0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (16)
  • R50 - R100 (50)
  • R100 - R250 (484)
  • R250 - R500 (55)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children

Die Robotte Voer Oorlog! (Afrikaans, Paperback): Marga Jonker Die Robotte Voer Oorlog! (Afrikaans, Paperback)
Marga Jonker; Illustrated by Chris Venter
R165 R155 Discovery Miles 1 550 Save R10 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Enzo, Frikkie en Georgi neem deel aan die Wêreld-Robotolimpiade se kompetisie vir robotte van Lego-blokkies. Een van dr. Ragno se spinnebotte kom handig te pas en word met Lego-blokkies gepantser. Georgi is bekommerd oor die spinnebotte se ingeboude lasers. Die kompetisiereëls verbied wapens. Toe die Dassie-span met Skerpioen 8 by die kompetisie opdaag, sien hulle ’n lang skraal man en ’n meisie wat baie bekend lyk. Maar dr. Ragno en Veronica moet mos in die tronk wees . . .

Tjoppie gaan skool toe (Afrikaans, Paperback): Liz de Villiers Tjoppie gaan skool toe (Afrikaans, Paperback)
Liz de Villiers
R120 R104 Discovery Miles 1 040 Save R16 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is Tjoppie se eerste dag by sy nuwe speelskool. Hy is baie opgewonde! Juffrou Snuffel verwelkom hom in sy nuwe klas en hy maak gou nuwe maats: Bollie, Bekkie en Blits. Hulle verf en speel lekker. Tjoppie hou baie van skool!

Nina-omnibus - Die Awesome Speurklub (Afrikaans, Paperback): Elizbe Van Der Colff, Chris Venter Nina-omnibus - Die Awesome Speurklub (Afrikaans, Paperback)
Elizbe Van Der Colff, Chris Venter
R305 R286 Discovery Miles 2 860 Save R19 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die omnibus bevat drie avonture waarin beste vriendinne Nina en Jessie die misterieuse swart-en-rooi pet inspan om hulle met speurwerk te help. Waar kom die kopluise vandaan waarmee almal in Laerskool Tierkop skielik sukkel? Hoekom is die koeldrankfabriek so gretig om hulle nuwe energiedrankie aan die skool te skenk? En sal die slim mense by die Eksotiese Eksperimente Ekspo uiteindelik Nina se vrae oor die pet se spesiale kragte kan opklaar?

Hoe Gril Ek Nou (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof, De Wet Hugo Hoe Gril Ek Nou (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof, De Wet Hugo
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Van ’n teddiebeer wat lewend word, tot ’n snotmonster wat ’n koshuis terroriseer en ’n spookmeisie wat in die middel van die nag in jou oor fluister. Hierdie bundel bevat 11 naelkou-lekker kortverhale deur twee skrywers wat presiés weet hoe om al die hare op jou kop regop te laat staan.

Die laaste storie is boonop ekstra spannend en onvoorspelbaar, aangesien dit as ’n aflosverhaal geskryf is – een hoofstuk elk, afwisselend deur hierdie twee grilverhaal-meesters.

Sny hulle in sterre uit (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Sny hulle in sterre uit (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R240 R210 Discovery Miles 2 100 Save R30 (13%) Ships in 4 - 8 working days

´n Aardbewing op ´n Vrystaatse myndorp laat 'n skoolgebou ineenstort en keer drie tieners onder die puin vas. Terwyl hulle suurstof en hulle hoop al minder word, beleef die leser die angswekkende situasie saam met hulle. Die vasgekeerde kinders ervaar engtevrees en angs vir die naderende dood, en opflikkerings van verbete hoop en selfs humor, totdat ´n reddingspan hulle dae later eers uitgrawe. Maar een van hulle oorleef dit nie . . .

Kinkels En Keuses 2 - Die Belaglike Bak En Brou Bohaai (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Kinkels En Keuses 2 - Die Belaglike Bak En Brou Bohaai (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo; Illustrated by Stephen Wallace
R165 R155 Discovery Miles 1 550 Save R10 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Jason wil graag eendag 'n fyngebaksjef word. Hy en sy twee beste maats, Tando en Claudia, neem saam bakklasse en besluit om in te skryf vir ​Bohaai​! 'n bakkompetisie wat op TV uitgesaai word.

Maar gaan Minette, Jason se grootste kompetisie, ook deelneem? Wie moet hy kies om in sy span te wees? Hoe gaan hy keer dat Minette wen? Veral as hy met goed soos deegmonsters, stink koekies en resepte in vreemde tale te doen kry?

