertrek op vertrek vol boeke en dan een enorme kamer waarin daar niks behalwe 'n groot klerekas staan nie. Dit, dink Lucy, verdien nadere ondersoek. Terwyl sy nog haar pad deur die rye jasse binne-in die kas oopdruk, voel sy meteens iets sag en poeierig en yskoud op haar val en ontdek dat sy in die middel van 'n woud staan. Dis aand, en daar’s sneeu onder haar voete en sneeuvlokkies dwarrel deur die lug. Lucy het sowaar in die vreemde towerwereld van Narnia beland. Die tweede avontuur in die opwindende Kronieke van Narnia ¬– meesterlik vertaal deur Kobus Geldenhuys.

Die Sokker-Fiasko (Afrikaans, Paperback): Andre Trantraal Die Sokker-Fiasko (Afrikaans, Paperback)
Andre Trantraal
R65 R56 Discovery Miles 560 Save R9 (14%) In Stock

Die opwindende avonture van Keegan en Samier.

Ontmoet vir Keegan en Samier. Hulle is beste vriende en Samier se tweelingsussie, Samia, kuier ook gewoonlik saam. Dan is daar ook Jenni-Lee, Keegan se klein sussie, en Keegan se slim en streng ouma. Saam het hierdie vriende hope heerlike avonture! Ongelukkig is Brent Petersen, die klasboelie, altyd daar om dinge bietjie te versuur …

Hierdie splinternuwe reeks, geskryf en geïllustreer deur André Trantraal, is perfek vir beginnerlesers. Die stories is eenvoudig, identifiseerbaar en geskryf met 'n lekker pas wat lesers se aandag sal hou.

Die sokker-fiasko.

Keegan, Samier en Samia gaan speel sokker in die parkie. Daar kry hulle vir Ghielie en sy nefies en saam speel hulle 'n heerlike spel. Samia is 'n uitstekende sokkerspeler! Maar dan kom Brent Petersen daar aan - en hy wil glad nie saam met 'n meisie sokker speel nie! Sal hulle nog steeds almal kan sokker speel of gaan Brent die hele dag bederf?

Elf Dae Op 'n Eiland (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Elf Dae Op 'n Eiland (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R230 R198 Discovery Miles 1 980 Save R32 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Danika ontmoet uiteindelik die man wat sy net van 'n ou foto af ken: haar pa, bewaarder op 'n eiland in die Seychelles! Die heel eerste aand op die eiland hoor sy toevallig van 'n ryk sjeik wat sy oog op die eiland het. Wat daarvan as hy nie werklik belang stel in ekotoerisme nie, maar in die finansiële gewin uit 'n painiet-myn? Uit die bloute kom nog bekendes uit Kaapstad op Cousin aan . . . So word dit elf dae wat Danika nooit sal vergeet nie!

Toe My Kat Nog Klein Was: Boek 2, Boek 2 (Afrikaans, Hardcover): Gilles Bachelet Toe My Kat Nog Klein Was: Boek 2, Boek 2 (Afrikaans, Hardcover)
Gilles Bachelet; Illustrated by Gilles Bachelet; Translated by Nicol Stassen
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days
Vyf Uile En 'n Tier, Boek 11 (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Vyf Uile En 'n Tier, Boek 11 (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 4 - 8 working days

Op Kranskop is daar nie 'n tekort aan koshuisstreke, avontuur of raaisels wat opgelos moet word nie. Wanneer ’n groot sirkustier boonop uit sy hok ontsnap, is dit die begin van selfs meer aksie. Philip en die Uile word nie toegelaat om aan die gewapende soektog deel te neem nie, en besluit om dan maar na geitjies in die biologieklas te gaan soek. Maar sal hulle dalk in die proses op iets afkom wat veel groter en gevaarliker as 'n geitjie is?

Twee Fabels: Gr 1: Reader (Afrikaans, Staple bound): Thomas Nelson & Sons Ltd Twee Fabels: Gr 1: Reader (Afrikaans, Staple bound)
Thomas Nelson & Sons Ltd
R75 R68 Discovery Miles 680 Save R7 (9%) Ships in 6 - 10 working days

Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Advanced Nanomaterials and Their…
Tian-Hao Yan, Sajid Bashir, … Paperback R4,454 Discovery Miles 44 540
Concentrating Solar Thermal Energy…
G Flamant Hardcover R3,784 Discovery Miles 37 840
Advances in Bioenergy, Volume 3
Yebo Li, Xumeng Ge Paperback R4,344 Discovery Miles 43 440
Armageddon Time
Anne Hathaway, Jeremy Strong, … DVD R133 Discovery Miles 1 330
Metropolitan Sustainability…
F Zeman Hardcover R5,930 Discovery Miles 59 300
Cars 3
DVD  (3)
R500 R200 Discovery Miles 2 000
The Incredibles
DVD  (1)
R23 Discovery Miles 230
Waste-to-Energy Approaches Towards Zero…
Chaudhery Mustansar Hussain, Sunpreet Singh, … Paperback R3,134 Discovery Miles 31 340
Biomass Combustion Science, Technology…
Lasse Rosendahl Hardcover R4,544 Discovery Miles 45 440
Power-to-Gas: Bridging the Electricity…
Mohammad Amin Mirzaei, Mahdi Habibi, … Paperback R3,326 Discovery Miles 33 260

 

Partners