0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (16)
  • R50 - R100 (48)
  • R100 - R250 (501)
  • R250 - R500 (41)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children

Pampoenpit en die geheime Helde (Afrikaans, Paperback): Bianca Flanders Pampoenpit en die geheime Helde (Afrikaans, Paperback)
Bianca Flanders; Illustrated by Zinelda McDonald
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Pampoenpit word een oggend wakker van ’n geraas. Toe sy en Toets die kat by die venster uitloer, sien hulle mense wat besig is om rommel te verwyder. Die mans en vroue skitter en blink in hul uniforms, soos ware helde. Toe begin Pampoenpit wonder oor waar daar oral geheime helde is ...

“Hulle doen hul werk soms stil-stil, hier reg onder jou neus.

As jy Geheime Helde raaksien, kan jy leer om een te wees!

Hulle maak menselewens beter, maak ’n verskil waar hulle kan.

Hulle vind uit wat gedoen moet word en DOEN dit – dis hul plan.”

’n Pragtige storie wat vir kinders wys dat daar geheime helde oral in ons wêreld is, mens moet hulle net soek!

Dinge Wat Ek Nie Van Skape Geweet Het Nie (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Dinge Wat Ek Nie Van Skape Geweet Het Nie (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Glo my, as jy op die ingewing van die oomblik ’n skaap by ’n kerkbasaar steel, sal jou lewe nooit weer dieselfde wees nie ...

Luan se vakansieplanne is in hulle peetjie.

In plaas daarvan dat hy by die huis gaan rondsit, PlayStation speel en saam met sy pelle kuier, moet hy Karoo toe gaan. Op ’n road trip. Saam met sy eksentrieke fotograaf-ouma wat ’n fotoboek oor windpompe wil publiseer.

Dit is sy straf omdat hy en sy vriende een aand iets aangevang het wat hulle in groot moeilikheid laat beland het.

Op pad deur die Karoo ontmoet hy vir Lana, wie se pa al die pad van Bloemfontein na Kaapstad met sy fiets ry om geld vir kankernavorsing in te samel. Lana wat nie vleis eet nie, mal is oor boeke en hom (sonder dat sy dit weet) oortuig om ’n skaap te steel.

Luan leer ken vir die eerste keer werklik sy ouma – die hardekwas-predikantsvrou wat al die jare ’n geheim saam met haar ronddra.

En die belangrikste van als: Hy leer homself ken.

Kort voor lank verander ’n vervelige rit deur die Karoo in ’n onvergeetlike reis ...

Hierdie humoristiese, hartroerende tienerboek uit die pen van Jaco Jacobs sal jou anders laat kyk na die dinge wat die lewe die moeite werd maak.

Ek lees self-omnibus 3 (6-in-1) (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Ek lees self-omnibus 3 (6-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Zinelda McDonald
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In hierdie fantastiese leesreeks, met pragtige illustrasies, vertel Wendy Maartens die klassieke dierestories in eenvoudige taal wat selfs die huiwerigste beginnerlesers kan baasraak. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker, en het dus baie goeie opvoekundige waarde.

Omnibus 3
Jakkals en Wolf en die klip; Rooi hen bak brood; Die drie rammetjies rof; Padda word kwaad; Muis red leeu se lewe; Die gans wat goue eiers kon lê; Sprinkaan leer werk

Lea Gaan Skool Toe (Afrikaans, Paperback): Zuleka Smit Lea Gaan Skool Toe (Afrikaans, Paperback)
Zuleka Smit; Illustrated by Johann Strauss
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lea gaan skool toe is gebaseer op die suksesvolle Ben gaan skool toe boek en Ben-reeks deur Zuléka Smit wat by dogtertjies aanklank sal vind. Hierdie lieflike boeke word geïllustreer deur Johann Strauss en Lea sal sommer dadelik in almal se harte inkruip. Hierdie is die eerste boek in die nuwe Lea-reeks en fokus op Lea, wat net soos haar boetie Ben, ook nou moet skool toe gaan.

Lea hou so min van skool dat haar magie sommer pyn. Niemand by die skool wil met haar speel nie. Juffrou kondig ’n kunswedstryd aan ... miskien is daar ander maatjies wat ook soos Lea hou van teken?

Zuléka Smit se pragtige storie oor die onsekerheid van skool toe gaan is gebaseer op haar baie jare in die onderwys en ook haar ervarings met haar eie kinders.

