0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (16)
  • R50 - R100 (48)
  • R100 - R250 (498)
  • R250 - R500 (41)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children

Die ABC Van Gedigte (Afrikaans, Paperback): Liezl Nel, Rolien Viljoen Die ABC Van Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Liezl Nel, Rolien Viljoen
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hoe moet jy ’n gedig in die klas aanbied?
Hoe leer jy gedigteterme vir die leerders en wat ís die regte terme?
Ek het gedigte vir drie grade nodig - waar kry ek dit?
Hoe moet ek leerders vir die Eisteddfod voorberei?
Hoe leer ek my leerders om gedigte te skryf?

Hierdie is van die baie vrae wat laerskoolonderwysers het. Met Die ABC van GEDIGTE gaan jy nie net antwoorde op al bogenoemde vrae kry nie, maar jy gaan ook sien hoe om ’n gedig te analiseer, hoe om tematies met gedigte te werk, hoe om gedigte met ander vakke te inkorporeer, hoe verskillende digvorme lyk en die belangrikste - hoe om dit alles speel-speel te doen, want gedigte is pret!

Daar is selfs ’n paar gedigte wat vir kore getoonset is.

Jorsie die Worsie 2: Die Putponie-penarie (Afrikaans, Paperback): Helene Booyens Jorsie die Worsie 2: Die Putponie-penarie (Afrikaans, Paperback)
Helene Booyens; Illustrated by Helene Booyens
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Jorsie die worsie is terug vir nog 'n avontuur in boek twee van die reeks!

In hierdie opwindende vervolg kom Jorsie te staan teen 'n nuwe uitdaging die onder die aarde, waar die dapper putponies ondergronds werk om goud na die oppervlakte te vervoer. Maar wanneer 'n reeks onvoorsiene voorvalle lei tot 'n katastrofiese instorting van 'n mynskag, word een van die ponies diep ondergrond vasgekeer.

Sal Jorsie en sy maats betyds slaag in hul brawe reddingsmissie, of gaan hulle uit tyd uit hardloop?

Sluit aan by Jorsie op hierdie opwindende reis vol moed, vriendskap, en die onwrikbare vasberadenheid om nooit op te gee nie.

Clint Fryer En Die Helde Van Huis Hindernis 2 - Partytjiepret (Afrikaans, Paperback): Anzil Kulsen Clint Fryer En Die Helde Van Huis Hindernis 2 - Partytjiepret (Afrikaans, Paperback)
Anzil Kulsen; Illustrated by Andre Trantraal
R65 R61 Discovery Miles 610 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In Partytjiepret moet Dedrei boet vir haar sabotasieplan wat amper daartoe gely het dat Dedrei nie aan die danskompetisie kan deelneem nie. Sy moet help om die vloere van die kinderhuis te was.

Vinnig genoeg sien Clint en die res van die kinders dat Dedrei nie so sleg is nie. Die kinders besluit om Dedrei te gaan verras by haar verjaarsdagpartytjie ....

Benru se Boomskok - Die geheim van sy spesiale magte (Afrikaans, Paperback): Felicia Snyman-Du Toit Benru se Boomskok - Die geheim van sy spesiale magte (Afrikaans, Paperback)
Felicia Snyman-Du Toit; Illustrated by Luan Serfontein
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Benru en sy boetie Wayne bly nou by hulle ouma. Sy is nie ’n liefdevolle ouma wat koekies bak en drukkies gee nie. Sy is saaklik en formeel. En sy steek iets weg. Benru is seker daarvan.

Benru dink gereeld nog aan sy ouers. Hoe hulle skielik verdwyn het. Die polisie sê dat hulle dood is. Maar Benru is nie so seker nie ...

Deesdae is baie dinge vir Benru vreemd.

• Het Wayne regtig deur ’n boom in Ouma se agterplaas geklim en DEUR TYD GEREIS?
• Wie is die eienaardige mense wat aan die deur klop?
• Het Benru magte waarvan hy nie weet nie?

Benru is in vir ’n wegholrit van ’n avontuur van tydsreis, geheime agente en spesiale magte!

Die Strokiesprent-Kompetisie (Afrikaans, Paperback): Andre Trantraal Die Strokiesprent-Kompetisie (Afrikaans, Paperback)
Andre Trantraal
R65 R61 Discovery Miles 610 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die avonture van Keegan, Samier en Samia gaan voort!

Keegan kry die geleentheid om 'n plakkaat te ontwerp wat sy gunstelingskrywer se nuwe strokiesprent adverteer - en die wenner kan die boek se bekendstelling bywoon! Hy is vreeslik opgewonde ... maar die skool se boelie, Brent Petersen, dreig om al sy planne in die wiele te ry ...

