0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (14)
  • R50 - R100 (40)
  • R100 - R250 (471)
  • R250 - R500 (67)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children

Jy is Besonders (Afrikaans, Paperback): Tshwanelo Serumola Jy is Besonders (Afrikaans, Paperback)
Tshwanelo Serumola; Illustrated by Subi Bosa
R160 R145 Discovery Miles 1 450 Save R15 (9%) Ships in 5 - 10 working days

I am a CURIOUS brown boy.
I explore the world around me ...
I am an ACCEPTING brown boy.
I respect people who are different from me.

Remarkable me is an empowering book of positive affirmations for brown boys. This book teaches boys to embrace and celebrate their unique talents and interests, while encouraging them to dream big and to be creative.

Build confidence and resilience from a young age with easy-to-follow rhyming text and bright inclusive illustrations that reflect proudly South African children.

Also available in Sesotho, isiXhosa, isiZulu and Afrikaans

Trompie Omnibus 4 (Afrikaans, Paperback): Topsy Smith Trompie Omnibus 4 (Afrikaans, Paperback)
Topsy Smith
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 10 - 15 working days

In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! Trompie samel geld in vir 'n bedleende seun, Trompie word verkies as junior leerderraadslid en die rugbyseisoen begin - wat beteken dat Trompie en sy maats se lewe net om een ding draai.

Jasper In Die Koshuis (Afrikaans, Paperback): C.F. Beyers-Boshoff Jasper In Die Koshuis (Afrikaans, Paperback)
C.F. Beyers-Boshoff
R208 Discovery Miles 2 080 Ships in 2 - 4 working days

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke.

Hierdie is die negende titel in die reeks.

Jasper moet in die koshuis bly terwyl sy ouers oorsee reis. Dit voel of sy vlerke geknip is: Skielik moet hy op spesifieke tye eet, huiswerk doen en gaan slaap. Hy moet selfs sy eie bed opmaak. Die ergste van alles is dat hy – wat gewoond is aan sy eie buitekamer – nou ’n kamer met die skool se grootste boekwurm moet deel. Toe die Viermanskap uitgedaag word tot ’n fietsresies maar Jasper ’n verpligte debatvergadering moet bywoon, is dit een te veel vir hom. Hy begin planne beraam om skelm uit die koshuis te glip …

Tjoppie En Die Skat (Afrikaans, Paperback): Liz de Villiers Tjoppie En Die Skat (Afrikaans, Paperback)
Liz de Villiers
R125 R112 Discovery Miles 1 120 Save R13 (10%) Ships in 10 - 15 working days

Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag ontdek hy iets eienaardigs in die tuin. Hy grawe en grawe. Fluit-Fluit waarsku hom om versigtig te wees, maar so byna krap Tjoppie Warrie Wurm se huisie heeltemal om! Gelukkig kan almal fluks help en Tjoppie kan sy nuwe skat saam met hom huis toe neem. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters. 

Speurder Sammi - Die Blou Steen (Afrikaans, Paperback): Crystal-Donna Roberts Speurder Sammi - Die Blou Steen (Afrikaans, Paperback)
Crystal-Donna Roberts
R170 R152 Discovery Miles 1 520 Save R18 (11%) Ships in 10 - 15 working days

Sammi is 13 en bly saam met haar tannie Valerie, 'n kunstenaar. Hulle gaan kuier vir die vakansie by Oumie en Dedda in die Noord-Kaap. Sammi gaan haar vriendinne April en Lerato mis, maar die klein dorpie gaan 'n goeie change of scene vir haar wees.

Dit sal haar gedagtes afvat van Richfire Arts Academy, die kunsteskool waar sy so graag wil inkom. Maar die platteland is vol verrassings. En kansvatters.

Sal sy vir Dedda en Oumie kan help as die slymerige George sy flikkers kom gooi?

Weerlig Oor Mtwana - Mieke: Boek 3 (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Weerlig Oor Mtwana - Mieke: Boek 3 (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R205 R183 Discovery Miles 1 830 Save R22 (11%) Ships in 10 - 15 working days

Dis al Maart. Mieke het nog nie met Fen gepraat vandat hy koshuis toe is nie. Hy bel nie, kom nie naweke huis toe nie. Op Mtwana hang daar 'n skadu van onsekerheid.

