0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (36)
  • R50 - R100 (204)
  • R100 - R250 (1,093)
  • R250 - R500 (221)
  • R500+ (30)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie

Die Blaartjie En Die Los Tand - Blou Vlak (Afrikaans, Paperback): Thomas Nelson & Sons Ltd Die Blaartjie En Die Los Tand - Blou Vlak (Afrikaans, Paperback)
Thomas Nelson & Sons Ltd
R94 Discovery Miles 940 Ships in 6 - 10 working days

Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic

Speurhond Willem In Skotland (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Speurhond Willem In Skotland (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Hoofkommissaris Servin het 'n ou kasteel naby Edinburgh gekoop, maar 'n doedelsakspelende spook veroorsaak dat gaste hulle vinnig uit die voete maak! Willem en Adriaan moet kom help. Maar daar's ook 'n bende bankrowers doenig in Skotland en soos dit maar gaan, bevind Willem en Adriaan hulle kort voor lank in nog 'n speurtog, op die spoor van die Bandy-broers. 

Gabriella en die hertog van harte (Afrikaans, Paperback): Marga Jonker Gabriella en die hertog van harte (Afrikaans, Paperback)
Marga Jonker
R215 R202 Discovery Miles 2 020 Save R13 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Gabriella wil haar oorlede ma se geliefde perd se bloedlyn op hulle plaas in Namibie hervestig. Donnabelle was 'n Oldenburger, 'n skaars warmbloedige Europese perd. Gabi wend 'n groot poging aan om Donnabelle se nageslag op te spoor, omdat sy hoop dit sal haar bande met haar oorlede ma versterk en sorg dat haar pa, wat pas weer getrou het, haar ma sal bly onthou. Noodgedwonge moet Gabi en haar stiefma saamwerk om Duke, oftewel, die “hertog van harte” te gaan soek. Die soektog neem hulle na 'n landbouskool in die Boland. Duke is 'n humeurige perd en die enigste raad is om Robert, 'n Gr 12-leerder met 'n sonderlinge talent om met moeilike perde te werk, saam met Gabi-hulle terug Namibie toe te laat ry.

Swemlesse vir 'n meermin (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver Swemlesse vir 'n meermin (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

In Swemlesse vir 'n meermin skryf Hanna 'n lewensgids vir haar sussie Ariel (wat aan die einde van die treffer die ongelooflike avonture van Hanna hoekom gebore is) wat die moet lees as sy eendag dertien is. Die lewensgids word soms ook 'n joernaal of vertelling van die vyftienjarige Hanna se lewe terwyl sy die gids skryf, en spesifiek Hanna se kennismaking met haar stiefbroer Yann se vriend Benjamin, op wie sy verlief raak.

Die Maats (Afrikaans, Paperback): Thomas Nelson & Sons Ltd Die Maats (Afrikaans, Paperback)
Thomas Nelson & Sons Ltd
R77 Discovery Miles 770 Ships in 6 - 10 working days

Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic

Tjoppie Se Verjaardag (Afrikaans, Paperback): Liz de Villiers Tjoppie Se Verjaardag (Afrikaans, Paperback)
Liz de Villiers
R125 R118 Discovery Miles 1 180 Save R7 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is sy verjaardag! Hy kry baie geskenke. Maar saam met wie van sy maats moet hy eerste speel? Dit is tog die lekkerste as almal leer om saam te speel.

Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.

Bloedblou (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Bloedblou (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R280 R239 Discovery Miles 2 390 Save R41 (15%) Ships in 7 - 11 working days

Kya Rothman het nog altyd haar diamanthalssnoer as haar kosbaarste besitting beskou. Haar ouers het dit met haar geboorte vir haar gegee, en die legende sę dat dit vervloek is. Kya het nooit veel waarde aan die stories geheg nie, selfs nie toe haar ma die dag ná haar geboorte oorlede is nie – die dag nadat haar pa die diamant gekoop het.

Maar wanneer haar pa vals beskuldig word van die moord op sy beste vriend en hul lewens in duie stort, begin Kya wonder of daar dalk meer aan die legende is as wat sy gedink het. In ’n poging om haar pa se naam skoon te kry, wend sy haar tot meneer Cohen, ’n ou
familievriend met ’n winkel vol geheime. Daar ontmoet sy Eddie Nonnies, en ’n intense vonk skiet tussen hulle.