Hierdie reeks vul 'n belangrike gaping in die mark vir diverse en verteenwoordigende stories vir beginnerlesers.

Die Legendariese Lua Verwey 2: 'n Plaas se Geraas (Afrikaans, Paperback): Dihanna Taute Die Legendariese Lua Verwey 2: 'n Plaas se Geraas (Afrikaans, Paperback)
Dihanna Taute
R180 R161 Discovery Miles 1 610 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Lua Verwey is eintlik allergies vir seuns, maar sy is tog die enigste meisie wat saam met die krieketspan Kaap toe gaan toer. Mits sy voor die einde van die kwartaal genoeg name op haar borgvorm het om geld in te samel vir ’n vakansie langs die strand. En 'n vakansie het sy beslis nodig; want haar ma verwag 'n tweeling, haar boeties neem die huis op horings, haar oupa-hulle gaan by hulle kom intrek en haar beste vriendin is skielik superaaklig.

Veergewig (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Veergewig (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Talia is ’n bokser. Sy is deel van die veergewig-kategorie in die skoolspan. Maar haar afrigter het nie baie genade vir haar nie. Dit maak nie saak hoe hard sy boks nie, sy kan net nie sy goedkeuring wen nie.

Sy is ook nie vreeslik gewild ná haar broer, Hamer, vrygelaat word op parool nie. Hy was vir ’n jaar lank in die tronk oor diefstal. Almal behandel hom steeds soos ’n krimineel. Maar ... was hy werklik skuldig?

’n Boeiende roman oor die kompleksiteit van gesinne en die gevegte wat ons almal soms met onsself en ons naastes moet veg.

Lara se nare prinses-hare (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Lara se nare prinses-hare (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Edited by An-Mari do Carmo
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“Jou nuwe haarstyl vang vlieë!” sê Ronita Snotnagel.

Lara Winters is baie opgewonde. Vandag gaan sy haar hare by die gewilde Gilda Glinster sny. Lara ontwerp sommer self haar haarstyl. Oe, sy gaan soos ’n prinses lyk!

Maar dan gaan iets verkeerd.

En Lara kry die aakligste haarstyl ooit. Jip, een wat regtig vlieë vang.

Hoe kon dit so verkeerd loop?

Hoekom het sy nare prinses-hare gekry?

Net Ronita Snotnagel weet ...

Om 'n Leeu Se Bek Toe Te Bid (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Om 'n Leeu Se Bek Toe Te Bid (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ses tieners op ’n vasbyt-kerkkamp in die veld, elkeen met hul eie geheime en vrae oor geloof.

Die matriekseun wat hulle lei, vol drome van dominee word maar sonder studiegeld. Een afgetrede sirkusleeu en die geblikte jagter agter hom aan. ’n Plaas met ’n verlede vol ongeregtigheid, nou deur droogte geteister. Jan Vermeulen se meesleurende nuwe jongvolwasseneverhaal gaan jou van begin tot einde op die punt van jou stoel hou en nuut laat dink oor gebed, geloof en genade. Die storie bevat ’n tikkie avontuur, ’n tikkie liefde, ’n tikkie geloof en hope naelbyt-spanning.

Jeanette Ferreira, skrywer en redakteur, sê die volgende oor die verhaal: Sprankelende titel. Lieflike verhaal. Spannend van die openingstoneel af tot op die allereinde. Daarby vol spitsvondigheid.

Sweef en Ander Verhale (Afrikaans, Paperback, 5de Uitgawe): Adinda Vermaak, Marieta Nel Sweef en Ander Verhale (Afrikaans, Paperback, 5de Uitgawe)
Adinda Vermaak, Marieta Nel
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die 30 splinternuwe kortverhale in hierdie bundel is geskryf deur 25 uiteenlopende skrywers – van bekende jeugboekskrywers soos Martie Preller, Leon de Villiers, Jaco Jacobs, Zulfah Otto-Sallies en Fanie Viljoen tot opwindende nuwe stemme soos Marietjie Vos en Christo Davids (beter bekend as Errol van 7de Laan).

Die Nuwe Vriend (Afrikaans, Paperback): Andre Trantraal Die Nuwe Vriend (Afrikaans, Paperback)
Andre Trantraal
R65 R61 Discovery Miles 610 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die avonture van Keegan, Samier en Samia gaan voort!

Daar is 'n nuwe meisie in die skool en Keegan hou baie van haar. Samier en Samia is egter glad nie beïndruk dat Alysha beter as Samia in alles is nie, en Keegan sukkel om die vrede te behou.