Vuur (Afrikaans, Paperback): Hannes Barnard Vuur (Afrikaans, Paperback)
Hannes Barnard
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die elemente van ’n vuur is suurstof, hitte, brandstof, en ’n chemiese reaksie. Wat is die elemente van die apokalips? Wolk, Roet, Vuur, en ’n chemiese reaksie? Die noodlot het Rufus en Xandr van mekaar geskei. Rufus is op ’n skip iewers op die Indiese Oseaan terwyl Xandr veg om oorlewing in ’n wêreld wat deur die wolk vernietig is. Al wat hy het is Flip die hond en ’n rooi Mazda Midge. Gerugte van ’n toevlugsoord word Rufus en Xandr se enigste strewe: Vind mekaar, vind skuiling en ... wat dan? Hulle is lankreeds nie meer net vriende nie, is hulle? En hoe lank kan mens in elk geval oorleef as alles skynbaar deur vuur verteer is? Die kanse om mekaar te vind is egter skraler as om vars water te vind, veral as jy gekonfronteer word deur mense wat absoluut enigiets sal doen om te oorleef Hoop is vinnig besig om agter ’n sluier van roet te verdwyn, nie net vir hulle nie, maar vir alles en almal.

Vasbyt Vyf 2: Die Renosterhelde (Afrikaans, Paperback): Eleanor Lombard Vasbyt Vyf 2: Die Renosterhelde (Afrikaans, Paperback)
Eleanor Lombard
R190 R150 Discovery Miles 1 500 Save R40 (21%) Ships in 7 - 11 working days

Die Vasbyt Vyf is almal op Handré se oom se wildsplaas vir ’n ontspannende vakansie na hulle ontvoering en ontsnapping. Altans, dis veronderstel om een te wees – tot hulle pens en pootjies in nog ’n avontuur beland.

Nadat hulle op ’n velduitstappie verdwaal en op ’n pas gestroopte renoster met ’n babakalfie afkom, besluit hulle om die renosterstropers te probeer keer. Hulle het vinnig ’n verdagte en leidrade, maar die grootmense wil hulle nie glo nie: hulle dink die kinders jaag spoke op na hul eie traumatiese ervaring.

Dit hang van die Vasbyt Vyf af om weereens hulle eie helde te wees en die renosters te red.

Noodlot - Die Ontwaking Van Winter: Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Sunel Combrinck Noodlot - Die Ontwaking Van Winter: Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Sunel Combrinck
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Na die naelbyt-avonture in Hartklop, is die gevaar nog lank nie verby nie. In ’n desperate poging om Colden uit mal koningin Melody se kloue te hou, roep Zander ’n Forya en’ tarna, ’n Elwe-grootwordritueel. Die vriendegroep word geskei en dis die begin van ’n nuwe avontuur en soeke na antwoorde deur die hele Tír na hÓige.

Nereida, Lumi en Kai gaan na Oneiro waar Lumi vinnig leer dat Waternimfmans vleiend in hul soeke na beheer is, en Nereida begin wonder of Kai regtig so ’n slegte toekoms vir haar sal inhou.

Zander en Colden bevind hulleself in Izua, waar Zander vir Raidan, die Prinses van Storms, ontmoet en skielik is dit maklik om van sy sielsgenoot, Nereida, te vergeet en ’n nuwe tuiste te vind.

“Hierdie storie het begin by die Seisoene en Gruwels en dis ook waar dit moet eindig. Ek weet nie waarom Tír na hÓige julle kinders gekies het om hierdie beeldskone nagmerrie sy vrede te gee nie, maar na vandag is daar ’n teiken op julle rûe.”

Tot die eindtyd? Nee wat, hierna is alles moertoe!

Ouma Mollie se Verkeerde Verjaarsdag (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Ouma Mollie se Verkeerde Verjaarsdag (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Johann Strauss
R195 R183 Discovery Miles 1 830 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“G’n mens kan so verkeerd verjaar nie!” roep ouma Mollie.

Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootste moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid.

Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Ouma Mollie vergeet skoon van haar eie verjaarsdag. Toe sy dit vinnig wil vier, eindig die verjaarsdag in ’n GROOT ramp. Niemand het geweet suurlemoentert kan so SUUR wees nie. Ouma Mollie se vingers en tone krul sommer in vuisies. Ouma Mollie besluit sy moet weer verjaar – sommer môre! Maar o genade, Ouma Mollie se TWEEDE verjaarsdag loop ook nie volgens plan nie.