Saam moet Kya en Eddie deur ’n web van intrige en gevaar vaar om die waarheid te ontdek. Terwyl hulle probeer om Kya se pa te red, moet hulle ook hul eie lewens – en die geheimsinnige diamant – beskerm. Aksie, romanse en raaisels verweef in ’n onvergeetlike
avontuur wat jou op die punt van jou stoel sal hou.

Jakkals en Wolf 2 - Nog 6 stories van twee geliefde skarminkels (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Jakkals en Wolf 2 - Nog 6 stories van twee geliefde skarminkels (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Gerda Smit
R220 R179 Discovery Miles 1 790 Save R41 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Afrikaanse kinders word al geslagte lank vermaak deur die skelmstreke van Jakkals en Wolf. Nou is daar ’n tweede bundel met nog meer opwindende avonture van hierdie twee geliefde skarminkels. In hierdie nuwe versameling van ses stories probeer Jakkals en Wolf steeds om mekaar uit te oorlę, maar bly steeds die beste maats.

Beleef hoe hulle die uitdagings van die oorhangklip aanpak, ontdek hoe Wolf leer vlieg, en sien hoe hulle saamwerk om vir hul kos te werk.

Lees hoe Wolf Jakkals se ryperd word, wat gebeur het toe hulle die taaiboswortel teëkom, en geniet die skreeusnaakse storie van Jakkals en Wolf en die speenvarkies.

Hierdie nuwe bundel beloof om kinders weer te laat lag en te vermaak met die avonture en streke van Jakkals en Wolf.

Speurhond Willem en die diamantdiewe (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Speurhond Willem en die diamantdiewe (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman; Illustrated by Chris Venter
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 4 - 8 working days

In hierdie sesde avontuur is Adriaan en Willem nader aan eie bodem aan die werk: in Nambie moet hulle ’n bende diamantsmokkelaars help vasvat. Maar hier moet hulle met ’n ander betroemde speurhond saamwerk: sersant-majoor Maximiliaan. Hulle is net nie so seker of hy en sy patrolliemaat, konstabel Kolgans, vertrou kan word nie ... Die ander titels is Speurhond Willem op reis, Speurhond Willem en die seerowers, Speurhond Willem en die wilddiewe en Speurhond Willem in die ruimte en Speurhond Willem in New York.

Perdewęreld 2: Mieke en die skouperde (Afrikaans, Paperback): Helene Booyens Perdewęreld 2: Mieke en die skouperde (Afrikaans, Paperback)
Helene Booyens
R190 R163 Discovery Miles 1 630 Save R27 (14%) Ships in 7 - 11 working days

WAARSKUWING: Alles wat in hierdie boeke gebeur, is onverantwoordelik, onveilig en soms onwettig. Moenie dit doen nie.
(En dra ’n helmet.)

Ontmoet vir Dezi en Mieke en die perde van Patatland! Hierdie splinternuwe reeks perdestories is propvol humor, waaghalsighede, vreemde karakters en vreemder perde.

Mieke en die skouperde

Is jy reg om te skou? Mieke is nie. Mieke en haar perd, Spook, pas baie goed bymekaar. Hulle is albei stresballe. En nou is dit skoutyd! Gaan Mieke die vlegsels, vlaggies, nuwe vriende en ou vyande oorleef? (Dalk.)

Die Avonture Van Speurhond Willem (3-In-1) (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Die Avonture Van Speurhond Willem (3-In-1) (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Willem is oor die węreld heen beroemd as speurhond. Maar 'n paar jaar gelede het 'n sending skeefgeloop en het hy in Kaapstad by die DBV beland. Dis waar Adriaan en sy ouers die oulike swart-en-wit spanjoelhondjie raakgeloop het. En van daardie dag af is Adriaan en Willem onafskeidbaar. Hierdie omnibus bevat die eerste drie avonture: hulle reis na Istanbul, Parys en Londen, 'n seerower-avontuur op 'n passasierskip en die Bosveld-vakansie waarin hulle 'n bende renosterstropers vastrap. 

