0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (16)
  • R50 - R100 (50)
  • R100 - R250 (482)
  • R250 - R500 (54)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children

Sokkerdrome 1: Afskop (Afrikaans, Paperback): John Hickman Sokkerdrome 1: Afskop (Afrikaans, Paperback)
John Hickman
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Mik vir die doelhok ...

Jason is ’n goeie sokkerspeler ... ’n baie goeie sokkerspeler.

Wanneer ’n talentsoeker van Orlando Pirates hom in die park sien speel blyk dit asof hy dalk net die kans gegun sal word om dit uit sy woonstelblok tot in die premierliga te maak.

Maar die ander seuns speel al van kleins af saam en Jason is nie seker of hy ooit sal kan inpas nie – en of hy sy vurige humeur sal kan beheer nie.

Hierdie maklik-om-te-lees boek is ideaal om trae lesers aan te moedig en is gemik op leerlinge wat Afrikaans dalk as tweede- of derdetaal het.

Die ouderdoms-gepaste storie staan lesers by in leesoefeninge en om hul taal te verbeter.

Rondomtalie: Rympies en Liedjies (Boek + CD) (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Rondomtalie: Rympies en Liedjies (Boek + CD) (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Maak gereed vir hope kleuterpret in hierdie pragboek met ’n CD by! Wat kry jy wanneer drie van die land se talentvolste kunstenaars kragte saamspan en ’n kleuterboek die lig laat sien? Hope pret, natuurlik! In Rondomtalie verskyn ’n prettige keur uit die gewilde en bekroonde kinderrympie-koning Jaco Jacobs se kleuterversies, pragtig deur die talentvolle kunstenaar Karen Ahlschläger geïllustreer. En om als te kroon bevat die boek ook ’n CD waarop die veelbekroonde toonsetter en sangeres Anna Davel haar fantastiese toonsettings van al 30 versies sing! Kom ry saam op die Teddiebeerbus, ontmoet vir Bambino die reus van Bitterbos, galop op die rug van ’n wilde perd, soek goggas in die tuin of hou ’n kussinggeveg! Die boek bevat altesaam 30 rympies en 30 liedjies. Hierdie pragpublikasie beloof ure se vermaak vir kleuters – en is ’n trotse toevoeging tot enige kleuter se boekrak en musiekversameling! Inhoud/Speellys 1. Kielie-kabouter 2. Bambino, die reus van Bitterbos 3. Grootmeneer 4. ’n Dag by die dieretuin 5. Voëltjies hou van sing 6. Spat in die bad 7. Dinosouruspret 8. Slaap, Sibongile 9. Skoppelmaai 10. Padda op ’n klip 11. Klop, klop, klop 12. Tande borsel 13. Teddie se wiegelied 14. Tien pikkewyne 15. Wilde perd 16. Spring 17. Winkel toe 18. Hande klap 19. Kattermaai 20. Trapsoetjies 21. Die Teddiebeerbus 22. Blokkies 23. My klere het gekrimp 24. Blou ballon 25. Wolke 26. Goggas 27. As jy mooi vra 28. Voor die spieël 29. Daar’s ’n beer in my bed 30. Kussinggeveg

Offers Vir Die Vlieë (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Offers Vir Die Vlieë (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Op sewentien, toe ons by Opleidingskamp Alpha rapporteer, het ons elkeen ons eie S13 gekry. Daardie dag, toe ek my hande op die swart metaalhuls van die geweer lê, het iets in my doodgegaan. Ek het dit net nie toe al besef nie.

Dertig soldate kry van kleintyd af intense weermagopleiding in ’n distopiese staat.

Ses jong soldate, ontneem van hul menslikheid en hulle jeug, bly oor en word ontplooi na die Front.

Een van hulle vermoor hul seksieleier.

Almal ontken hulle is skuldig.

Wie van hulle lieg?

