Fanie is nou 14 jaar oud en sy pa besluit dis tyd dat hy die
plaasskool moet verlaat en verder in die veldskool moet gaan leer.
En die uitdagings van die veldskool raak Fanie soms byna baas - hy
moet sommer gou leer om te skiet vir die pot, hy moet die luiperds
wat sy pa se skape vang, die skrik op die lyf jaag, hy moet
wilde-eende jag op 'n kwaai oom se plaas en hy moet 'n week lank
saam met twee Zoeloes in die berge langs die Pongolarivier oorleef.
Naas die fisiese uitdagings moet hy ook respek vir ander kulture
leer - die Engelse wereld van sy vriendinnetjie Jekkie en haar pa
en die Zoeloewereld van sy jagmaats. Hy leer ook hoe delikaat die
verhoudings tussen mense en tussen die verskillende natuurdinge is
wanneer hy bewus raak van die gevolge van sy optrede teenoor
koggelmanders, skerpioene en muishonde.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!