![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children
Dis nie asof Maria elke dag oor die toekoms droom nie; sy het egter altyd gedink hulle het darem een. Maar nou is die verlede al wat daar is. Hulle voorspel die Nightshifts gaan alles vernietig. Vrydag 21 Julie is dalk die laaste dag. Die dag waarop Luan haar nooi na ’n kuier by sy huis saam met die skool se gewildste kinders. Maar ken sy enige van hulle werklik? Ken sy haarself? Onder die regte omstandighede kan enigiemand gevaarlik wees.
Het jy al ’n weermag Weense worsies gesien? Wat sal jy doen as jou huiswerk wegvlieg? Watter nare dinge gebeur as jy jou pizza met ’n mes en vurk eet?Kom baljaar saam in dié prettige, holderstebolder rympieboek uit die pen van Jaco Jacobs. Jy gaan nêrens ’n lawwer rympieboek as dié een kry nie – al staan jy op jou kop!Die versameling bevat 58 rympies met illustrasies deur Nici Brockwell.
Wanneer Mosela se stat vernietig word deur wreedaardige seerowerpikkewyne, moet sy ’n gevaarlike reis aandurf om die Muiskoning te waarsku. Sy moet die Uitverkorene vind wat bestem is om Rodentia te red. Khova, die magtige Toweruil, het al die regte kenmerke. Daar's net een probleem: Khova is die irriterendste, mees arrogante dier wat Mosela nog ooit ontmoet het! Sal hulle die koninkryke kan oortuig om saam te staan teen die vyand?
Dit is nie net Wolf wat onder Jakkals se streke deurloop nie, maar die ganse diereryk - van koning Leeu tot die kleinste diertjie ry aan die pen. Niemand is bestand teen die uitgeslape Jakkals se poetse nie, en die een wat hom probeer terugkry, kom steeds die slegste daarvan af. Maar soms loop Jakkals tog sy rieme styf en dan moet hy net bontstaan met sy slim bek om uit die moeilikheid te kom, want dis gewoonlik diep moeilikheid!
In hierdie omnibus, wat die eerste drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe. Hierdie rabbedoe en haar twee maats staan bekend as die Drie Muskiete en al wat hulle lewe versuur, is seuns en 'n klein niksnuts genaamd Muggie. In Saartjie se vakansie tref 'n orkaan 'n Johannesburgse woonbuurt en Saartjie kom af op 'n tweeling wie se ouers albei in die hospitaal is. In Saartjie se geheim laat Saartjie se ondeundheid haar soos gewoonlik weer in die moeilikheid beland. Galpil-hulle is net mooi gereed om vrugte vas te le wanneer 'n vreesaanjaende spook sy verskyning maak. Saartjie het 'n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!
Facto het die Flixies ontdek! Hy “luister in” na hulle gesprekke en so leer hy meer van ons aarde en die natuur. Lees in hierdie storie meer oor die Flixies, waar hulle woon en hoe Facto hulle ontdek het...
Is jy gereed vir ’n skubberige avontuur?
Lora sien haarself as ‘n oplosser van probleme en droom daarvan om
eendag iets groots uit te vind. Een Saterdagmiddag maak sy ‘n nuwe
vriend en word sy betrek by die herstel van speelgoed en ‘n spesiale
pop, een wat kon praat. Maar wanneer haar familie begin swaarkry weens
omstandighede buite hul beheer, moet Lora leer om sterk te staan teen
probleme wat nie maklike oplossings het nie.
Die aarde is soos 'n ruimteskip saam met al die ander planete in die ruimte op reis. Die groot verskil tussen planeet Aarde en die ander planete is dat ons planeet in die ruimte duisende vorme van lewe saamdra. Flex verduidelik vir die Flixies van die bane waarin die planete om die son wentel en hoe die vorm van hierdie bane sorg dat ons verskillende seisoene het waarin die plante kan rus en kan groei.
Vir sy 10de verjaardag wens Jaco net vir een ding: 'n hond! En hy wil 'n hondepartytjie hê, met hondekolwyntjies. Maar gaan sy ouers vir hom die geskenk van sy drome gee? Sal sy gunsteling-sanggroep, Wagter en die waghonde, by sy partytjie kan wees? En wie moet hy nooi: net sy maats wat van honde hou of almal in sy klas? En wat moet hy doen as sy partytjie skielik heeltemal skeef loop, of as die hond wat hy kry in iets eienaardigs verander? 'n Storie propvol kinkels en keuses!
Die Flixies het sommer baie pret waar hulle in die vleiland bymekaarkom. Kwax en Crox, die twee water-Flixies, speel toneel en maak asof hulle van die heel oudste lobvinvisse is wat hulle koppe uit die water steek. Hulle kruip in die modderwater rond en wonder hoe dit moet wees om op land te lewe. So leer die Flixies van al die probleme wat werweldiere moontlik mee te doen gekry het met die oorgang van water- na landlewe...
Wie was die suksesvolste groep in die ganse diereryk? Facto vind uit waaraan geleedpotiges se sukses toegeskryf kan word en hoekom hulle as die eerste egte landdiere beskou word. Die Flixies speel 'n raaiselspeletjie oor goggas en gesels ook onder mekaar oor skaaldiere, veelpotiges, spinnekoppe en skerpioene en oor die eerste diere wat kon vlieg – insekte!
Oupa Flex vertel ’n baie interessante storie oor die eerste werweldiere, visse, en hoe dit gekom het dat hulle uitbeweeg het land toe. Wetenskaplikes het natuurlik geraai hoe die eerste ou lomp visse wat uit die water kon kruip en die lewe op land kon verken, moes gelyk het. Daar is later fossiele gevind om hierdie raaiskote van wetenskaplikes te ondersteun – fossiele van reuse lobvinvisse, waarvan die vinne amper soos primitiewe bene gelyk het!
