0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (36)
  • R50 - R100 (204)
  • R100 - R250 (1,095)
  • R250 - R500 (218)
  • R500+ (30)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie

Briewe Van Mieliepit (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Briewe Van Mieliepit (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Megan Bird
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hallo Liefsteling!

Ontmoet vir Mieliepit: ’n baie pittige troetelhoender van Bloemfontein. ’n Bietjie lui (sal sy self erken), en baie lief vir gesels, skryf sy die allersnaakste briewe aan ene Liefsteling. Sy vertel stories oor Jaco en Janet, die twee kinders in die huis, en alles wat hulle aanvang.

Soos alle broers en susters baklei hulle soms lelik, en soos alle kinders vertel hulle soms nie heeltemal die waarheid nie. Gelukkig is Mieliepit altyd daar om hulle te help. Elke storie bevat ’n bietjie pitkos om die leser te laat nadink, sowel as ’n Bybelgedeelte om verder te gaan lees, en ’n gebed wat die leser kan bid. Party storiebriewe het selfs aktiwiteite vir die lesers om te doen.

Hierdie eerste kinderboek uit LUCA se stal is uit die pen van geliefde kinderboekskrywer Fanie Viljoen, en is pragtig geïllustreer deur Megan Bird.

Elikser (Afrikaans, Paperback): Frenette van Wyk Elikser (Afrikaans, Paperback)
Frenette van Wyk
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lily Linvelt se enigste missie is om ’n oeroue blommetjie in Ierland, in die Burren, te vind. Sy moet ’n elikser maak om haar ma te red wat deur ’n bloedsuiervlermuis in die einste Burren gebyt is.

Terwyl sy daar is, ontmoet Lily vir Sterling Ashford. Hy is ’n natuurbewaarder en -kenner in die Burren en hy help vir Lily om die seldsame blommetjies op te spoor. Hy is beeldskoon en enigmaties. Geheimsinnig en verleidelik. Sy hele wese drup van … betowering. Lily kom egter voor meer uitdagings te staan.

Cobalt, die parfumeur by wie sy enfleurage leer doen, en sy honde het boonop sy eie duistere agenda. Die magiese blommetjies groei ook net in die diepste gevaarlikste deel van die Graganwoud en vele vyandige wesens staan haar en Sterling teë om betyds die elikser vir haar ma te maak …

Superhond (Afrikaans, Paperback): R. Hunt, A. Brychta, A. Stimie Superhond (Afrikaans, Paperback)
R. Hunt, A. Brychta, A. Stimie
R111 Discovery Miles 1 110 Ships in 6 - 10 working days

Die Oxford storieboom is 'n opwindende aanvangsleesreeks waarin daar van die standpunt uitgegaan word dat selfs leerders wat nog nie gereed is om simbole te interpreteer nie, wel belangstel in stories en hierdie stories kan interpreteer en weergee. Die reeks maak gebruik van 'n holistiese taalbenadering en is so gestruktureer dat alle leerders daardeur gestimuleer word. Die boekies bevorder kinders se bewustheid van ritme en rym en help hulle om klankvaardighede te ontwikkel.

Z is vir Zackie: Boekpak 1 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Z is vir Zackie: Boekpak 1 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers – en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeilikheidmaker Anton en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak dit hope pret om te leer lees! Titels in die boekpak: 1. Z is vir Zackie: Die rowwe resies 2. Z is vir Zackie: Die paddapoets 3. Z is vir Zackie: Die beste boomhuis 4. Z is vir Zackie: Die perfekte pizza 5. Z is vir Zackie: Die pretpark

Die Keiser (Afrikaans, Paperback): Bartho Smit Die Keiser (Afrikaans, Paperback)
Bartho Smit 1
R69 Discovery Miles 690 Ships in 5 - 10 working days

Die skrywer het 'n waagstuk onderneem om uit die bekende ou Andersen-sprokie van die kaal keiser 'n variasie te versin wat enersyds so na as moontlik aan die oorspronklike bly and andersyds tog in 'n aanvaarbare moderne konteks geplaas word - sonder dat die uiteenlopende "werelde" mekaar teenspreek. Deur dit in 'n moderne Afrika-land te plaas en bekende uitspattighede van ons tyd as uitgangspunt te neem, slaag hy daarin om 'n situasie wat by die eerste aanblik totaal fiktief en buitensporig woorkom, verrassend geloofwaardig te maak.

