![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children
Hoekom doen Kersfeesvader so goed karate? Want hy het ’n swart belt. As jy wil grappies vertel by jou volgende partytjie, hier is die boek! Maritha Snyman se Vertel my ’n grappie was BAIE pret. Hier kom nog vetter pret in Vertel my nog ʼn grappie! Wat het die krimpvarkie die kaktus gevra? “Is jy my mamma?” Kinders sal dol wees oor hierdie grappieboek. Koop dit vir hulle, maar lees dit eers self! Maritha Snyman is ’n kenner en navorser op die gebied van kinderhumor. Die grappies is daarom gepas vir die ouderdomsgroep.
Waar die Otters is, is daar nou eenmaal nie vrede nie. En ’n vakansie is vir die drie nie sommer net ’n gewone kuiertjie nie. Met die intrapslag loop dinge in Die Otters op die Bosveldplaas skeef: daar is oornag by die kuikenhokke gepeuter: Bykans al die kuikens het deur groot gate in die sifdraad ontsnap en Litte is juis ’n man wat half sentimenteel raak wanneer ’n paar vinkies uitgeroei moet word. Maar hoe verdink ’n Otter dan ’n mede-Otter? Arende, bobbejane en luiperds is vir die stadsjapies nie ’n alledaagse verskynsel nie. Maar waarom kom die Otters een middag erg bedremmeld en gekneus en net geklee in grasrompies by die huis aan? En watter rol het Helene en Magriet, twee skoolpelle, om te speel?
In hierdie fantastiese leesreeks, met pragtige illustrasies, vertel
Wendy Maartens die klassieke dierestories in eenvoudige taal wat selfs
die huiwerigste beginnerlesers kan baasraak. Elke boek bevat ook
nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te
wakker, en het dus baie goeie opvoekundige waarde.
Hoe moet jy ’n gedig in die klas aanbied? Hierdie is van die baie vrae wat laerskoolonderwysers het. Met Die ABC van GEDIGTE gaan jy nie net antwoorde op al bogenoemde vrae kry nie, maar jy gaan ook sien hoe om ’n gedig te analiseer, hoe om tematies met gedigte te werk, hoe om gedigte met ander vakke te inkorporeer, hoe verskillende digvorme lyk en die belangrikste - hoe om dit alles speel-speel te doen, want gedigte is pret! Daar is selfs ’n paar gedigte wat vir kore getoonset is.
Jani is ʼn nuuskierige en avontuurlike meisie wat mal is oor die
buitelig.
Die 30 splinternuwe kortverhale in hierdie bundel is geskryf deur 25 uiteenlopende skrywers – van bekende jeugboekskrywers soos Martie Preller, Leon de Villiers, Jaco Jacobs, Zulfah Otto-Sallies en Fanie Viljoen tot opwindende nuwe stemme soos Marietjie Vos en Christo Davids (beter bekend as Errol van 7de Laan).
Jorsie die worsie is terug vir nog 'n avontuur in boek twee van die
reeks!
Lekkerleespret vir jong diereliefhebbers! Ontmoet ’n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het; ontmoet ’n brilpikkewyn met die naam Gregory Peck wat mense geïnspireer het om nie die see te besoedel nie; en skud poot met Just Nuisance, ’n hond wat by die Britse vloot aangesluit het! Hierdie boek bevat vyf asemrowende ware dierestories: 1. Seeman Just Nuisance: Het jy al gehoor van ’n hond wat lid van die vloot is? Of ’n pet dra en alleen trein ry? Dis wat Just Nuisance gedoen het. 2. Visvriende Big Red en Blackie: ’n Wonderlike ware verhaal oor die wonderbaarlike vriendskap tussen twee troetelvisse. 3. Jock van die Bosveld: Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die dapper Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het. 4. Die ysbeer en die kietsiekat: Die merkwaardige verhaal van ’n katjie wat op ’n dag in die ysbeerpoel by ’n dieretuin beland het – en deur een van die gevaarlik bere gered is! 5. Gregory Peck die brilpikkewyn: Vind uit hoe ’n brilpikkewyn genaamd Gregory Peck mense geïnspireer het om vir die natuur om te gee. Die stories word op ’n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!
Twee wêrelde is op die punt om te bots ... Mitch het ’n knop op sy maag, hy weet iéts gaan gebeur. Iets sleg. En dan land die ruimtewesens in Deltaville en ontvoer inwoners van die dorp. Mitch en sy beste vriend, Lionel, besef dat dit hulle taak sal wees om die inwoners te red. Op die planeet Zenkion is Imke besig om oor die Blou Planeet, Aarde, te leer. Haar ma was ’n Aardling en dit beteken Imke is half-Blou Planeter, half-Zenkioniet. Al wat Imke wil doen, is om die blou waters van die Blou Planeet te sien. Sal sy die kans aangryp om na hierdie planeet te gaan? Al is die planeet besig om aangeval te word … Mitch en Imke se wêrelde ontmoet in hierdie verhaal oor ruimtereise, ruimtewesens en ’n soeke na die plek waar elkeen behoort.
