![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Goue reeks is een van die heel bekendste en gewildste inheemse leesreekse met beproefde sukses oor dekades. Derduisende onderwysers en ouers het self daarmee leer lees – en dit werk steeds! Op publieke aanvraag is die volledige reeks nou weer beskikbaar. Dit volg ’n basiese benadering tot leesonderrig deur klank- en woordbouvaardighede en is gebaseer op herhaling, herkenning en inoefening. Goue reeks se hersiene uitgawe (2009) bied alles wat nodig is om jong leerders te ontwikkel in jong lesers.
Goue reeks is een van die heel bekendste en gewildste inheemse leesreekse met beproefde sukses oor dekades. Derduisende onderwysers en ouers het self daarmee leer lees – en dit werk steeds! Op publieke aanvraag is die volledige reeks nou weer beskikbaar. Dit volg ’n basiese benadering tot leesonderrig deur klank- en woordbouvaardighede en is gebaseer op herhaling, herkenning en inoefening. Goue reeks se hersiene uitgawe (2009) bied alles wat nodig is om jong leerders te ontwikkel in jong lesers.
Donker tye het aangebreek op Hogwarts. Ná die Dementors se aanval op sy
neef Dudley, besef Harry Potter dat niks Voldemort sal stuit om hom te
vind nie. Al is daar diegene wat die Donker Heer se terugkeer ontken,
is Harry nie alleen nie: ’n Geheime orde vergader by Grimmauldplein om
teen die Donker Magte te veg. Harry moet professor Snape toelaat om hom
te leer hoe om homself te beskerm teen Voldemort se wrede aanvalle op
sy gedagtes. Maar hulle word sterker en Harry se tyd raak min . . .
Robbie Ramkat is die nuwe suksesreeks van die uiters gewilde jeugskrywer Marc de Bel. Die Robbie Ramkat-reeks (Roesty Spetter in Nederlands) was vanaf hierdie eerste boek 'n groot sukses in Nederland en Vlaandere. Met die vertaling in Afrikaans gaan die effens vet maar dapper kat - op sy dag die "Kampioenkat van die jaar" - nou ook die harte van jong Suid-Afrikaanse lesers verower. In die eerste boek in die reeks - Katskenades onder die volmaan! - ontmoet die jong leser die lekkerbek Robbie Ramkat, sy mooi vriendinnetjie Kieta, die gevaarlike labrador Bamboes en die brandmaer rot, Vaalwillem. Ten spyte van die ekstra gewig wat hierdie eks-kampioenkat opgetel het, wink avontuur nog steeds om elke draai. Kort voor lank is hy weer kaatjie van die baan. Veral as sy vriendinnetjie Kieta op die toneel verskyn! Dan is geen muur te hoog, geen spruit te breed, geen see te diep, geen plek te ver, geen rondloperhond te groot, geen braaiwors te warm nie...
Weet jy wie almal in Droomland bly? ’n Reus wat nie soos ander reuse is nie, ’n verwaande kat wat te lui is om te spin, ’n haan wat nie wou kraai nie en Andries Olifant wat nie in ’n winkel kan werk nie … Ontmoet al hierdie karaktertjies en nog vele meer! Deel in hulle avonture en ontdek die wonderwereld van stories … Stories op die CD: Rooikam; Die reus wat nie ’n reus wou wees nie; Waarom die tongvis plat is; Pompom maak sy dierevriendjies gesond; Die ou vroutjie en Myro, die kat; Jakkals volg ’n spoor; Pikkie Pikkewyn; Die sandglas van Vader Tyd; Die pers drakie.
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke van dié gewilde reeks. Hierdie is die tweede titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke! Jasper het nog altyd geweet hy is lief vir rugby, maar hy het nie besef dat hy ’n rugbyheld sou word nie! Kom deel in die avonture van Jasper!
As Rietrot moet jy jou plek ken, besef Daniël du Randt met die
intrapslag in Rietvallei Hoër. Almal sę daar bestaan nie iets soos
ontgroening nie, maar hierdie matrieks het duidelik nog nie die
boodskap gekry nie. Gelukkig het hy vriende soos Malebo, Antonie en
Giovanni, want Peet Pretorius eet graad 8’s vir ontbyt en spoeg
hulle soos fyngekoude grate uit.
Daar wag donker dae vir die Barbaarse Argipel – dis amper asof die wereld vervloek is! Kan Harwarrus sy swaard behou, ’n draakrebellie stopsit en keer dat Alvin die volgende koning van die Wilderweste word? Harwarrus Horribalus Heldehelm die Derde was ’n swaardvegter, draak¬fluisteraar en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Maar die reeks gaan oor toe hy nog gesukkel het om ’n held te wees. Kinders wat DreamWorks se film How To Train your Dragon uit 2010 onthou, kan Hiccup (oftewel Harwarrus) se avonture nou in Afrikaans lees!
