![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Hierdie boek bevat sagsinnige rympies met gepasde teksture waaraan jou baba kan vat en voel. Dit is die ideale manier om jou baba op 'n sensoriese wyse bekend te stel aan plaasdiere.
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke. Hierdie is die elfde titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke! Jasper se pa wil weet wat hy eendag wil word. Die probleem is dat daar so baie opsies is. Soms wil hy ’n renmotorjaer word wat in ’n rooi Ferrari oor die aarde skeer, dan stel hy weer belang in rillerverhale skryf en net die volgende dag wil hy regte gaan studeer. Toe die sirkus egter ’n draai in Leliesvlei maak, besef Jasper dat hy eintlik ’n akrobaat wil word. Maar sal sy ouers sy besluit ondersteun? Kom deel in die avonture van Jasper.
'n Ramp het Asterix en Obelix se Galliese dorpie getref: Abrakadabrix, die druide, se goue sekel het gebreek. Sonder sy goue sekel kan hy nie die jaarlikse druide-saamtrek bywoon nie – of voelent oes vir die towerbrousel waarmee die Romeinse legioene afgeweer moet word nie. Asterix en Obelix word afgevaardig om al die pad Lutetia toe te reis om ’n nuwe sekel te gaan koop... maar die paadjie daarheen loop natuurlik nie sonder avontuurlike kronkels nie.
Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740's afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge.
Wrede kewermodebaas Lucretia Cutter het ’n plan om die wêreld voor haar kewerkloue te laat buig. Hierdie keer behels dit ’n besoek aan die jaarlikse Filmtoekennings in Los Angeles, ’n stel pragtige maar gevaarlike kewerrokke vir bekende aktrises en ’n weermag van bose lieweheersbesies. Darkus, Virginia en Bertold is vasbeslote om ’n stokkie voor haar planne te steek, maar Darkus se pa het hom verbied om verder ondersoek in te stel, die gruwelike skelms, Humphrey en Pickering is weer uit die tronk en die kewers van Kewerberg se lewens word ernstig bedreig.
“Pappa!” roep Johannes. “Pappa, kyk net!”. “Stil!” roep meneer Blom. “Ek kry nie gewerk nie!”. “Maar jy moet kyk, Pappa,” se Nella Della. Sy hou haar hand ’n bietjie stywer om die mannetjie sodat hy nie kan ontsnap nie. Meneer Blom kyk. “Wat is dit?” vra hy effens knorrig, asof hy vies is dat hulle hom oor so ’n kleinigheid pla. “Is dit ’n kabouter? Kabouters bestaan nie. Dit is dus onmoontlik. Los my nou dat ek kan werk.” ’n Kabouter is dit nie, maar ’n wiplala met die naam Wiplala. En Wiplala kan toor, of soos hy dit noem ‘tinkel’. Die enigste probleem is dat Wiplala dit soms regkry om te tinkel en soms nie. Wanneer hy die Blom-gesin net so klein maak soos hy, is dit die begin van ’n opwindende avontuur. Die Bloms wonder egter of hulle ooit weer normale mense sal word!. Wiplala verskyn oorspronklik in 1957 in Nederlands. Dit is uit die pen van die bekende Nederlandse kinderboekskrywer Annie M.G. Schmidt. Die boek word in verskeie tale vertaal (onder meer Duits, Fins, Engels en selfs Japannees). In 2014 verskyn daar ook ’n film wat gebaseer is op die boek.
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke. Hierdie is die sewende titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke! In alles was Jasper nog altyd die onbestrede leier, maar nou lyk dit asof sy maats hom eenkant toe stoot, en dit net omdat hy nie soos ‘n meisiekind op ‘n verhoog wil gaan ronddans nie. Asof daar nie veel belangriker dinge is wat ‘n seun kan doen nie! En boonop lyk dit ook nog asof hulle dink hy kan nie toneel speel nie! Jasper is egter nie iemand wat homself bejammer as dinge ‘n bietjie donker lyk nie. Hy het lankal geleer dat dit die heel beste is om uit te spring en iets te doen om die saak reg te stel — en soos altyd spring die klein borselkop met soveel entoesiasme aan die werk, dat hy homself, en die leser, ‘n bietjie uitasem laat. Kom deel in die avonture van Jasper.
