![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Zahn en haar perd Brigadier ry een reënerige dag die inheemse bos naby Plettenbergbaai binne. Maar haar rustige uitrit in die bos word met elke paar tree meer onheilspellend. Die bos is vol geheime ... skuil hier dalk wel naglopers, soos wat Sibella hulle gewaarsku het? Dit word 'n vakansie waarin geheime uitkom, raaisels opgelos word en ’n uitgebreide laslapgesin mekaar weer probeer vind.
Vreesloos? Elle is eerder vrekbang. Haar matriekjaar spoed ten einde. Sy wil brieke gooi, want sy weet nie of sy kans sien vir ’n lewe anderkant die rooibaksteenmure van Gravitas nie. Waar ander meisies planne maak vir hul groot matriekvakansie, probeer sy daarvan vergeet. Sy wil elke laaste oomblik met oorgawe geniet. Soos die matriekdans. Op hierdie dans gaan sy ’n laaste kans kry om haar stempel af te druk. Dit moet onvergeetlik wees, veral vir die nuwe hoofmeisie en die graadelfs. Alles is droommooi: van die statige ou skoolgeboue tot haar metgesel in sy donker pak. Alles is supermega-stylvol: van die oerwoud in die skoolsaal tot die gourmet disse op die tafel. Mevrou Bender is op haar pos, goedkeurend en in beheer. Wat kan verkeerd loop? Net mooi alles. As haar droomdans dan wel onvergeetlik is, maar om al die verkeerde redes, moet Elle keuses maak. Sy en Refilwe moet die gevolge dra, want hulle is die gesig van Gravitas. En wat wag vir Elle en Refilwe aan die einde van die eksamen? Gaan dit ’n vakansie in ’n pienk bikini wees, of ’n verblyf in ’n tronksel in ’n oranje oorpak?
AFRIKAANS EDITION Gewoonlik kom David en Jacko goed oor die weg met die wereld se hardwerkende miere. Maar toe David een oggend wakkerskrik en besef sy nagmerrie 'n aaklige waarheid geword het, het hy en Jacko geen ander keuse as om van die dier wat miere die meeste vrees hulp te soek voordat miljoene klein tande hul vlees van hul bene afstroop. David and Jacko normally get on just fine with the hard-working ants of the world. But when David wakes one morning to discover his nightmare is turning into a horrible reality, he and Jacko have no choice but to seek help from the animal the ants fear the most before millions of tiny teeth strip them to the bone.
AFRIKAANS EDITION David en Jacko Wat is daardie rillende geluide wat hulle in die nag wakker hou? In hul soektog, ontdek hulle 'n network tonnels wat direk na hul slaapkamer lei. Dis eers wanneer die buurman se hond op 'n nare manier vrek en David se beste vriend verdwyn dat die waarheid hulle in die oe staar-dis nie net die buurt se kinders wat dit geniet om in die donker die wereld te verken nie David and Jacko investigate spine-chilling noises keeping them up at night and stumble on an elaborate network of tunnels that lead straight to their bedroom. It is only when the neighbour's dog meets a grizzly end and David's best friend goes missing that it becomes apparent that the neighbourhood's children are not the only ones that like to explore after the lights go out. Suitable for ages 8 and up.
Die veertienjarige Lelanie Louw se ma spring onverwags saam met haar nuwe man op 'n vliegtuig na Europa. Niemand het 'n idee wanneer om haar terug te verwag nie. Inteendeel, dit lyk al hoe meer vir die snipperige Lelanie of sy glad nie terugkom nie. Skielik moet sy en haar ouer broer Dewald by hul pa in sy woonstel intrek en teen wil en dank aanpas. Chambord-woonstelle in Pretoria huisves verskeie vreemde karakters, sommiges met verskuilde agendas - en soos enige kind weet, hou hoerskool al reeds genoeg uitdagings in. Asof hulle lewens nie genoeg ontwrig is nie, raak dinge lelik sodra Gustav Buitendach vir Dewald vra om vir hom 'n pakkie by die woonstel af te gee. As jy jonk is van gees sal jy die emosionele mallemeule saam met Lelanie geniet. Hierdie avontuur saam met die onnutsige Lelanie Louw was 'n finalis in die Sanlam / Tafelberg Jeugromankompetisie gedurende 2009/2010.
AFRIKAANS EDITION Geinspireer deur Roald Dahl en die Twits, skryf David Downie 'n opwindende verhaal van die avonture van Dawid en sy hond Jacko en hulle ontmoetings met die groteske Mnr Sniggles en sy dodelike troeteldier slang. Die stories is pragtig geillustreer deur Tea Seroya. Inspired by Roald Dahl and the Twits, David Downie writes a thrilling tale of the adventures of David and his dog Jacko and their encounters with the grotesque Mr Sniggles and his deadly pet snake. The stories are beautifully illustrated by Tea Seroya.
A gentle mix of educational facts and fiction makes the Adventures of Pinky Baboon an ideal source of entertainment. The stories are written to not only capture the imagination of toddlers and pre-schoolers but also moms and dads who have to read the stories over and over again. Basing her stories on her love for the bushveld and education, Carli Roodt has created a platform from where Pinky takes the reader on a discovery of interesting facts mingled with fiction. Pinky goes looking for her friend Dan Zebra when she meets Henry Hyena, Daisy Hippopotamus, Freddie Warthog, Billy Lion, Gabby Giraffe, Martha Elephant and Brian Kudu along the way.