Tannie Gertruida (Afrikaans, Paperback): Tannie Gertruida (Afrikaans, Paperback)
R184 Discovery Miles 1 840 Ships in 6 - 10 working days
Lees is Maklik Graad 4 Vlak 1: Die skaking (Afrikaans, Staple bound, 2nd ed): S. van Reenen Lees is Maklik Graad 4 Vlak 1: Die skaking (Afrikaans, Staple bound, 2nd ed)
S. van Reenen
R98 Discovery Miles 980 Ships in 5 - 10 working days

Wouter en sy vriend David vlieg saam met sy pa, Dr. Willie, een aand net na skemer vanaf Stellenbosch in die rigting van Gordonsbaai. Na 'n rukkie word dit yskoud in die Cessnavliegtuig. Wouter besef daar is iets fout met sy pa. Hy sit roerloos met sy kop op sy bors. Dan uister David met 'n bewerige stem, “Hier’s iemand saam met ons. Heinemann se Lees is Maklik-reeks bevat ‘n verskeidenheid stories vir die Intermediere Fase-leerder.

Die leesboeke is ontwikkel deur taalspesialiste en onderwysers om die vaardighede in Afrikaans te bevorder en te verryk. Die reeks dek ‘n verskeidenheid van genres: drama, komedie, avontuur, rillers, aksie, tradisionele stories, misterie en nie-fiksie. Elke graad bestaan uit 20 titels, ‘n totaal van 60 titels vir die Intermediere Fase met stimulerende leesstof vir lesse. Elke verhaal het opwindende illustrasies en aktiwiteite wat gebaseer is op die storie.

Suidoosterdraak (Afrikaans, Paperback): Dianne Hofmeyr Suidoosterdraak (Afrikaans, Paperback)
Dianne Hofmeyr; Illustrated by Carol Thompson
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Storm! Storm! Reën ploeps teen die venster, wind pluk-pluk aan die deur. “Kom ons gaan jag Suidoosterdrake,” sê Oupa.

‘Pasop, drake. Hier kom ons!’

Oupa en sy kleinkind gaan op ‘n wilde en wonderlike avontuur af strand toe tydens ‘n storm. Daar vind hulle draakvoetspore, draakjuwele en selfs ‘n draakbaba, maar wat sal gebeur as hulle die rêrige Suidoosterdraak vind?

Justin Fortuin, Seerower (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Justin Fortuin, Seerower (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Justin Fortuin kuier nog lekker saam met sy ma by tannie Mary in die geheimsinnige Kasteel Boekanier. Dit is ’n reënerige dag wanneer hy en sy vriend Liam ontdek dat die kasteel nie net twee geheime tonnels het nie, maar drie. Waarheen lei die derde tonnel? Die seuns besluit om die tonnel te verken en beleef ’n opwindende avontuur vol raaisels en geheime. Hulle kom ook op ’n ou seilskip af wat geanker is in ’n versteekte baai. Wat het dit met die kok Nicolas te doen? Is Nicolas dalk ’n seerower? Wie is Jessie, wat in die agterste kajuit van die skip aangehou word? En wie is die ware erfgenaam van Kaptein Verwoes se skat?

Plaasmaats - Vat En Voel (Afrikaans, Board book): Plaasmaats - Vat En Voel (Afrikaans, Board book)
R140 R127 Discovery Miles 1 270 Save R13 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie boek bevat sagsinnige rympies met gepasde teksture waaraan jou baba kan vat en voel. Dit is die ideale manier om jou baba op 'n sensoriese wyse bekend te stel aan plaasdiere.

Bertie Blikbrein (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Jaco Jacobs Bertie Blikbrein (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Jaco Jacobs; Illustrated by Stephan Wallace
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Nico se pa is 'n uitvinder. Hy het al baie vreemde dinge ontwerp... Haarjel wat van kleur verander. 'n Stoel wat jou kielie as jy aan die slaap raak. Selfs sandale wat jou toonnaels knip! Maar sy nuutste uitvinding is die heel beste. Dis 'n regte, egte robot! Bertie Blikbrein kan praat, somme doen en selfs grappies vertel.

