0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (36)
  • R50 - R100 (210)
  • R100 - R250 (1,038)
  • R250 - R500 (217)
  • R500+ (29)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie

Oor 'n Motorfiets, 'n Zombiefliek en Lang Getalle Wat Deur Elf Gedeel Kan Word (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Oor 'n Motorfiets, 'n Zombiefliek en Lang Getalle Wat Deur Elf Gedeel Kan Word (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Martin Retief se hele lewe verander toe sy pa een middag stilhou om aandete te koop. Maar dan ontmoet Martin vir Drikus. Drikus wat aan ’n siekte ly en sy eie zombiefliek wil maak. Wat volg is ’n avontuur vol skouhoenders, skelms, mooi meisies, wiskunde, kammabloed en zombies.

Skerwe (Afrikaans, Paperback): Sally Partridge Skerwe (Afrikaans, Paperback)
Sally Partridge
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ses vriende woon ’n musiekfees in die Cederberg by. Net vyf kom terug.

Vir haar sewentiende verjaarsdag nooi Demi Crowley haar vyf beste vriende saam met haar na ’n musiekfees vir die partytjie van die dekade. Maar wat veronderstel was om die beste nag van hulle lewens te wees, verander in ’n nagmerrie wat nie een van hulle ooit sal vergeet nie.

Skerwe is ’n holderstebolder, wegholverhaal oor liefde, verlies en vriendskap wat jou lank gaan bybly.

Wian en die Viking-swaard (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Wian en die Viking-swaard (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bosman is dikmond dat hy saamgesleep word na Parys, Frankryk terwyl sy pa daar moet werk. Gelukkig kom sy pelle saam. Bosman is darem opgewonde oor een ding.

Hy kan uiteindelik na die Viking-museum toe gaan. Hy is MAL oor die Vikings!

Maar watter vreemde ding gebeur dat hy skielik die Vikings ONTMOET?!

Hoe moet hy terugkom in Parys in die huidige tyd? Hoe maak hy seker hy beland nie onder die swaard van ’n Viking nie?

Lees saam aan hierdie wegholrit van ’n avontuur!

Felina Kat, Geheime Agent (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Felina Kat, Geheime Agent (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit; Illustrated by Zinelda McDonald
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Timo wonder wie die geheimsinnige inwoner op die boonste verdieping van hulle woonstelblok is. Wanneer hy gaan ondersoek instel, verander sy vervelige skoolvakansie skielik in ’n groot avontuur!

Hy maak kennis met Felina Kat, maar sy is geen gewone kat nie . . . Sy is ’n GEHEIME AGENT.

Speurder Skote Petoors het ’n probleem. ’n Kosbare blou diamantring is gesteel en daar is nog geen leidraad nie. Die Geheime Agent moet kom help.

Sal Felina, Skote en Timo saam die skurke kan vastrek?

Hondman (Afrikaans, Paperback): Dav Pilkey Hondman (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey; Translated by Kobus Geldenhuys
R275 R258 Discovery Miles 2 580 Save R17 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Daar is 'n nuwe soort polisieman op die toneel! George en Harold het 'n nuwe held geskep wat bedrog uitgrou, sy kloue in kroeke inslaan en diewe omduik! Ben die hond en sy polisiehoof word beseer op diens, maar 'n operasie verander ook lewe soos ons dit ken, en Hondman word gebore. Met die kop van 'n hond en die lyf van 'n mens, het hierdie heldhaftige hond 'n neus vir geregtigheid. Maar is sy hondemaniere regtig iets van die verlede?

Spikkelsterre op Mtwana - Mieke: Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Spikkelsterre op Mtwana - Mieke: Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R205 R192 Discovery Miles 1 920 Save R13 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Mieke se pad kruis met Sasha Dyssel, Miss Eco Warrior Limpopo-finalis, wat die skool en Mtwana se gas is. Fen en al die graadsewe-seuns verloor hul hart op die mooie Sasha. Maar dis Mieke wat die dieper kant van die meisie leer ken, en uitvind waarom sy en Smiley, die outjie wat gedurig 'n nuwe blouoog het, soveel in gemeen het. Die ontkoping is die finaal van Miss Eco Warrior, met afskeid en oorgang vir beide Mieke en Fen wat deur die storie verweef is.

