Wie is die grootste rebelle van almal?
Katte, natuurlik! Vir te lank is daar te min gesê oor hoe ongelooflik katte is. Hierdie boek vertel die (ware!) verhale en geheime van vurige en kordate katte. Daar is verhale oor katte wat lewens red, katte wat muise in allerlei geskiedkundige geboue soos kerke en teaters vang, katte wat Hollywood-sterre geword het en selfs 'n brawe klein katjie wat die Nazi's om die bos gelei het. Tesame met die verhale van merkwaardige katte, is daar ook interessante feite oor mistiese katte en katte aan boord van skepe. Daar is ook meer inligting oor projekte en organisasies wat katte, en hul regte, beskerm. 'n Purr-fekte boek vir katliefhebbers!
Hierdie is 'n niefiksietitel wat werklik deur enige katliefhebbers gelees kan word - nie slegs kinders nie.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!