![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Trompie moet veg vir sy plek as spankamptein van die rugbyspan, veral wanneer sy vyand, Gerrit Moerdyk, almal teen hom draai. Trompie en sy maats bak ook vir die wetenskaponderwyser 'n poets en Trompie skryf in vir 'n kompetisie wat 'n reis Kaap toe as prys aanbied.
Gabriel skrik wakker in ’n donker kelder in ’n vreemde stad, sonder enige herinnering van hoe hy daar gekom het. Al wat hy weet is sy naam en dat hy in Amsterdam woon. Tot sy verbasing bevind hy hom in die Kaap van Storms, die VOC se ou halfwegstasie – en in die begrafplaas is ’n graf met sy naam en geboortedatum op. ’n Pragtige slawemeisie, Zytia, probeer hom help om uit te vind wie hy werklik is. Sy potloodsketse bring visioene van ’n Khoi seun en ’n vreemde klip. En Zytia se geheimsinnige meesteres soek sy bloed . . .
Children can explore their world with this fun first dictionary and learn the names of various things around them. Each page is packed with pictures and things to find and talk about. These books are hard back with full colour illustrations. Kinders kan hulle wêreld met hierdie prettige eerste woordeboek verken en die name van allerlei dinge rondom hulle leer. Elke bladsy is vol prente en dinge om te soek en oor te praat. Dié boeke is hardeband met volkleur illustrasies.
Melo se koninkryk neem kinders op ʼn wonderlike avontuur na die Afrika-bos saam met Melo en haar spesiale dierevriende. Elkeen van die bekoorlike stories is gebou op ʼn Afrika-spreekwoord en gebruik Bybelse beginsels om kinders op ʼn boeiende manier te leer en te inspireer. Die stories, geskryf deur Thuli Madonsela en lede van haar familie, beklemtoon die belangrikheid van waardes soos eerlikheid, moed, respek, spanwerk en goedhartigheid, terwyl dit die wonders van die skepping benadruk. Die boodskap van elke storie word versterk deur ʼn relevante teksvers, gebed, vrae vir nadenke, woorde van wysheid en ʼn prettige geloofsgebaseerde aktiwiteit.
Hierdie omnibus-uitgawe is ’n versameling van die gewildste verhale uit die bekende Storieman-reeks. Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CD’s in, sodat almal heerlik saam kan lees en luister! By die huis, of in die motor ... Storieman is daar! In hierdie uitgawe verskyn gunstelinge soos “Wikus te Goede”, “Die astrante snyertjie”, “Die standvastige bliksoldaatjie” en “Die keiser se nuwe klere.” Kom lag lekker saam met stories soos “Liewe Heksie en die Koekoekie” en “Spokie van Boosgelegen” en word betower deur sprokies soos “Elf wilde swane”, “Die tonteldoos” en “Die Groen Jonkvrou van die meer”.
Amper Einstein is die storie van twee broers: Leonard in graad 10 en die sesjarige Micha, wat aan outisme ly. Toe Micha se outisme by sy nuwe pre-primere skool (die soveelste een) gediagnoseer word en dit daadwerklik behandel en hanteer word, begin dinge regkom. Leonard vind dit egter wel moeilik om gefokus te bly op sy ideaal om eendag ingenieur te word. Hy is 'n slimkop en hy en sy groepie "mede-geeks" by die skool droom om die jaarlikse brugboukompetisie vir hoerskole te wen, sodat hy ’n beurs kan kry om ingenieurswese te gaan studeer. Daar is ook 'n romanse wat ontwikkel tussen Leonard en Hannelore, een van die "geeks" in sy span. Die tema van outisme en Asperger-sindroom is baie goed uitgebou. Op 'n onopsigtelike en goed geintegreerde manier leer die leser meer daaroor, en dit bereik een van die belangrike doelwitte van hierdie tipe boek: bewusmaking van so ’n toestand en die afbreek van stereotipes en vooroordeel.