Z-A-K 1: Die Blou Planeet (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Z-A-K 1: Die Blou Planeet (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) In Stock

Twee wêrelde is op die punt om te bots ... Mitch het ’n knop op sy maag, hy weet iéts gaan gebeur. Iets sleg. En dan land die ruimtewesens in Deltaville en ontvoer inwoners van die dorp. Mitch en sy beste vriend, Lionel, besef dat dit hulle taak sal wees om die inwoners te red. Op die planeet Zenkion is Imke besig om oor die Blou Planeet, Aarde, te leer. Haar ma was ’n Aardling en dit beteken Imke is half-Blou Planeter, half-Zenkioniet. Al wat Imke wil doen, is om die blou waters van die Blou Planeet te sien. Sal sy die kans aangryp om na hierdie planeet te gaan? Al is die planeet besig om aangeval te word … Mitch en Imke se wêrelde ontmoet in hierdie verhaal oor ruimtereise, ruimtewesens en ’n soeke na die plek waar elkeen behoort.

Hansie vlieg weg (Afrikaans, Staple bound): Isabella Camino, Delphine Lacharron Hansie vlieg weg (Afrikaans, Staple bound)
Isabella Camino, Delphine Lacharron; Illustrated by Isabella Camino; Fantasi Fantasi
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 5 - 10 working days
Klou van die Ninja - Monstermaan #2 (Afrikaans, Paperback): Louis Van Niekerk Klou van die Ninja - Monstermaan #2 (Afrikaans, Paperback)
Louis Van Niekerk
R109 Discovery Miles 1 090 Ships in 5 - 7 working days

Met Die klou van die Ninja, die tweede boek in die spannende en gewilde Monster-maan-reeks kan kinders weer lekker bang word, baie bang word. Niel-hulle se nuwe buurman is ‘n Japanees en Niel weet sommer dat hy ‘n Ninja is. Meneer Murakani word die middelpunt van Niel se bestaan. Maar dan sien Niel ‘n bebloede Ninja-klou in meneer Murakami se wasbak. Skielik word Niel se lewe ‘n nagmerrie waarin ‘n man met ‘n skerpioen op sy wang, twee figure wat nagteliks rondsluip en die geheim van die Scroll of the Tiger, by hom spook. Die ergste is dat niemand Niel wil glo nie en dat almal dink dit is net sy verbeelding.

Hoephoepieland - Tien Omgeestories Met Hart (Afrikaans, Paperback): Ronel van der Watt Hoephoepieland - Tien Omgeestories Met Hart (Afrikaans, Paperback)
Ronel van der Watt
R200 R185 Discovery Miles 1 850 Save R15 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie spesiale kinderboek bevat tien omgeestories met hart.

Elke kind in juffrou Ansie se klas by Hoephoepieland het ’n eie storie wat in uitdagende omstandighede binne ’n multikulturele Suid- Afrikaanse konteks afspeel. Die situasies wissel van trauma (’n taxi-ongeluk, vreemdelingehaat, ’n huis wat afbrand en gesinsgeweld), mediese toestande (kongenitale hartdefek, ’n aansteeklike longsiekte en serebrale verlamming) tot verskillende gesinsamestellings (aanneming en ’n afwesige vader). Die outeur pak gewigtige kwessies met deernis, sensitiwiteit en fyn humor aan.

Die boek maak kinders bewus van ander se lewensomstandighede en help om hulle kapasiteit vir empatie te ontwikkel. Daar is ook agtergrondinligting oor elke storie se spesifieke tema asook vrae om oor te gesels.

Rimpelstories: 'n Trollie vol tjips: Graad 4 (Afrikaans, Paperback): M. Maartens Rimpelstories: 'n Trollie vol tjips: Graad 4 (Afrikaans, Paperback)
M. Maartens
R118 Discovery Miles 1 180 Ships in 5 - 10 working days

Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Hersiene Nasionale Kurrikulum in die Intermediêre Fase. Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Hersiene Nasionale Kurrikulum in die Intermediêre Fase. Die reeks poog om jong lesers die genot van lees te laat ontdek en hul visuele geletterdheid te ontwikkel deur interessante, boeiende tekste wat ryklik geïllustreer is.

Die tematiese inhoud sluit sensitiewe vraagstukke soos besoedeling, boelies en vigs in, maar dit sluit aan by die leefwêreld van die lesers met humor wat wyd gebruik word.

Lang Pad Onnetoe (Afrikaans, Paperback): Jason Reynolds Lang Pad Onnetoe (Afrikaans, Paperback)
Jason Reynolds
R270 Discovery Miles 2 700 Ships in 2 - 4 working days

Een van die mees bekroonde internasionale jeugromans wat die afgelope tyd verskyn het, is nou in Afrikaans beskikbaar (Oorspronklike titel: Long way down).

