Dit is 2317. Die jong reisigers van Huigaeb is op verskillende plekke in
Chinafrika vasgevang. Amber en Shivani wag by die Kangogrotte met die jonger
kinders. Kaleb is betower deur ’n skynbestaan in sy sonstad Aksum. Shaka
probeer oorleef op ’n verlate eiland en in Egipte skei Kara en Mohlomi se paaie
ook. Wat beteken die magiese voorwerp wat Kara en Mohlomi by die Isisbeeld
gevind het, ’n voorwerp wat verskillende name in verskillende kulture het? Is dít
die sleutel wat die slapende ouers sal wakker maak? Dis asof die diere, voëls,
plante, klippe en die elemente saamspan om die mens-kinders te help antwoorde
vind. Snak is ’n spannende soek- en trekverhaal van geloof, hoop en liefde. Dit
volg op Kraak, waarin die reis uit die koepelstad aan die suidpunt van Afrika
begin het.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!