Aksieheld Austin: Operasie sabotasie (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Aksieheld Austin: Operasie sabotasie (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ligte, kamera, aksie! Ewald is baie opgewonde toe hy sy eerste rol in ’n fliek losslaan. Dit is immers nie sommer enige rol nie – hy speel die hoofrol! Hy is Aksieheld Austin, ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeels wat skurke laat les opse! Iets is egter nie pluis op die filmstel nie. Dit lyk asof ’n regte skurk die rolprent probeer saboteer. Kort voor lank is die hele filmspan se lewe in gevaar. En as Ewald die fliek wil red, sal hy so dapper soos ’n REGTE aksieheld moet wees ... Hierdie asemrowende nuwe avontuurverhaal uit die pen van Fanie Viljoen is die eerste in ’n splinternuwe reeks oor Aksieheld Austin. Perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!

Tyd Om Te Skaats (Afrikaans, Paperback): Jacolet van den Berg Tyd Om Te Skaats (Afrikaans, Paperback)
Jacolet van den Berg
R311 Discovery Miles 3 110 Ships in 2 - 4 working days

Hannah is vasgekeer.

Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer. Sy is vas tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste jeans. Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord speel en die wêreld vanuit sy studeerkamer probeer red. Vas in haar onvermoë om haarself te laat geld. Sy is moeg vir wegkruip, moeg om die enigste agter-die-klip-tiener te wees en te vries wanneer sy moet vlieg.

Tot Lua onverwags ʼn paar ou rolskaatse vir Hannah gee en haar help om kelnerin by die akwarium se koffiewinkel te word.

Hannah kom voor ʼn keuse te staan: veg, vlug of vries?

Sy kies! Sy kyk video’s oor hoe om bo te bly, want skaats gaan sy skaats. Die De Lange-broers kruis haar pad. Leo leer haar skaats, Ben wys haar die dolfyne en Hannah se vlerke kry vere.

Sy vlieg en wanneer sy land ... land sy op wiele!

Bella en Sebastiaan (Afrikaans, Paperback): Mari Grobler Bella en Sebastiaan (Afrikaans, Paperback)
Mari Grobler
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 2 - 4 working days

Bella ken 'n paar parmantige truuks. Sy en haar kat Sebastiaan woon op Wag-'n-Bietjie en sommer met die intrapslag laat hulle die dorp regopsit toe Bella al haar meubels by die voordeur uit toor. Sy neem ook deel aan die dorp se talentkonsert - as kulkunstenaar! Bella skryf Sebastiaan in vir die katteskou, met katastrofiese gevolge, en wanneer Bella werk kry as "misterieuse koper" moet die dorp se diewe ligloop vir Bellamet- haar-kamera-bril!

Emma En Die Creepy Komplot (Afrikaans, Paperback): Marianna Brandt Emma En Die Creepy Komplot (Afrikaans, Paperback)
Marianna Brandt
R105 Discovery Miles 1 050 Ships in 2 - 4 working days

Die aksiebelaaide opvolg op Emma En Die Geheime Gang.

Die skool en koshuis op Kosterkloof het weer na normaal teruggekeer ná die skoolhoof se komplot om kinders se DNA aan ruimtewesens te verkoop, oopgevlek is. Die kinders word nou aangemoedig om gesond te eet en ook sport te beoefen. Emma kom egter gou agter dat die blou koelsakke wat die onderhoof in die middel van die nag kombuis toe dra, nie die rugbyspan se koeldranke bevat soos hy beweer nie. En wat het die nuwe hoteleinenaar, die Plottenboers, Jori Appelgryn en die Snopkes, wat steeds in die tronk sit, met mekaar te doen?

Emma besluit natuurlik om ondersoek in te stel, maar niks kan haar en Zoltan egter voorberei vir die gruwelike fonds wat hulle een aand in die koelsakke ontdek nie . . .

Blasjan en die Blou Kitaar (Afrikaans, Paperback): Koos Kombuis Blasjan en die Blou Kitaar (Afrikaans, Paperback)
Koos Kombuis
R245 Discovery Miles 2 450 Ships in 2 - 4 working days

Sebastian of Basjan beskou homself as ’n ‘verloorder’ en die boelies in sy nuwe skool dink ook dat hy een is. Hy sukkel om by die stadslewe aan te pas nadat sy pa gesterf het. Hillbrow lyk skrikwekkend en vol misdaad ná ’n sorgvrye grootword op ’n plaas.

