0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (16)
  • R50 - R100 (45)
  • R100 - R250 (499)
  • R250 - R500 (46)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children

Die Uile in Die Wildtuin (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Uile in Die Wildtuin (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R308 Discovery Miles 3 080 Ships in 10 - 15 working days

n Bosveld- en wildtuinvakansie hou vir die Uile onverwagte avonture in... Philip, Hennie, Berrie, Vaatjie en Jorsie, die vyf vriende bekend as die Uile, reken die grootste vakansieavonture wag vir hulle op 'n bosveldplaas. Toe Philip, die Groot Uil, 'n luiperd uit 'n boom plattrek, dink hulle die vakansie kan nou net rustiger raak. Maar toe besluit die vyf om Krugerwildtuin toe te gaan. En daar skuil groter uitdagings, want Josie kom per ongeluk op die spoor van drie uitgeslape skelms vir wie die sukses van hulle smokkelstreke belangriker lyk as die lewe van vyf jong seuns.

Kiets In Parys (Afrikaans, Paperback): Dianne Hofmeyer, Piet Grobler Kiets In Parys (Afrikaans, Paperback)
Dianne Hofmeyer, Piet Grobler
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kiets is anders as die ander katte in die agterstrate van Parys. Sy kan enige iets doen waarop sy haar kop sit. Selfs wanneer ander nie in haar glo nie. Sy verlaat haar katfamilie en gaan ontdek die stad waar sy die aande om dans en sing. Op haar reis ontmoet sy die legendariese Édith Piaf en Josephine Baker. Kort voor lank is sy ook beroemd. Maar is dit regtig die lewe wat sy wil hê? Katte het bowenal nege lewens, jy weet ...

Dianne Hofmeyr is een van Suid-Afrika se voorste kinderboekskrywers wat met verskeie pryse vereer is, insluitend die Sanlam Goue toekenning vir jeugliteratuur, wat sy al meer as een keer ontvang het. Haar boeke is in 18 tale vertaal.

Piet Grobler is 'n bekende, veel bekroonde Suid-Afrikaanse illustreerder en skrywer van meer as tagtig boeke vir kinders.

Rooimiere In-Die-Broek Idioom-Inkleurboek! (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Rooimiere In-Die-Broek Idioom-Inkleurboek! (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kom kleur saam in!

Maak die potlode skerp.

Skiet daai doppies van die merkpenne af.

Lê op die gras, sit agterstevoor op ’n stoel, klim in die linnekas met ’n flits, of hang onderstebo in ’n boom.

Die tyd het aangebreek.

Kom ons kleur in!

Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 eg-Afrikaanse idiome, elk met interessante feite oor diere.

50 Beste Bybelbreinblokkies (Afrikaans, Paperback): Heidri Mittendorf 50 Beste Bybelbreinblokkies (Afrikaans, Paperback)
Heidri Mittendorf; Illustrated by Elanie Bieldt
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

50 Bybelblokkiesraaisels, woordsoeke en ander woordspeletjies en aktiwiteite vir ure se pret!

Help jou kind om hul taalvermoëns te verbeter en terselfdertyd ook hulle Bybelkennis te toets en op te skerp met hierdie bekostigbare en prettige aktiwiteitsboek.

Die Groot Koelte (Afrikaans, Paperback): Leon De Villiers Die Groot Koelte (Afrikaans, Paperback)
Leon De Villiers
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dit is tyd om jou binne-leeu te ontdek.

Die wêreld het verander. Dit is warm en dit het jare laas gereën. Die bome is weg. Al die ys het gesmelt.

Sedert Feliks se mense sonder hom weggetrek het, bly hy alleen op 'n strand, met net 'n lafhartige leeu, 'n veglustige seemeeu en 'n trop lastige bobbejane as geselskap.

Maar op 'n dag is daar seilskepe op die horison. Aan boord is die bevelvoerder, kaptein Blou, en haar vreesaanjaende bemanning. Hulle is ysbere wat die wêreld vol swerf op soek na die laaste oorblywende ys. Toe die bere voet aan wal sit, is hulle eers vasbeslote om Feliks op te vreet. Maar die ysbeer-kaptein is seker sy ruik iets geheimsinnigs in sy bloed. Sy glo Feliks kan hulle gaan wys waar die laaste ys is!