Facto lê en droom in ’n knus holte tussen die wortels van die Wonderboom. Hy wag op die Flixies om te hoor van die laaste groepe wat landlewe suksesvol kon baasraak – die voëls en die soogdiere...en hy kan nie glo wat hy alles by die Flixies hoor nie!
Prinses Paris het ’n besige dag voor haar. Maar as haar kroon gesteel word, is Paris bang dat sy nie die koning sal kan verteenwoordig nie. Sy ontmoet luiperde, ’n olifant en ’n buffel en sy besef dat elkeen ’n unieke probleem het. Maar sal sy hulle kan help? En sal sy haar kroon betyds terugkry om die koning te kan ontmoet? Kom saam op hierdie Afrika-avontuur met Paris, Kobe en Chunk (die hele Tebow-familie) en besef dat om ander te help die belangrikste doel van alles is.
Jason wil graag eendag 'n fyngebaksjef word. Hy en sy twee beste maats, Tando en Claudia, neem saam bakklasse en besluit om in te skryf vir Bohaai! 'n bakkompetisie wat op TV uitgesaai word. Maar gaan Minette, Jason se grootste kompetisie, ook deelneem? Wie moet hy kies om in sy span te wees? Hoe gaan hy keer dat Minette wen? Veral as hy met goed soos deegmonsters, stink koekies en resepte in vreemde tale te doen kry?
Die omnibus bevat drie avonture waarin beste vriendinne Nina en Jessie
die misterieuse swart-en-rooi pet inspan om hulle met speurwerk te
help. Waar kom die kopluise vandaan waarmee almal in Laerskool Tierkop
skielik sukkel? Hoekom is die koeldrankfabriek so gretig om hulle nuwe
energiedrankie aan die skool te skenk? En sal die slim mense by die
Eksotiese Eksperimente Ekspo uiteindelik Nina se vrae oor die pet se
spesiale kragte kan opklaar?
Dit is Tjoppie se eerste dag by sy nuwe speelskool. Hy is baie
opgewonde! Juffrou Snuffel verwelkom hom in sy nuwe klas en hy maak gou
nuwe maats: Bollie, Bekkie en Blits. Hulle verf en speel lekker.
Tjoppie hou baie van skool!
Oupa Flex en Dux is aan die woord en vertel van reptiele, sort vir soort. Flex vertel hoe primitiewe werweldiere uiteindelik geskik genoeg was om landlewe baas te raak. Sekere afstammelinge van die amfibieë het die nodige eienskappe gehad wat juis dit moontlik gemaak het!
Kwax gesels met Frikkie Vleipadda wat vir hom sy familiegeskiedenis vertel. Hy vertel vir Kwax dat die oeroue amfibieëvoorvaders groot en lomp was en gesukkel het om op land te beweeg en te lewe. Die interessante deel van amfibieë is dat hulle nog nie eiers met doppe ontwikkel het nie. Hulle gaan dus terug water toe om hulle eiers daar te lê en wanneer die eiers uitbroei, kom daar vissies uit!
Die Flixies hoor in hierdie storie wat die werweldiere se wenresep was – ’n skelet binne-in die liggaam, wat van been en kraakbeen gemaak is, waaraan spiere kon vasheg. Werweldiere het unieke eienskappe gehad wat hulle aanpasbaar op land gemaak het en sodoende is talle nisse gevul wat die land nog verder vir ander lewensvorme oopgemaak het!
Ons vriende, die Flixies, leer hoe belangrik die wisselwerking tussen plante en diere is en hoe plante, soos hulle oor die aarde versprei, ook dien om grond met hulle wortels aan die aarde “vas te plak”. By blomplante is dit veral voortplanting wat baie slim ontwikkel is en die Flixies is baie beïndruk deur die maniere waarop plante hul saad versprei.
In hierdie omnibus, wat die eerste drie boeke van die gewilde Trompie-reeks bevat, ontmoet ons vir Trompie, die elfjarige sproetgesig Grootkaptein van die Boksombende. Hy en sy vriende Rooie, Blikkies en klein Dawie maak die lewe interessant (en soms taamlik moeilik!) vir die inwoners van hul tuisdorp, Kwaggaberg. Hul avontuur met die dominee se bobbejaan ruk handuit en Trompie se poging om vir sy suster Anna ’n kerel te kry, loop lelik skeef. Trompie wil ook baie graag ’n hond he en het sy oog op ’n basterbrak genaamd Boesman. In Trompie die stouterd trek Trompie vir die nuwe seun wat al die onderwysers se witbroodjie is, ’n lelike streep. In Trompie die soet seun besluit Trompie hy is moeg daarvoor om altyd in almal se slegte boekies te wees. Die Boksombende se Grootkaptein kondig aan dat dit tyd geword het om goeie dade te doen, maar dis glad nie so maklik soos wat dit klink nie! Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!
Die Flixie-stories is geskryf en word in die skole gebruik om twee groot krisisse aan te spreek: ’n omgewingskrisis en ’n geletterdheidskrisis. Ons planeet Aarde is in die nood en jong lesers en hul opvoeders moet bewus gemaak word van biodiversiteit en ons almal se verantwoordelikheid om te sorg vir die kwaliteit van lewe op Aarde. |
You may like...
Le Mans - The Official History of the…
Quentin Spurring
Hardcover
Inner Speed Secrets - Mental Strategies…
Ross Bentley, Ronn Langford
Paperback
50 First Victories - NASCAR Drivers…
Mike Hembree, Al Pearce
Paperback
|