Toe Seamus wakker word, is sy bene weg. Hulle het net verdwyn.
Hy kan nie vir sy ma daarvan sê nie, want sy sal heeltemal uitfreak en sy het vandag ‘n belangrike onderhoud. Hy wens hy het geweet wat om te doen. Is dit ’‘n siekte? Is hy besig om dood te gaan? Moet hy die ambulans bel of is dit normaal? Dalk is dit niks om oor te stres nie. Dalk gebeur dit met alle kinders as hulle dertien is en praat met niemand daaroor nie.
Dan begin die res van sy lyf te verdwyn.
Hy besef hy het probleme. Groot probleme. En daar begin die vreemdste dag van sy lewe .....
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!