Hondman 6: Wild en Woes (Afrikaans, Paperback): Dav Pilkey Hondman 6: Wild en Woes (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey
R270 R235 Discovery Miles 2 350 Save R35 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Voel jy ooit asof jy nie heeltemal inpas nie? Jy is nie alleen nie! In die nuutste Hondman staar ons dapper hond sy grootste uitdaging nog in die gesig. Hondman word onregverdig beskuldig en tronk toe gestuur. Terwyl sy vriende sy onskuld probeer bewys, moet Hondman uitvind waar hy werklik hoort. Kan hy sy plek in beide die honde- en mensewêreld vind?

Bekroonde skrywer en kunstenaar Dav Pilkey se gewilde Hondman-reeks spreek lesers van alle ouderdomme aan en verken universele positiewe temas.

Slimkoppies: My Liggaam - 0-3 Jaar (Afrikaans, Board book): Slimkoppies: My Liggaam - 0-3 Jaar (Afrikaans, Board book)
R130 R122 Discovery Miles 1 220 Save R8 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Kennis oor die liggaam en sintuie is ’n belangrike boublok vir kinders om hulself en hulle wêreld te verstaan.

Die eenvoudige en kleurvolle foto’s met herkenbare dinge en situasies in hierdie stewige kartonboek sal gesprekke stimuleer en vroeë leer bevorder.

Tjoppie sê Goeienag (Afrikaans, Board book): Liz de Villiers Tjoppie sê Goeienag (Afrikaans, Board book)
Liz de Villiers; Illustrated by Vian Oelofsen
R95 R90 Discovery Miles 900 Save R5 (5%) Ships in 4 - 8 working days

"Dit was 'n besige dag. Tjoppie maak gereed om te gaan slaap. Hy pak sy speelgoed weg, baljaar in die bad en lees 'n lekker slaaptydstorie.

Kom sê goeienag saam met Tjoppie, die nuuskierige hondjie!

Hierdie prettige kartonboek met pragtige illustrasies sal peuters en kleuters help om gereed te maak vir slaaptyd."

Paris, ?n prinses met ?n missie (Afrikaans, Paperback): Demi-Leigh Tebow Paris, ’n prinses met ’n missie (Afrikaans, Paperback)
Demi-Leigh Tebow; Illustrated by Olga Ivanov, Aleksey Ivanov
R180 R159 Discovery Miles 1 590 Save R21 (12%) Ships in 4 - 8 working days

Prinses Paris het ’n besige dag voor haar. Maar as haar kroon gesteel word, is Paris bang dat sy nie die koning sal kan verteenwoordig nie. Sy ontmoet luiperde, ’n olifant en ’n buffel en sy besef dat elkeen ’n unieke probleem het. Maar sal sy hulle kan help? En sal sy haar kroon betyds terugkry om die koning te kan ontmoet? Kom saam op hierdie Afrika-avontuur met Paris, Kobe en Chunk (die hele Tebow-familie) en besef dat om ander te help die belangrikste doel van alles is.

Tjoppie se sussie (Afrikaans, Paperback): Liz de Villiers Tjoppie se sussie (Afrikaans, Paperback)
Liz de Villiers
R120 R104 Discovery Miles 1 040 Save R16 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Tjoppie is baie opgewonde - maar ook 'n bietjie op sy senuwees - om 'n nuwe lid van hulle gesin te verwelkom. Toe die voordeur uiteindelik oopgaan, sien Tjoppie 'n oulike klein hondjie met 'n pienk rokkie aan. Dit is sy nuwe sussie, Tjippie! Tjippie lyk baie bang. Maar Tjoppie en sy beste maat Fluit-Fluit sal haar sommer gou tuis laat voel.

Geheim in die Riete (Afrikaans, Paperback): Constant Van Graan Geheim in die Riete (Afrikaans, Paperback)
Constant Van Graan
R255 R239 Discovery Miles 2 390 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

'n Karavaanpark klink dalk na 'n idilliese plek om te woon, maar Kruhan Malherbe dink nie so nie. Die plek is vol eienaardige mense en daar's geen vriende nie. Een nag volg Kruhan twee otters tot anderkant die riete, na waar 'n vriendelike seun op 'n vlot sit en braai. Timma is die vriend waarop Kruhan gewag het! Terug in die karavaanpark hoor hy stories van mense wat verdwyn het: die eienaar se kleindogter,  en ses jaar vantevore, ’n elfjarige seun. Kan Timma help om die raaisels op te klaar?

Soek In Die Boek: Wilde diere (Afrikaans, Board book): Soek In Die Boek: Wilde diere (Afrikaans, Board book)
R175 R164 Discovery Miles 1 640 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Kom kuier in die oerwoud en ontmoet die diere! Kinders kan hierdie prettige kartonboek enige plek saamdra en speel-speel meer leer oor hulle gunsteling- wilde diere.

Daar’s baie om te ontdek!

