![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children
Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers in Vreesbaai kom woon nie, begin vreemde dinge gebeur. Nie net is die kusdorpie permanent toe onder digte mis nie, maar Miek word skielik gedurig gekonfronteer met sy grootste vrees: 'n monsteragtige, woedende hond. Gou lyk dit ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen ook 'n geheim met hulle saamdra. Kan dit wees dat al die kinders op Vreesbaai deur iets afgrysliks geterroriseer word?
BANGMANSKLOOF IS ’N BANGMAAKPLEK …
Die elemente van ’n vuur is suurstof, hitte, brandstof, en ’n chemiese reaksie. Wat is die elemente van die apokalips? Wolk, Roet, Vuur, en ’n chemiese reaksie? Die noodlot het Rufus en Xandr van mekaar geskei. Rufus is op ’n skip iewers op die Indiese Oseaan terwyl Xandr veg om oorlewing in ’n wêreld wat deur die wolk vernietig is. Al wat hy het is Flip die hond en ’n rooi Mazda Midge. Gerugte van ’n toevlugsoord word Rufus en Xandr se enigste strewe: Vind mekaar, vind skuiling en ... wat dan? Hulle is lankreeds nie meer net vriende nie, is hulle? En hoe lank kan mens in elk geval oorleef as alles skynbaar deur vuur verteer is? Die kanse om mekaar te vind is egter skraler as om vars water te vind, veral as jy gekonfronteer word deur mense wat absoluut enigiets sal doen om te oorleef Hoop is vinnig besig om agter ’n sluier van roet te verdwyn, nie net vir hulle nie, maar vir alles en almal.
Jani is ʼn nuuskierige en avontuurlike meisie wat mal is oor die
buitelig.
Na die naelbyt-avonture in Hartklop, is die gevaar nog lank nie verby
nie. In ’n desperate poging om Colden uit mal koningin Melody se kloue
te hou, roep Zander ’n Forya en’ tarna, ’n Elwe-grootwordritueel. Die
vriendegroep word geskei en dis die begin van ’n nuwe avontuur en soeke
na antwoorde deur die hele Tír na hÓige.
Wat het geword van elke man vir homself?
Die avonture van Keegan, Samier en Samia gaan voort! Keegan kry die geleentheid om 'n plakkaat te ontwerp wat sy gunstelingskrywer se nuwe strokiesprent adverteer - en die wenner kan die boek se bekendstelling bywoon! Hy is vreeslik opgewonde ... maar die skool se boelie, Brent Petersen, dreig om al sy planne in die wiele te ry ... Hierdie reeks vul 'n belangrike gaping in die mark vir diverse en verteenwoordigende stories vir beginnerlesers.
Glo my, as jy op die ingewing van die oomblik ’n skaap by ’n kerkbasaar steel, sal jou lewe nooit weer dieselfde wees nie ... Luan se vakansieplanne is in hulle peetjie. In plaas daarvan dat hy by die huis gaan rondsit, PlayStation speel en saam met sy pelle kuier, moet hy Karoo toe gaan. Op ’n road trip. Saam met sy eksentrieke fotograaf-ouma wat ’n fotoboek oor windpompe wil publiseer. Dit is sy straf omdat hy en sy vriende een aand iets aangevang het wat hulle in groot moeilikheid laat beland het. Op pad deur die Karoo ontmoet hy vir Lana, wie se pa al die pad van Bloemfontein na Kaapstad met sy fiets ry om geld vir kankernavorsing in te samel. Lana wat nie vleis eet nie, mal is oor boeke en hom (sonder dat sy dit weet) oortuig om ’n skaap te steel. Luan leer ken vir die eerste keer werklik sy ouma – die hardekwas-predikantsvrou wat al die jare ’n geheim saam met haar ronddra. En die belangrikste van als: Hy leer homself ken. Kort voor lank verander ’n vervelige rit deur die Karoo in ’n onvergeetlike reis ... Hierdie humoristiese, hartroerende tienerboek uit die pen van Jaco Jacobs sal jou anders laat kyk na die dinge wat die lewe die moeite werd maak.
Hierdie splinternuwe reeks bevat pragtige volkleurillustrasies en wemel van stories, ryme, liedjies en leersame elemente. Die boek word vergesel deur 'n oudio-CD. In Boek 1 ?is daar syfer- en letterpret, kleure, vorms, prentstories, geluide en rympies vir kleuters om hul eie liggaam te leer ken. Kom luister, lees en leer saam!