Na die ontstellende gebeure by die viering van sy ma terugkeer, vlug Josh van Liba af weg. Op soek na slaapplek dwaal hy en Charlie die misterieuse Geelwoud binne. Hier vind Josh tydelik geluk wanneer die kinders van die Nuwe Jerusalem hulle in hulle boomdorpie laat bly. En Jandja, die tienerleier van die groep, is 'n seun soos hy. Maar Josh weet Kalimbula brand. Hy moet iets doen. Dan is daar nog vrae: Het Njeri hom regtig verraai? En wat lê agter tannie Verona se obsessie met die Wafu-water?
Leopold se wêreld stort in duie wanneer sy familie hul rykdom verloor. Hy sluit by ’n togryer aan op pad na die diamantvelde om sy fortuin te soek. Sara, vermom as ’n touleier, reis saam op soek na die merk van haar voormense. Maar wanneer hulle by die geheimsinnige tolhuis in Ceres gestrand raak, kom hulle ’n donker wese in die berge tee en ontdek dat hulle nog altyd bestem is om die skrikbewind van die Verdwaalding stop te sit . . .
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, ontmoet Saartjie vir Clara, 'n dogtertjie met polio, en sy kruip sommer gou in Saartjie-hulle se harte. Daar kom ook 'n wêreldberoemde sirkus na Linnekom en sorg vir groot opwinding. Saartjie dink ook dat sy haar droomman ontmoet het wanneer 'n beroemde rugbyspeler kom kuier.
Die lewe op 'n eiland in die Indiese Oseaan is op die oog af idillies, maar Anna Atoom is eintlik nogal eensaam. Haar ma is dag in en dag uit aan die werk in die laboratorium, van waar sy die aarde monitor vir dreigende omgewingsrampe. Dis juis so 'n krisis wat Anna van haar pragtige eiland na die verste uithoeke van die planeet neem. Net sy kan die wêreld red!
Oupa Flex vertel ’n baie interessante storie oor die eerste werweldiere, visse, en hoe dit gekom het dat hulle uitbeweeg het land toe. Wetenskaplikes het natuurlik geraai hoe die eerste ou lomp visse wat uit die water kon kruip en die lewe op land kon verken, moes gelyk het. Daar is later fossiele gevind om hierdie raaiskote van wetenskaplikes te ondersteun – fossiele van reuse lobvinvisse, waarvan die vinne amper soos primitiewe bene gelyk het! Die Onderwysersgids sluit in:
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."
Die Flixies leer vir ons een van hulle belangrikste geheime: verskeidenheid. So leer ons wat die woord biodiversiteit beteken en hoekom dit so belangrik is dat ons dit moet verstaan. Facto leer van die baie verskillende soorte plante en diere op Aarde en dat elkeen wat ontdek word, 'n naam moet kry. Ouma Flox verras die Flixies met 'n spesiale stuk borduurwerk... Die Onderwysersgids sluit in:
Facto hoor interessante stories van groen plante – Ruimteskip Aarde se lugversorgers - wat sorg dat daar genoeg suurstof in die atmosfeer is en dat 'n ander giftige gas, kooldioksied, verwyder word. Hy leer by die Flixies van hoe plante ontwikkel het vanaf klein, byna onsigbare mosplantjies, tot die reuse bome wat ons oral sien. Die Onderwysersgids sluit in:
Die eerste groen plante het in water geleef. Omdat toestande op land baie anders is as in water, sou die oudste plante eenvoudig uitdroog en nie kon regop bly sonder die ondersteuning wat water bied nie. Facto leer hoe plante ontwikkel het sodat hulle, hulle op land kon vestig en watter plante op die ou end suksesvol was en oral op land begin groei het... Die Onderwysersgids sluit in:
Die Flixies hoor in hierdie storie wat die werweldiere se wenresep was – ’n skelet binne-in die liggaam, wat van been en kraakbeen gemaak is, waaraan spiere kon vasheg. Werweldiere het unieke eienskappe gehad wat hulle aanpasbaar op land gemaak het en sodoende is talle nisse gevul wat die land nog verder vir ander lewensvorme oopgemaak het! Die Onderwysersgids sluit in:
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word. Hierdie omnibus bevat nog drie gewilde Trompie-stories.