Jy het net sestig naelbyt-sekondes om die belangrikste besluit van jou lewe te neem.

Will is vyftien jaar oud. Hy het 'n pistool. Sy broer Shawn is pas vermoor. En Will ken die reëls. Jy huil nie. Jy dra nie stories aan nie. Jy neem wraak. Dit is waarheen Will op pad is, met die pistool agter by sy jean ingedruk, die pistool wat sy broer s'n was. Hy klim in die hysbak, sewende vloer, vasbeslote. Hy weet wie se bloed hy soek.

Of weet hy regtig?

Die hele pad ondertoe, terwyl die hysbak op elke vloer stilhou, klim verskillende mense wat iets met die geweld in sy buurt te doen het op die hysbak. Elkeen van hulle vertel vir Will dele van 'n groter storie as die een wat hy dink hy ken …

Hierdie woedende, verbluffend briljante jeugroman word in kort, vurige staccato versvorm vertel om 'n rou, eerlike blik op vuurwapengeweld te bied, soos net Jason Reynolds dit kan doen - en dit is nou boonop fantasties in Afrikaans vertaal deur die bekroonde skrywer en digter Nathan Trantraal, wat dit vir Suid-Afrikaanse lesers so aktueel en herkenbaar soos vanoggend se koerantopskrifte maak.

Karoo-Kantate (Afrikaans, Paperback): Marie Heese Karoo-Kantate (Afrikaans, Paperback)
Marie Heese
R217 Discovery Miles 2 170 Ships in 2 - 4 working days

Die verhaal van Jeanne Labuschagne – of Jannie Lappies – wat vir ’n kort vakansie uit ’n kinderhuis in Kaapstad gehaal word deur Stien Terblanche, en geneem word na die klein dorpie waar Stien se oom, ’n wereldbekende dirigent en komponis, woon. Jannie se lewe verander handomkeer wanneer die dirigent, Arnold Terblanche, haar pragtige sangtalent raaksien en besluit om ’n musiekstuk te skryf waarin sy die hoofrol sing. Die verhaal volg die voorbereiding vir die konsert, tesame met beide Jannie en Arnold se onderskeie emosionele wroeginge en spoke uit die verlede. Veral lesers met ’n liefde en kennis van musiek en sang sal hou van die boek. Alhoewel die hoofkarakter slegs twaalf jaar oud is, sal jonger lesers vanaf twaalf en ouer, en beslis ook volwassenes, emosioneel by Jannie en die ander karakters betrokke raak, baie soos in bv. Vaselinetjie. Die skrywer se kennis van musiek, en sekere situasies uit die musiekwereld – soos byvoorbeeld tydens ’n opera-uitvoering, of tydens ’n musiekoudisie – help om die verhaal se outentieke aanslag te versterk.

My ouma is 'n film-ster (Afrikaans, Paperback, 3rd ed): Jaco Jacobs My ouma is 'n film-ster (Afrikaans, Paperback, 3rd ed)
Jaco Jacobs
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Klou die luiperd is sommer baie in sy skik. Die mantel wat hy gekry het, lyk nes 'n regte superheld s'n. En wat doen superhelde? Hulle werk is tog om ander te help! Daarom bind Klou die mantel om sy skouers en gaan soek iemand wat hulp nodig het. Ienie, Mienie, Maainie en Mou is vier meerkatte wat vir 'n arend vlug. "Ek moet die meerkatte gaan red!" se Klou hard vir homself. "Ek is Super-Klou!" Maar sal Klou die meerkatte kan red ... of sal hulle hom op die ou end moet help? 'n Prettige, humoristiese dierestorie, perfek vir beginnerlesers.

As Mens Geluk Kon Proe (Afrikaans, Paperback): Zelda Bezuidenhout As Mens Geluk Kon Proe (Afrikaans, Paperback)
Zelda Bezuidenhout
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

NAASWENNER VAN LAPA SE JEUGROMANKOMPETISIE 2017!

Soms is geluk soos ’n vergete peperment in jou skoolbaadjiesak.

Toe Arnelia en haar ma van Kaapstad na Potchefstroom verhuis, besluit sy dit is die ideale geleentheid om die draaiboek van haar lewe te herskryf. ’n Nuwe dorp en ’n nuwe skool is die perfekte geleentheid om haarself te heront-werp. ’n Nuwe blaadjie om te slaan. Operasie Nuwe Arnelia. Oprah sal trots wees.