Wat volg is 'n swerftog die onbekende in, om ys iewers in die berge te gaan soek. En terwyl Feliks die ysbere aanvanklik op 'n dwaalspoor lei, begin hy stadig maar seker besef hul reis kan dalk die wêreld verander … as hy die bere kan oortuig van sy droom oor die Groot Koelte.

Hierdie meesleurende fantasieverhaal is meesterverteller Leon de Villiers op sy allerbeste. Dit is 'n aksiebelaaide storie wat knetter met vonke van humor, kraakvars taal, kreatiwiteit, deernis, hoop - en 'n onblusbare liefde vir die natuur.

Tienerharte 2: Hartbreker: Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Tienerharte 2: Hartbreker: Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Stefan vry graag in die bondel. Maar Ciska, met haar krullerige rooi hare en sexy lyf, is die eerste meisie wat sy voete regtig onder hom uitslaan. Vir haar sal hy enigiets doen, selfs in 'n getroue verhouding wees vir altyd. Maar die irriterende rykmansdogter, Surette, is vasberade om haar kloue in Stefan te hou. Hierdie romantiese reeks met heelwat avontuur, aksie en hartstog sal lesers vasgevang hou tot die laaste bladsy!

Sasha Word Stil (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Sasha Word Stil (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Angela Banks
R178 Discovery Miles 1 780 Ships in 4 - 6 working days

Waarom is Sasha vandag so stil? Sy luister … Na die gedreun en getoeter van die motors in die stad, die gezoem van stemme in die winkels, die rustige gekoer van die duif in die tuin … En ’n wonderlike plan begin in haar kop broei.

Emma En Die Creepy Komplot (Afrikaans, Paperback): Marianna Brandt Emma En Die Creepy Komplot (Afrikaans, Paperback)
Marianna Brandt
R84 Discovery Miles 840 Ships in 4 - 6 working days

Die aksiebelaaide opvolg op Emma En Die Geheime Gang.

Die skool en koshuis op Kosterkloof het weer na normaal teruggekeer ná die skoolhoof se komplot om kinders se DNA aan ruimtewesens te verkoop, oopgevlek is. Die kinders word nou aangemoedig om gesond te eet en ook sport te beoefen. Emma kom egter gou agter dat die blou koelsakke wat die onderhoof in die middel van die nag kombuis toe dra, nie die rugbyspan se koeldranke bevat soos hy beweer nie. En wat het die nuwe hoteleinenaar, die Plottenboers, Jori Appelgryn en die Snopkes, wat steeds in die tronk sit, met mekaar te doen?

Emma besluit natuurlik om ondersoek in te stel, maar niks kan haar en Zoltan egter voorberei vir die gruwelike fonds wat hulle een aand in die koelsakke ontdek nie . . .

Die Dag toe die Draak Kom - 'n Boek vir Seuns (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Die Dag toe die Draak Kom - 'n Boek vir Seuns (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Tumi K. Steyn
R147 Discovery Miles 1 470 Ships in 4 - 6 working days

Die boek takel die kwessie van kindermolestering en dien om kinders in te lig en te bemagtig. Die gevaartekens van molestering word uitgewys en riglyne gebied oor hoe om in so ’n situasie op te tree. Kevin is gek oor stories van die dapper prins van Arabia wat teen drake veg. Maar sy ouer sussie, Abby, glo nie meer in sprokies nie. Abby sê daar is ’n draak in hulle huis – een wat vir niks en niemand skrik nie. Maar wie kan dit wees? Gelukkig leer Kevin net wat om te doen om homself te beskerm. 

Hoezit! 18: Die Wonderwereld van Voertuie (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs, Fanie Viljoen Hoezit! 18: Die Wonderwereld van Voertuie (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs, Fanie Viljoen
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 4 - 6 working days

Van monsterbakkies tot maglev-treine - laat wiel met hierdie fantastiese boek oor voertuie!

Wie het die wiel uitgevind?

Hoe vinnig is die vinnigste trein op aarde?

Waarvoor word reuse-monsterbakkies gebruik?

Hoe gaan die motors van die toekoms lyk?