Sy voorkoms is ongewoon – blonde hare, blou oë, blas vel – en die boelies by sy nuwe skool gee hom die bynaam Blasjan. Hy pas nie by sy swart, wit of selfs bruin klasmaats in nie. Sy jong lewensverhaal volg ’n pad van verdrukking en beproewing en ’n stryd teen boelies en dwelmafhanklikes. Hy vind vertroosting in musiek deur kitaar te speel, ’n band te begin, en aan ’n talentkompetisie deel te neem. Hy ontdek selfs sy eerste liefde.

Uiteindelik styg Blasjan bo alles uit en hy word sterker, voel gelukkiger en kry heelwat meer selfvertroue.

Glam Divas Omnibus (Afrikaans, Paperback): Solet Scheeres Glam Divas Omnibus (Afrikaans, Paperback)
Solet Scheeres
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Talia, Didi en Lienka is al van kleuterskooldae af beste vriendinne. Noudat hulle in graad tien is, weet hulle presies wat die skool nodig het: ’n funky agentskap wat partytjies reël, fantastiese klere ontwerp en modewenke gee. Maar as jy in graad tien is, is dit nie kinderspeletjies om almal te oorreed om jou ernstig op te neem nie.

Tussen die agentskap, meisies wat vasbeslote is om die Glam-divas se lewens te versuur en seuns wat hulle knieë lam maak, is daar nooit ’n vervelige oomblik nie.

Lees nou al drie hierdie geliefde verhale saam in een lekkerlees-omnibus. Daar is 552 bladsye in hierdie monster van ‘n boek. Uitstekende waarde vir geld en die beste ding ooit tydens grendeltyd!

Met ’n sterk fokus op entrepreneurskap kan hierdie reeks jong meisies bemagtig en inspireer om hulle belangstellings en talente te verander in vaardighede wat hulle toekoms kan bou.

Karel Kraai se Kitaar (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Karel Kraai se Kitaar (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit
R204 Discovery Miles 2 040 Ships in 2 - 4 working days

Mamma Kraai weet haar kuiken het 'n spesiale musiektalent. Hy kan fyn luister en allerhande geluide naboots. Hy sing dag en nag “Ha-ha-a-a-aa!" soos Hadeda, soos Jangroentjie "Tji-tji-tjoe!" en soos Duif "Koekeroekoe!". Dit laat al die voels se koppe draai. Hulle ken nie meer hulle eie geluide nie! Die hele bos is deurmekaar.

Mamma Kraai besluit hulle moet trek en 'n plek gaan soek waar niemand ooit weer oor haar Kareltjie se musiek sal kla nie.

Ek Leer van Kleure (Afrikaans, Paperback): Leon Rousseau, Johann Strauss Ek Leer van Kleure (Afrikaans, Paperback)
Leon Rousseau, Johann Strauss; Illustrated by Karen Ahlschlager
R141 Discovery Miles 1 410 Ships in 2 - 4 working days

Hierdie kleurvolle boek maak voorskoolse kinders op 'n prettige manier vertroud met al die primêre kleure. Daar is ook kort rympies om saam op te sê en 'n storie om die kleure van die reënboog te leer ken. Moedig jou kind aan om die kleure self uit te ken, terwyl julle die pragtige tonele op elke bladsy verken. Hierdie boek vol kleure vorm deel van die Storiemuis-reeks – 'n moet vir elke voorskoolse kind!

Die Eensame Krokodil (Afrikaans, Paperback): Betty Misheiker Die Eensame Krokodil (Afrikaans, Paperback)
Betty Misheiker
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 2 - 4 working days

Ooo ...

Ek is ’n eensame krokodil.

Mense kyk vir my en gril.

Ek soek maters hoog en laag,

maar almal sê ek vreet te graag.

Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met Betty Misheiker se liedjies oor die dapper muis wat kamstig bang is vir niks; die lappop wat saam met die vrot pampoen en die stukkende skoen op die ashoop beland; en die eensame krokodil wat die luisteraar nooi om in die water te klim.

Hierdie reeks bestaan uit drie oulike prenteboeke gebaseer op die lirieke van Misheiker se immergroen kinderliedjies “Die lappop”, “Die eensame krokodil” en “Die dapper muis”.

