![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke. Hierdie is die negende titel in die reeks. Jasper moet in die koshuis bly terwyl sy ouers oorsee reis. Dit voel of sy vlerke geknip is: Skielik moet hy op spesifieke tye eet, huiswerk doen en gaan slaap. Hy moet selfs sy eie bed opmaak. Die ergste van alles is dat hy – wat gewoond is aan sy eie buitekamer – nou ’n kamer met die skool se grootste boekwurm moet deel. Toe die Viermanskap uitgedaag word tot ’n fietsresies maar Jasper ’n verpligte debatvergadering moet bywoon, is dit een te veel vir hom. Hy begin planne beraam om skelm uit die koshuis te glip …
Amber is onseker van haar voorkoms. Is sy mooi? Sy maak 'n anonieme youtube-video waarin sy mense vra om haar voorkoms te beoordeel, maar dit beland per ongeluk op haar facebookblad. Tim is gewild, maar sy meisie het hom sopas afgesê vir een van die rugby-ouens. 'n Toevallige ontmoeting tussen Tim en Amber lei tot 'n ongewone vriendskap, maar sal Amber die moed hê om haar spoke te konfronteer? En sal Tim haar ware skoonheid raaksien?
’n Wetenskapsfiksieverhaal wat in die Klein-Karoo en Kaapstad afspeel. Die agtienjarige Laela Nix se ouers word deur die gevreesde Genmodregering vermoor. Sy slaan op die vlug en beland op die plaas Swartfontein, ’n insekteelstasie. Sy leer die bestuurder van die plaas, Finian, en sy twee mak rooijakkalse ken. Maar die vrae bly knaag, oor haar ouers se dood, oor haar vervreemde, beeldskone en gewetenlose suster Jessi. Wie kan sy vertrou?
Laerskool Klipdassie kry besoek van Dr. Ragno en sy dogter, wat vir die leerders 'n demonstrasie kom gee van die robotiese spinnekoppe wat hulle bou. Maar 'n juffrou stuur Georgi, Frikkie en Enzo uit die saal! Die drie maats sluip na 'n kamertjie onder die verhoog, vanwaar hulle steeds alles sien.
Zander mis sy sussie. En daarmee saam voel dit vir hom asof hy besig is om sy ouers ook te verloor. Maar gelukkig is daar genoeg om sy aandag van dinge by die huis af te lei. Hy en sy pelle, Mieke, Bongani en Ruben, gaan ’n kortfilm maak vir die kunsfees en hulle gaan seerowers wees! Hulle het selfs die perfekte plek om die video te skiet – die vervalle ou huis in die doodloopstraat se vuil swembad. Maar dan ontdek hulle iets skokkends . . . en dit word ’n saak van lewe of dood.
Greg Owen, voormalige hoofseun van Lawson Kollege en kuberkraker van formaat, is 'n eerstejaar-Matie na die jaar waarin sy gesin se lewe uitmekaar val. Sy pa en Dok Pienaar is ontmasker as die Baker en die Candlestick Maker van Project Nursery Rhyme en is agter tralies. Maar wie en waar is die Butcher? Greg sal nie kan rus tot die derde lid van die gewetenlose driemanskap aan die pen ry nie. As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe . . .
Ná ’n maand in Rietvallei Hoër is Daniël du Randt ’n Rietrot tot in sy kleintoontjienael se voorste punt. Peet Pretorius het egter steeds nie die boodskap gekry dat ontgroening, oftewel oriëntering, nie meer plaasvind nie en Daniël-hulle moet mooi loop om uit sy kloue te bly. Dat hulle boonop die kwaai juffrou Faure, wat saam met haar man ’n spioen in een of ander oorlog was, se papegaai moet oppas, maak die lewe nie juis makliker nie. Tussendeur oefen die seuns kliphard vir die groot atletiekbyeenkoms in Johannesburg. Dié uitstappie ontaard egter in iets wat Daniël nie in sy heel wildste verbeelding sou kon voorstel nie. Hoërskool is nie vir sissies nie!
