In hierdie verkorte en vereenvoudigde weergawe van die
oorspronklike 1988-uitgawe word die ware verhaal van Huberta die
seekoei in fiksievorm oorvertel. Huberta het in 1928 haar 1600
km-lange tog tussen St Lucia en die Oos-Kaap aangepak. In die tyd
het sy mense gaande gehad: waar sou sy volgende opduik? Nadat sy in
KwaZulu Natal so amper gevang is om na die Johannesburgse Dieretuin
geneem te word, het sy in Durban aangedoen, waar sy op 'n strand en
by 'n buiteklub opgemerk is. Sy het na amper drie jaar se stap in
1931 in Oos-Londen aangekom. Ten spyte daarvan dat sy as kroonwild
verklaar is, is sy kort daarna deur boere op hulle plaas
doodgeskiet. Haar liggaam is in Londen deur 'n taksidermis gestop,
en sy staan nou statig in die Amathole Musuem in King William's
Town.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!