Ek en Azlynn kyk vir mekaar. Dis nou interessante nuus. Daar's 'n nuwe meisie
in die buurt, sy's so oud soos ons en boonop gaan sy in ons skool wees. Ek kan
sien hoe opgewonde dit vir Azlynn maak. Haar oë vonkel en sy glimlag breed.
Maar ek is meer bang as opgewonde. Wat as dit 'n simpel meisie is? Of nog
erger, wat as dit 'n wonderlike, superslim, vriendelike meisie is wat dadelik
Azlynn se beste vriendin word? Wat as ek my graadsewejaar stoksielalleen
moet deurgaan? My maag voel skielik hol...
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!