Hierdie reeks vul 'n belangrike gaping in die mark vir diverse en verteenwoordigende stories vir beginnerlesers.

Liefde Laat Jou Rice Krispies Anders Proe (Afrikaans, Paperback, 20 Jaar-Uitgawe): Tania Brink Liefde Laat Jou Rice Krispies Anders Proe (Afrikaans, Paperback, 20 Jaar-Uitgawe)
Tania Brink
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Marzanne Odendal is ’n uitgesproke tiener – en ouens is min of meer die laaste ding waarin sy belang stel.

Haar beste vriendin, Nadia, raak egter gereeld halsoorkop verlief – op ouens soos Armand Hattingh, die rugbykaptein wat glo die son skyn blokkies as hy op ’n tuinstoel gaan sit.

Maar dan begin sy uit die bloute e-posse van ’n geheimsinnige anonieme digter kry wat lyk asof hy weet hoe meisies se harte klop ...

Professor Fungus Omnibus 1 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Professor Fungus Omnibus 1 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Johann Strauss
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en maak van nader kennis met zombie-tamaties, ’n klomp vreesaanjaende visse, ’n skrikwekkende monster wat die Snotzilla genoem word … en beleef ’n asemrowende miniatuur-avontuur. Vyf fantastiese Professor Fungus-stories in een boek!

Prinses Pampoenpit (Afrikaans, Paperback): Bianca Flanders Prinses Pampoenpit (Afrikaans, Paperback)
Bianca Flanders
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Pampoenpit het ’n geheim … Sy hou glad nie van haar hare nie! Haar wilde, woeste krulle weier om getem te word. Sy kry dit ook nie weggesteek nie. Hoekom kan haar hare nie net soos die ander kinders s’n lyk nie? Maar op ’n dag ontdek sy dat jou verskille iets is waarop jy trots kan wees … ’n Treffende verhaal oor hoe om dit wat jou spesiaal maak, te vind. Die boek skakel in by debatte rondom die dra van hare op ’n natuurlike manier. Die verteenwoordiging van meisies in boeke is baie belangrik, en hierdie boek het ’n meisie as hoofkarakter.

Krag (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Krag (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Aldan Valentyn is niemand nie.

Hy plaas ʼn foto van homself sonder sy hemp, op Instagram. En word die bespotting van die skool.

Maar dit sal binnekort verander. In die gym. Met gewigte. En die KRAG in die naalde.

“Wat is die ergste wat kan gebeur?”.

Jani Jonker Gloei in die Donker (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Jani Jonker Gloei in die Donker (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Emily House
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Jani is ʼn nuuskierige en avontuurlike meisie wat mal is oor die buitelig.

Een someraand, terwyl sy vuurvlieë jag, word sy verras deur ʼn besonder helder vuurvlieg. Maar toe die vuuvlieg haar byt is sy minder beïndruk. Daardie aand in die bed gebeur ʼn vreemde ding. Jani begin in die donker skyn!

Sy besef dat om die enigste mens te wees wat gloei, haar die bespotting van die skool gaan maak. Hoe gaan sy hierdie geheim vir haar klasmaats wegsteek?

Ontdek die aangrypende verhaal van Jani en haar unieke avontuur in hierdie betowerendegevul met spanning en emosie.

Jock van die Bosveld en Ander Ware Dierestories (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Jock van die Bosveld en Ander Ware Dierestories (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Alex van Houwelingen
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lekkerleespret vir jong diereliefhebbers! Ontmoet ’n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het; ontmoet ’n brilpikkewyn met die naam Gregory Peck wat mense geïnspireer het om nie die see te besoedel nie; en skud poot met Just Nuisance, ’n hond wat by die Britse vloot aangesluit het! Hierdie boek bevat vyf asemrowende ware dierestories:

1. Seeman Just Nuisance: Het jy al gehoor van ’n hond wat lid van die vloot is? Of ’n pet dra en alleen trein ry? Dis wat Just Nuisance gedoen het.

2. Visvriende Big Red en Blackie: ’n Wonderlike ware verhaal oor die wonderbaarlike vriendskap tussen twee troetelvisse.

3. Jock van die Bosveld: Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die dapper Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het.

4. Die ysbeer en die kietsiekat: Die merkwaardige verhaal van ’n katjie wat op ’n dag in die ysbeerpoel by ’n dieretuin beland het – en deur een van die gevaarlik bere gered is!

