Darkus kan sy oe nie glo toe hy ’n reuseinsek by sy aaklige nuwe
buurman se broekspyp sien uitval nie. Die dierasie het sewe bene –
of ses bene en ’n horing – en dit lyk of hy wil kommunikeer. Maar
hoe kan ’n seun vriende wees met ’n gogga wat so groot soos ’n
hamster is? En wat presies het hierdie kewer te doen met sy pa se
geheimsinnige verdwyning en die verskyning van die bose Lucretia
Cutter met haar voorsmaak vir lewendige juweliersware? Die antwoord
is dalk iewers tussen die berg muwwe teekoppies in die bure se
woonstel – as Darkus en sy nuwe vriend dapper genoeg is om
ondersoek in te stel … Hierdie is die eerste boek van ’n
kewertrilogie van die jong skrywer M.G. Leonard.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!