Talia is ’n bokser. Sy is deel van die veergewig-kategorie in die skoolspan. Maar haar afrigter het nie baie genade vir haar nie. Dit maak nie saak hoe hard sy boks nie, sy kan net nie sy goedkeuring wen nie. Sy is ook nie vreeslik gewild ná haar broer, Hamer, vrygelaat word op parool nie. Hy was vir ’n jaar lank in die tronk oor diefstal. Almal behandel hom steeds soos ’n krimineel. Maar ... was hy werklik skuldig? ’n Boeiende roman oor die kompleksiteit van gesinne en die gevegte wat ons almal soms met onsself en ons naastes moet veg.
Daar is ’n paar basiese reëls wanneer jy jou eerste band begin …
Henk kan nie wag vir die kriekettoer om te begin nie. Wat kan nou lekkerder wees as om saam met jou vriende die land plat te toer en die een krieketwedstryd na die ander te speel! Maar van die begin af is dit duidelik dat hierdie nie ‘n gewone toer gaan wees nie. Wie probeer by die span se bussie inbreek? Is daar regtig iemand wat snags in die koshuisgange rondsluip, of is dit Henk se verbeelding? Kort voor lank lyk dit of die kriekettoer in ‘n nagmerrie gaan ontaard... Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.
Toe Jaco per ongeluk sy rugbybal oor die kwaai buurman se muur skop,
het hy nie ’n idee gehad in watter gemors dit hom gaan laat beland nie.
Saam met Handré, sy beste vriend, probeer hy die bal terugkry – net om
te ontdek die buurman hou twee ontvoerde meisies in sy huis aan!
Pampoenpit het ’n geheim … Sy hou glad nie van haar hare nie! Haar wilde, woeste krulle weier om getem te word. Sy kry dit ook nie weggesteek nie. Hoekom kan haar hare nie net soos die ander kinders s’n lyk nie? Maar op ’n dag ontdek sy dat jou verskille iets is waarop jy trots kan wees … ’n Treffende verhaal oor hoe om dit wat jou spesiaal maak, te vind. Die boek skakel in by debatte rondom die dra van hare op ’n natuurlike manier. Die verteenwoordiging van meisies in boeke is baie belangrik, en hierdie boek het ’n meisie as hoofkarakter.
Ses tieners op ’n vasbyt-kerkkamp in die veld, elkeen met hul eie geheime en vrae oor geloof. Die matriekseun wat hulle lei, vol drome van dominee word maar sonder studiegeld. Een afgetrede sirkusleeu en die geblikte jagter agter hom aan. ’n Plaas met ’n verlede vol ongeregtigheid, nou deur droogte geteister. Jan Vermeulen se meesleurende nuwe jongvolwasseneverhaal gaan jou van begin tot einde op die punt van jou stoel hou en nuut laat dink oor gebed, geloof en genade. Die storie bevat ’n tikkie avontuur, ’n tikkie liefde, ’n tikkie geloof en hope naelbyt-spanning. Jeanette Ferreira, skrywer en redakteur, sê die volgende oor die verhaal: Sprankelende titel. Lieflike verhaal. Spannend van die openingstoneel af tot op die allereinde. Daarby vol spitsvondigheid.
’n Splinternuwe versameling van die beste gedigte, kortverhale, dramas en volksliteratuur. In hierdie bundel lees jy stories, gedigte en dramatekste deur Zelda Bezuidenhout, Mia Arderne, Fanie Viljoen, Wendy Maartens, Hannes Barnard ... en nog meer! Hierdie versameling is perfek vir onderwysers en leerders vir die kwartaal drie letterkundeprojek wat deel is van die CAPS-kurrikulum. ’n Aparte studiegids sal ook vir onderwysers beskikbaar wees wat addisionele inligting oor die tekste bevat.
Aandag, alle onderwysers wat CAPS-boeke vir volgende jaar moet kies! Wil jy graag boeke deur ons drie heel gewildste kinder- en jeugboekskrywers in die klas behandel? Wat van ’n supergewilde Thomas@-boek om jou graadneges aan die lees te kry? Of slaan jou graadagts se asem weg met Jaco Jacobs se Perfek (waarvan tienduisende kopieë reeds verkoop is) of die lekkerleesboek Vis en tjips, wat beloof om net so gewild soos die topverkoper Suurlemoen! te word. En Fanie Viljoen se splinternuwe jeugboek Spring sal hulle laat naels kou tot die einde! Hier is LAPA se CAPS-goedgekeurde boeke vir graad 7, 8 en 9. Die CAPS-uitgawes van hierdie gewilde boeke bevat volledig uitgewerkte vrae en hope prettige aktiwiteite!Graad 7 EAT: Zackie Mostert druk ’n drie (Jaco Jacobs)Graad 8 EAT: Perfek (Jaco Jacobs)Graad 9 EAT: Spring (Fanie Viljoen)Graad 7 Huistaal: Gevaarlike lopies (Jaco Jacobs) Graad 8 Huistaal: Vis en tjips Graad 9 Huistaal: [email protected]
Is dit ’n hond? ’n Deursigtige Jack Russell? Soos ’n ... spookhond?
