![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children
Die Flixies het sommer baie pret waar hulle in die vleiland bymekaarkom. Kwax en Crox, die twee water-Flixies, speel toneel en maak asof hulle van die heel oudste lobvinvisse is wat hulle koppe uit die water steek. Hulle kruip in die modderwater rond en wonder hoe dit moet wees om op land te lewe. So leer die Flixies van al die probleme wat werweldiere moontlik mee te doen gekry het met die oorgang van water- na landlewe...
Wie was die suksesvolste groep in die ganse diereryk? Facto vind uit waaraan geleedpotiges se sukses toegeskryf kan word en hoekom hulle as die eerste egte landdiere beskou word. Die Flixies speel 'n raaiselspeletjie oor goggas en gesels ook onder mekaar oor skaaldiere, veelpotiges, spinnekoppe en skerpioene en oor die eerste diere wat kon vlieg – insekte!
Oupa Flex vertel ’n baie interessante storie oor die eerste werweldiere, visse, en hoe dit gekom het dat hulle uitbeweeg het land toe. Wetenskaplikes het natuurlik geraai hoe die eerste ou lomp visse wat uit die water kon kruip en die lewe op land kon verken, moes gelyk het. Daar is later fossiele gevind om hierdie raaiskote van wetenskaplikes te ondersteun – fossiele van reuse lobvinvisse, waarvan die vinne amper soos primitiewe bene gelyk het!
Facto lê en droom in ’n knus holte tussen die wortels van die Wonderboom. Hy wag op die Flixies om te hoor van die laaste groepe wat landlewe suksesvol kon baasraak – die voëls en die soogdiere...en hy kan nie glo wat hy alles by die Flixies hoor nie!
Oupa Flex en Dux is aan die woord en vertel van reptiele, sort vir soort. Flex vertel hoe primitiewe werweldiere uiteindelik geskik genoeg was om landlewe baas te raak. Sekere afstammelinge van die amfibieë het die nodige eienskappe gehad wat juis dit moontlik gemaak het!
Die Otters gaan veldskool toe. Hier leer hulle ’n paar dinge oor die natuur en oor hulself, en versterk die vriendskapsbande terwyl die seuns snags om ’n kampvuurtjie sit en die veldskoollied sing. Bedags moet hulle deur hindernisbane sukkel en hul weg met ’n kompas oor berge en deur dale terug na die kamp vind. Weggesteek in die digte bosveldwêreld is tekens van ’n ou beskawing. Die seuns kom op vreemde plekke af. Hulle ontdek ’n donker tonnel, ’n gevaarlike grot en ’n vervalle kasteel … Maar wat soek twee gewapende mans in die grot? En is die ou kasteel regtig so verlate soos wat dit van ver af lyk?
Kwax gesels met Frikkie Vleipadda wat vir hom sy familiegeskiedenis vertel. Hy vertel vir Kwax dat die oeroue amfibieëvoorvaders groot en lomp was en gesukkel het om op land te beweeg en te lewe. Die interessante deel van amfibieë is dat hulle nog nie eiers met doppe ontwikkel het nie. Hulle gaan dus terug water toe om hulle eiers daar te lê en wanneer die eiers uitbroei, kom daar vissies uit!
Die Flixies hoor in hierdie storie wat die werweldiere se wenresep was – ’n skelet binne-in die liggaam, wat van been en kraakbeen gemaak is, waaraan spiere kon vasheg. Werweldiere het unieke eienskappe gehad wat hulle aanpasbaar op land gemaak het en sodoende is talle nisse gevul wat die land nog verder vir ander lewensvorme oopgemaak het!
Ons vriende, die Flixies, leer hoe belangrik die wisselwerking tussen plante en diere is en hoe plante, soos hulle oor die aarde versprei, ook dien om grond met hulle wortels aan die aarde “vas te plak”. By blomplante is dit veral voortplanting wat baie slim ontwikkel is en die Flixies is baie beïndruk deur die maniere waarop plante hul saad versprei.
Die Flixie-stories is geskryf en word in die skole gebruik om twee groot krisisse aan te spreek: ’n omgewingskrisis en ’n geletterdheidskrisis. Ons planeet Aarde is in die nood en jong lesers en hul opvoeders moet bewus gemaak word van biodiversiteit en ons almal se verantwoordelikheid om te sorg vir die kwaliteit van lewe op Aarde.
Hierdie tweetalige (Afrikaans en Engels) badboeke kan ure se vermaak
aan kleintjies verskaf. In hierdie badboek word kinders vertroud met
verskillende diere, soos 'n by, pikkewyn, wurm, beer, seekat, kat,
skaap en krap terwyl hulle die Afrikaans en Engels kan leer lees.
Wilson se lewe is, net soos haar naam, ietwat buitengewoon. Sy woon
saam met haar ouers in 'n huis op wiele en moet elke paar maande na 'n
nuwe dorp trek. Dit frustreer haar baie. Amper so baie soos Errol. Hy
het onlangs besluit dat Wilson sy beste maat is en dat sy hom moet
vergesel op vervelige uitstappies soos voëlkyk. Net toe Wilson dink dat
Verkeerdevlei net so vervelig gaan wees soos al die ander klein dorpies
waar sy al gewoon het, ontdek sy iets uitsonderlik - iets wat ten alle
koste geheim gehou moet word. Maar dan raak dinge gevaarlik ... Iemand
is daarop uit om wraak te neem, en niks en niemand gaan hom stuit nie -
veral nie twee kinders nie.