Die opvolgverhaal van Die Brief Vir Die Koning. ’n Jong ridder. ’n Betowerde woud. ’n Lewensgevaarlike soektog. Een van die koning se ridders word vermis. Tiuri kry die gevaarlike opdrag om hom te gaan soek. Saam met sy vriend Piak vertrek hy na die Wilde Woud. Oor die Wilde Woud word vreemde stories vertel – van woeste rowers en bosgeeste, van ruïnes en kronkelpaaie wat doodloop, van geheimsinnige Manne met Groen Klere … Die verhaal bevat al die bestanddele van ’n tydlose avontuur: ’n ware held, vriendskap, liefde, dapperheid, lojaliteit, ridderlikheid … en skelm skurke.
'n Jeugverhaal wat ook geskik is vir volwassenes. Met Dolf van Niekerk se intieme kennis van die kind, skryf hy vanuit 'n kind se oogpunt oor “die buitestaander/outcast”. Verskeie kwessies wat 'n kind na aan die hart le word aangeraak, soos: gebroke families, tekort aan aandag en liefde, drome en standvastigheid. Albert is eensaam. Hy kom uit 'n gebroke huis waar daar baie gehuil en min gelag word. Hy ken nie sy stiefma nie en dis asof sy pa net 'n kuiergas in die huis is. 'n Posduif bring nuwe hoop en opwinding in sy lewe. Die tuin word sy veilige hawe – die plek waar hy net homself kan wees en vrylik mag liefhe. 'n Jeugboek wat meer as net 'n ontspanningsboek is. As jou kind hierdie eers gelees het, sal sy vir die res van haar lewe opkyk as sy die geruis van duifvlerke hoor. Sy sal deernis he met haar maats wat uit gebroke huise kom, want sy sal besef dat hulle dit nie maklik in die lewe het nie. Sy sal nooit net niks kan voel as sy 'n dooie posduif in die pad sien le nie. As sy dikbek of sleg voel, sal sy uitwyk na die stilte van die tuin. En as iemand haar drome bedreig, sal sy hulle op 'n afstand by die diere stilletjies sit en vloek. – Keina Swart
Die storie van Gulliver se reise is vir Lillie betowerend – letterlik! Lillie is absoluut gek oor die boek en wonder hoe dit moet voel om ’n reus te wees in ’n land waar die mense skaars groter is as jou duim. Maar hoe kom sy daar? Toe haar klein pes van ’n boetie, Leon, haar kom pla met ’n probleem, gee hy onwetend vir haar die antwoord! Haar eerste probeerslag loop egter skeef, en so amper word sy die prooi van die buurvrou se kat. Wanneer haar toordery wel ’n tweede keer slaag, kry sy nie met ’n kat te doen nie, maar met ’n veel gevaarliker vyand wat die Lilliputters se lewens daagliks bedreig. Sal sy daarin slaag om hulle te help?
Hierdie pragtig geillustreerde boek geskryf deur Ewald van Rensburg, is propvol inspirerende stories met kleurvolle karakters. Een hiervan is dapper Bomani, 'n baie spesiale meerkat wat jong kinders sal aanmoedig om anders te lewe terwyl hulle deur sy wonderlike avonture vermaak word. Die ideale boek vir ouers en versorgers van jong kinders. Daar is 3 verskillende stories. Na elke storie is daar ’n toepassing, ’n verwysing na ’n Bybelteks, ’n gebed asook ‘n prentjie-aktiwiteit.
Uiteindelik kan Daniël en sy vriende vir ’n naweek na die plot gaan en ontspan – en sommer ook wegkom van Peet wat al weer op hulle spoor is. Maar Daniël se sussie, Chrissie, is siek met iets wat aansteeklik lyk en die dokter het gesê hulle mag nie naby haar kom nie. Daniël vind die perfekte oplossing: Hulle kan langs die rivier kamp! Terwyl hulle met binnebande in die rivier afdryf, sien hulle iets wat verdag lyk by oom Giel Larson se plek. Dalk is dit niks, maar sê nou die oom is werklik in die moeilikheid. Hulle rustige kampnaweek raak baie vinnig baie gevaarlik wanneer hulle gaan ondersoek instel … Kamp is nie vir sissies nie!
