Lank, lank gelede was die Diepgrawers ’n groot erdfamilie, maar nou is daar net
ses van hulle oor: Ouma Smakkie, Pa Vasgryp, Ma Uilverskrik en die drieling,
Droomoog, Witstert en Snoetie. Die ander erdfamilies maak al hoe meer
snuffelpraatjies oor die Diepgrawers, nie net omdat hulle so min is nie, maar
ook omdat hulle allerhande onerdse dinge aanvang. Die jong Diepgrawers
klouter dan selfs in bome rond!
Wanneer Droomoog een nag iets doen wat geen opregte erd ooit mag doen nie,
is dit die laaste strooi. Die Diepgrawers moet gestraf word – hulle moet veld-uit.
Sal Droomoog kan regmaak wat hy verbrou het? En sal hy kan ontsnap van die
woeste vuur en die wrede Vreet se kloue? Gelukkig is Droomoog ’n ware
Diepgrawer, ’n erd wat nie opgee nie, ’n erd met ‘n plan.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!