Hierdie spesiale kinderboek bevat tien omgeestories met hart.
Elke kind in juffrou Ansie se klas by Hoephoepieland het ’n eie storie wat in uitdagende omstandighede binne ’n multikulturele Suid- Afrikaanse konteks afspeel. Die situasies wissel van trauma (’n taxi-ongeluk, vreemdelingehaat, ’n huis wat afbrand en gesinsgeweld), mediese toestande (kongenitale hartdefek, ’n aansteeklike longsiekte en serebrale verlamming) tot verskillende gesinsamestellings (aanneming en ’n afwesige vader).
Die outeur pak gewigtige kwessies met deernis, sensitiwiteit en fyn humor aan.
Die boek maak kinders bewus van ander se lewensomstandighede en help om hulle kapasiteit vir empatie te ontwikkel. Daar is ook agtergrondinligting oor elke storie se spesifieke tema asook vrae om oor te gesels.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!