Mia haat wiskunde. Sy hou nie van optelsomme nie en sy hou nie van aftreksomme nie. Vermenigvuldigsomme gee haar hoofpyn en sy verstaan nie deelsomme nie. Haar aaklige wiskunde-onderwyser, meneer Vermaak, se nie eers “More, klas” soos die ander onderwysers nie. Hy se net: “Vandag maak ek Maalvleis van die een wie se wiskunde nie gedoen is nie!” Maar wat meneer Vermaak nie weet nie, is dat Mia besig is om 'n boek oor hipnose te lees... En dat sy selfs onbeskofte wiskunde-onderwysers allerhande toertjies kan laat doen!
Sam en Julia woon in die Muishuis. Sam is BAIE skaam en BAIE soet, en Julia is BAIE nuuskierig en BAIE eiewys. Maar al verskil hulle so van mekaar, is hulle beste maatjies. Toe hulle op ’n dag met albasters speel, tel hulle ’n besonderse klip op – ’n gelukbringerklip. Hulle bere dit natuurlik in hul skatkissie in hul geheime hut onder die trap. Min wetend dat die klip later handig te pas sal kom … Soos in die topverkoper Die Muishuis, Sam & Julia, sien die leser gaandeweg hoe die vriendskap tussen Sam en Julia ontwikkel. Ons ontmoet ook nuwe karakters soos wat die twee muise nuwe kamers en ruimtes in die Muishuisverken. In 2012 is die oorspronklike uitgawe as Best Verzorgde Boek in Nederland aangewys.
Hierdie fris, lewendige vertaling deur Marita van der Vyver is om verskillende redes uniek. Dit is die eerste keer dat die volledige Grimm in Afrikaans in een band verskyn. Ook die herkoms van elk van die 210 sprokies wat aan die hand van verskeie bronne nagegaan is, word vir die eerste keer in Afrikaans opgeteken. Daarby is dit die eerste keer dat die klassieke negentiende-eeuse tekeninge van die drie groot Grimm-illustreerders – Hermann Vogel, P. Grot Johann en R. Leinweber – in ’n Afrikaanse uitgawe gebruik word.
Dapper Kinders Van Suid-Afrika eer die bekende en minder bekende heldhaftige kinders in die geskiedenis van Suid-Afrika. Daar word vertel van die koue nag toe Klara Majola haar blinde pa gaan soek het. Jacobus Lombard onthou die ontberings wat hy as 15-jarige seun op die Dorslandtrek gely het en die dapperheid wat dit gekos het om te oorleef. Die Anglo-Boereoorlog het heelwat kinderhelde opgelewer. Penkoppe (seuns van ongeveer 10–15 jaar) het saam met die Boere op kommando gegaan en in sekere gevalle saam gesneuwel. Hierdie versameling van 36 verhale gee ’n blik op die heldemoed wat kinders jonger as 16 jaar aan die dag gelę het.
Harwarrus het drie maande, vyf dae en ses uur om terug by Berk te kom, sy pa te red, teen Ysslange te veg EN die jaarlikse vriendskaplike interstam-swemgala te wen. Gaan hy dit regkry? Harwarrus Horribalus Heldehelm die Derde was ’n swaardvegter, draak¬fluisteraar en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Maar die reeks gaan oor toe hy nog gesukkel het om ’n held te wees. Kinders wat DreamWorks se film How To Train your Dragon uit 2010 onthou, kan Hiccup (oftewel Harwarrus) se avonture nou in Afrikaans lees!
Die derde boek in die reeks oor Agent Alex se avonture by Spioenkop Akademie. Die verfoeilike POEV-organisasie het 'n geheime basis onder die visdam by Alex se skool ingerig en bied nou kammakastig visvanglesse aan om inligting te versamel! Alex en sy vriende ruik sommer dadelik rot (of eerder: vis!) - maar kan hulle 'n plan beraam om POEV se geheime sending in die wiele te ry?!
Darkus kan sy oe nie glo toe hy ’n reuseinsek by sy aaklige nuwe buurman se broekspyp sien uitval nie. Die dierasie het sewe bene – of ses bene en ’n horing – en dit lyk of hy wil kommunikeer. Maar hoe kan ’n seun vriende wees met ’n gogga wat so groot soos ’n hamster is? En wat presies het hierdie kewer te doen met sy pa se geheimsinnige verdwyning en die verskyning van die bose Lucretia Cutter met haar voorsmaak vir lewendige juweliersware? Die antwoord is dalk iewers tussen die berg muwwe teekoppies in die bure se woonstel – as Darkus en sy nuwe vriend dapper genoeg is om ondersoek in te stel … Hierdie is die eerste boek van ’n kewertrilogie van die jong skrywer M.G. Leonard. |
![]() ![]() You may like...
Cambridge IGCSE (TM) Chemistry Student's…
Chris Sunley, Sam Goodman
Paperback
R553
Discovery Miles 5 530
Handbook of Research on Applied…
Snehanshu Saha, Abhyuday Mandal, …
Hardcover
R7,052
Discovery Miles 70 520
|