|
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Hierdie hoogsgewilde Nederlandse reeks oor 'n jong seuntjie wat op sy sewende verjaarsdag 'n weerwolf word, is vir die eerste keer in Afrikaans vertaal! Kinders sal mal wees oor Dolfie en sy vriende se humoristiese avonture. 'n Opwindende reeks wat hope pret waarborg!
Op 'n dag is daar vreemde geluide in die Weerwolfbos. Daar word gekap, gesaag en gegrawe. Die bos is in gevaar. Oupa Weerwolf se boomhuis waarin hy al jare woon, is ook in gevaar. Twee besigheidsmanne, Visgraat en Meneer, wil die bos afkap. Wat nou? Protesteer! Dolfie en sy klasmaats stig 'n protesgroep W.R.O.W. (Wie Red ons Wolfbos). Maar sal dit genoeg wees om die mans te keer?
Op 'n verre planeet ontmoet twee jong ruimtewesens mekaar - en raak dolverlief. Maar Fleur is 'n Smooi en Fanie is 'n Smou. En almal weet Smooie en Smoue kan nie maats wees nie. Wat sal hulle families doen as hulle uitvind wat aangaan?
Die Goorgomgaai-skeppers Julia Donaldson en Axel Scheffler gooi 'n draai ver buite ons planeet met dié prettige storie oor twee verliefde ruimtewesens.
Maak jou gereed vir sprankelende rym, skreeusnaakse illustrasies - en 'n romantiese storie uit die buitenste ruimte.
|
You may like...
Captain America
Jack Kirby, Joe Simon, …
Paperback
R610
R319
Discovery Miles 3 190
|