Sanri Steyn 7: Die Vampiere van Vlermuishoogte (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Sanri Steyn 7: Die Vampiere van Vlermuishoogte (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R202 Discovery Miles 2 020 Ships in 2 - 4 working days

Sanri kan nie wag om haar beste vriend, Markus, se neef te ontmoet nie. Danté en sy gesin bly in Vlermuishoogte – ’n geheimsinnige ou kasteel. Maar iets is nie pluis nie ... Waarom het Danté se pa ’n skaduwee soos ’n vlermuis? En is Markus dalk in gevaar?

Die Poort 3: Helers (Afrikaans, Paperback): Nelia Engelbrecht Die Poort 3: Helers (Afrikaans, Paperback)
Nelia Engelbrecht
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 2 - 4 working days

In die derde aflewering van Nelia Engelbrecht se fantasieverhaalreeks Die Poort val nog meer van die legkaartstukke vir die vier Nuweling-Bewakers in plek. Die boek skop opwindend af wanneer Kali-hulle terugreis in tyd en haar Hugenote-voorouers ontmoet. Terug op Bospoort kom die skoolvakansie nader, en Kali moet saam met Leonardo, Tara en Nomsa Italie toe reis terwyl Zak alleen agterbly. Sal sy ooit haar Bewaker-geheim met hom kan deel?

Zackie Mostert Omnibus 3 (4-in-1) (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Zackie Mostert Omnibus 3 (4-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vyf keer meer Zackie-pret! Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou die allervreeslikste stinkbomme maak, sy lyf speurder hou of per ongeluk die buurvrou se kat Groenland toe pos - waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwêreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven - en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak! Kort op die hakke van die vorige omnibusse, verskyn nog vier van Zackie se lawwe avonture EN Zackie se groot grapboek saam in een briljante, bekostigbare omnibus:

- Zackie Mostert en die katkrisis Party katte is oulik en spelerig en hou daarvan om gevryf te word. Mevrou Langenhoven se kat, Katinka, is NIE een van daardie katte nie. Maar toe mevrou Langenhoven vir Zackie en Vincent vra om na Katinka te kyk, stem hulle in, want hulle het dringend ekstra sakgeld nodig. Hoe moeilik kan dit nou wees om 'n kat op te pas ...?

- Zackie Mostert en die vreeslike verjaardag Zackie se beste vriend, Vincent, verjaar een van die dae. Zackie beplan 'n BAIE SPESIALE partytjie. Dit gaan 'n GROOT verrassing wees. Maar ongelukkig besluit Anton om sy partytjie op presies dieselfde dag te hou - en hy gaan seker maak daar is NIEMAND by Vincent se partytjie nie. Wie gaan die beste partytjie in Granaatstraat hou? Dis OORLOG!

- Zackie Mostert en die super-stinkbom Zackie hou nie juis van sing nie ... maar die skoolkoor gaan binnekort op 'n FANTASTIESE kamp. Daarom besluit Zackie en Vincent om in die koor te sing. Kort voor lank begin Anton, die skoolboelie, hulle egter terg. En boonop vind hulle uit die rugbykamp is dieselfde tyd as die koorkamp ... Die koor was 'n VROT idee! Maar dan maak Zackie en Vincent onverwags nuwe vriende - en hulle kry 'n plan om Anton 'n les te leer ... 'n Baie STINK plan!

- Zackie Mostert en die slim speurder Die hele skool is in REP EN ROER. Die beroemde sangeres Jenny Jay gaan 'n konsert by die skool hou ... en sy gaan haar nuutste MUSIEKVIDEO daar kom verfilm! Maar dan verdwyn die sangeres se baie duur halssnoer. En iemand dink Zackie se beste vriend, Vincent, het dit gevat ... Zackie besluit hy gaan sy lyf SPEURDER hou om Vincent se onskuld te bewys! - Zackie Mostert se Groot Grapboek Zackie en sy beste vriend, Vincent, het besluit om 'n boek propvol grappe bymekaar te maak. Lê van die lag met Zackie en Vincent se gunsteling-grappe! Meer as 200 grappies wat jou lekker sal laat skater.