Gaan Ouma Mollie dit regkry om uiteindelik REG te verjaar? En wat het dit te doen met ’n walvis se oog? En seepborrels? En ’n waterwurm?

Nee, wag, lees maar self hoe Ouma Mollie die grootste partytjie ooit hou.

VEELS GELUK, OUMA!

Breinlabirint (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Breinlabirint (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 7 - 11 working days

BANGMANSKLOOF IS ’N BANGMAAKPLEK …

Louw Erasmus word een oggend deurmekaar wakker. Alles in sy lewe voel vreemd, insluitend sy ouers. Hoewel alles normaal lyk in hul weelderige huis in Bangmanskloof, voel hy dat iets verkeerd is.

Daar is gapings in sy geheue, en sy lewe voel soos ’n vervolgverhaal met ontbrekende hoofstukke. Hy voel amper soos ’n gevangene in die groot, koue huis. Hy het ’n merk om sy nek, en die verhaal van hoe hy dit gekry het, is net die eerste van vele skokke.

Raaisels, geheime, en gevare. Wat is werklik aan die gang?

Met Breinlabirint het die bekroonde François Bloemhof ’n nuwe soort boek geskep – een wat in die vorm van ’n vervolgverhaal aangebied word. Hierdie storie sal beide avontuurlustige en trae lesers op meer as een manier betrek. Dit is ’n boek wat op ’n nuwe manier geskryf en gelees moet word!

Ek lees self-omnibus 2 (6-in-1) (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Ek lees self-omnibus 2 (6-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Chris Venter
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In hierdie fantastiese leesreeks, met pragtige illustrasies, vertel Wendy Maartens die klassieke dierestories in eenvoudige taal wat selfs die huiwerigste beginnerlesers kan baasraak. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker, en het dus baie goeie opvoekundige waarde.

Omnibus 2
Wolf vang vis; Jakkals en Wolf wil boer; Jakkals en Wolf wil trou; Jakkals en Wolf in boer se kraal; Jakkals en Wolf bou huis; Jakkals en Wolf en die klip

Die Ware Avonture van Adelie & Riley 4 - Die Wakker-akkers (Afrikaans, Paperback): Felicia Snyman-Du Toit, Nike Bekker Die Ware Avonture van Adelie & Riley 4 - Die Wakker-akkers (Afrikaans, Paperback)
Felicia Snyman-Du Toit, Nike Bekker
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme!

Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture wat hulle beleef nie. Die agtertuin verander in ’n wêreld waarin daar allerhande monsters en vreemde kreature wegkruip ...

In “Die wakker-akkers” het Adelie en Riley met ’n heel ander “monster” te make. Die akkerboom in haar ouers se tuin gooi ’n klomp akkers af.

Hoekom lyk dit vir Adelie of die akkers ’n vorm begin aanneem en vir haar en Riley aanval? Hoe gaan hulle die tornado van akkers keer?

Luna Skitterster Word Gered (Afrikaans, Paperback): Peti Troskie Luna Skitterster Word Gered (Afrikaans, Paperback)
Peti Troskie; Illustrated by Bronwyn Webb
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Om na ’n nuwe dorp en ’n nuwe skool te trek is nooit maklik nie, maar vir die skaam Nea is dit nog moeiliker.

Dalk is Keisha se verjaarsdagpartytjie tog ’n nuwe begin – veral toe sy sien Keisha hou net so baie van eenhorings soos sy!

Terwyl hulle wegkruipertjie speel, ontdek Nea ’n geheime tonnel in die tuin … en deur die tonnel, in die middel van ’n magiese woud, is ’n eenhoring wat vassit in die modder!

Sal Nea en Keisha vir Luna, die eenhoring, kan red … en maats word in die proses?

Lea en die Boelies (Afrikaans, Paperback): Zuleka Smit Lea en die Boelies (Afrikaans, Paperback)
Zuleka Smit; Illustrated by Johann Strauss
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lea wil nie meer skool toe gaan nie want dit is deesdae nie vir haar lekker nie. Daar is ’n kwaai tweeling, Miems en Elsie, wat lelike dinge vir haar sê by die skool en die meisies vat haar kos wanneer dit pouse is. Op ’n dag verloor Miems haar gunstelingpop se haarlint en voel baie hartseer daaroor. Maar Lea maak ’n slim plan om vir Miems te help en sy en die tweeling word vriende!

