Hulle is in dieselfde skool, maar lewe in twee teenoorgestelde wêrelde.
Sy is vet en vaal; hy is ‘n joller en die skoolhartebreker. Deur ’n simpele insident vang en hou Evie per ongeluk Joshua se aandag. Tyd om haar te bekommer oor die lang lys gebroke harte op Joshua se kerfstok is daar nie, want om soos ‘n voëltjie te eet en terselfdertyd te oefen vir ‘n onmoontlike halfmarathon is blerrie harde werk.
Tog begin die lewe baie interessant lyk. Maar dan daag Joshua se dinamiese, befoeterde ouer broer op om ‘n breek te neem van sy mediese studies en Evie se wêreld draai heeltemal op sy kop.
Hierdie splinternuwe jeugroman is ‘n goed verdoeselde hardloopgids geskryf vir enige tiener wat moed, kennis of motivering nodig het om na ‘n paar tekkies te reik!
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!