5. Gregory Peck die brilpikkewyn: Vind uit hoe ’n brilpikkewyn genaamd Gregory Peck mense geïnspireer het om vir die natuur om te gee.

Die stories word op ’n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!

Gerook (Afrikaans, Paperback): Eldridge Jason Gerook (Afrikaans, Paperback)
Eldridge Jason 1
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Cobie het lank uitgesien na die Desember-skoolvakansie. Om ’n paar weke by sy ouma op Vaalberg te kom bly, was egter beslis nie deel van sy vakansieplanne nie. Maar dié Weskusdorpie is nie heeltemal so vaal en vervelig soos sy naam sê nie ...

Is dit sy verbeelding, of hou iemand hom dop?

Wie is die geheimsinnige Lady Zee wat hom skielik op Mxit kontak?

En is dit waar dat Vaalberg saans ná sononder in ’n gevaarlike tik-nes verander?

Hierdie opwindende, spannende jeugroman stel die leser bekend aan ’n skemerwêreld van dwelms en tienergevare waaroor daar nog baie min in Afrikaans geskryf is.

Vertel My Nog 'n Grappie (Afrikaans, Paperback): Maritha Snyman Vertel My Nog 'n Grappie (Afrikaans, Paperback)
Maritha Snyman
R70 R66 Discovery Miles 660 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hoekom doen Kersfeesvader so goed karate? Want hy het ’n swart belt.

As jy wil grappies vertel by jou volgende partytjie, hier is die boek!

Maritha Snyman se Vertel my ’n grappie was BAIE pret. Hier kom nog vetter pret in Vertel my nog ʼn grappie!

Wat het die krimpvarkie die kaktus gevra? “Is jy my mamma?”

Kinders sal dol wees oor hierdie grappieboek. Koop dit vir hulle, maar lees dit eers self!

Maritha Snyman is ’n kenner en navorser op die gebied van kinderhumor. Die grappies is daarom gepas vir die ouderdomsgroep.

Die Uile in Die Kalahari (Afrikaans, Paperback, Reprint ed): Cor Dirks Die Uile in Die Kalahari (Afrikaans, Paperback, Reprint ed)
Cor Dirks
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Die lede van die Genootskap van die Groot Uil staar nuwe, vreemde bedreigings in die gesig … Philip Senekal, die leier van ’n vyftal vriende wat hulleself die Uile noem, oortuig sy pa om hulle almal saam te neem op ’n jagvakansie in die Kalahari. Maar die opwindende vakansie draai anders uit as wat hierdie seuns van Kranskop verwag het. Kort voor lank kruis hulle paaie met gevaarlike wilde diere en hulle moet uit verknorsings gehelp word. Wie is die geheimsinnige woestynman met sy onverstaanbare taal wat hulle elke keer help? En sal hy ook kan help wanneer die Uile deur ’n groep gevaarlike inboorlingpriesters ontvoer word?

Vasbyt Vyf: Die Ontvoering (Afrikaans, Paperback): Eleanor Lombard Vasbyt Vyf: Die Ontvoering (Afrikaans, Paperback)
Eleanor Lombard
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Jaco per ongeluk sy rugbybal oor die kwaai buurman se muur skop, het hy nie ’n idee gehad in watter gemors dit hom gaan laat beland nie. Saam met Handré, sy beste vriend, probeer hy die bal terugkry – net om te ontdek die buurman hou twee ontvoerde meisies in sy huis aan!

Wat maak hulle nou? Die grootmense glo hulle nie, maar Jaco en Handré wéét wat hulle gesien het … en daar is net een oplossing: hulle moet die meisies red.

Maar toe al hulle planne verkeerd loop, word die twee seuns sowel as Handré se sussie, Karli, ook deur die ontvoerders vasgekeer. Nou moet die vyf kinders leer vasbyt … en planne maak.

Die Skool Vir Rampspoedige Talente - En Ander Gelukkige Stories (Afrikaans, Paperback): Marieta Nel Die Skool Vir Rampspoedige Talente - En Ander Gelukkige Stories (Afrikaans, Paperback)
Marieta Nel
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Splinternuwe versameling van die beste gedigte, kortverhale, dramas en volksliteratuur. In hierdie bundel lees jy stories, gedigte en dramatekste deur Zelda Bezuidenhout, Mia Arderne, Fanie Viljoen, Wendy Maartens, Hannes Barnard ... en nog meer! Hierdie versameling is perfek vir onderwysers en leerders vir die kwartaal drie letterkundeprojek wat deel is van die CAPS-kurrikulum. ’n Aparte studiegids sal ook vir onderwysers beskikbaar wees wat addisionele inligting oor die tekste bevat.

