Lily Linvelt se enigste missie is om ’n oeroue blommetjie in Ierland,
in die Burren, te vind. Sy moet ’n elikser maak om haar ma te red wat
deur ’n bloedsuiervlermuis in die einste Burren gebyt is.
Terwyl sy daar is, ontmoet Lily vir Sterling Ashford. Hy is ’n
natuurbewaarder en -kenner in die Burren en hy help vir Lily om die
seldsame blommetjies op te spoor. Hy is beeldskoon en enigmaties.
Geheimsinnig en verleidelik. Sy hele wese drup van … betowering. Lily
kom egter voor meer uitdagings te staan.
Cobalt, die parfumeur by wie sy enfleurage leer doen, en sy honde het
boonop sy eie duistere agenda. Die magiese blommetjies groei ook net in
die diepste gevaarlikste deel van die Graganwoud en vele vyandige
wesens staan haar en Sterling teë om betyds die elikser vir haar ma te
maak …
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!