![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Ingonyama En Ander Maats Met Leeueharte is ’n bundel propvol tematiese nuwerwetse verhale vir graadvier- tot graadseskinders van Afrikaans as eerste addisionele taal. Dié bundel neem die riglyne van die KABV in ag en die Departement van Basiese Onderwys se strewe om laerskoolonderwys by die “Vierde Industriële Rewolusie” te betrek. Elke verhaal bied:
Carin Krahtz, Nelia Engelbrecht, Annelie Ferreira, Jaco Fouché, Troula Goosen, Henriëtte Linde-Loubser, Elrien Scheepers, Christina van Deventer, Annerle Barnard, De Wet Hugo, Carin Krahtz, Anzil Kulsen, Naomi Meyer, Christien Neser, Carina Stander, Marita van Aswegen, Elizbè Van der Colff, Derick van der Walt, Elizabeth Wasserman, Zelda Bezuidenhout, EKM Dido, Sidney Gilroy, Rouxnette Meiring, Chase Rhys, Cecilia Steyn, Fanie Viljoen, Sasha Richards
Robbie Ramkat is die nuwe suksesreeks van die uiters gewilde jeugskrywer Marc de Bel. Die Robbie ramkat-reeks (Roesty Spetter in Nederlands) was vanaf hierdie eerste boek 'n groot sukses in Nederland en Vlaandere. Met die vertaling in Afrikaans gaan die effens vet maar dapper kat – op sy dag die “Kampioenkat van die jaar” – nou ook die harte van jong Suid-Afrikaanse lesers verower. Die bal van Bil Jart is die tweede boek in die geillustreerde reeks van Marc de Bel. Kieta, Robbie se vriendinnetjie, gaan trek. Haar eienaar moet die huurhuis verlaat omdat hy nie geld het om dit te koop nie. 'n Groot jammerte, want dit hoef glad nie 'n probleem te gewees het nie. Die man besit iets baie waardevols: Die bal van Bil Jart, 'n unieke tennisbal met 'n handtekening daarop. Hierdie kosbare bal is egter gesteel. Kieta is raadop...en Robbie is reg vir aksie.
Gideonette onthou alles van die dag toe sy gebore is tot in die fynste besonderhede. Hoe almal gesê het hulle het nie hoop vir hierdie bondeltjie sprinkaanbene nie. En hoe sy besluit het sy WIL LEWE en hulle almal verkeerd bewys het. Dit is dan ook die eienskap wat haar deur haar kinderjare en grootwordjare kenmerk: haar veggees. Selfs wanneer rampe die gesin tref en die mense van die omgewing weer onder mekaar begin fluister van die vloek wat op die familie rus. Deur alles heen veg sy voort vir 'n beter lewe, en op die ou einde is die leser saam met haar bly wanneer dit duidelik word dat die lewe vorentoe vir haar gaan glimlag. 'n Buitengewone boek propvol lewe en vitaliteit. ATKV-kinderboekprys vir 10-12 jaar (2003)
Die avonture van Keegan, Samier en Samia gaan voort! Daar is 'n nuwe meisie in die skool en Keegan hou baie van haar. Samier en Samia is egter glad nie beïndruk dat Alysha beter as Samia in alles is nie, en Keegan sukkel om die vrede te behou. Hierdie reeks vul 'n belangrike gaping in die mark vir diverse en verteenwoordigende stories vir beginnerlesers.
Prinses Minna is mal daaroor om moles in haar koninkryk uit te sorteer! Maar hoe gaan sy die slapende prins wakkermaak? Hierdie kort, snaakse stories is perfek vir beginnerlesers.
In die vyfde boek van die Hondman-reeks moet die "Megamakkers" met
nuwe skurke afreken! Wanneer die skelms hulle verskyning maak,
moet ons helde saam met 'n onwaarskynlike bondgenoot werk. Kan Ramkat
van sy wrokke vergeet en vir Hondman, Kleinkat en 'n merkwaardige robot
help om die vyande uit sy verlede te laat les opsê? Bekroonde skrywer
en kunstenaar Dav Pilkey se gewilde Hondman-reeks spreek lesers van
alle ouderdomme aan en verken universele positiewe temas.
Buskruit, Brom en Breker Botha is boosaardige lummels - manlik, moeilik en moorddadig. En hulle is oortuig daar's iets fout met hulle jongste broer, Bulelani, want hy's glads te maer en skraal. Hy lees te veel boeke, en al waarmee hy ooit 'n dier sal skiet, is met 'n kamera. Bulelani is klein, maar as jy nie sterk is nie, moet jy slim wees. Veral as jy drie boosaardige broers 'n paar lewenslesse wil leer!
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou)
is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu
verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60
tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese
verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie
avonture.
Deidre Anker se lewe raak verstrengel met die van ’n bende van vyf seuns wat berug is vir die lewensgevaarlike en ekstreme stunts wat hulle uitvoer en video's daarvan op youtube post. Deur haar ontstuimige verhouding met Louw, begin sy die Branderjaers se geheime ontrafel - soos die feit dat hulle Bloedskuld moet betaal deur dit uit te baklei in die Kring se arena. Daar is ’n prys om te betaal as jy met ’n Branderjaer deurmekaar raak . . .