Ontdek die adrenalienbelaaide wêreld van voertuie met hierdie boek propvol asemrowende feite en aktiwiteite! Met 48 bladsye vol fassinerende feite, volkleurfoto's en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die indrukwekkende wêreld van vervoer kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate ure lank besig te hou!

Ontdek hoe 'n binnebrandenjin werk, vind meer uit oor die asemrowende werksverrigting van Formule 1-motors en verstom jou aan 'n paar van die vreemdste voertuie wat ooit gebou is!

Die temas en aktiwiteite maak hierdie reeks boeke die perfekte hulpbron vir skoolprojekte en sal sorg vir ure se prettige vermaak by die huis.

Huigaeb 2: Snak (Afrikaans, Paperback): Rouxnette Meiring Huigaeb 2: Snak (Afrikaans, Paperback)
Rouxnette Meiring
R161 Discovery Miles 1 610 Ships in 4 - 6 working days

Dit is 2317. Die jong reisigers van Huigaeb is op verskillende plekke in Chinafrika vasgevang. Amber en Shivani wag by die Kangogrotte met die jonger kinders. Kaleb is betower deur ’n skynbestaan in sy sonstad Aksum. Shaka probeer oorleef op ’n verlate eiland en in Egipte skei Kara en Mohlomi se paaie ook. Wat beteken die magiese voorwerp wat Kara en Mohlomi by die Isisbeeld gevind het, ’n voorwerp wat verskillende name in verskillende kulture het? Is dít die sleutel wat die slapende ouers sal wakker maak? Dis asof die diere, voëls, plante, klippe en die elemente saamspan om die mens-kinders te help antwoorde vind. Snak is ’n spannende soek- en trekverhaal van geloof, hoop en liefde. Dit volg op Kraak, waarin die reis uit die koepelstad aan die suidpunt van Afrika begin het.

Blasjan en die Blou Kitaar (Afrikaans, Paperback): Koos Kombuis Blasjan en die Blou Kitaar (Afrikaans, Paperback)
Koos Kombuis
R217 Discovery Miles 2 170 Ships in 4 - 6 working days

Sebastian of Basjan beskou homself as ’n ‘verloorder’ en die boelies in sy nuwe skool dink ook dat hy een is. Hy sukkel om by die stadslewe aan te pas nadat sy pa gesterf het. Hillbrow lyk skrikwekkend en vol misdaad ná ’n sorgvrye grootword op ’n plaas.

Sy voorkoms is ongewoon – blonde hare, blou oë, blas vel – en die boelies by sy nuwe skool gee hom die bynaam Blasjan. Hy pas nie by sy swart, wit of selfs bruin klasmaats in nie. Sy jong lewensverhaal volg ’n pad van verdrukking en beproewing en ’n stryd teen boelies en dwelmafhanklikes. Hy vind vertroosting in musiek deur kitaar te speel, ’n band te begin, en aan ’n talentkompetisie deel te neem. Hy ontdek selfs sy eerste liefde.

Uiteindelik styg Blasjan bo alles uit en hy word sterker, voel gelukkiger en kry heelwat meer selfvertroue.

Weg (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers, Alet Steenkamp Weg (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers, Alet Steenkamp
R236 Discovery Miles 2 360 Ships in 4 - 6 working days

Haar naam is Niekie. Sy is sy prinses. En binnekort gaan hy haar vir ewig laat slaap …

Terwyl haar ouers oorsee werk, bly Niekie in haar matriekjaar op haar eie in ’n woonstel in die stad. Kort nadat sy en haar kêrel, Zack, baklei het, verdwyn Niekie spoorloos.

Die polisie is nie dadelik agterdogtig nie – Niekie het immers ietwat van ’n losbol-kunstenaarstemperament en het al voorheen uit die bloute saam met haar kunstenaars-oom die pad gevat om te gaan skilder.

Maar Zack begin al hoe meer bekommerd raak. Waarom het Niekie nie opgedaag vir hulle afspraak nie? Hoekom antwoord sy nie haar foon nie? Ignoreer sy hom dalk net omdat sy vies is vir hom? Maar toe Zack boonop haar woonstel verlate aantref, weet hy iets is verkeerd.

Baie verkeerd.