Toe die nuwe meisie in sy klas beland, fyn en broos soos 'n doudruppel, en amper deurskynend mooi, voel Arno liefde, soos in regtig liefde - liefde vir altyd. Maar wat as God 'n ander plan het? Arno kan die gly van die doudruppel oor die blaar nie keer nie, maar hy kan die val makliker vir haar maak ... In Drippelkie pak Arno en Sarien saam 'n avontuur aan vol vrees en beskerming, seerkry en genesing, twyfel en verstaan. Saam ontdek hulle God gebruik die lewe self om vir ons die dinge te leer wat nie in boeke staan nie. Drippelkie is 'n verhaal van liefde wat seevier - op God se manier. Hierdie moderne, interaktiewe jeugroman het spesiale QR Codes wat die leser aanmoedig om die storie meer as net bladsye van 'n boek te maak.
Die derde omnibus in Louise Prinsloo se gewilde spookstories in die Gedaantes en Geraamtes-reeks. Die titels in hierdie omnibus is: Spookhuis by die see, Skimme van gister en Duiwel-in-die-bos – lg. 'n splinternuwe verhaal wat nog nie voorheen verskyn het nie. Die teks van die eerste twee stories is ten volle hersien en lesers behoort van nuuts af aan die drie vriende, Wikus, Karel en Giepie se lekker grillerige spookavonture te geniet.
Mossie Mostert is 'n avontuurlustige seun. Hy bly op Skilpadfontein, 'n plattelandse dorpie in Suid-Afrika. Saam met sy fiets-vriend Jumbo maak hy 'n verskil in die lewe van baie dorps- en plaasmense. Hy en Jumbo lewer kruideniersware af vir Oom Japie se Superette. In hierdie verhaal word 'n ongewenste, landswye brandstoftekort die krisis waarin Mossie en sy fiets-vriend floreer. 'n Fiets gebruik mos nie petrol en diesel nie... Kom lees en sien hoe Mossie en Jumbo die helde van Skilpadfontein geword het. 34 bladsye se volkleur illustrasies vertel die verhaal van hierdie moderne Suid-Afrikaanse held. Die boek is ideaal vir graad 3 en 4 lesers.
Watter soort ou breek by ’n akwarium in? En verf graffiti teen die muur? Of gooi bottels en ander gemors in die dolfyntenk? Zolani Memani, dis wie. Zolani is moeilikheid met ’n hoofletter “M”. As straf vir sy vandalisme moet hy gemeenskapsdiens by die akwarium doen. Crystal kan nie glo sy moet die hele Desembervakansie in sy gesig vaskyk nie. Sy wens hy beland pens en pootjies in die haaitenk. Maar dan ontmoet Zolani vir Ginger die dolfyn. En dit is liefde met die eerste oogopslag ...
Berrie Serfontein is in die moeilikheid. In 'n fluistergesprek wat hy toevallig hoor, dreig 'n vreemde besoeker met 'n Amerikaanse aksent om onbekende geheime uit sy pa se verlede bekend te maak. Berrie besluit om sy pa ten alle koste te beskerm en om op een of ander manier die vreemdeling uit die pad te kry - hoe weet hy nie. Die seuns op Keurboslaan word gedurig gewaarsku om nie naby die grotte in die berg te gaan nie, omdat daar in sommige van die grotte dryfsand is. Berrie hoor egter nie die waarskuwing nie, en besluit om die vreemdeling na die grotte te lok en hom daar gevange te hou totdat hy 'n manier kry om die man te verhoed om met alles op die lappe te kom. Dinge loop egter onverwags lelik verkeerd . . .
Lucy voel 'n bietjie eenkant. Almal behalwe sy het 'n ou. Ook Tony, vir wie sy so lank aan 'n lyntjie gehou het, het nou iemand anders gevind. Een naweek saam met Izzie by 'n spa ontmoet Lucy toe net die regte ou. En hy is net so ingenome met haar. Maar na 'n ruk raak sy verveeld. Iemand kan jou met sy liefde versmoor, ontdek sy. Miskien is dit nie 'n slegte idee om weer op jou eie te wees nie.
Bruno raak op 'n pragtige blom verlief. Hulle is dolgelukkig en bly 'n lang ruk saam. Uiteindelik gaan die lente verby, en die blom vra: ""Vertrou jy my?" Bruno se vertroue word kwaai getoets. 'n Poetiese verhaal waar vertroue en liefde baie geleidelik maar diep ontwikkel.
This book contains fourteen short stories by children in South Africa from different sectors, that is, street children in shelters, children in the streets, disabled children and children from the rural areas. Their stories range from their personal experiences, friendship, conditions they find themselves in, to motivational stories.
Herman Human loop hom vas in die skynheiligheid van die volwasse wereld. Skielik lyk hul dorp vir hom anders. Kerk en skool probeer die jong boompies buig en Herman raak al hoe meer hardekwas. Hy kyk ook met nuwe oe na vroue: Met Ashia ontdek Herman sy eie seksualiteit. En dan is daar Sandra wat saam met hom in die wiskundeklas is en ook belangstelling toon. Ek dink aan Ashia, ek dink aan Sandra. Waar ek in my lewe gesmag het na een vrou sit ek nou met twee, en ek is, vind ek tot my verbasing uit, vasbeslote om albei te bearbei. Hierdie besef skok my die hele Vrydag uit my wentelbaan uit. Die een baken wat Herman het, is sy pa. En dit is op die dag wanneer Herman teenoor Ds. Weltevreden te staan kom, dat sy pa se voorbeeld hom help om te kies wat reg is en nie bloot korrek is nie. Dit is dan dat hy weet dat 'n mens met jou gewete moet kies, al verklaar jy jouself voelvry in die proses. |
![]() ![]() You may like...
|