Branderjaer - Branderjaer-Sage: Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Joha van Dyk Branderjaer - Branderjaer-Sage: Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Joha van Dyk
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Deidre Anker se lewe raak verstrengel met die van ’n bende van vyf seuns wat berug is vir die lewensgevaarlike en ekstreme stunts wat hulle uitvoer en video's daarvan op youtube post. Deur haar ontstuimige verhouding met Louw, begin sy die Branderjaers se geheime ontrafel - soos die feit dat hulle Bloedskuld moet betaal deur dit uit te baklei in die Kring se arena. Daar is ’n prys om te betaal as jy met ’n Branderjaer deurmekaar raak . . .

Perdewęreld 1: Dezi en die wegholperde (Afrikaans, Paperback): Helene Booyens Perdewęreld 1: Dezi en die wegholperde (Afrikaans, Paperback)
Helene Booyens
R190 R163 Discovery Miles 1 630 Save R27 (14%) Ships in 7 - 11 working days

WAARSKUWING: Alles wat in hierdie boeke gebeur, is onverantwoordelik, onveilig en soms onwettig. Moenie dit doen nie.
(En dra ’n helmet.)

Ontmoet vir Dezi en Mieke en die perde van Patatland! Hierdie splinternuwe reeks perdestories is propvol humor, waaghalsighede, vreemde karakters en vreemder perde.

Dezi en die wegholperde

Welkom op Patatland! Hier is nie perde nie. Dezi is baie lief vir perde. Maar dan word sy uit haar ryskool geskors. Nou hang sy maar net rond tussen die patats op haar ouma se plaas. Is dit die einde van haar perdestorie? (Nee.)

'n Bek vol tande (Afrikaans, Paperback): Francois Maree 'n Bek vol tande (Afrikaans, Paperback)
Francois Maree; Illustrated by Shan Fischer; Fantasi Fantasi
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 5 - 10 working days
Bitterbosbende 3: Die Grafsangers (Afrikaans, Paperback): Anzil Kulsen Bitterbosbende 3: Die Grafsangers (Afrikaans, Paperback)
Anzil Kulsen
R175 R164 Discovery Miles 1 640 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die Bitterbosbende besluit om in die skoolkoor te sing. Maar meneer Louw is nie die vriendelikste nie en boonop is daar nuwe koorlede wat Kurt nog nooit in die skool opgemerk het nie en wat blykbaar vir die res van die bende onsigbaar is. Dan ontdek Nieke 'n stuk papier met snaakse simbole, amper soos bladmusiek, in haar geskiedenisboek. Nieke en Kurt besef hulle droom albei oor onaardse aaklige musiek, en 'n koor van kinders geklee in swart, met aardige groot koppe . . .

Afrikanerkind - Boerestories (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Afrikanerkind - Boerestories (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Alistair Ackermann
R200 R171 Discovery Miles 1 710 Save R29 (15%) Ships in 7 - 11 working days

"Afrikanerkind - Boerestories" is 'n versameling ware kinderstories wat die lewens van Boerekinders oor bykans twee eeue van Suid-Afrikaanse geskiedenis vertel.

Elke verhaal fokus op kinders wat buitengewone dinge gedoen het onder moeilike omstandighede. Deur hierdie verhale wil Wendy Maartens jong wit Afrikaners inspireer om trots te wees op hul erfenis en identiteit, en om die skuldlas van die verlede agter te laat. Die bundel beklemtoon ook die belangrikheid van begrip tussen verskillende kultuurgroepe en wys hoe gemeenskappe deur die eeue heen na mekaar uitgereik het, mekaar gehelp en in liefde gedien het. Daarbenewens word die uitdagings van Afrikaner-emigrante in die buiteland verken deur 'n moderne verhaal wat as raamwerk dien.

