Bekostigbare grappieboeke vir ure se skaterlagpret!
Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese nuwe reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat ’n volle 101 grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor olifante, erdvarke, koeie en ander snaakse diere, skaterlag-skoolgrappe en ’n hele klomp grappe wat sommer net heeltemal verspot is!
Wat is geel en rond en jaag bo-oor ’n rooi lig?
’n Suurlemoen sonder brieke
Wat is die beste manier om ’n apie te vang?
Klim in ’n boom en maak ’n geluid soos ’n piesang.
Wat kan erdvarke kry wat geen ander dier op aarde kan kry nie?
Baba-erdvarkies
Wat is geel en het vier wiele?
’n Piesang. Jammer, ek het gejok oor die wiele.
v
Klop-klop.
Wie’s daar?
’n Bazoeka.
’n Bazoeka wie?
’n Bazoeka uit die buitenste ruimte!
Daar is vier lekkerlag-titels in die reeks:
- 101 Diere-grappe
- 101 Klop-klop-grappe
- 101 Lawwe-grappe
- 101 Pouse-grappe
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!