Die drie vriende gaan saam met Buks se ouers na die Seychelles. Hulle hou lekker vakansie en vergaap hulle aan die koraalriwwe wat soos slange langs die kus van Mahe af kronkel. Hulle sien interessante en gevaarlike visse en eet vreemde kosse. Die Otters se aandag dwaal egter af van hierdie nuwighede wanneer Kassie per ongeluk hoor hoe twee mans praat van 'n kaart wat hulle na seerowerskatte kan lei. Ongelukkig kom die mans agter dat die seuns ook wil deel in die buit!
Ysterklou, kaptein van die seerowerskip, Die Verwarde Meermin, het ’n groot reputasie onder sy mede-seerowers. Hy is helaas nie berug omdat hy so vreesaanjaend is nie, maar eerder omdat hy so ’n ongeluksvoël is. Hy en sy sjarmante broer, Silwerswaard, het albei ’n skatkaart en jaag teen tyd en die elemente om eerste die skat te vind. Gelukkig vir Ysterklou stel hy die slimme en vlugvoetige Robbie aan om hom te help. Die vraag is net: Weet die broers van die verrassing wat op hulle wag?
Riaan Manser, Suid-Afrika se gunsteling-ontdekker, is op sy moeilikste
en koudste avontuur nog – ’n kajakvaart rondom Ysland!
Daar is groot fout met Obelix! Hy eet net twee wildevarke op 'n keer en dwaal rusteloos rond. Die druide sien 'n nuweling in die Galliese dorpie en sit dadelik twee en twee bymekaar. Die beeldskone Tierlantyn het kom kuier – en Obelix is dolverlief. Ongelukkig is Tierlantyn reeds verloof, en baie hartseer, want haar verloofde, Melodramatix, het as legioensoldaat in Afrika soek geraak. Natuurlik bied ons helde, gebroke hart maar dapper gemoed, die tog na Afrika aan om haar geliefde te red.
Nikki Maxwell is nie gewild nie. Eintlik is sy die teenoorgestelde van gewild. Sy’s ’n absolute dork! Nikki hoop sy kan vriende by die nuwe skool maak en dat haar dorkdae nou verby is. Maar die lewe is nie so eenvoudig nie. Wanneer sy vir die kunskompetisie inskryf, vind sy uit dat die mislikste meisie in die skool ook nou haar grootste kompetisie is! Wat staan 'n dork te doen? Lees Nikki se dagboek vol drama en dinge en maak reg om die dork in jouself ’n drukkie te gee.
Nikki begin uiteindelik in haar nuwe skool aanpas. Sy het twee cool vriende en Brandon het haar uiteindelik begin raaksien. Nikki wil saam met Brandon na die skooldans gaan , maar wanneer MacKenzie begin spog dat sy saam met Brandon gaan, besluit Nikki om liewer na haar sussie se partytjie te gaan. Later vind sy uit dat MacKenzie gejok het, en Nikki besef haar droom om saam met Brandon dans toe te gaan kan waar word. Maar hoe woon jy twee partytjies tegelyk by?
'n Jong held. 'n Belangrike opdrag. 'n Ongelooflike avontuur. Tiuri verbreek die reëls wat bepaal dat hy met niemand mag praat die nag voor hy tot ’n ridder geslaan word nie. Hy maak die deur oop van die kapel waar hy oor sy toekoms moet nadink. Die versoek om hulp blyk ’n gevaarlike opdrag te wees. Tiuri word agtervolg deur boosaardige Rooi Ruiters wat hom wil doodmaak. Maar hy is vas van plan om die uiters belangrike brief by koning Unauwen af te lewer. Die Swart Ridder met die Wit Skild het nie verniet met sy lewe geboet nie … ’n Middeleeuse verhaal wat jou hart vinniger laat klop. ’n Boek vir jonk en oud.
Jou ses gunstelingplaasstories nou in een boek! Boer Frans se plaas le lekker knus langs ’n klein stroompie ver van die stad af. Op die plaas bly baie diere gelukkig saam. Lees in hierdie pragtige boek met sy kleurvolle illustrasies van al die diere se avonture. Stories in hierdie bundel: Nuwe maatjies; Nagvlug; Die vreeslike voelverskrikker; Jag die jagter; Katjies in nood; Sirkus op die plaas.
Die vierde boek in G.R. von Wielligh se klassieke versameling eg-Suid-Afrikaanse dierestories. In Dierestories 4 vang Jakkals en Wolf saam vis en hulle bou saam 'n huis. Ons leer Jakkals en Wolf se seuns ken. Jakkals moet Leeu se siek kind dokter en ons hoor van die kaskenades van Bobbejaan en Erdvark.
Hierdie fris, lewendige vertaling deur Marita van der Vyver is om verskillende redes uniek. Dit is die eerste keer dat die volledige Grimm in Afrikaans in een band verskyn. Ook die herkoms van elk van die 210 sprokies wat aan die hand van verskeie bronne nagegaan is, word vir die eerste keer in Afrikaans opgeteken. Daarby is dit die eerste keer dat die klassieke negentiende-eeuse tekeninge van die drie groot Grimm-illustreerders – Hermann Vogel, P. Grot Johann en R. Leinweber – in ’n Afrikaanse uitgawe gebruik word. |
![]() ![]() You may like...
|