Dis al Maart. Mieke het nog nie met Fen gepraat vandat hy koshuis toe is nie. Hy bel nie, kom nie naweke huis toe nie. Op Mtwana hang daar 'n skadu van onsekerheid. Die Phiri-bende is oorkant die rivier aktief. Hulle teiken hoofsaaklik olifante. Mieke sit haar voet neer en bel vir Fen by die koshuis. 'n Boelie gryp sy foon en 'n bakleiery breek uit. In die gestoei breek Fen sy spanmaat, Jock, se neus. Fen én Jock word geskors. Hulle straf: twee weke se harde arbeid op Mtwana.
Wanneer Sakkibiaan, ’n seuntjie van Dorslandtrekkers, wegdwaal van sy familie terwyl hulle deur die Kalahari na Angola trek, maak groot hartseer gou plek vir groot avontuur. Sy pad kruis met dié van twee donker woestynmense en jagmaats: Doemdoempie en Gagaboemboem. Terwyl Doemdoempie met sy mooi hart graag sy nuwe wit broertjie wil help, wil Gagaboemboem met sy swart hart graag biltong van Sakkibiaan maak! Sakkibiaan moet vinnig die geheime taal van die woestyndiere en –insekte leer verstaan om met Doemdoempie kragte saam te span teen Gaggaboemboem en sy bende. ’n Wêreld vol geheimenisse ontvou namate Doemdoempie en Sakkibiaan met hul nuwe familie – waaronder die reuseboomsprinkaan Tjierlabaai, die rooioog-rivierwese Liewenatan en die mak silwerrugjakkals Peppitan – hul vyande moet trotseer en deur die Kalahari trek. Uiteindelik lei die reis Sakkibiaan op ’n toweragtige pelgrimstog wat bewys: “Vir hulle wat nog nie al die vrae van die lewe kan beantwoord nie, lê daar nog ’n lekker lang pad voor met baie spoortjies daarop.”
Lien is die oudste kind in ’n disfunksionele huishouding, waar die status van die gesin van welgesteld tot armblankes verander het weens die misbruik van trustfondse deur haar prokureurspa, nou ’n gevangene, en haar ma weens haar onvermoë om die situasie te verwerk, ’n alkoholis word. Al wat oorbly van die glans van ’n vroeë lewe is ’n woordlose video met grepe uit gelukkige tye saam. Die besorgheid van ’n buurtannie help in die donkerste ure van die gesin, terwyl dit nodig word vir Lien om uit te spring om brood op die tafel te sit. Vir haar en haar jonger broer, Braam, oor wie sy besorg is, is daar aanpassingsprobleme by die nuwe skool, maar deur veral twee vriende, Wouter en Mimi, elk met hulle eie verwondheid, herwin Lien vir haar ’n eie plek. Sy doen naskool loswerkies vir ’n inkomste, veral om die aand kos op die tafel te kry en te spaar vir wanneer sy eendag oorsee kan gaan. Die behoeftes van die gesin kan egter nie alleen deur die wisselvallige inkomste aangespreek word nie. Terwyl haar ma se alkoholisme tot tragiese dieptes verval, begin sy in ’n vermomming op ’n straathoek bedel, waar sy randkarakters soos Roos en Tibbey leer ken en sy geleidelik hulle vertroue en vriendskap wen. Ondanks uitdagende omstandighede slaag sy daarin om ’n verantwoordelikheidsin te kweek wat hulle posisie as gesin ook geleidelik positief beinvloed. Die wyse waarop sy op haar gesins- en persoonlike uitdagings reageer, help haar om te groei, haar roeping te vind en vrede te maak met haar verlede. Vanaf die aangrypende openingstoneel word die aandag geboei met stilistiese vernuf, oortuigende karakterisering en geloofwaardige ruimte-beelding. Die skrywer het ’n oorspronklike aanslag wat gereflekteer word in die oorspronklike taalgebruik en skerp, vermaaklike dialoog. Respek vir die woord staan sentraal in hierdie manuskrip. Die gang van gebeure word so gestruktureer dat die leser meegevoer word en dit moeilik vind om die manuskrip neer te sit. Die narratief word effektief afgewissel met beskrywings van klanklose ou video-grepe. ’n Uitgebreide verwysingsraamwerk van musiek en ander motiewe word deurgaans gehandhaaf en uitgebou – so word die verhaal effektief gelaai met sekondêre betekenislae. Hierdie verhaal spreek ook van ’n maatskaplike gewete wat dit vierkantig plaas binne die konteks van ons sosio-politieke landskap. Dit is ’n verhaal wat die leser subtiel uitdaag om verantwoordelikheid te neem vir sy eie geluk en om die goeie in mense en situasies raak te sien, wat werklik ’n vars briesie is.