Ben en die Groot Wedstryd (Afrikaans, Paperback): Zuleka Smit Ben en die Groot Wedstryd (Afrikaans, Paperback)
Zuleka Smit; Illustrated by Johann Strauss
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ben gaan in sy heel eerste rugbywedstryd speel. Sy maag gee sommer so ’n wilde draai as hy net aan die wedstryd dink. In die wedstryd druk Ben ’n uitstekende drie … maar onder die verkeerde pale! Sy hartjie voel baie skaam oor hierdie fout, maar Pappa lees vir hom in die Kinderbybel dat hy nie skaam hoef te wees vir foute nie.

Ben en die groot wedstryd is ’n lieflike storie wat kinders leer dat dit almal soms foute maak en dat dit jou nie moet onderkry nie, maar dat jy eerder uit foute moet leer en altyd weer probeer.

Blinkertjies In Pa Se Baard - En Ander Skitterende Stories (Afrikaans, Paperback): Marieta Nel Blinkertjies In Pa Se Baard - En Ander Skitterende Stories (Afrikaans, Paperback)
Marieta Nel
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days
'n Kas Vol Monsters Omnibus (6-in-1) (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs 'n Kas Vol Monsters Omnibus (6-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Is jy braaf genoeg om die kas oop te maak?

Denver se kas is 'n geheime ingang na 'n kasteel vol monsters - en hope avontuur! Maak die kasdeure wawyd oop met hierdie 6-in-1 omnibus van al die gewilde Kas vol monsters-boeke!

Die Groen Hand

Daar is iets vreemds aan die nuwe huis ... In die middel van die nag hoor Denver iemand aan sy kasdeur klop. Toe hy ondersoek instel, ontdek hy iets wat sy hare laat regop staan! Maar gaan enige iemand hom glo as hy vertel wat hy gesien het?

Vampierfoto's

Die kas in Denver se kamer is die geheime ingang na 'n kasteel vol monsters. Denver en Meyer kan nie wag om weer die monsters te sien nie. Hierdie keer het een van die monsters hulp nodig. Maar om foto's van 'n vampier te neem ... kan 'n pyn in die nek wees!

Hollywood-mummie

Dit is glad nie so maklik om 'n Hollywood-ster te word nie - veral nie as jy 'n mummie is nie. Sal Denver en Meyer vir Toets kan help om 'n rol in 'n fliek los te slaan?

Weerwolfprobleme

Denver en Meyer het al hope pret saam met die monsters gehad. Maar daar is iets fout in die monsterkasteel. Flaffie die weerwolf is in 'n BAIE slegte bui. En as 'n weerwolf vies is, moet jy liewer nie met hom sukkel nie ...

Die perfekte monster

Een van die monsters in die kas het Denver en Meyer se hulp nodig. Frank is eensaam. Daarom besluit hy dis tyd om 'n meisie te kry. Maar om die perfekte meisie vir 'n groot groen monster te kry, is glad nie so maklik nie!

Kinderspeletjies

Al die monsters is op pad na 'n musiekkonsert. Denver en Meyer bied aan om 'n aand lank baba-oppassers vir 'n oulike monsterbaba te wees. Hulle moet met hom speel, hom kosgee en hom in die bed sit. Hoe moeilik kan dit nou eintlik wees ...?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Kattemaai 1: Die Bure Se Nuwe Dogter
Betsie Vos Paperback R160 R150 Discovery Miles 1 500
Skooluitgawe: Pad Na Jou Hart - 'n…
Ivan Botha, Donnalee Roberts Paperback R185 Discovery Miles 1 850
Jakkals en Wolf 1 - 6 Lekkerlag Stories…
Wendy Maartens Paperback R230 R216 Discovery Miles 2 160
Die Spaghettiboom
Jaco Jacobs Hardcover R220 Discovery Miles 2 200
Ben en die Boelies
Zuleka Smit Paperback R190 R178 Discovery Miles 1 780
Kanniedood - Branderjaer-Sage: Boek 3
Joha van Dyk Paperback R335 R299 Discovery Miles 2 990
Hartklop - Die Ontwaking Van Winter…
Sunel Combrinck Paperback R280 R263 Discovery Miles 2 630
Quinn se Jaar van Kwik
Zelda Bezuidenhout Paperback R270 R253 Discovery Miles 2 530
Kattemaai 2: Annabel Gaan Skool Toe
Betsie Vos Paperback R160 R150 Discovery Miles 1 500
Donkerster
Annerle Barnard Paperback R240 R225 Discovery Miles 2 250

 

Partners