Intussen word Niekie iewers in ’n vreemde bed wakker met kneusplekke aan haar gesig en kabelbinders wat in haar polse en enkels insny.

By haar in die vertrek is ’n man. Iemand wat sy kort tevore ontmoet het. Hy noem haar sy prinses. Hy wil vir haar ’n storie vertel. ’n Storie oor ’n meisie wat dieselfde naam as sy gehad het. En as die storie eers verby is, gaan hy vir haar ’n spesiale towerdrankie gee om haar te laat slaap. Vir altyd …

Terwyl die uurglas vir Niekie leegloop, probeer Zack en Niekie se vriende die vreemde spoor van leidrade volg wat hulle hopelik na haar ontvoerder sal lei … voor dit te laat is. Hierdie naelbyt-spanningsverhaal sal tienerlesers tot die laaste bladsy vasgenael hou.

Weg was ’n finalis in die LAPA Jeugromankompetisie in 2017.

Soen (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Soen (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 6 working days

Peet Rautenbach is Algoa Hoër se hoofseun: hoogs intelligent en met baie talent in musiek, kuns en redenaars. Daar word sewe A's van hom verwag. Daarby is Peet 'n toegewyde, voorbeeldige seun in die oë van sy pastoor-ouers. Maar Peet het 'n swakte: sy obsessie met die blonde onderwyseres Scarlett Rose Reynolds. Dit maak die deur oop vir talle aanslae op hom, en wat hom uiteindelik amper sy lewe kan kos.

Karel Kraai se Kitaar (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Karel Kraai se Kitaar (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit
R178 Discovery Miles 1 780 Ships in 4 - 6 working days

Mamma Kraai weet haar kuiken het 'n spesiale musiektalent. Hy kan fyn luister en allerhande geluide naboots. Hy sing dag en nag “Ha-ha-a-a-aa!" soos Hadeda, soos Jangroentjie "Tji-tji-tjoe!" en soos Duif "Koekeroekoe!". Dit laat al die voels se koppe draai. Hulle ken nie meer hulle eie geluide nie! Die hele bos is deurmekaar.

Mamma Kraai besluit hulle moet trek en 'n plek gaan soek waar niemand ooit weer oor haar Kareltjie se musiek sal kla nie.

Die Eensame Krokodil (Afrikaans, Paperback): Betty Misheiker Die Eensame Krokodil (Afrikaans, Paperback)
Betty Misheiker
R152 Discovery Miles 1 520 Ships in 4 - 6 working days

Ooo ...

Ek is ’n eensame krokodil.

Mense kyk vir my en gril.

Ek soek maters hoog en laag,

maar almal sê ek vreet te graag.

Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met Betty Misheiker se liedjies oor die dapper muis wat kamstig bang is vir niks; die lappop wat saam met die vrot pampoen en die stukkende skoen op die ashoop beland; en die eensame krokodil wat die luisteraar nooi om in die water te klim.

Hierdie reeks bestaan uit drie oulike prenteboeke gebaseer op die lirieke van Misheiker se immergroen kinderliedjies “Die lappop”, “Die eensame krokodil” en “Die dapper muis”.

Die Lappop (Afrikaans, Paperback): Betty Misheiker Die Lappop (Afrikaans, Paperback)
Betty Misheiker
R194 Discovery Miles 1 940 Ships in 4 - 6 working days

Iemand het ’n lappop op ’n ashoop weggegooi,

sy was gedaan en stukkend,

verbleek en nie meer mooi nie.

Op die ashoop hoor sy stemme praat

en dié verwelkom haar.

Maar o, ellende, toe sy kyk,

wat sien die lappop daar?

Net ’n vrot pampoen en ’n stukkende skoen,

’n grammofoonplaat en ’n kous sonder maat,

net ’n leë bottel bier, ’n verlepte angelier,

’n gelapte binneband en ’n ou koerant.

Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met Betty Misheiker se liedjies oor die dapper muis wat kamstig bang is vir niks; die lappop wat saam met die vrot pampoen en die stukkende skoen op die ashoop beland; en die eensame krokodil wat die luisteraar nooi om in die water te klim.