Die Phiri-bende is oorkant die rivier aktief. Hulle teiken hoofsaaklik olifante. Mieke sit haar voet neer en bel vir Fen by die koshuis.

'n Boelie gryp sy foon en 'n bakleiery breek uit. In die gestoei breek Fen sy spanmaat, Jock, se neus. Fen én Jock word geskors. Hulle straf: twee weke se harde arbeid op Mtwana.

Ouma Hester En Die Dreadnought (Afrikaans, Paperback): Janie Oosthuysen Ouma Hester En Die Dreadnought (Afrikaans, Paperback)
Janie Oosthuysen
R180 R161 Discovery Miles 1 610 Save R19 (11%) Ships in 10 - 15 working days

Die Dreadnought is reg vir aksie, ouma Hester se harnaspakke is gelaai met plofbare verrassings en haar yskas kreun onder die smulgoed! Maar wat gaan sy in Kanada maak en nogals by PESBEHEER, PILLE & PREPARATE van alle plekke? Sal Mamma vir Tian en Lisa laat saamgaan? En wat vang die bose dokter Lewendkerwen alles in haar onderwaterse laboratorium aan? Gelukkig laat ouma Hester en Graatjie nie met hulle mors nie!

Veldiep (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Veldiep (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R245 R219 Discovery Miles 2 190 Save R26 (11%) Ships in 10 - 15 working days

Amber is onseker van haar voorkoms. Is sy mooi? Sy maak 'n anonieme youtube-video waarin sy mense vra om haar voorkoms te beoordeel, maar dit beland per ongeluk op haar facebookblad. Tim is gewild, maar sy meisie het hom sopas afgesê vir een van die rugby-ouens. 'n Toevallige ontmoeting tussen Tim en Amber lei tot 'n ongewone vriendskap, maar sal Amber die moed hê om haar spoke te konfronteer? En sal Tim haar ware skoonheid raaksien?

Vuurvreter - Branderjaer-Sage: Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Joha van Dyk Vuurvreter - Branderjaer-Sage: Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Joha van Dyk
R265 R237 Discovery Miles 2 370 Save R28 (11%) Ships in 10 - 15 working days

Malherbe Albertyn, oftewel Vuur, beplan om sy somer in Kransbos te spandeer om die magiese Ylwoud te vind. Desperaat op soek na die antwoorde, na iets buiten die Bloedskuld wat hy en sy bendebroers steeds in die arena betaal. Desperaatheid dryf ook vir Mieke om te waag om haar drome na te jaag.

Kan sy ontsnap deur saam met Malherbe in 'n onvoorspelbare bos te gaan verdwaal? Is Ylwoud die antwoord op Malherbe se suster se verdwyning?

Krok En Dil 2 - My Pet Is Weg (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs, Nadia du Plessis Krok En Dil 2 - My Pet Is Weg (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs, Nadia du Plessis
R50 R46 Discovery Miles 460 Save R4 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."

Tuimeltrein (Afrikaans, Paperback): Rene van Zyl Tuimeltrein (Afrikaans, Paperback)
Rene van Zyl
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 10 - 15 working days

Abby, Jasper en Henri het net mooi niks in gemeen nie. Maar wanneer hulle moet saamwerk aan ’n groeptaak en dan die ooggetuies is van ’n moord, word hulle saamgegooi op ’n wilde tuimeltreinrit. Sonder selfone en met niemand wat in hulle onskuld glo nie, moet hulle op mekaar staatmaak om te oorleef. Die vraag is net: Gaan die polisie of die eintlike moordenaar hulle eerste opspoor?

Die Meisie Met 21 Vrae (Afrikaans, Paperback): Boitumelo Mothupi Die Meisie Met 21 Vrae (Afrikaans, Paperback)
Boitumelo Mothupi
R160 R145 Discovery Miles 1 450 Save R15 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Eendag was daar ’n meisie wat vreeslik graag vrae gevra het. “Waarom?” “Waar?” “Wanneer?” “Hoe?” “Wat?” “Wie?”

Toe almal moeg word vir haar vrae, besluit sy om die antwoorde iewers anders te gaan soek – in boeke! En kort voor lank begin sy haar eie stories vertel …

’n Bemagtigende verhaal oor die krag van boeke en stories, en die verskil wat een meisie kan maak as sy bereid is om moeilike vrae te vra.