Thomas@skaduwee.net (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo [email protected] (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo
R244 Discovery Miles 2 440 Ships in 2 - 4 working days

Thomas se hele wereld ruk tot stilstand toe sy meisie, Alex, hom uit die bloute los. Boonop lyk dit of sy beste pel, Hannes, vooraf van alles geweet het. Asof dit nie erg genoeg is nie, maak die skoolhoof, meneer Volschenk, en die twee skoolboelies, Flip en Japie, Thomas se lewe vir hom moeilik. Toe hy in skooltyd wegglip om van die hele spul weg te kom, hoor hy per ongeluk ’n geheime gesprek – twee mans beraam planne om ’n besending onwettige vuurwapens van die hawe tot in die hartjie van Kaapstad te smokkel. Die smokkelaars beplan om ’n netwerk van geheime tonnels te gebruik wat onder die stad deurloop. ’n Speurtog op die internet bevestig Thomas se vermoede dat daar wel 300 jaar oue tonnels deur die stad loop. Kort voor lank is Thomas vasgevang in ’n duister onderwereld van smokkelary – en sy lewe is in gevaar. Hierdie is die tiende titel in die uiters gewilde Thomas@-reeks. Die reeks fokus sterk op tegnologie, avontuur, vriendskap en tienerromanse – en seuns en meisies vind ewe sterk daarby aanklank. Twee seisoene van ’n TV-reeks gegrond op die boeke is onlangs op kykNET uitgesaai.

Sanri Steyn 4: Die spookmeisie van Raaiselfontein (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Sanri Steyn 4: Die spookmeisie van Raaiselfontein (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R202 Discovery Miles 2 020 Ships in 2 - 4 working days

Sanri is teen hierdie tyd gewoond daaraan dat vreemde dinge op Raaiselfontein gebeur. Toe brille links en regs begin wegraak, kry sy dadelik snuf in die neus. Dan maak Sanri en Markus kennis met ’n spookmeisie – en sy het hulle hulp nodig.

Sanri Steyn 3: Die Seun met die Superkat-Kragte (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Sanri Steyn 3: Die Seun met die Superkat-Kragte (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R199 Discovery Miles 1 990 Ships in 2 - 4 working days

Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe seun in hulle klas ontmoet. Felix tree baie vreemd op – hy klouter oor mure, eet regte vissies op sy pousebrood ... en hy het ’n groot geheim! Kort voor lank is daar groot moeilikheid op Raaiselfontein. ’n Nare rotskurk en sy weermag van rotte beplan om die dorp oor te neem.

Gevaarlike Lopies (Afrikaans, Paperback, 4th ed): Jaco Jacobs Gevaarlike Lopies (Afrikaans, Paperback, 4th ed)
Jaco Jacobs
R160 Discovery Miles 1 600 Ships in 2 - 4 working days

Maar van die begin af is dit duidelik dat hierdie nie 'n gewone toer gaan wees nie. Wie probeer by die span se bussie inbreek? Is daar regtig iemand wat snags in die koshuisgange rondsluip, of is dit Henk se verbeelding? Kort voor lank lyk dit of die kriekettoer in 'n nagmerrie gaan ontaard... Henk kan nie wag vir die kriekettoer om te begin nie. Wat kan nou lekkerder wees as om saam met jou vriende die land plat te toer en die een krieketwedstryd na die ander te speel!

Sanri Steyn 1: Doktor Zombos se Geheime Formule (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Sanri Steyn 1: Doktor Zombos se Geheime Formule (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen; Illustrated by Johan Strauss
R202 Discovery Miles 2 020 Ships in 2 - 4 working days

Hierdie is die eerste boek in ’n splinternuwe reeks oor aspirantjoernalis Sanri Steyn en haar vriend Markus se avonture op Raaiselfontein. Die aweregse humor en lekker grillerige avonture sal seuns en meisies vasgenael hou!

Nova 5: Eindspel (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Nova 5: Eindspel (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 2 - 4 working days

Lucas Niemand se hele lewe het verander een nag toe hy 'n vreemde ruimtetuig gesien het. Hy en sy vriende Duart, Ayanda, Olive en Brandon het reeds 'n reeks skrikwekkende avonture agter die rug. Lucas ken nou die Nova-weermagbasis se geheime. Hy weet wie die geheimsinnige Sterreloper is.