’Ie liewe is 'n dice game; ’ie dice rol soes hy rol en jy moet ’it ma’ vat, broe’. Jay en Alpha deel ’n wereld van armoede en bendes en het al twee sonder ’n pa grootgeword. Maar hulle paaie skei: Alpha bly die leier van die Lo$Boys, ’n klein bende in Manenberg, terwyl Jay ’n beurs kry om in Kaapstad te gaan studeer. Vir Jay is dit ’n nuwe begin, maar dan word dinge meteens kompleks wanneer sy pad met die van ’n weggooibaba kruis. Kort voor lank is die situasie nie slegs kompleks nie, maar ook gevaarlik. Waarheen gaan ’n student met ’n baba? Die welsyn en polisie vertrou hy nie, maar sy opsies is beperk. Sou hy dit in Manenberg kon waag? Terwyl ’n bendeoorlog dreig?
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! In Trompie die hoerskoolseun maak die Boksombende ’n plan om geld in te samel om vir Rooie ’n fiets te koop. In Trompie die dromer word die bende bedreig – deur ’n meisiekind! Trompie, die Grootkaptein en meesterlike planmaker, is smoorverlief en sit heeldag net en droom. In Trompie die speurder kom Trompie en Rooie op skelms af wat fietse steel. Trompie agtervolg die diewe en beland in ’n groot penarie. Sal Trompie hierdie gevaarlike avontuur oorleef sodat hy weer saam met sy manskappe onder die blou hemel kan vergader? Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!
Die Storieman-reeks wat in die 1980s deur Leon Rousseau uitgegee is, was ongetwyfel een van die grootste kinderboeksuksesse van ons tyd. Hierdie omnibus-uitgawe is ‘n versameling van die mooiste en gewildste plaaslike- en feëverhale uit die bekende Storieman-reeks. Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CD’s in. Kom luister in hierdie uitgawe saam na geliefde verhale soos “Fritz Deelman en die verlate tuin”,“Racheltjie de Beer” en “Ou Meneer Springer”, asook na die klassieke “Jakkals en Wolf”-stories. Hier is ook sprokies soos “Rooikappie” en “Raponsie” om weer van nuuts af te betower! Storieman is so ontwerp dat selfs die jongste kind dit kan gebruik. ‘n Ghongslag klink elke keer wanneer die bladsy omgeblaai moet word, sodat dit maklik is om die storie in die boek te volg. By die huis, in die motor . . . Storieman is daar! Honderde aanhangers wag reeds opgewonde vir hierdie opwindende nuwe uitgawes!
Prinses Minna is mal daaroor om moles in haar koninkryk uit te sorteer! Maar hoe gaan sy ’n vreeslike verwarring opklaar? Hierdie kort, snaakse stories is perfek vir beginnerlesers.
Malherbe Albertyn, oftewel Vuur, beplan om sy somer in Kransbos te spandeer om die magiese Ylwoud te vind. Desperaat op soek na die antwoorde, na iets buiten die Bloedskuld wat hy en sy bendebroers steeds in die arena betaal. Desperaatheid dryf ook vir Mieke om te waag om haar drome na te jaag. Kan sy ontsnap deur saam met Malherbe in 'n onvoorspelbare bos te gaan verdwaal? Is Ylwoud die antwoord op Malherbe se suster se verdwyning?
Vir 'n meedoenlose smokkelbende is die bome langs die Limpoporivier die ideale plek vir hul skelmstreke en hulle verwag nie dat vyf dapper seuns van Kranskopc en ’n man wat gebrei is deur die Kalahariwoestyn, met hulle paaie sal kruis nie. 'n Vakansie langs die Limpopo hou ongetwyfeld avonture vir die Uile-bende in – veral omdat hul goeie vriend Wadda, die woestynmens, saamgaan. Maar die afgelee boswereld is nie net vir die vriende aanloklik nie. Wanneer honger krokodille boonop tot die gevaar gevoeg word, moet Philip en sy vriende vinnig dink en optree.