Kinders wie se stories ingesluit is in die bundel:

  • Nettie en Feya Botha
  • Helena Lotrie
  • Jan Uys
  • Petrus Bezuidenhout
  • Johanna van der Merwe en Catharina Prinsloo
  • Ferdinand van Gass
  • Marthinus Oosthuyzen
  • Dirkie Uys
  • Fransie Robbertse
  • Hansie Smal
  • Flippie Neser en Petrus de Lange
  • Die Penkoppe
  • Jan van Kaller
  • Piet van Rooyen
  • Niklaas Kriek
  • Ernst de Jager
  • Kosie Pietersen
  • Annatjie Vorster
Belangrike temas: Die gebruik van die woord "Boer" en die emosionele impak daarvan. Die aanvaarding en erkenning van wit identiteit en gemengde erfenis. Die verwerking van skuld en trauma wat geërf is van voorouers. Die belangrikheid van historiese feite en onpartydige inligting. Die noodsaaklikheid om die verlede te erken en te vier om vorentoe te beweeg. Onderlinge begrip tussen kultuurgroepe. Hoe verskillende kultuurgroepe in hierdie land deur die eeue as vreemdelinge, vriend en vyand op die mees onwaarskynlike tye en op vindingryke maniere na mekaar uitgereik het, mekaar versorg en in liefde gedien het. Die uitdagings van Afrikaneremigrante in die buiteland. Unieke kenmerke: Kronologiese rangskikking van verhale wat 'n oorsig van bykans twee eeue se Suid-Afrikaanse geskiedenis bied.Insluiting van feite en sienswyses wat voorheen verswyg is. Gebruik van name, plaasname en plekname om kinders te help identifiseer met die stories. Fokus op die Slag van Bloedrivier, die Anglo-Boereoorlog, die Groot Griep van 1918, en ander geskiedkundige gebeurtenisse. 'n Eietydse verhaal van kinders wat uit Australië kom kuier by hul ouma en oupa in Suid-Afrika.
Bitterbosbende 2: Die Been In Die Bos (Afrikaans, Paperback): Anzil Kulsen Bitterbosbende 2: Die Been In Die Bos (Afrikaans, Paperback)
Anzil Kulsen
R175 R164 Discovery Miles 1 640 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die Bitterbosbende kamp langs die rivier. Toe Zia en Nieke een aand badkamer toe loop, begin 'n hond verwoed blaf. Toe is daar die geluid van 'n trein wat kwaai rem aanslaan en dan 'n harde botsing. Dis eers toe Zia gil dat Nieke sien wat in haar hand is . . .  'n been?  En so begin die soeke na die geheimsinnige stoomlokomotief wat passasiers in die sewentigerjare vervoer het, wat daar naby ontspoor het. Wat het van die slagoffers, wat kinders en 'n hond ingesluit het, geword?

Wat 'n Gemors En Mamma Se Hoed (Afrikaans, Paperback): Thomas Nelson & Sons Ltd Thomas Nelson & Sons Ltd Wat 'n Gemors En Mamma Se Hoed (Afrikaans, Paperback)
Thomas Nelson & Sons Ltd Thomas Nelson & Sons Ltd
R141 Discovery Miles 1 410 Ships in 6 - 10 working days

Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic readers, providing a wide reading experience at similar levels of language. Learners are encouraged to take pleasure in becoming readers in their own right. Features and Benefits ? Promotes independent reading through graded learning ? Cross-curricular and multi-cultural themes ? OBE friendly

Die Hoenders In (Afrikaans, Paperback): Marita van Aswegen Die Hoenders In (Afrikaans, Paperback)
Marita van Aswegen; Illustrated by Cheslea Taylor
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die węreldbekende, jaarlikse hoenderskou in Roosville is ’n groot gebeurtenis. Maar toe twee diamante spoorloos verdwyn, is daar konsternasie. Die diewe voel vere vir mense se waardevolle juwele.

Dit gaan ’n vreeslike klad op Roosville se naam wees. Wie sal ooit weer die skou wil bywoon?

Gelukkig skrop die vier speurders, Karla, Kumiko, Douw en Devan nie doelloos rond nie.

Gaan hulle dit regkry om koning te kraai en betyds die diamante te vind?

Trompie Omnibus 8 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Topsy Smith Trompie Omnibus 8 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Topsy Smith
R235 R221 Discovery Miles 2 210 Save R14 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die laaste omnibus in hierdie reeks bevat nóg drie gewilde Trompie-stories. Die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit en Trompie en sy maats besluit om in die kloof te gaan swem en dan teen die berg op te klim en die grotte daarbo te verken. Trompie ontmoet ook die mooiste meisie wat hy nog ooit gesien het en ding mee teen sterk kompetisie in die atletiekspan.  