Ook beskikbaar in Engels en Setswana.

Waldo En Die Weerwolf Met Die Rooi Tekkies (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Waldo En Die Weerwolf Met Die Rooi Tekkies (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R150 R136 Discovery Miles 1 360 Save R14 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Wat sluip daar in die maanlig rond?

Waldo en Connie bly in dieselfde woonstelblok – en hulle krap behoorlik kop. Oral in hulle buurt verskyn plakkate en pamflette oor vermiste troeteldiere. En boonop is daar iets vreemds met Waldo aan die gang … hy sien helder oordag dinge wat nie bestaan nie! ’n Nat, slymerige bol hare lei Waldo en Connie op die spoor van ’n onvergeetlike (en gevaarlike) avontuur – een wat jou sal laat tjank van lekkerkry!

Vlerke Vir Almal (Afrikaans, Paperback): Marion Erskine Vlerke Vir Almal (Afrikaans, Paperback)
Marion Erskine
R218 R195 Discovery Miles 1 950 Save R23 (11%) Ships in 10 - 15 working days

Dewald se ouers stuur hom na 'n nuwe skool na sy lewe omvergegooi is. Elke skool het nuwe uitdagings en elke skool het sy boelies, en dis nie maklik om 'n tiener te wees met 'n skielike hakkelprobleem nie. Dewald probeer weer sy balans vind, om sin te maak van hoekom sy beste vriendin hom nooit ingesluit het in haar grootste besluit nie. Dit terwyl een van die grootste boelies in die skool sy lewe hel maak. En hy besluit: genoeg is genoeg. 'n Hartroerende verhaal oor relevante tienerkwessies.

Ek Wil Nou Nie Snaaks Wees Nie En Ander Skaterlagrympies (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Ek Wil Nou Nie Snaaks Wees Nie En Ander Skaterlagrympies (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Robert Dersley
R140 R127 Discovery Miles 1 270 Save R13 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Wat sal gebeur as jy die skoolhoof kielie?
Kan jy die alfabet van A tot Z burp?
Kruip daar ’n wurm in hierdie boek weg?
Waarom is dit ’n slegte idee om jou toonnaels te kou?
Wat is die moeilikste vraag op aarde?

Die antwoorde op al hierdie vrae is in hierdie SKREEUSNAAKSE rympieboek uit die pen van Jaco Jacobs! Meer as 60 rympies wat gewaarborg is om jou lagspiere hope oefening te gee. Briljant vir eisteddfods!

Die Bulle Bakke - Episode 7 (Afrikaans, Paperback): Aaron Blabey Die Bulle Bakke - Episode 7 (Afrikaans, Paperback)
Aaron Blabey; Translated by Kobus Geldenhuys
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 2 - 4 working days

Die Bullebakke het die ruimtewesens ontkom deur een of ander knoppie – OEPS – te druk! En het in die tyd van die dinosourusse beland!

Ja, julle het reg gehoor! Die helde word deur dinourusse gejag...

Maar wie moet nou eintlik bang wees vir wie?

Die Rietrotte En Die Stropers - Die Rietrotte: Boek 4 (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Die Rietrotte En Die Stropers - Die Rietrotte: Boek 4 (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R275 Discovery Miles 2 750 Ships in 2 - 4 working days

Uiteindelik kan Daniël en sy vriende vir ’n naweek na die plot gaan en ontspan – en sommer ook wegkom van Peet wat al weer op hulle spoor is. Maar Daniël se sussie, Chrissie, is siek met iets wat aansteeklik lyk en die dokter het gesê hulle mag nie naby haar kom nie.

Daniël vind die perfekte oplossing: Hulle kan langs die rivier kamp! Terwyl hulle met binnebande in die rivier afdryf, sien hulle iets wat verdag lyk by oom Giel Larson se plek. Dalk is dit niks, maar sê nou die oom is werklik in die moeilikheid. Hulle rustige kampnaweek raak baie vinnig baie gevaarlik wanneer hulle gaan ondersoek instel …

Kamp is nie vir sissies nie!