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Daar kuier ’n seun in Lynnekom en hy en Saartjie kom sommer van die intrapslag af nie oor die weg nie. Saartjie Omnibus 6 sluit die volgende gewilde stories in: Saartjie se moleste (#16) Saartjie se dagboek (#17) Saartjie se gevaar (#18)
Ons vriende, die Flixies, leer hoe belangrik die wisselwerking tussen plante en diere is en hoe plante, soos hulle oor die aarde versprei, ook dien om grond met hulle wortels aan die aarde “vas te plak”. By blomplante is dit veral voortplanting wat baie slim ontwikkel is en die Flixies is baie beïndruk deur die maniere waarop plante hul saad versprei. Die Onderwysersgids sluit in:
Wie was die suksesvolste groep in die ganse diereryk? Facto vind uit waaraan geleedpotiges se sukses toegeskryf kan word en hoekom hulle as die eerste egte landdiere beskou word. Die Flixies speel 'n raaiselspeletjie oor goggas en gesels ook onder mekaar oor skaaldiere, veelpotiges, spinnekoppe en skerpioene en oor die eerste diere wat kon vlieg – insekte! Die Onderwysersgids sluit in:
Die Flixie-stories is geskryf en word in die skole gebruik om twee groot krisisse aan te spreek: ’n omgewingskrisis en ’n geletterdheidskrisis. Ons planeet Aarde is in die nood en jong lesers en hul opvoeders moet bewus gemaak word van biodiversiteit en ons almal se verantwoordelikheid om te sorg vir die kwaliteit van lewe op Aarde. Die Onderwysersgids sluit in:
Die Flixies het sommer baie pret waar hulle in die vleiland bymekaarkom. Kwax en Crox, die twee water-Flixies, speel toneel en maak asof hulle van die heel oudste lobvinvisse is wat hulle koppe uit die water steek. Hulle kruip in die modderwater rond en wonder hoe dit moet wees om op land te lewe. So leer die Flixies van al die probleme wat werweldiere moontlik mee te doen gekry het met die oorgang van water- na landlewe... Die Onderwysersgids sluit in:
Oupa Flex en Dux is aan die woord en vertel van reptiele, sort vir soort. Flex vertel hoe primitiewe werweldiere uiteindelik geskik genoeg was om landlewe baas te raak. Sekere afstammelinge van die amfibieë het die nodige eienskappe gehad wat juis dit moontlik gemaak het! Die Onderwysersgids sluit in:
Facto lê en droom in ’n knus holte tussen die wortels van die Wonderboom. Hy wag op die Flixies om te hoor van die laaste groepe wat landlewe suksesvol kon baasraak – die voëls en die soogdiere...en hy kan nie glo wat hy alles by die Flixies hoor nie! Die Onderwysersgids sluit in:
Hannes Joubert en sy Melkbosmaats word betrek by 'n permeloenstroopsindikaat op hulle dorp. Hannes en Zander lei 'n sorgelose longboard-lewe van surf en elke Vrydag milkshakes drink by Goofies, waar hulle vriendin Luna na skool waitress. Zander en Hannes merk een middag 'n paneelwa sonder nommerplate op. Hannes se speurinstink skop in en hulle volg die kar tot by die see, waar verdagte mans uitklim met staalmesse en nette. Die volgende oomblik is hulle vasgebind agterin die paneelwa! |
You may like...
Bezier and B-Spline Techniques
Hartmut Prautzsch, Wolfgang Boehm, …
Hardcover
R3,047
Discovery Miles 30 470
Finite Geometries, Buildings, and…
William M. Kantor, Robert A. Leibler, …
Hardcover
R1,162
Discovery Miles 11 620
Mathematics of the 19th Century…
Andrei N. Kolmogorov, Adolf-Andrei P. Yushkevich
Hardcover
R3,266
Discovery Miles 32 660
Mathematical Essays in honor of…
Bruce Sagan, Richard Stanley
Hardcover
R5,378
Discovery Miles 53 780
|