Ongelukkig loop haar planne sommer uit die staanspoor skeef toe sy by die skool se entrepreneursdag pens en pootjies neerslaan met arms vol kos. Boonop is daar ’n groepie meisies wat duidelik vasbeslote is om die lewe vir haar moeilik te maak.

Dankie tog vir nuwe vriende soos Dineo en Ilana wat die daaglikse dramas van haar lewe ietwat draagliker maak.

En dan is daar Dewald. Die donkerkop-boerseun met die skewe glimlag wat weet hoe om crêpes suzette, tiramisu en uiekonfyt te maak. Hy laat Arnelia se hart vreemde dinge doen, al weet sy hy sal nie twee keer na ’n meisie soos sy kyk nie.

Toe Dewald se lewe egter onverwags op sy kop gekeer word, gryp Arnelia en haar vriende in. Danksy ’n ou goudgeel kombi, ’n winkelpop genaamd Saartjie en ’n klomp fantastiese resepte begin hulle ’n mobiele snoepie by die skool. Die Snoeperheroes het die skool op hol met allerlei opwindende pousekos en prettige idees.

Maar toe Arnelia uit die bloute ’n groot rol in die skool se produksie van Hairspray losslaan, word haar nuwe vriendskappe tot die uiterste beproef, en sy word gedwing om haar moeilike verhouding met haar pa reguit in die oë te kyk …

’n Heerlike tienerverhaal propvol humor en deernis, wat bewys dat geluk dikwels in die klein dingetjies skuil.

Pieksel (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Pieksel (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vossie de Vos bou 'n robot Vossie de Vos is alleen. Stoksielalleen. Sy ma en pa is altyd besig met werk, werk, werk. Sy tuisskool-onnie, mevrou Moerdyk, het 'n humeur soos 'n dreigende donderstorm. En Vossie het niemand om met hom te speel of hom geselskap te hou nie. Maar Vossie is goed daarmee om dinge uitmekaar te haal en aanmekaar te sit. Op 'n dag besluit hy om vir hom 'n maat te bou. Al wat hy nodig het, is hope planne en allerhande goeters en katoeters. Die oomblik toe Pieksel se ligte aan flikker en sy ratte klikketie-klak begin beweeg, verander Vossie se hele lewe. Pieksel is 'n briljante robot! Hy kan praat, speel, boeke lees en hy is die wêreld se beste boomklimmer. Saam met Pieksel is elke dag 'n avontuur, en Vossie hoef nooit weer alleen te wees nie! Maar hoe lank sal hulle maats kan bly? Pieksel is 'n pragtige storie oor 'n seuntjie wat alleen is en wie se ouers heeldag werk.

Om te Dans (Afrikaans, Paperback): Noreen Nolte Om te Dans (Afrikaans, Paperback)
Noreen Nolte
R265 Discovery Miles 2 650 Ships in 2 - 4 working days

Skaars drie maande terug was Lisa se lewe nog normaal. Hulle was ’n gesin, sy het vriende gehad en sy het geléwe vir ballet.

Maar toe verander alles in ’n oogwink.

Ná die bom bars, gaan haar ma vir drie maande oorsee, en Lisa moet by haar eksentrieke ouma gaan bly wat pienk tekkies dra en glo in lysies maak. Sy moet probeer aanpas in ’n nuwe skool waar alles onbekend is. En sy moet probeer vrede maak met wat gebeur het.

Lisa is nie seker of sy kans sien vir hierdie nuwe begin nie. ’n Mens kan tog nie ’n delete-knoppie druk en al die aaklige dinge in jou lewe uitvee nie. Boonop is sy vasbeslote om nóóit weer te dans nie. En sy weier om met haar pa te praat, ná wat daardie vreeslike dag gebeur het ...

Die enigste ligpunt is Jaco, haar ouma se buurseun met die donker oë, wat sy kort voor lank beter leer ken. Maar dit lyk of iemand daarop uit is om dinge vir haar en Jaco moeilik te maak. Sal Lisa die moed kan bymekaarskraap om weer alleen op ’n verhoog te stap en die wêreld in die oë te kyk?

’n Vars, boeiende debuutroman vir tieners oor die opdraandes én die lekkertes van grootword.

Superskurk (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Superskurk (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Daar is ten minste 10 000 redes waarom ’n vakansie by Wessel se oupa NIE ’n goeie idee is nie.

Sy oupa Zirk bly in ’n groot, grillerige ou huis buite die stad.

’n Tronk is meer pret. Die kamers is donker en dit ruik na visaas en seemeeupoef.

