0
Your cart

Your cart is empty

Books > Children's & Educational > Fiction > Adventure stories > Thrillers

Buy Now

Weg (Afrikaans, Paperback) Price: R274
Discovery Miles 2 740

Weg (Afrikaans, Paperback)

Nerine Ahlers, Alet Steenkamp

 (sign in to rate)
Price R274
Sold by
Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
Discovery Miles 2 740

Bookmark and Share

Expected to ship within 2 - 4 working days

Haar naam is Niekie. Sy is sy prinses. En binnekort gaan hy haar vir ewig laat slaap …

Terwyl haar ouers oorsee werk, bly Niekie in haar matriekjaar op haar eie in ’n woonstel in die stad. Kort nadat sy en haar kêrel, Zack, baklei het, verdwyn Niekie spoorloos.

Die polisie is nie dadelik agterdogtig nie – Niekie het immers ietwat van ’n losbol-kunstenaarstemperament en het al voorheen uit die bloute saam met haar kunstenaars-oom die pad gevat om te gaan skilder.

Maar Zack begin al hoe meer bekommerd raak. Waarom het Niekie nie opgedaag vir hulle afspraak nie? Hoekom antwoord sy nie haar foon nie? Ignoreer sy hom dalk net omdat sy vies is vir hom? Maar toe Zack boonop haar woonstel verlate aantref, weet hy iets is verkeerd.

Baie verkeerd.

Intussen word Niekie iewers in ’n vreemde bed wakker met kneusplekke aan haar gesig en kabelbinders wat in haar polse en enkels insny.

By haar in die vertrek is ’n man. Iemand wat sy kort tevore ontmoet het. Hy noem haar sy prinses. Hy wil vir haar ’n storie vertel. ’n Storie oor ’n meisie wat dieselfde naam as sy gehad het. En as die storie eers verby is, gaan hy vir haar ’n spesiale towerdrankie gee om haar te laat slaap. Vir altyd …

Terwyl die uurglas vir Niekie leegloop, probeer Zack en Niekie se vriende die vreemde spoor van leidrade volg wat hulle hopelik na haar ontvoerder sal lei … voor dit te laat is. Hierdie naelbyt-spanningsverhaal sal tienerlesers tot die laaste bladsy vasgenael hou.

Weg was ’n finalis in die LAPA Jeugromankompetisie in 2017.

General

Imprint: LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk
Country of origin: South Africa
Release date: August 2018
Authors: Nerine Ahlers • Alet Steenkamp
Dimensions: 212 x 137 x 30mm (L x W x T)
Format: Paperback
Pages: 160
ISBN-13: 978-0-7993-8882-4
Languages: Afrikaans
Categories: Books > Children's & Educational > Fiction > Adventure stories > Thrillers
Books > Children's Fiction & Fun > Adventure Stories > Thrillers
Books > Children's Fiction & Fun > General
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Books > Local Author Showcase > Fiction - kids & teens
Promotions
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children
LSN: 0-7993-8882-3
Barcode: 9780799388824

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

Partners