Web van Leuens (Afrikaans, Paperback): Marion Erskine Web van Leuens (Afrikaans, Paperback)
Marion Erskine 1
R255 R220 Discovery Miles 2 200 Save R35 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In die klein myndorpie Goudfontein weet almal iets van mekaar … maar niemand ken die volle waarheid nie.

Wanneer drie matrikulante – die ambisieuse hoofmeisie Lerato, die skool se rugbykaptein Marno, en die loskop rebel Clayton – gelyktydig anonieme dreigboodskappe ontvang, begin ʼn gevaarlike speletjie van manipulasie en leuens. Maar wie is so desperaat om hul geheim te beskerm dat moord die enigste opsie word?

Die Doodgewone Bure (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Die Doodgewone Bure (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo
R185 R174 Discovery Miles 1 740 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Wanneer die elfjarige Drico van Vuuren en sy ouers in nuwe ’n spogbuurt intrek, dink hulle aanvanklik die ou, vervalle huis langsaan is onbewoon. Maar dan ontmoet Drico vir Blanche Winterbach – die spookmeisie wat saam met haar spookouers en hulle eienaardige huishoudster daar woon. Drico en Blanche het skaars vriende geraak voordat hulle moet saamstaan om die verkoop van die spoke se huis te keer. Veral omdat Drico se melodramatiese kleinniggie, Kirna-Aubrecia, langsaan wil intrek.

As ek jy was (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo As ek jy was (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo
R210 R185 Discovery Miles 1 850 Save R25 (12%) Ships in 4 - 8 working days

Gretchen en Barbara haat mekaar. Gretchen kry die hoofrol in hulle dramaklub, maar word geboelie oor haar gewig, terwyl die gewilde Barbara die boelie is. 'n Geheimsinnige sakkie wenspoeier veroorsaak egter chaos . . . Want Barbara daag die vakansie in Gretchen se lyf by die dieetkamp op, terwyl Gretchen in Barbara se lyf by die dramakamp aankom! ’n Skreeusnaakse, maar deernisvolle storie oor boeliegedrag, selfbeeld en ware vriendskap.

Soek In Die Boek: Plaas Diere (Afrikaans, Board book): Soek In Die Boek: Plaas Diere (Afrikaans, Board book)
R175 R164 Discovery Miles 1 640 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Kom kuier op die plaas en ontmoet die diere! Kinders kan hierdie prettige kartonboek enige plek saamdra en speel-speel meer leer oor hulle gunstelingplaasdiere.

Daar’s baie om te ontdek!

Die Meisie Met 21 Vrae (Afrikaans, Paperback): Boitumelo Mothupi Die Meisie Met 21 Vrae (Afrikaans, Paperback)
Boitumelo Mothupi
R160 R145 Discovery Miles 1 450 Save R15 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Eendag was daar ’n meisie wat vreeslik graag vrae gevra het. “Waarom?” “Waar?” “Wanneer?” “Hoe?” “Wat?” “Wie?”

Toe almal moeg word vir haar vrae, besluit sy om die antwoorde iewers anders te gaan soek – in boeke! En kort voor lank begin sy haar eie stories vertel …

’n Bemagtigende verhaal oor die krag van boeke en stories, en die verskil wat een meisie kan maak as sy bereid is om moeilike vrae te vra.

Ook beskikbaar in Engels en Setswana.

Aitsa! Thoko (Afrikaans, Paperback): Niki Daly Aitsa! Thoko (Afrikaans, Paperback)
Niki Daly
R150 R139 Discovery Miles 1 390 Save R11 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Here comes Thoko again! Thoko is resourceful! Thoko is full of fun! Thoko is kind-hearted! Niki Daly makes reading about life as a kid entertaining and realistic with his delightful new local heroine, Thoko. Thoko skips through life, leaving behind a trail of laughter. With adorable illustrations and four heart-warming easy-to-read stories, Niki Daly has created a second book about Thoko - who is sure to become one of his most beloved characters. Look out for Hooray! Thoko.

Zandi Se Lied (Afrikaans, Paperback): Zandile Ndhlovu Zandi Se Lied (Afrikaans, Paperback)
Zandile Ndhlovu; Illustrated by Katlego Keokgale
R160 R145 Discovery Miles 1 450 Save R15 (9%) In Stock
Die Holderstebolder Hondepartytjie (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Die Holderstebolder Hondepartytjie (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo; Illustrated by Stephen Wallace
R165 R155 Discovery Miles 1 550 Save R10 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Vir sy 10de verjaardag wens Jaco net vir een ding: 'n hond! En hy wil 'n hondepartytjie hê, met hondekolwyntjies.

Maar gaan sy ouers vir hom die geskenk van sy drome gee? Sal sy gunsteling-sanggroep, Wagter en die waghonde, by sy partytjie kan wees? En wie moet hy nooi: net sy maats wat van honde hou of almal in sy klas? En wat moet hy doen as sy partytjie skielik heeltemal skeef loop, of as die hond wat hy kry in iets eienaardigs verander?

