![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Klein Grillie Spinnekop is baie opgewonde, want hy gaan ver reis. Saam met Ouma Erna gaan jy vakansie hou by die see! Wat gaan hulle alles daar ontdek? Leer saam met Grillie van die getye, seediere, hoë sandduine vorm en nog baie meer.
Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740's afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge.
Klein Grillie Spinnekop gaan binnekort skool toe en hy borrel oor van opgewondenheid. Wat leer jy nou eintlik in 'n skool? Is dit lekker om te leer? En sal daar dan nog tyd vir speel ook wees? 'n Meevoerende prenteboekavontuur wat opgewondenheid oor die vooruitsig van skool toe gaan aanwakker.
Julius Caesar wend hom tot sielkundige oorlogvoering ... Ignasius Vullus, die Romeinse agent, maak moeilikheid en onder die Galliers en probeer hulle beinvloed om mekaar van verraad te verdink. Het Asterix regtig die geheim van die towerdrankie aan die Romeine verkoop? Sal Asterix, Obelix en Kasterolix die glibberige Ignasius Vullus kan uitoorle en vrede in die dorpie herstel? Asterix en die groot moles is die 15de boek in die gewilde Asterix-reeks.
In hierdie omnibus, wat nog drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, gaan Saartjie en Galpil 'n weddenskap aan om te sien wie is bang vir spoke, Saartjie besluit dat die Drie Muskiete 'n kliek moet vorm, die groepie vriendinne reel 'n hipnose-konsert en Saartjie kry 'n kerel. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! Trompie samel geld in vir 'n bedleende seun, Trompie word verkies as junior leerderraadslid en die rugbyseisoen begin - wat beteken dat Trompie en sy maats se lewe net om een ding draai.
Lotta se klas het ’n kompetisie gewen! Hulle gaan prente van bedreigde diere op ’n heining verf. Lotta en Chantelle is mal oor diere, so hulle is vuur en vlam. Hulle wil mos nie he pandas en Tasmaniese duiwels en sulke skaars diere moet uitsterf nie . . . maar dinge werk ongelukkig nie uit soos hulle beplan nie. Veral nie met die neus-in-die-lug Berenice in die rondte nie. Dit is die een katastrofe na die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd pret!
In Liewe Heksie: Leesboek 4 vang Liewe Heksie 'n boef by Karel Kat se huis, kry sy haar eie koekoekhorlosie en reken sy met die Geelheks af by Koning Rosekrans se verjaardagpartytjie. Liewe Heksie se onskuld, humor en verbeelding is nog net so bekoorlik soos altyd!
Tomas kan nie sy lewe voorstel sonder sy draak Flikker nie. Flikker is meer as net ’n troeteldier – hy’s die beste maat wat Tomas al ooit gehad het! Maar hy het sy oupa belowe dat hy en sy vriende hulle drake sal vrylaat, en dis beslis nie ’n maklike ding om te doen nie. Veral nie wanneer Tomas en sy vriende soveel pret het saam met hulle drake Flikker, Son, Vrieska en Sluiper nie, nie as hulle nog moet uitwerk waar die drake vandaan kom en hoe om hulle weer terug by hulle huis te kry nie, en nie as Tomas op die nippertjie is om die storie agter die geheimsinnige draakvrugboom uit te pluis nie!
Die vyf vriende ontdek ’n geheimsinnige trommel op Kirrin-eiland en hulle vermoed onraad. Maar dan hoor hulle ’n kind in die middel van die nag skree! Wie is saam met hulle op die eiland, en hoekom? Pragtige nuwe omslagkuns deur Laura Ellen Anderson maak dié klassieke reeks vir moderne jong lesers toeganklik.
Greg Heffley en sy gesin kies koers uit die dorp. Met die koue weer en
die druk van die naderende vakansietyd, besluit die Heffleys om na ’n
oord op ’n tropiese eiland te ontvlug om ’n slaggie te rus en uit te
span. ’n Paar dae in die paradys behoort wondere vir Greg en sy
doodmoeë gesin te verrig.
Ek en jy lyk dalk verskillend,
Kara Immelman se lewe is eintlik nogal uitgesorteer. Sy is in matriek en hoewel sy heeltemal te skaam is om gewild te wees, het sy vir Eduard, haar beste vriend van laerskooldae af. Sy is ook haar skool se topswemmer en die moontlikheid van ’n swembeurs wink. Al gebeur daar nie veel op die dorpie waar hulle woon nie, het sy en Eduard groot planne om eendag die wêreld te sien. Planne wat aangevuur word deur hulle gedeelde passie vir flieks. Wanneer Samantha egter op die toneel verskyn, herrangskik dit Kara en Eduard se hele bestaan. Want Sam is nie net onmoontlik mooi nie, sy speel ook volgens haar eie reëls. Toe ons oneindig was, is die verhaal van ’n meisie wat nog altyd presies gedoen het wat van haar verwag is. Iemand wat so besig was om almal gelukkig te hou, dat sy nooit regtig probeer uitvind het wat háár gelukkig maak nie. Totdat sy een middag in ’n aantrekhokkie vir die heel eerste keer gesoen word. Dis ’n storie oor vriendskap en lojaliteit. Oor seksualiteit en vloeibaarheid. Maar bowenal is dit die verhaal van ’n meisie op ’n selfontdekkingsreis – die soort reis wat in ’n Hollywoodfliek hoort.
|
You may like...
The Oxford Handbook of Hesiod
Alexander Loney, Stephen Scully
Hardcover
R4,152
Discovery Miles 41 520
The Global History of Paleopathology…
Jane Buikstra, Charlotte Roberts
Hardcover
R7,180
Discovery Miles 71 800
Invented by Animals - Meet the creatures…
Christiane Dorion
Hardcover
Extreme Science: Magnificent Habitats
Rob Colson, Jon Richards
Paperback
Sapiens - A Brief History Of Humankind
Yuval Noah Harari
Paperback
(4)
|