Daar is honderde reëls in sy oupa se huis, en selfs al gehoorsaam jy al die reëls, is ’n hamerkophaai met tandpyn nog steeds vriendeliker as sy oupa. Toe Wessel se ouers hom dus by sy oupa aflaai sodat hulle op ’n eilandvakansie kan gaan, weet hy die goorste vakansie van sy lewe het pas aangebreek.

Maar iets is nie pluis nie. Waarom sluip sy oupa snags in die donker rond?

Wat steek hy in die geheimsinnige gebou buite in die tuin weg waar Wessel glad nie mag kom nie? Hoekom het hy party oggende vreemde skrape en bloukolle, asof hy in ’n geveg was?

Daar is net een manier om uit te vind ...

Kort voor lank is Wessel deel van ’n wilde pretrit vol superhelde, skurke, supercool tegnologie, agterbakse planne en ongelooflike ontploffings! En dit lyk of die verveligste vakansie van sy lewe dalk die avontuur van ’n leeftyd gaan word ...

Draakasem (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Draakasem (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Is jy gereed vir 'n skubberige avontuur?

Darius se pa kan deur 'n rivier vol krokodille swem.

Sy ma red ou tannies uit brandende geboue.

Selfs sy kleinsussie skrik vir niks …

En Darius?

Hy is nie eens dapper genoeg om van die skool se duikplank af te spring nie.

Maar alles verander toe hy op 'n dag 'n BAIE VREEMDE present by sy oupa kry …

Jaco Jacobs se splinternuwe avontuurverhaal gaan oor bang wees en dapper wees - en dat daar 'n draak binne elkeen van ons is wat ons kan help om ons vrese te oorkom. Dit is 'n beginnerleesboek vir kinders met 'n sterk fokus op humor; met eenvoudige, maklik leesbare teks.

Wat Werner Doen Met Sy (Drie) Miljoen (Afrikaans, Paperback): Tertius Janse Van Rensburg Wat Werner Doen Met Sy (Drie) Miljoen (Afrikaans, Paperback)
Tertius Janse Van Rensburg
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wat sal jy doen as jy die LOTTO wen?

Dit is die vraag wat Werner, TC en Einstein hulself afvra een pouse. Soos die meeste graad 9 seuns, droom hulle oor sportmotors en privaat vliegtuie. Vir die grap besluit die drie seuns om regtig elkeen ’n LOTTO-kaartjie te koop. Hulle vat vir Oupa Ig (Werner se oupa
wat Alzheimers het) om “roomys” te koop, en sonder dat hy besef wat aangaan speel hulle die LOTTO. Dan gebeur die onverwagte: hulle wen wraggies meer as R3 miljoen!

Werner voel baie skuldig oor hoe hulle sy siek oupa misbruik het, en hulle besluit om nie die geld te eis nie ... maar dan verloor Werner se ma haar werk. Oupa Ig se gesondheid begin agteruitgaan, en Werner is baie bang sy ma trou met die nare oom Daan.

Nou begin die groot uitdaging: sy ma glo dobbel is doodsonde, so hoe op aarde gaan hulle die geld by haar uitkry?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Burst Believers VI The Final Encore
Vic Da Pra, David Plues Hardcover R2,105 R1,720 Discovery Miles 17 200
Geometric Potential Analysis
Mario Milman, Jie Xiao, … Hardcover R5,748 Discovery Miles 57 480
Proceedings of the International…
Mayank Dave, Ritu Garg, … Hardcover R5,821 Discovery Miles 58 210
The Dulcimer Chord Bible - Standard…
Tobe A. Richards Hardcover R832 Discovery Miles 8 320
Fluctuation-Induced Network Control and…
Masayuki Murata, Kenji Leibnitz Hardcover R3,628 Discovery Miles 36 280
Basic Guitar Method Comp 3rd Ed
Morty Manus, Ron Manus Paperback R670 Discovery Miles 6 700
New Developments of IT, IoT and ICT…
Kazumi Nakamatsu, Roumen Kountchev, … Hardcover R9,533 Discovery Miles 95 330
Digital Dharma - How AI Can Elevate…
Deepak Chopra Paperback R440 R393 Discovery Miles 3 930
Happimetrics - Leveraging AI to Untangle…
Peter A. Gloor Hardcover R2,984 Discovery Miles 29 840
Research Handbook on Intellectual…
Ryan Abbott Hardcover R6,914 Discovery Miles 69 140

 

Partners