Die aangenome visserseun Boela, raak verlief raak op Nonnie, die eienaar van die kantien se dogter. Hy moet slim planne maak om sy drie vriende, Vlooi, Patrys en Biesiepol, van Nonnie se werf af te hou. Dan is daar Oukoos, Boela se pleegvader. Nadat Oukoos se seun Janneman en sy vrou weggeloop het van Oestermond, het Oukoos vir Boela in sy huis ingeneem om hom te leer van die see en sodat iemand sy skuite kan erf. Maar op ’n dag sien iemand vir Janneman in die kantien drink. Boela wonder of Oukoos hom nog nodig het. En of hy opgewasse is om Nonnie teen Janneman te beskerm.
Waldo is seker Connie is in groot gevaar. Wat anders beteken die vreemde gedagteflits wat hy gesien het? En wie is die meisie met die geel reënjas wat Waldo ’n ruk lank agtervolg het? Gaan sy weer haar opwagting maak? En wat wil sy he? Die antwoorde op hierdie vrae gaan Waldo se lewe vir ewig verander … Die vierde en laaste boek in die reeks.
Die Bullebakke het die ruimtewesens ontkom deur een of ander knoppie – OEPS – te druk! En het in die tyd van die dinosourusse beland! Ja, julle het reg gehoor! Die helde word deur dinourusse gejag... Maar wie moet nou eintlik bang wees vir wie?
Watter seun wat sy bendenaam waardig is, sal net staan en toekyk wanneer honderde duisende rande se diamante na 'n boot gesmokkel word? Toe Jorsie se ouers sy vier vriende saam see toe nooi, het hulle geweet dit sal nie 'n rustige vakansie wees nie. Maar die gevaar en opwinding wat sou volg, kon hulle nooit voorsien nie. Dit beteken natuurlik nie dat Jorsie, Philip, Vaatjie, Berrie en Hennie – wat hulleself die Uile noem – na moeilikheid soek nie, maar...
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag ontdek hy iets eienaardigs in die tuin. Hy grawe en grawe. Fluit-Fluit waarsku hom om versigtig te wees, maar so byna krap Tjoppie Warrie Wurm se huisie heeltemal om! Gelukkig kan almal fluks help en Tjoppie kan sy nuwe skat saam met hom huis toe neem. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
'n Storie oor obsessies. Arian en Estie is in Graad 11 in dieselfde skool. Na hulle op sosiale media vriende word, begin Estie vir Arian stalk: Aanlyn, en later ook in die werklikheid. Eers is hy vir haar net nog 'n misterieuse vreemdeling, maar soos wat sy hom dophou openbaar hy, onwetend, sy diepste geheime aan haar. Maar Estie het geheime van haar eie, wat sy ten alle koste verberg, selfs toe sy en Arian later vriende word: Geheime wat haar haar enigste vriend kan kos.
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! Trompie samel geld in vir 'n bedleende seun, Trompie word verkies as junior leerderraadslid en die rugbyseisoen begin - wat beteken dat Trompie en sy maats se lewe net om een ding draai.
Sy is Helena Bosman van ’n piepklein dorpie doer ver in die Noord-Kaap, maar Oupa en Oumie noem haar sommer Vaselinetjie. Sy is hulle veldbosengeltjie, hulle hart se punt. Tot Vaselinetjie tien jaar oud is en die Welsyn haar laat wegstuur na die kosskool in Gauteng – die weeshuis waar Madiba se weggooikinders bly. Dis ’n vreemde, harde, gevaarlike wêreld van skomgatkinders, kwaai huistannies en ’n hardvogtige, onregverdige koshuisvader; van entjies rook, hare laat afskeer en planne maak om te whallap. Waar niemand oor jou traak nie, en waar jy ook leer om oor niemand te traak nie. Maar soos die maande jare word, kruis een naam telkens Vaselinetjie se pad: Texan Kirby. En daardie naam loop reguit na haar hart. **Film weergawe van boek in teaters 22 September 2017 |
You may like...
Greek New Testament Manuscripts from…
Didier Lafleur, Luc Brogly
Hardcover
R6,378
Discovery Miles 63 780
Analysis of Multivariate Social Science…
David J. Bartholomew, Fiona Steele, …
Hardcover
R5,929
Discovery Miles 59 290
|