Drie adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus! Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinderboekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuurbelaaide topverkoper-reeks verskyn, sommige titels is in Engels vertaal, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot 'n TV-reeks op kykNET gelei. Nou is drie van die gewilde Thomas@-stories in een waarde-vir-geld-omnibus beskikbaar: Thomas is nie lus om te trek nie. Veral nie na 'n grillerige ou Victoriaanse huis nie. Sommer gou begin allerlei vreemde dinge in die nuwe huis gebeur. Thomas hoor geheimsinnige voetstappe voor sy kamerdeur, deure gaan onverklaarbaar oop en toe en sy rekenaar se drukker spoeg die een vreemde boodskap na die ander uit. Kan dit wees dat daar regtig 'n spook in die huis is? Saam met sy vriende, Hannes, Alex en Thabo, probeer Thomas die raaisel van die huis oplos ... 'n raaisel wat hulle in groot gevaar laat beland. Thomas en Hannes kan nie wag om 'n nuwe rekenaarspeletjie te toets wat hulle by Harry van die Cyber Tiger-internetkafee gekry het nie. Maar iets is verkeerd met die speletjie. 'n Geheimsinnige skerpioen verskyn op die rekenaarskerm en Hannes is oortuig die speletjie is in werklikheid 'n gevaarlike rekenaarvirus. Hoe ver sal die skurke gaan om die virus terug te kry? Thomas-hulle sien uit na 'n wonderlike langnaweek by die see. Maar dan begin dinge lelik skeefloop: Thomas ontdek 'n deurtjie in die vloer van hulle strandhuis, en dit lei reguit na die skuilplek van die gevaarlike perlemoensmokkelaar Sharky Fortuin ...
Is jy braaf genoeg om die kas oop te maak? Denver se kas is 'n geheime ingang na 'n kasteel vol monsters - en hope avontuur! Maak die kasdeure wawyd oop met hierdie 6-in-1 omnibus van al die gewilde Kas vol monsters-boeke! Die Groen Hand Daar is iets vreemds aan die nuwe huis ... In die middel van die nag hoor Denver iemand aan sy kasdeur klop. Toe hy ondersoek instel, ontdek hy iets wat sy hare laat regop staan! Maar gaan enige iemand hom glo as hy vertel wat hy gesien het? Vampierfoto's Die kas in Denver se kamer is die geheime ingang na 'n kasteel vol monsters. Denver en Meyer kan nie wag om weer die monsters te sien nie. Hierdie keer het een van die monsters hulp nodig. Maar om foto's van 'n vampier te neem ... kan 'n pyn in die nek wees! Hollywood-mummie Dit is glad nie so maklik om 'n Hollywood-ster te word nie - veral nie as jy 'n mummie is nie. Sal Denver en Meyer vir Toets kan help om 'n rol in 'n fliek los te slaan? Weerwolfprobleme Denver en Meyer het al hope pret saam met die monsters gehad. Maar daar is iets fout in die monsterkasteel. Flaffie die weerwolf is in 'n BAIE slegte bui. En as 'n weerwolf vies is, moet jy liewer nie met hom sukkel nie ... Die perfekte monster Een van die monsters in die kas het Denver en Meyer se hulp nodig. Frank is eensaam. Daarom besluit hy dis tyd om 'n meisie te kry. Maar om die perfekte meisie vir 'n groot groen monster te kry, is glad nie so maklik nie! Kinderspeletjies Al die monsters is op pad na 'n musiekkonsert. Denver en Meyer bied aan om 'n aand lank baba-oppassers vir 'n oulike monsterbaba te wees. Hulle moet met hom speel, hom kosgee en hom in die bed sit. Hoe moeilik kan dit nou eintlik wees ...?
Nico se pa is 'n uitvinder. Hy het al baie vreemde dinge ontwerp... Haarjel wat van kleur verander. 'n Stoel wat jou kielie as jy aan die slaap raak. Selfs sandale wat jou toonnaels knip! Maar sy nuutste uitvinding is die heel beste. Dis 'n regte, egte robot! Bertie Blikbrein kan praat, somme doen en selfs grappies vertel.
“Besef julle hierdie Desember is legit ons laaste ordentlike
somerskoolvakansie?”
Die Bitterbosbende kamp langs die rivier. Toe Zia en Nieke een aand badkamer toe loop, begin 'n hond verwoed blaf. Toe is daar die geluid van 'n trein wat kwaai rem aanslaan en dan 'n harde botsing. Dis eers toe Zia gil dat Nieke sien wat in haar hand is . . . 'n been? En so begin die soeke na die geheimsinnige stoomlokomotief wat passasiers in die sewentigerjare vervoer het, wat daar naby ontspoor het. Wat het van die slagoffers, wat kinders en 'n hond ingesluit het, geword?
Ontmoet vir Jorsie, 'n klein worshond met 'n groot hart en 'n nog
groter familie! |
You may like...
|