Ek en jy lyk dalk verskillend,
ons klink verskillend,
ons bly op verskillende plekke
en ons eet verskillende kos,
maar wanneer ek in jou oë kyk,
sien ek myself.
’n Warm, vertroostende boek oor vriendskap en ubuntu wat beide ons
ooreenkomste en verskille vier.