Lea en die boelies bespreek die sensitiewe tema van boeliegedrag, veral by skole, en is gebaseer op die skrywer se baie jare van ondervinding in die onderwys en ook haar ervaring met haar eie kinders.

Lea en die boelies is gebaseer op die suksesvolle Ben-reeks deur Zuléka Smit met soortgelyke temas wat by dogtertjies aanklank sal vind. Dit is die tweede boek in die gewilde Lea-reeks. Johann Strauss se bekoorlike illustrasies versier die bladsye

Jakkals en Wolf 2 - Nog 6 stories van twee geliefde skarminkels (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Jakkals en Wolf 2 - Nog 6 stories van twee geliefde skarminkels (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Gerda Smit
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Afrikaanse kinders word al geslagte lank vermaak deur die skelmstreke van Jakkals en Wolf. Nou is daar ’n tweede bundel met nog meer opwindende avonture van hierdie twee geliefde skarminkels. In hierdie nuwe versameling van ses stories probeer Jakkals en Wolf steeds om mekaar uit te oorlê, maar bly steeds die beste maats.

Beleef hoe hulle die uitdagings van die oorhangklip aanpak, ontdek hoe Wolf leer vlieg, en sien hoe hulle saamwerk om vir hul kos te werk.

Lees hoe Wolf Jakkals se ryperd word, wat gebeur het toe hulle die taaiboswortel teëkom, en geniet die skreeusnaakse storie van Jakkals en Wolf en die speenvarkies.

Hierdie nuwe bundel beloof om kinders weer te laat lag en te vermaak met die avonture en streke van Jakkals en Wolf.

Bravo! Charlie (Afrikaans, Paperback): Jacolet van den Berg Bravo! Charlie (Afrikaans, Paperback)
Jacolet van den Berg
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wat het geword van elke man vir homself?

Charlie Flets is 17, taai en ʼn 800m atleet op pad na SA’s. Behalwe vir sy skaaphond buddy, Bravo, en vriend, Jordan Jafta, probeer Charlie sy bes om solo te vlieg. Probeer ...

Dis makliker gesê as gedaan, veral as jou buddies moeilikheid kry.

Terwyl hy bloed sweet op die atletiekbaan, maak hy seker dat hy nie per ongeluk ʼn barmhartige Samaritaan soos die res van sy gesin word nie. Hy fokus eerder op sy eie oorlewing, want hy haat dit dat sy pa ’n helikoptervlieënier in die lewensgevaarlike Soedan is en hy haat dit dat sy ma alles en almal in nood help. Soos die uiters vreemde tannie San wat haar intrek in sý buitekamer kom neem het.

En dan tel Charlie teensinnig ʼn verlore joernaal op en teen sy beterwete probeer hy die eienaar opspoor. Skielik word sy eie planne van alleen leef ontspoor, want die joernaal maak ʼn ander wêreld vir hom oop.

Die Ware avonture van Adelie & Riley 3 - Die MOEsters (Afrikaans, Paperback): Felicia Snyman-Du Toit, Nike Bekker Die Ware avonture van Adelie & Riley 3 - Die MOEsters (Afrikaans, Paperback)
Felicia Snyman-Du Toit, Nike Bekker
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme!

Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture wat hulle beleef nie. Die agtertuin verander in ’n wêreld waarin daar allerhande monsters en vreemde kreature wegkruip ...

In “Die MOEsters” gaan Adelie en Riley se gesin almal saam op vakansie. Hulle bly op ’n pragtige plaas waar daar allerlei plaasdiere wei. Maar hoekom tree die beeste ewe skielik snaaks op? Amper asof hulle zombies is ... Hoe gaan Adelie en Riley uit die penarie kom?

Sneller (Afrikaans, Paperback): Sunel Combrinck Sneller (Afrikaans, Paperback)
Sunel Combrinck
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Een oomblik.
Twee mense.
Drie skote.
In ’n oogwink kan alles verander.

Inneke ontmoet vir Logan op haar eerste dag by haar nuwe skool. Daar is onmiddellik ’n vonk tussen die twee. Dit neem nie lank voordat hulle dolverlief op mekaar is nie.

Maar Inneke het ’n geheim. Een wat alles tussen haar en Logan kan vernietig, want sosiale media het ’n ernstige verwoestende kant. Dit stel dalk net iemand uit haar verlede in staat om haar op te spoor by haar nuwe skool. Is Inneke en Logan se liefde sterk genoeg om ’n donker geheim te weerstaan?