Hondman Op Hol (Afrikaans, Paperback): Dav Pilkey Hondman Op Hol (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey; Translated by Kobus Geldenhuys
R275 R258 Discovery Miles 2 580 Save R17 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Hondman is terug en hy het 'n appeltjie te skil met die wêreld se wildste katskurk! Hondman, die nuutste superheld van die skepper van Captain Underpants, is maar nog nat agter die ore. As die kaptein hom net 'n kans wil gee . . . Ramkat is vry en sy kriminele aktiwiteite neem die stad op horings. Kan die nuwe polisieheld die stad betyds red uit die kloue van hierdie skurk, of gaan Ramkat met die perfekte misdaad wegkom?

Perfek (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Jaco Jacobs Perfek (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Jaco Jacobs
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Blonde hare … Helderblou oë …’n Skitterwit glimlag …

Natasja is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net ’n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het ’n plan …

Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.

Springboekie (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Springboekie (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Elsabe Ebersohn
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Springbokke het ’n superkrag. Hulle is die beste rugbyspelers, natuurlik. Amabhokobhoko! Maar wat as jy ’n ander superkrag het?

Dalk is LEES jou superkrag! Soos Springboekie!

Springboekie is MAL daaroor om te lees. Hy wens net sy maats het ook daarvan gehou. Hulle wil net HEELDAG in die moddergat speel en hulle dink boeke is VERVELIG.

Gelukkig is Springboekie baie slim. Hy wys sy maats dat daar ʼn boek vir elkeen bestaan. Selfs ’n kwaai leeu!

Die Feetjiepolisiediens (Afrikaans, Paperback): Leon-Ben Lamprecht Die Feetjiepolisiediens (Afrikaans, Paperback)
Leon-Ben Lamprecht; Illustrated by Zinelda McDonald
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Almal in Feetjieland kan rustig slaap met Kaptein Fanie en Sersant Saarkie van die Feetjiepolisiediens wat 'n oog oor hulle hou!

Daar is drie sake wat ondersoek moet word: in die Groot Woud by die De Beer-huis het iemand ingebreek en al die pap geëet, Jan Christoffel Reus se hennetjie wat goue eiers lê, is gesteel en Hansie en Grietjie Fick is weg . . . te midde van vreemde gebeure by Mevrou Le-Vy se gemmerbroodhuisie.

Huppelkind (Afrikaans, Paperback): W.O. Kuhne Huppelkind (Afrikaans, Paperback)
W.O. Kuhne
R295 R277 Discovery Miles 2 770 Save R18 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die klassieke Huppel-stories is weer beskikbaar in een pragtige bundel. Wie onthou die Slaapkouse en die Nuuskierige Agies wat moet help dat Storieman sy storie vertel in Wip-Huppel-Wip? In Vrolike Huppelkind besoek hy saam met Fiefman die Land van Wol en Hare, en wanneer Huppel verjaar, kry hy 'n regte koekoek in 'n klok! Die kleurvolle, komiese karakters en die vrolike Huppel, tesame met Dorothy Hill se bekoorlike illustrasies, steel kinders se harte sommer gou weer in 2018.

Liewe Heksie se Groot Omnibus (Afrikaans, Paperback): Verna Vels Liewe Heksie se Groot Omnibus (Afrikaans, Paperback)
Verna Vels
R410 R384 Discovery Miles 3 840 Save R26 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie reuse-omnibus bevat al 41 van Verna Vels se oorspronklike Liewe Heksie-stories waarin die bekoorlike klein karaktertjie en haar maats, Blommie Kabouter, Karel Kat, Kwaaitjie Kabouter, Koning Rosekrans en vele meer weer oud en jonk laat skaterlag met hulle mannewales.

Die stories is ’n versameling uit die bundels: Die Liewe Heksie-Omnibus (2002) en ​Liewe Heksie en die rekenaar ​(2001).

Vian Oelofsen se pragtige illustrasies laat hierdie klassieke stories en karakters weer leef!

My Gunsteling Storie-Bybel Bundel (Afrikaans, Paperback): Ewald Rensburg My Gunsteling Storie-Bybel Bundel (Afrikaans, Paperback)
Ewald Rensburg
R209 R193 Discovery Miles 1 930 Save R16 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie boek is vol lewendige en prettige illustrasies wat kinders aan God se Woord en Sy liefde vir hulle bekendstel. Elke Bybelverhaal het: 'n gebed om kinders te help om met God ‘n band te vorm; 'n Christelike waarde wat die verhaal versterk; En 'n vraag om kinders te help om te verbaliseer; Wat hulle gelees, gehoor en verstaan het.