Krag (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Krag (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Aldan Valentyn is niemand nie.

Hy plaas ʼn foto van homself sonder sy hemp, op Instagram. En word die bespotting van die skool.

Maar dit sal binnekort verander. In die gym. Met gewigte. En die KRAG in die naalde.

“Wat is die ergste wat kan gebeur?”.

O, Die Dinke Wat jy Kan Dink! (Afrikaans, Paperback): Dr. Seuss Dr. Seuss O, Die Dinke Wat jy Kan Dink! (Afrikaans, Paperback)
Dr. Seuss Dr. Seuss
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 4 - 8 working days
Vis en Tjips (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Vis en Tjips (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Watter soort ou breek by ’n akwarium in? En verf graffiti teen die muur? Of gooi bottels en ander gemors in die dolfyntenk? Kevin Pieterse, dis wie. Kevin is moeilikheid met ’n hoofletter “M”. As straf vir sy vandalisme moet hy gemeenskapsdiens by die akwarium doen. Crystal kan nie glo sy moet die hele Desembervakansie in sy gesig vaskyk nie. Sy wens hy beland pens en pootjies in die haaitenk. Maar dan ontmoet Kevin vir Ginger die dolfyn. En dit is liefde met die eerste oog opslag ...

Die Ware avonture van Adelie & Riley 3 - Die MOEsters (Afrikaans, Paperback): Felicia Snyman-Du Toit, Nike Bekker Die Ware avonture van Adelie & Riley 3 - Die MOEsters (Afrikaans, Paperback)
Felicia Snyman-Du Toit, Nike Bekker
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme!

Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture wat hulle beleef nie. Die agtertuin verander in ’n węreld waarin daar allerhande monsters en vreemde kreature wegkruip ...

In “Die MOEsters” gaan Adelie en Riley se gesin almal saam op vakansie. Hulle bly op ’n pragtige plaas waar daar allerlei plaasdiere wei. Maar hoekom tree die beeste ewe skielik snaaks op? Amper asof hulle zombies is ... Hoe gaan Adelie en Riley uit die penarie kom?

Die Ware Avonture van Adelie & Riley 4 - Die Wakker-akkers (Afrikaans, Paperback): Felicia Snyman-Du Toit, Nike Bekker Die Ware Avonture van Adelie & Riley 4 - Die Wakker-akkers (Afrikaans, Paperback)
Felicia Snyman-Du Toit, Nike Bekker
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme!

Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture wat hulle beleef nie. Die agtertuin verander in ’n węreld waarin daar allerhande monsters en vreemde kreature wegkruip ...

In “Die wakker-akkers” het Adelie en Riley met ’n heel ander “monster” te make. Die akkerboom in haar ouers se tuin gooi ’n klomp akkers af.

Hoekom lyk dit vir Adelie of die akkers ’n vorm begin aanneem en vir haar en Riley aanval? Hoe gaan hulle die tornado van akkers keer?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Interest - Loan, Justiciable, Reckless…
Valentin Katasonov Hardcover R1,222 R1,101 Discovery Miles 11 010
The Ella Fitzgerald Companion
Norman David Hardcover R2,813 Discovery Miles 28 130
Bones And Bodies - How South African…
Alan G. Morris Paperback R395 R365 Discovery Miles 3 650
Opposing Europe in the European…
Nathalie Brack Hardcover R4,512 Discovery Miles 45 120
Red Groove
Chris Searle Paperback R416 Discovery Miles 4 160
Cognitive Psychology in a Changing World
Linden J. Ball, Laurie T. Butler, … Hardcover R4,213 Discovery Miles 42 130
Treasury of Jazz.
Eddie Condon, Richard Gehman Hardcover R2,841 Discovery Miles 28 410
World Memory - Personal Trajectories in…
J. Bennett, R. Kennedy Hardcover R1,521 Discovery Miles 15 210
Never Give Up - A Life Of Adventure
Bear Grylls Paperback R293 Discovery Miles 2 930
African American Women and HIV/AIDS…
Dorie J. Gilbert, Ednita M. Wright Hardcover R2,785 Discovery Miles 27 850

 

Partners