Kan Inneke ongeskonde van haar verlede ontsnap of is dit ’n sneller wat wag om af te gaan?

Die Tantes van Atlantis - plus 99 ander limericke vir vrypostige kinders (Afrikaans, Hardcover): Philip de Vos Die Tantes van Atlantis - plus 99 ander limericke vir vrypostige kinders (Afrikaans, Hardcover)
Philip de Vos; Illustrated by Piet Grobler
R190 R119 Discovery Miles 1 190 Save R71 (37%) In Stock

Ontdek die betowerende wêreld van limericke saam met Philip de Vos en Piet Grobler in hierdie splinternuwe bundel! Laat jou verbeelding bokspring terwyl jy deur die kleurryke bladsye blaai wat vol grappige, soms tong-in-die-kies avonture en vrolike verse is.

Philip de Vos leer in die voorwoord vir lesers wat presies ’n limerick is, hoe dit rym, en die spesifieke ritme wat elke limerick so uniek maak. Met eiesoortige, kleurryke illustrasies deur Piet Grobler is daar iets vir elke leser om te geniet.

Die tantes van Atlantis is ’n boek wat oud en jonk nie net sal laat glimlag nie, maar ook laat besef hoe vermaaklik limericke kan wees. Hierdie boek is ’n fees vir almal wat hou van lag en lees!

Sanri Steyn Omnibus 3 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Sanri Steyn Omnibus 3 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen; Illustrated by Johann Strauss
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Sanri Steyn droom daarvan om eendag ’n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture – van vampiere wat op die dorp kom woon, tot ’n weerwolfmeisie wat haar opwagting in hul klas maak! Die aweregse humor en lekker grillerige avonture in hierdie gewilde reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!

Die derde Sanri Steyn-omnibus het ’n bekostigbare prys EN sluit ’n splinternuwe storie in. Die titels in hierdie omnibus is:

• Die rustelose mummie
• Die geraamte se geheim
• Die besoek van die meerminne

Gif (Afrikaans, Paperback): Annerle Barnard, Franco v. Heyn Gif (Afrikaans, Paperback)
Annerle Barnard, Franco v. Heyn
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Joe Schutte en sy pelle, Nathe en Thabo, lewe vir rugby. Alles anders in Joe lewe is so vars soos verlede jaar se brood.

Maar skielik verander iets in die rugbyspan. Dit voel asof hulle spanmaats oornag groter, sterker, beter is. Joe en Thabo verloor hulle plekke in die span terwyl Nathe onseker is oor sy plek. Die drie beraam ’n plan, maar dis onwettig en die risiko is groot. Joe wíl nie, maar besef dat hy nie anders kan as om te help nie. Asof die drek in sy lewe nie genoeg is nie, moet hy hom bekommer oor Sticks en Nina, sy ouer suster, ook.

Dan is daar Joanne. As Joe en Joanne se sterre mekaar gevind het, waarom kan sy ma haar nie verdra nie?

My Hart Is Oppi Plaas - Idioom & Gesegde-Inkleurboek (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens My Hart Is Oppi Plaas - Idioom & Gesegde-Inkleurboek (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Linki Brand
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Maak die potlode skerp. Skiet daai doppies van die merkpenne af. Lê op ‘n baal, sit agterstevoor op ’n trekker, klim op na die solder in die skuur, of gooi ‘n kombersie oop onder ‘n boom. Die tyd het aangebreek. Kom ons kleur in!

Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 eg-Afrikaanse gesegdes en idiome, elk met interessante feite oor plaasdiere en volg op die gewilde Rooimiere-in-diebroek idioom-inkleurboek.

Operasie: Spinasie-situasie (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Operasie: Spinasie-situasie (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers; Illustrated by Pippa Pereira
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“Vandag bly jy by die tafel sit totdat elke krieseltjie spinasie op is!”

Tomas weet hy kan dit nie eet nie, sy lyf wil nie spinasie hê nie. Maar sy ma staan vas. En uiteindelik gee Tomas oor en eet al die spinasie op sy bord.

Toe hy die laaste sluk vat, besef hy egter dadelik dit was ’n fout.

’n Groot fout.

Want ’n rilling rol deur sy hele lyf.

Sy ore slaan toe.

Sy lyf voel warm en koud gelyk.