Die karakter Fanie het reeds in Fanie se veldskooldae en Fanie word grootwildjagter in almal se harte gekruip. In hierdie boek, die derde in die Fanie-trilogie, neem die outeur die leser op nog ’n boeiende avontuur. Soos in die vorige boeke is daar weer ’n sterk Afrika mens as vaderfiguur. Die Afrikaans-Engels problematiek kom ook weer ter sprake en die Anglo-Boereoorlog is ’n belangrike tema in hierdie verhaal. Verder moet Fanie uiteindelik besluit wie die meisie van sy hart is: Die Engelse nooi Jekkie, of die Boerenooi Soekie?
Die avonture van Keegan, Samier en Samia gaan voort! Daar is 'n nuwe meisie in die skool en Keegan hou baie van haar. Samier en Samia is egter glad nie beïndruk dat Alysha beter as Samia in alles is nie, en Keegan sukkel om die vrede te behou. Hierdie reeks vul 'n belangrike gaping in die mark vir diverse en verteenwoordigende stories vir beginnerlesers.
Aandag, alle onderwysers wat CAPS-boeke vir volgende jaar moet kies! Wil jy graag boeke deur ons drie heel gewildste kinder- en jeugboekskrywers in die klas behandel? Wat van ’n supergewilde Thomas@-boek om jou graadneges aan die lees te kry? Of slaan jou graadagts se asem weg met Jaco Jacobs se Perfek (waarvan tienduisende kopieë reeds verkoop is) of die lekkerleesboek Vis en tjips, wat beloof om net so gewild soos die topverkoper Suurlemoen! te word. En Fanie Viljoen se splinternuwe jeugboek Spring sal hulle laat naels kou tot die einde! Hier is LAPA se CAPS-goedgekeurde boeke vir graad 7, 8 en 9. Die CAPS-uitgawes van hierdie gewilde boeke bevat volledig uitgewerkte vrae en hope prettige aktiwiteite!Graad 7 EAT: Zackie Mostert druk ’n drie (Jaco Jacobs)Graad 8 EAT: Perfek (Jaco Jacobs)Graad 9 EAT: Spring (Fanie Viljoen)Graad 7 Huistaal: Gevaarlike lopies (Jaco Jacobs) Graad 8 Huistaal: Vis en tjips Graad 9 Huistaal: [email protected]
Die idee vir hierdie pragtig geïllustreerde boek het gespruit uit die behoefte wat die skrywer gehad het om kennis aan kinders oor te dra oor wesens, soos insekte, wat hul omgewing deel. Hierdie prenteboek lei kinders se denke in 'n rigting oor hoe om hierdie klein wesens te respekteer. Om die vrees vir spinnekoppe aan te spreek, het die skrywer hierdie avontuurstorie oor die oulike spinnekop met die naam Saartjie geskep. Die storie wys daarop dat sommige spinnekoppe onskadelik is en dat hulle, en baie ander kreatuurtjies in die natuur, nie die behandeling verdien wat mense hulle gee nie.
Sanri Steyn droom daarvan om eendag ’n joernalis te word. En nie sommer
enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ...
Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die
Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef
Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture – van
vampiere wat op die dorp kom woon, tot ’n weerwolfmeisie wat haar
opwagting in hul klas maak! Die aweregse humor en lekker grillerige
avonture in hierdie gewilde reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!
Benru en sy boetie Wayne bly nou by hulle ouma. Sy is nie ’n
liefdevolle ouma wat koekies bak en drukkies gee nie. Sy is saaklik en
formeel. En sy steek iets weg. Benru is seker daarvan.
Marzanne Odendal is ’n uitgesproke tiener – en ouens is min of meer die laaste ding waarin sy belang stel. Haar beste vriendin, Nadia, raak egter gereeld halsoorkop verlief – op ouens soos Armand Hattingh, die rugbykaptein wat glo die son skyn blokkies as hy op ’n tuinstoel gaan sit. Maar dan begin sy uit die bloute e-posse van ’n geheimsinnige anonieme digter kry wat lyk asof hy weet hoe meisies se harte klop ...