Ek + jy (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers, Alet Steenkamp Ek + jy (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers, Alet Steenkamp
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 2 - 4 working days

Nadat haar vorige ou haar verkul het, besluit Annabelle sy stel nie meer in ouens belang nie. Maar dan ontmoet sy ’n blouoog-hunk wat haar laat twyfel ... Moet sy dalk weer ’n ou ’n kans gee, of gaan sy weer seerkry?

Verlief (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Jaco Jacobs Verlief (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Jaco Jacobs
R98 Discovery Miles 980 Ships in 2 - 4 working days

Was jy al ooit verlief op iemand? Vlinders-op-die-mag-verlief. Halsoorkopdolverlief. So verlief dat jy in die geheim vir iemand ’n liedjie op jou kitaar geskryf het? So verlief dat jy aan niks anders kon dink nie? So verlief dat jy iets baie dom aangevang het? Dan sal die romantiese stories in hierdie bundel jou hart tjoklits laat klop! Verlief bevat 11 liefdesverhale deur bekende en gewilde jeugskrywers soos Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Solet Scheers, Christine Neser en Nelia Engelbrecht.

Die Vierletterwoord (Afrikaans, Paperback): Nelia Engelbrecht Die Vierletterwoord (Afrikaans, Paperback)
Nelia Engelbrecht 1
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 2 - 4 working days

Clarissa Mentz is 'n gr. 11-leerder aan 'n dubbelmedium privaatskool wat verskeie uitdagings moet hanteer: sy moet vrede maak met die omstandighede waarin haar pa verdwyn het; sy moet besin oor haar verhouding met die skool se hoofseun; sy moet haar lojaliteite teenoor vriende in oenskou neem; asook die lewenswaardes wat sy onderskryf, evalueer. Die verhaal speel af in 'n kontemporere Suid-Afrikaanse skoolopset. Dit maak die uitdagings waarmee karakters gekonfronteer word, soveel meer oortuigend, en hul reaksies daarop relevant. Die hoofkarakter word multidimensioneel uitgebeeld, met haar sterk en kwesbare eienskappe in balans. Keurders het hierdie boek aanbeveel vir die voorskryfmark: veral graad 10 tot 12 Addisionele Taal

Nova 4: Sterreloper (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Nova 4: Sterreloper (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R204 Discovery Miles 2 040 Ships in 2 - 4 working days

Niks sal ooit weer dieselfde wees nie. Lucas ken Nova-eenheid se geheime. Hy het met sy eie oe die eksperimente in die laboratoriums gesien: die monstermense, die verskrikte ruimtewesens in die tenks. En hy verstaan nou waar sy en sy vriende se spesiale kragte vandaan kom. Hulle was ook daar, in daardie laboratoriums, jare gelede. Hulle was ook eksperimente. Al verskil is, hulle was die suksesverhale ...

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Serpents in Eden
Martin Edwards Paperback R468 R341 Discovery Miles 3 410
Preaching from Inside the Story
Jeffrey W. Frymire Hardcover R1,036 R881 Discovery Miles 8 810
Parallel Computing in Optimization
A. Migdalas, Panos M. Pardalos, … Hardcover R8,638 Discovery Miles 86 380
Mini Oordenkings vir Vroue
Carolyn Larsen Paperback R50 R47 Discovery Miles 470
Hierarchical Scheduling in Parallel and…
Sivarama Dandamudi Hardcover R4,507 Discovery Miles 45 070
International Symposium on Mathematics…
Tsuyoshi Takagi, Masato Wakayama, … Hardcover R1,671 Discovery Miles 16 710
Manifestations of Grace
Steve Stewart Th D Hardcover R1,050 Discovery Miles 10 500
Well-Being - Happiness in a Worthwhile…
Neera K Badhwar Hardcover R2,589 Discovery Miles 25 890
Digital Logic Design
Brian Holdsworth, Clive Woods Paperback R1,183 Discovery Miles 11 830
Reading the Two Books of God - Sacred…
Thomas W Mann Hardcover R1,416 R1,173 Discovery Miles 11 730

 

Partners