En hy voel die sweet soos twee riviere teen sy slape afrol. En dis nog nie die ergste nie ... hoekom hoor hy wat Gemmer, die kat, vir hom sê?

BEGIN HY STEMME HOOR?!

Lees van Tomas se vreemde avontuur, sy ma se laptop word gesteel en die damwal bo in die rivier breek, maar as hy die mense waarsku, wil niemand hom glo nie – want hy kan nie sê hoe hy dit weet nie. Gelukkig kry hy hulp van iemand van wie hy dit nooit sou verwag nie ...

Fanie Se Vuurdoop (Afrikaans, Paperback, Revised edition): P.J. Schoeman Fanie Se Vuurdoop (Afrikaans, Paperback, Revised edition)
P.J. Schoeman
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 6 - 10 working days

Die karakter Fanie het reeds in Fanie se veldskooldae en Fanie word grootwildjagter in almal se harte gekruip. In hierdie boek, die derde in die Fanie-trilogie, neem die outeur die leser op nog ’n boeiende avontuur. Soos in die vorige boeke is daar weer ’n sterk Afrika mens as vaderfiguur. Die Afrikaans-Engels problematiek kom ook weer ter sprake en die Anglo-Boereoorlog is ’n belangrike tema in hierdie verhaal. Verder moet Fanie uiteindelik besluit wie die meisie van sy hart is: Die Engelse nooi Jekkie, of die Boerenooi Soekie?

Die ABC Van Gedigte (Afrikaans, Paperback): Liezl Nel, Rolien Viljoen Die ABC Van Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Liezl Nel, Rolien Viljoen
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hoe moet jy ’n gedig in die klas aanbied?
Hoe leer jy gedigteterme vir die leerders en wat ís die regte terme?
Ek het gedigte vir drie grade nodig - waar kry ek dit?
Hoe moet ek leerders vir die Eisteddfod voorberei?
Hoe leer ek my leerders om gedigte te skryf?

Hierdie is van die baie vrae wat laerskoolonderwysers het. Met Die ABC van GEDIGTE gaan jy nie net antwoorde op al bogenoemde vrae kry nie, maar jy gaan ook sien hoe om ’n gedig te analiseer, hoe om tematies met gedigte te werk, hoe om gedigte met ander vakke te inkorporeer, hoe verskillende digvorme lyk en die belangrikste - hoe om dit alles speel-speel te doen, want gedigte is pret!

Daar is selfs ’n paar gedigte wat vir kore getoonset is.

Clint Fryer En Die Helde Van Huis Hindernis 2 - Partytjiepret (Afrikaans, Paperback): Anzil Kulsen Clint Fryer En Die Helde Van Huis Hindernis 2 - Partytjiepret (Afrikaans, Paperback)
Anzil Kulsen; Illustrated by Andre Trantraal
R65 R61 Discovery Miles 610 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In Partytjiepret moet Dedrei boet vir haar sabotasieplan wat amper daartoe gely het dat Dedrei nie aan die danskompetisie kan deelneem nie. Sy moet help om die vloere van die kinderhuis te was.

Vinnig genoeg sien Clint en die res van die kinders dat Dedrei nie so sleg is nie. Die kinders besluit om Dedrei te gaan verras by haar verjaarsdagpartytjie ....

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Ethical Behaviour in the E-Classroom…
Cassandra Smith Paperback R1,324 Discovery Miles 13 240
Research Anthology on Remote Teaching…
Information R Management Association Hardcover R9,045 Discovery Miles 90 450
Dr. Marta's Literacy Learning Guide…
Marta D Collier Hardcover R1,572 Discovery Miles 15 720
Dr. Marta's Literacy Learning Guide For…
Marta D Collier Hardcover R1,566 Discovery Miles 15 660
Darius the Great
Jacob Abbott Hardcover R493 Discovery Miles 4 930
Mary, Queen of Scots
Jacob Abbott Hardcover R492 Discovery Miles 4 920
Macbeth - Shakespeare At Home, Book 1
Carmen Khan, Jack Armstrong Hardcover R572 Discovery Miles 5 720
The Master and His Apprentices - Art…
Gina Ferguson Hardcover R3,573 Discovery Miles 35 730
Dr. Marta's Literacy Learning Guide For…
Marta D Collier Hardcover R1,563 Discovery Miles 15 630
Marco Paul in the Forests of Maine
Jacob Abbott Hardcover R488 Discovery Miles 4 880

 

Partners