Daniël en sy vriende is al weer in die moeilikheid – hierdie keer by Peet én juffrou Faure. Hoe het hulle dit reggekry om die ergste matriekou en die ergste juffrou al twee gelyk teen hulle te hê? Gelukkig nooi Antonie se pa hulle vir die naweek Kaap toe, sommer al van die Donderdagaand af. Hulle almal sien uit na ’n sorgelose naweek by die see, weg van hulle aartsvyande. Maar daar gaan iets vreemds aan by die rotsgrot in die baai langsaan, en hulle gaan stel ondersoek in op ’n mistige middag …
Hierdie storie gaan oor ’n jong towenaarseun en ’n jong krygermeisie wat van geboorte af geleer is om mekaar soos gif te haat. Die storie begin met die ontdekking van 'n reusagtige swart veer. Is die towenaars en krygers dalk so besig om teen mekaar te baklei dat hulle nie agterkom dat ’n oeroue bose mag teruggekeer het nie? Is daardie veer dalk regtig ’n hekseveer?
Hierdie is die tweede drie-in-een boek van Hanli die hasie! (Die vlieende hasie; Die Ysprinses & Die Kersfeeswens). Hanli die hasie is die Afrikaanse vertaling van die gewilde Engelse boek Lettice – waarvan daar al oor ’n miljoen boeke verkoop is. Hanli is ’n vrolike hasie wat saam met haar gesin hoog teen die kruin van ’n heuwel woon. Knibbel, knibbel, hop, hop, elke dag is presies dieselfde, behalwe wanneer sy verras word! Op ’n dag sien Hanli ’n pragtige pienk vliegtuig in die lug. Daar en dan besluit sy dat sy ook wil vlieg. Sy flap haar arms, haar ore, selfs haar snorbaarde en stert, maar niks werk nie. Sy plof moedeloos op die gras neer. Sal ’n gewone hasie soos sy dan nooit kan vlieg nie?. ’n Ander keer hoor Hanli hoe kinders oor Kersfees praat. Sy wou nog altyd geweet het wat Kersfees is en besluit om die kinders te volg en self ondersoek in te stel … Die wonderlikste verrassing van almal is toe Hanli op ’n yskoue wintersoggend genooi word om saam met kinders op die bevrore meer te ysskaats. Net toe sy dink die dag kan nie meer betowerend word nie, kry sy die kans om voor die Ysprinses te dans – heeltemal op haar eie. Hanli die hasie sal reguit in klein dogtertjies se harte in hop!.
Lillie besluit om weer ’n keer haar draakvriendjie, Hektor, te besoek. Daar gekom is die arme drake skoon geel van stres ... Drie groot draakeksamen le vir hom voor en hy oefen verwoed om elke item te slaag. Met die eet soveel as wat jy kan-item het Hektor geen probleem nie: so klein soos hy is, het hy die aptyt van ’n beer. Maar die lekkerbekkigheid het nadele! Met sy ronde boepens sukkel sy klein vlerkies om hom in die lug te hou – en die belangrikste toets is natuurlik wie die hoogste en vinnigste kan vlieg. Hekse word nie toegelaat by die eksamen nie, maar onse Lillie is nie sommer enige heksie nie en sy laat nooit haar vriende in die steek nie.
Momo, ’n klein, verflenterde dogtertjie, woon aan die rand van ’n groot stad in die ruïne van ’n amfiteater. Sy besit niks buiten dit wat sy vind of wat sy van ander ontvang nie, maar sy het ’n buitengewone gawe: Sy luister werklik na ander en gee vir hulle tyd. Een dag ruk die gruwelike grys menere met hulle loodgrys aktetasse en sigare in die groot stad op en begin om die kosbare tyd van die mense te steel. Momo is die enigste een wat die donker mag van die tyddiewe kan beteuel. |
![]() ![]() You may like...
China Satellite Navigation Conference…
Jiadong Sun, Jingnan Liu, …
Hardcover
R5,711
Discovery Miles 57 110
Abuse of Dominance in EU Competition Law…
Pier L. Parcu, Giorgio Monti, …
Hardcover
![]() R3,022 Discovery Miles 30 220
Material Research in Atomic Scale by…
Miroslav Mashlan, Marcel Miglierini, …
Hardcover
R1,737
Discovery Miles 17 370
Into A Raging Sea - Great South African…
Tony Weaver, Andrew Ingram
Paperback
![]() R330 Discovery Miles 3 300
Silicon Surfaces And Formation Of…
Jarek Dabrowski, Hans-Joachim Mussig
Hardcover
R5,353
Discovery Miles 53 530
Clinical Guide for Overseas Dental…
Verma Pooja Ahmad, Verma Pooja Gupta
Paperback
R1,508
Discovery Miles 15 080
Behind Prison Walls - Unlocking a Safer…
Edwin Cameron, Rebecca Gore, …
Paperback
|