Stophorlosie - 7 Sport Stories (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Stophorlosie - 7 Sport Stories (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Gwendolene Van Der Merwe
R100 R85 Discovery Miles 850 Save R15 (15%) Ships in 5 - 10 working days

Kan ’n ongewone stokperdjie jou span se rugbytoer red? Hoe ver sal jy gaan om seker te maak jy het genoeg tydvir soveel sportsoorte as moontlik? Kan ’n klomp vrotperskes die begin van ’n cool nuwe sportsoort wees?

Hierdie boek bevat 7 sportstories wat jou tone sal laatomkrul van lekkerkry!

Lottie Brooks 2: Die Verbysterende Bestie-Blapse van Lottie Brooks (Afrikaans, Paperback): Katie Kirby Lottie Brooks 2: Die Verbysterende Bestie-Blapse van Lottie Brooks (Afrikaans, Paperback)
Katie Kirby; Translated by Zelda Bezuidenhout
R230 R195 Discovery Miles 1 950 Save R35 (15%) Ships in 5 - 10 working days

Lottie kry die hoofrol in ’n musiekblyspel en dit gee haar die kans om vir Daniel te beïndruk met haar talent as ’n singende krap, maar dis nie net sang en dans by die skool nie. Lottie se vriendskap met Mieke en Jess is aan’t skerwe, maak nie saak hoe hard sy probeer om almal bymekaar te hou nie. Gaan Lottie weer ’n verbysterende bestie-blaps beleef?

Lottie Brooks 1: Die Pynlik Patetiese Lewe van Lottie Brooks (Afrikaans, Paperback): Katie Kirby Lottie Brooks 1: Die Pynlik Patetiese Lewe van Lottie Brooks (Afrikaans, Paperback)
Katie Kirby; Translated by Zelda Bezuidenhout
R230 R195 Discovery Miles 1 950 Save R35 (15%) Ships in 5 - 10 working days

Lottie Brooks is byna 12 jaar oud en haar lewe is amptelik verby. Sy gaan amper hoërskool toe sonder enige vriende aan haar sy of ’n swierige kapsel. Boonop het sy besef dat sy te plat is om ’n BRA te dra! Sy kan maar net so wel opgee en hiberneer saam met haar hamsters.

Dagboek van 'n Wimpy Kid 19 - Kookpot (Afrikaans, Paperback): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 19 - Kookpot (Afrikaans, Paperback)
Jeff Kinney
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die druk laai op teen Greg Heffley, wat ontdek dat ’n kombinasie van ’n spul familielede, ’n piepklein strandhuisie en versengende hitte ’n rampresep is.

Van resepte gepraat – die geheime bestanddeel in Ouma se beroemde frikkadelle is jare lank dig bewaar. Kan Greg al sy familie se raaisels opklaar voor die vakansie verby is? Of gaan hy net aan die kookpot karring?

Harry Potter en die Orde van die Feniks (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Orde van die Feniks (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) In Stock

Donker tye het aangebreek op Hogwarts. Ná die Dementors se aanval op sy neef Dudley, besef Harry Potter dat niks Voldemort sal stuit om hom te vind nie. Al is daar diegene wat die Donker Heer se terugkeer ontken, is Harry nie alleen nie: ’n Geheime orde vergader by Grimmauldplein om teen die Donker Magte te veg. Harry moet professor Snape toelaat om hom te leer hoe om homself te beskerm teen Voldemort se wrede aanvalle op sy gedagtes. Maar hulle word sterker en Harry se tyd raak min . . .

Haas Das se Nuuskas: Episode 4 (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Haas Das se Nuuskas: Episode 4 (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit
R195 R183 Discovery Miles 1 830 Save R12 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending raak Boeboe die bobbejaantjie vermis en almal is bekommerd, want Hoohoeff Hienia is in die omtrek. Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.

Haas Das se Nuuskas: Episode 3 (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Haas Das se Nuuskas: Episode 3 (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit 1
R195 R183 Discovery Miles 1 830 Save R12 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie episode vind die groot wedloop tussen Hasie Kwassie en Skillie Skilpad plaas! Wie gaan wen? Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.