Die Flixies kom by die see bymekaar omdat daar so baie verskillende soorte plante en diere langs die kuslyn is. Hulle hou ’n dinkskrum om die verskillende redes te bespreek waarom biodiversiteit so belangrik is en maak dan plakkate uit blare en skulpe om dit wat hulle geleer het met ander te deel.
Kwax is die vleiland-spesialis, want dis die plek waar hy die graagste sy tyd deurbring. Hy vertel van 'n groot verskeidenheid plante wat in die klammigheid rondom en ook in die water van die vleilande groei. Die vleiland-bioom is baie klein, maar het ’n baie hoë biodiversiteit. Ongelukkig is omtrent al ons vleilande onder groot druk, veral daardie wat naby die kus geleë is. Facto het altyd gedink vleilande is sommer net modderpoele met plante, maar hy vind by die Flixies uit dat vleilande baie, baie belangrik vir mense en diere is!
Die Flixies maak kennis met ’n nuwe begrip – biodiversiteit – die verskeidenheid van alle vorme van lewe. Hoekom moet daar so baie soorte wees? Is al hierdie vorme van lewe nodig? Sou Ruimteskip Aarde nie net so goed gewerk het as daar net 'n paar soorte superdiere en superplante op Aarde geleef het nie? Dux vertel vir Blox dat daar eenhonderdmiljoen verskillende soorte plante en diere bestaan waaraan mense al name gegee het – en dan is daar nog plekke op Aarde waar daar heel waarskynlik soorte leef wat nog ontdek en beskryf moet word! Facto kan nie wag om meer hieroor uit te vind nie...
Facto hoor by die Flixies van 'n smal strokie land naby die kus van Wes- en Suid-Kaapland waar die merkwaardigste bioom in die hele wêreld voorkom. Dis ’n bioom wat so spesiaal en eiesoortig is dat dit as een van die sewe Plantkoninkryke van die wêreld beskou word. Ouma Flox maak vir die Flixies spesiale reënboogsosaties om aan te peusel terwyl hulle aandagtig luister na die storie van die Kaapse Fynbostuin!
Facto vind uit hoe die derduisende soorte plante en diere oor die verskillende aardrykskundige streke in Suid-Afrika versprei is. Dis amper soos reuse tuine met verskillende spesies wat daarby aanpas. Die Flixies is opgewonde oor die wonderlike biodiversiteit van Suid-Afrika en hulle dink dis 'n wêreldrekord as jy in ag neem dat Suid-Afrika maar net 'n klein landjie is!
'n Klein briefie fladder deur die lug en beland tussen Facto se voete terwyl hy onder sy gunstelingboom vir die Flixies sit en wag. Dis ’n afskeidsbriefie – van die Flixies. Facto is verslae, maar hy is ook opgewonde oor al die nuwe feite wat hy by die Flixies geleer het en die kennis wat hy opgedoen het oor ons wonderlike planeet, Aarde. Facto kyk nou met nuwe oë na al die lewende goedjies rondom hom en hy besef dat elkeen 'n belangrike rol het om te speel op hierdie wonderplek wat ons Aarde noem.
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."
Die Flixie-stories is geskryf en word in die skole gebruik om twee groot krisisse aan te spreek: ’n omgewingskrisis en ’n geletterdheidskrisis. Ons planeet Aarde is in die nood en jong lesers en hul opvoeders moet bewus gemaak word van biodiversiteit en ons almal se verantwoordelikheid om te sorg vir die kwaliteit van lewe op Aarde.
Eendag was daar ’n meisie wat vreeslik graag vrae gevra het. “Waarom?”
“Waar?” “Wanneer?” “Hoe?” “Wat?” “Wie?”
Zoe en Zoya is n identiese tweeling. Maar dit is waar die ooreenkoms eindig. Terwyl Zoe gedurig haar neus in 'n boek het en posters van die periodieke tabel teen haar kamermuur plak, is Zoya meer behep met haar voorkoms en die nuutste ou waarop sy kamtig verlief is. Wanneer Zoe 'n klomp seuns as proefkonyne gebruik vir haar ekspo-taak, raak dinge gekompliseer. Zoe moet net beheer kry van haarself. En beslis en absoluut totaal en al nie staan en verlief raak op haar sussie se kerel nie!
Die omnibus bevat drie avonture waarin beste vriendinne Nina en Jessie
die misterieuse swart-en-rooi pet inspan om hulle met speurwerk te
help. Waar kom die kopluise vandaan waarmee almal in Laerskool Tierkop
skielik sukkel? Hoekom is die koeldrankfabriek so gretig om hulle nuwe
energiedrankie aan die skool te skenk? En sal die slim mense by die
Eksotiese Eksperimente Ekspo uiteindelik Nina se vrae oor die pet se
spesiale kragte kan opklaar? |
![]() ![]() You may like...
|