Hierdie reeks bestaan uit drie oulike prenteboeke gebaseer op die lirieke van Misheiker se immergroen kinderliedjies “Die lappop”, “Die eensame krokodil” en “Die dapper muis”.

Die boosaardige broers Botha (Afrikaans, Paperback): Adeline Radloff Die boosaardige broers Botha (Afrikaans, Paperback)
Adeline Radloff
R178 Discovery Miles 1 780 Ships in 4 - 6 working days

Buskruit, Brom en Breker Botha is boosaardige lummels - manlik, moeilik en moorddadig. En hulle is oortuig daar's iets fout met hulle jongste broer, Bulelani, want hy's glads te maer en skraal. Hy lees te veel boeke, en al waarmee hy ooit 'n dier sal skiet, is met 'n kamera. Bulelani is klein, maar as jy nie sterk is nie, moet jy slim wees. Veral as jy drie boosaardige broers 'n paar lewenslesse wil leer!

Sanri Steyn 7: Die Vampiere van Vlermuishoogte (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Sanri Steyn 7: Die Vampiere van Vlermuishoogte (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R173 Discovery Miles 1 730 Ships in 4 - 6 working days

Sanri kan nie wag om haar beste vriend, Markus, se neef te ontmoet nie. Danté en sy gesin bly in Vlermuishoogte – ’n geheimsinnige ou kasteel. Maar iets is nie pluis nie ... Waarom het Danté se pa ’n skaduwee soos ’n vlermuis? En is Markus dalk in gevaar?

Offers Vir Die Vlieë (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Offers Vir Die Vlieë (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Op sewentien, toe ons by Opleidingskamp Alpha rapporteer, het ons elkeen ons eie S13 gekry. Daardie dag, toe ek my hande op die swart metaalhuls van die geweer lê, het iets in my doodgegaan. Ek het dit net nie toe al besef nie.

Dertig soldate kry van kleintyd af intense weermagopleiding in ’n distopiese staat.

Ses jong soldate, ontneem van hul menslikheid en hulle jeug, bly oor en word ontplooi na die Front.

Een van hulle vermoor hul seksieleier.

Almal ontken hulle is skuldig.

Wie van hulle lieg?

Om te Dans (Afrikaans, Paperback): Noreen Nolte Om te Dans (Afrikaans, Paperback)
Noreen Nolte
R236 Discovery Miles 2 360 Ships in 4 - 6 working days

Skaars drie maande terug was Lisa se lewe nog normaal. Hulle was ’n gesin, sy het vriende gehad en sy het geléwe vir ballet.

Maar toe verander alles in ’n oogwink.

Ná die bom bars, gaan haar ma vir drie maande oorsee, en Lisa moet by haar eksentrieke ouma gaan bly wat pienk tekkies dra en glo in lysies maak. Sy moet probeer aanpas in ’n nuwe skool waar alles onbekend is. En sy moet probeer vrede maak met wat gebeur het.

Lisa is nie seker of sy kans sien vir hierdie nuwe begin nie. ’n Mens kan tog nie ’n delete-knoppie druk en al die aaklige dinge in jou lewe uitvee nie. Boonop is sy vasbeslote om nóóit weer te dans nie. En sy weier om met haar pa te praat, ná wat daardie vreeslike dag gebeur het ...

Die enigste ligpunt is Jaco, haar ouma se buurseun met die donker oë, wat sy kort voor lank beter leer ken. Maar dit lyk of iemand daarop uit is om dinge vir haar en Jaco moeilik te maak. Sal Lisa die moed kan bymekaarskraap om weer alleen op ’n verhoog te stap en die wêreld in die oë te kyk?

’n Vars, boeiende debuutroman vir tieners oor die opdraandes én die lekkertes van grootword.

Die Poort 3: Helers (Afrikaans, Paperback): Nelia Engelbrecht Die Poort 3: Helers (Afrikaans, Paperback)
Nelia Engelbrecht
R144 Discovery Miles 1 440 Ships in 4 - 6 working days

In die derde aflewering van Nelia Engelbrecht se fantasieverhaalreeks Die Poort val nog meer van die legkaartstukke vir die vier Nuweling-Bewakers in plek. Die boek skop opwindend af wanneer Kali-hulle terugreis in tyd en haar Hugenote-voorouers ontmoet. Terug op Bospoort kom die skoolvakansie nader, en Kali moet saam met Leonardo, Tara en Nomsa Italie toe reis terwyl Zak alleen agterbly. Sal sy ooit haar Bewaker-geheim met hom kan deel?