Saartjie Omnibus 1 (Afrikaans, Paperback): Bettie Naude Saartjie Omnibus 1 (Afrikaans, Paperback)
Bettie Naude
R235 R221 Discovery Miles 2 210 Save R14 (6%) In Stock

In hierdie omnibus, wat die eerste drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe. Hierdie rabbedoe en haar twee maats staan bekend as die Drie Muskiete en al wat hulle lewe versuur, is seuns en 'n klein niksnuts genaamd Muggie. In Saartjie se vakansie tref 'n orkaan 'n Johannesburgse woonbuurt en Saartjie kom af op 'n tweeling wie se ouers albei in die hospitaal is. In Saartjie se geheim laat Saartjie se ondeundheid haar soos gewoonlik weer in die moeilikheid beland. Galpil-hulle is net mooi gereed om vrugte vas te le wanneer 'n vreesaanjaende spook sy verskyning maak. Saartjie het 'n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!

Trompie Omnibus 1 (Afrikaans, Paperback): Topsy Smith Trompie Omnibus 1 (Afrikaans, Paperback)
Topsy Smith
R235 R221 Discovery Miles 2 210 Save R14 (6%) In Stock

In hierdie omnibus, wat die eerste drie boeke van die gewilde Trompie-reeks bevat, ontmoet ons vir Trompie, die elfjarige sproetgesig Grootkaptein van die Boksombende. Hy en sy vriende Rooie, Blikkies en klein Dawie maak die lewe interessant (en soms taamlik moeilik!) vir die inwoners van hul tuisdorp, Kwaggaberg. Hul avontuur met die dominee se bobbejaan ruk handuit en Trompie se poging om vir sy suster Anna ’n kerel te kry, loop lelik skeef. Trompie wil ook baie graag ’n hond he en het sy oog op ’n basterbrak genaamd Boesman. In Trompie die stouterd trek Trompie vir die nuwe seun wat al die onderwysers se witbroodjie is, ’n lelike streep. In Trompie die soet seun besluit Trompie hy is moeg daarvoor om altyd in almal se slegte boekies te wees. Die Boksombende se Grootkaptein kondig aan dat dit tyd geword het om goeie dade te doen, maar dis glad nie so maklik soos wat dit klink nie! Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!

Paniek By Die Piekniek (Afrikaans, Paperback): Marie Tibi Paniek By Die Piekniek (Afrikaans, Paperback)
Marie Tibi
R80 R74 Discovery Miles 740 Save R6 (7%) In Stock
Super Boeta (Afrikaans, Paperback): Super Boeta (Afrikaans, Paperback)
R80 R74 Discovery Miles 740 Save R6 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Klein Einas (Afrikaans, Paperback): Marie Tibi Klein Einas (Afrikaans, Paperback)
Marie Tibi
R80 R74 Discovery Miles 740 Save R6 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Baking - For Profit And Pleasure
Christine Capendale Paperback  (1)
R495 R464 Discovery Miles 4 640
The Bright Idea Box - A Proven System to…
Jag Randhawa Hardcover R699 R632 Discovery Miles 6 320
Probability And Finance Theory
Kian Guan Lim Hardcover R2,589 Discovery Miles 25 890
Activate the Third Space - How to Align…
Bill Cornwell, Michael Switow Hardcover R930 R803 Discovery Miles 8 030
Proceedings of the First US/Japan…
H. Bozdogan Hardcover R3,046 Discovery Miles 30 460
Plant Stress Mitigators - Types…
Mansour Ghorbanpour, Muhammad Adnan Shahid Paperback R3,675 Discovery Miles 36 750
Brutal Legacy - A Memoir
Tracy Going Paperback  (4)
R453 Discovery Miles 4 530
Modelling Trends and Cycles in Economic…
Terence C. Mills Hardcover R3,114 Discovery Miles 31 140
Breadless Sandwiches, Wraps and Burgers
Milton Cummings Hardcover R1,416 R1,169 Discovery Miles 11 690
Managing Business Interfaces - Marketing…
Amiya K. Chakravarty, Jehoshua Eliashberg Hardcover R4,548 Discovery Miles 45 480

 

Partners