’n Splinternuwe versameling van die beste gedigte, kortverhale, dramas en volksliteratuur. In hierdie bundel lees jy stories, gedigte en dramatekste deur Zelda Bezuidenhout, Mia Arderne, Fanie Viljoen, Wendy Maartens, Hannes Barnard ... en nog meer! Hierdie versameling is perfek vir onderwysers en leerders vir die kwartaal drie letterkundeprojek wat deel is van die CAPS-kurrikulum. ’n Aparte studiegids sal ook vir onderwysers beskikbaar wees wat addisionele inligting oor die tekste bevat.
Waar die Otters is, is daar nou eenmaal nie vrede nie. En ’n vakansie is vir die drie nie sommer net ’n gewone kuiertjie nie. Met die intrapslag loop dinge in Die Otters op die Bosveldplaas skeef: daar is oornag by die kuikenhokke gepeuter: Bykans al die kuikens het deur groot gate in die sifdraad ontsnap en Litte is juis ’n man wat half sentimenteel raak wanneer ’n paar vinkies uitgeroei moet word. Maar hoe verdink ’n Otter dan ’n mede-Otter? Arende, bobbejane en luiperds is vir die stadsjapies nie ’n alledaagse verskynsel nie. Maar waarom kom die Otters een middag erg bedremmeld en gekneus en net geklee in grasrompies by die huis aan? En watter rol het Helene en Magriet, twee skoolpelle, om te speel?
Hoekom doen Kersfeesvader so goed karate? Want hy het ’n swart belt. As jy wil grappies vertel by jou volgende partytjie, hier is die boek! Maritha Snyman se Vertel my ’n grappie was BAIE pret. Hier kom nog vetter pret in Vertel my nog ʼn grappie! Wat het die krimpvarkie die kaktus gevra? “Is jy my mamma?” Kinders sal dol wees oor hierdie grappieboek. Koop dit vir hulle, maar lees dit eers self! Maritha Snyman is ’n kenner en navorser op die gebied van kinderhumor. Die grappies is daarom gepas vir die ouderdomsgroep.
Henk kan nie wag vir die kriekettoer om te begin nie. Wat kan nou lekkerder wees as om saam met jou vriende die land plat te toer en die een krieketwedstryd na die ander te speel! Maar van die begin af is dit duidelik dat hierdie nie ‘n gewone toer gaan wees nie. Wie probeer by die span se bussie inbreek? Is daar regtig iemand wat snags in die koshuisgange rondsluip, of is dit Henk se verbeelding? Kort voor lank lyk dit of die kriekettoer in ‘n nagmerrie gaan ontaard... Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.
Hoe moet jy ’n gedig in die klas aanbied? Hierdie is van die baie vrae wat laerskoolonderwysers het. Met Die ABC van GEDIGTE gaan jy nie net antwoorde op al bogenoemde vrae kry nie, maar jy gaan ook sien hoe om ’n gedig te analiseer, hoe om tematies met gedigte te werk, hoe om gedigte met ander vakke te inkorporeer, hoe verskillende digvorme lyk en die belangrikste - hoe om dit alles speel-speel te doen, want gedigte is pret! Daar is selfs ’n paar gedigte wat vir kore getoonset is.
Een oomblik.
“Besef julle hierdie Desember is legit ons laaste ordentlike
somerskoolvakansie?”
Vir die eerste keer vandat Vandre en sy ma Engeland toe geëmigreer het, gaan hy en sy pa sy ouma-hulle besoek, maar ’n lelike motorongeluk reg in die middel van die Boesmanland ontspoor hulle planne. Vandre, op soek na hulp vir sy beseerde pa, verdwaal heeltemal in ’n onbekende stukkie van die wêreld. Dit word ’n stryd van oorlewing teen die natuur en teen homself |
![]() ![]() You may like...
Tractable Models of Solid Mechanics…
Oleg V. Gendelman, Leonid I. Manevitch
Hardcover
R4,383
Discovery Miles 43 830
Contemporary Consumer Health Informatics
Nilmini Wickramasinghe, Indrit Troshani, …
Hardcover
Biomedical Imaging and Computational…
Ugo Andreaus, Daniela Iacoviello
Hardcover
Systems Engineering and Artificial…
William F. Lawless, Ranjeev Mittu, …
Hardcover
R4,621
Discovery Miles 46 210
Advanced Introduction to Central Banks…
Jakob de Haan, Christiaan Pattipeilohy
Paperback
R649
Discovery Miles 6 490
Information Dynamics and Open Systems…
Roman S. Ingarden, A. Kossakowski, …
Hardcover
R5,761
Discovery Miles 57 610
|