Sanri Steyn 3: Die Seun met die Superkat-Kragte (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Sanri Steyn 3: Die Seun met die Superkat-Kragte (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R173 Discovery Miles 1 730 Ships in 4 - 6 working days

Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe seun in hulle klas ontmoet. Felix tree baie vreemd op – hy klouter oor mure, eet regte vissies op sy pousebrood ... en hy het ’n groot geheim! Kort voor lank is daar groot moeilikheid op Raaiselfontein. ’n Nare rotskurk en sy weermag van rotte beplan om die dorp oor te neem.

Sanri Steyn 4: Die spookmeisie van Raaiselfontein (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Sanri Steyn 4: Die spookmeisie van Raaiselfontein (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R173 Discovery Miles 1 730 Ships in 4 - 6 working days

Sanri is teen hierdie tyd gewoond daaraan dat vreemde dinge op Raaiselfontein gebeur. Toe brille links en regs begin wegraak, kry sy dadelik snuf in die neus. Dan maak Sanri en Markus kennis met ’n spookmeisie – en sy het hulle hulp nodig.

Liefde Is 'n Sprokie... (Afrikaans, Paperback): Santie Nel Liefde Is 'n Sprokie... (Afrikaans, Paperback)
Santie Nel 1
R168 Discovery Miles 1 680 Ships in 4 - 6 working days

’n Bundel unieke kort liefdesstories wat tienerlesers sal wegvoer na ’n moderne sprokieswêreld vol aantreklike helde en romantiese heldinne. Elke verhaal is op ‘n bekende sprokie of feëverhaal gebaseer – maar met ’n heerlike moderne kinkel.

Talia is so tuis in die water soos ’n meermin. Maar Erik, met sy blonde hare en blou oe, sorg dat sy sukkel om op haar diepseeduikkursus te konsentreer . . .

Cara het ’n ogie op verlede jaar se hoofseun , maar sy kan tog nie help om die nerdy nuwe ou, Pierre Prins, se diep, groen oë agter sy dik brilglase raak te sien nie . . .

Van die eerste dag wat Wolfgam vir Vlam van Huten raakgesien het, is sy nie net in sy kop nie, sy is in sy hart – daardie rooikopmeisiekind met die laggend oë wat sy nag- en dagdrome in besit geneem het. Maar sy rits net gedurig saam met daardie slymbol op sy motorfiets rond. Amika is so moeg daarvoor om die langste meisie in haar klas wees. Sy troon alewig soos ’n toring bo almal uit en die seuns spot haar alewig daaroor. Maar wanneer haar gunsteling-onderwyser voorstel dat sy by die modelskool inskryf, lyk dit of alles kan verander. Sal Adriaan haar anders sien?

Dit is maar net ’n paar van die heerlike kort romanses wat jou hart warm sal laat klop en jou weer in sprokiesliefde sal laat glo.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Annual Reports of the Town Officers of…
Amherst New Hampshire Hardcover R653 Discovery Miles 6 530
Christmas in Cleveland
Alan F Dutka Paperback R573 R527 Discovery Miles 5 270
The History of Scotland from Agricola's…
John Hill Burton Paperback R749 Discovery Miles 7 490
Traditions of Perth - Containing…
George Penny Paperback R537 Discovery Miles 5 370
Historical and Descriptive Accounts of…
Charles Heath Paperback R377 Discovery Miles 3 770
Guinness World Records 2025 - Gamer's…
Guiness World Records Hardcover R428 Discovery Miles 4 280
The Critical Review, Or, Annals of…
Tobias George Smollett Paperback R643 Discovery Miles 6 430
Keeping Found Things Found: The Study…
William Jones Paperback R1,357 Discovery Miles 13 570
Report of the Minister of Education…
Ontario Department Of Education Paperback R596 Discovery Miles 5 960
The Law of Possession - Ritual, Healing…
William S. Sax, Helene Basu Hardcover R3,565 Discovery Miles 35 650

 

Partners