'n Storie propvol kinkels en keuses!

Die Seerowers En Die Monster Se Skat (Afrikaans, Paperback): Jonny Duddle Die Seerowers En Die Monster Se Skat (Afrikaans, Paperback)
Jonny Duddle
R195 R183 Discovery Miles 1 830 Save R12 (6%) Ships in 4 - 8 working days

AHOOI DAAR, SKARMINKELS!

Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders, en geniet hulle opwindende seeroweravonture. Hierdie keer soek hulle na 'n skat, maar 'n vioolspeler waarsku hulle teen 'n monster wat almal wat sy goud wil kom steel, OPVREET …

Dit is die derde titel in die gewilde Seerower-reeks! 'n Lekker leeservaring vir kinders wat pas hulle eerste hoofstukboeke begin lees het.

Melo Se Koninkryk (Afrikaans, Hardcover): Thuli Madonsela Melo Se Koninkryk (Afrikaans, Hardcover)
Thuli Madonsela
R200 R183 Discovery Miles 1 830 Save R17 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Melo se koninkryk neem kinders op ʼn wonderlike avontuur na die Afrika-bos saam met Melo en haar spesiale dierevriende. Elkeen van die bekoorlike stories is gebou op ʼn Afrika-spreekwoord en gebruik Bybelse beginsels om kinders op ʼn boeiende manier te leer en te inspireer.

Die stories, geskryf deur Thuli Madonsela en lede van haar familie, beklemtoon die belangrikheid van waardes soos eerlikheid, moed, respek, spanwerk en goedhartigheid, terwyl dit die wonders van die skepping benadruk.

Die boodskap van elke storie word versterk deur ʼn relevante teksvers, gebed, vrae vir nadenke, woorde van wysheid en ʼn prettige geloofsgebaseerde aktiwiteit.

Eerste Liefde Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Janie Oosthuysen, Helen Brain Eerste Liefde Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Janie Oosthuysen, Helen Brain
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Ouens is nes ekstra bagasie
Liefde is nie tjoklits nie
Soene op 'n Suzuki

In Ouens is nes ekstra bagasie moet Barbara die vakansie by die Turkana-meer spandeer waar haar pa opgrawings doen en dokumentêre films maak.

In Liefde is nie tjoklits nie is Tamara vir die eerste keer in haar lewe smoorverlief en 'n makeover is haar enigste hoop.

In Soene op 'n Suzuki het Lizanne skaars die supervatterige Gerhard afgesê of haar ma pers haar af om met hom op te maak.

Hotel Letermago (Afrikaans, Paperback): Dianne Hofmeyer, Theodore Key, Elsa Silke Hotel Letermago (Afrikaans, Paperback)
Dianne Hofmeyer, Theodore Key, Elsa Silke
R195 R183 Discovery Miles 1 830 Save R12 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Twee uiteenlopende nagdiere leer mekaar ken en besluit om saam 'n hotel oop te maak. Erdvark is impulsief en vol planne, heeltemal anders as Ietermagô, wat eers alles wil oorweeg en die rustigheid vanself is! Hierdie storie vol humor en avontuur ondersoek die elemente wat ware vriendskap laat ontstaan. Uiteindelik is dit die vreemde klein geskenkies wat die "hotelgaste" agterlaat wat Erdvark en Ietermagô laat besef wat vriendskap werklik beteken. In Afrikaans vertaal deur Elsa Silke.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Cognitive Data Models for Sustainable…
Siddhartha Bhattacharyya, Naba Kumar Mondal, … Paperback R2,941 Discovery Miles 29 410
Thomas Seebohm on the Foundations of the…
Thomas Nenon Hardcover R2,893 Discovery Miles 28 930
Recent Progress in Operator Theory…
Israel C. Gohberg, Reinhard Mennicken, … Hardcover R3,050 Discovery Miles 30 500
My First Piano Adventure: For The Young…
Nancy Faber, Randall Faber Paperback R271 Discovery Miles 2 710
Harmonic Analysis and Applications
Michael Th Rassias Hardcover R3,910 Discovery Miles 39 100
Composite Materials - Properties…
Amit Sachdeva, Pramod Kumar Singh, … Hardcover R4,026 Discovery Miles 40 260
An Integrated Design Decision System for…
Mridul Tandon Hardcover R2,288 Discovery Miles 22 880
Principles of Spinning - Combing in…
Ashok R Khare Hardcover R4,012 Discovery Miles 40 120
Deep Neural Evolution - Deep Learning…
Hitoshi Iba, Nasimul Noman Hardcover R5,292 Discovery Miles 52 920
Symmetry: Representation Theory and Its…
Roger Howe, Markus Hunziker, … Hardcover R3,490 Discovery Miles 34 900

 

Partners