Tjoppie Se Verjaardag (Afrikaans, Paperback): Liz de Villiers Tjoppie Se Verjaardag (Afrikaans, Paperback)
Liz de Villiers
R125 R112 Discovery Miles 1 120 Save R13 (10%) Ships in 10 - 15 working days

Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is sy verjaardag! Hy kry baie geskenke. Maar saam met wie van sy maats moet hy eerste speel? Dit is tog die lekkerste as almal leer om saam te speel.

Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.

Lien se Lankstaanskoene (Afrikaans, Paperback): Derick van der Walt Lien se Lankstaanskoene (Afrikaans, Paperback)
Derick van der Walt 1
R268 R239 Discovery Miles 2 390 Save R29 (11%) Ships in 10 - 15 working days

Lien is die oudste kind in ’n disfunksionele huishouding, waar die status van die gesin van welgesteld tot armblankes verander het weens die misbruik van trustfondse deur haar prokureurspa, nou ’n gevangene, en haar ma weens haar onvermoë om die situasie te verwerk, ’n alkoholis word. Al wat oorbly van die glans van ’n vroeë lewe is ’n woordlose video met grepe uit gelukkige tye saam. Die besorgheid van ’n buurtannie help in die donkerste ure van die gesin, terwyl dit nodig word vir Lien om uit te spring om brood op die tafel te sit.

Vir haar en haar jonger broer, Braam, oor wie sy besorg is, is daar aanpassingsprobleme by die nuwe skool, maar deur veral twee vriende, Wouter en Mimi, elk met hulle eie verwondheid, herwin Lien vir haar ’n eie plek. Sy doen naskool loswerkies vir ’n inkomste, veral om die aand kos op die tafel te kry en te spaar vir wanneer sy eendag oorsee kan gaan. Die behoeftes van die gesin kan egter nie alleen deur die wisselvallige inkomste aangespreek word nie.

Terwyl haar ma se alkoholisme tot tragiese dieptes verval, begin sy in ’n vermomming op ’n straathoek bedel, waar sy randkarakters soos Roos en Tibbey leer ken en sy geleidelik hulle vertroue en vriendskap wen. Ondanks uitdagende omstandighede slaag sy daarin om ’n verantwoordelikheidsin te kweek wat hulle posisie as gesin ook geleidelik positief beinvloed. Die wyse waarop sy op haar gesins- en persoonlike uitdagings reageer, help haar om te groei, haar roeping te vind en vrede te maak met haar verlede.

Vanaf die aangrypende openingstoneel word die aandag geboei met stilistiese vernuf, oortuigende karakterisering en geloofwaardige ruimte-beelding. Die skrywer het ’n oorspronklike aanslag wat gereflekteer word in die oorspronklike taalgebruik en skerp, vermaaklike dialoog. Respek vir die woord staan sentraal in hierdie manuskrip.

Die gang van gebeure word so gestruktureer dat die leser meegevoer word en dit moeilik vind om die manuskrip neer te sit. Die narratief word effektief afgewissel met beskrywings van klanklose ou video-grepe. ’n Uitgebreide verwysingsraamwerk van musiek en ander motiewe word deurgaans gehandhaaf en uitgebou – so word die verhaal effektief gelaai met sekondêre betekenislae.

Hierdie verhaal spreek ook van ’n maatskaplike gewete wat dit vierkantig plaas binne die konteks van ons sosio-politieke landskap. Dit is ’n verhaal wat die leser subtiel uitdaag om verantwoordelikheid te neem vir sy eie geluk en om die goeie in mense en situasies raak te sien, wat werklik ’n vars briesie is.

Trompie Omnibus 8 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Topsy Smith Trompie Omnibus 8 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Topsy Smith
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 10 - 15 working days

Die laaste omnibus in hierdie reeks bevat nóg drie gewilde Trompie-stories. Die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit en Trompie en sy maats besluit om in die kloof te gaan swem en dan teen die berg op te klim en die grotte daarbo te verken. Trompie ontmoet ook die mooiste meisie wat hy nog ooit gesien het en ding mee teen sterk kompetisie in die atletiekspan.  

Vaselinetjie (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Anoeschka Von Meck Vaselinetjie (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Anoeschka Von Meck
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 10 - 15 working days

Sy is Helena Bosman van ’n piepklein dorpie doer ver in die Noord-Kaap, maar Oupa en Oumie noem haar sommer Vaselinetjie. Sy is hulle veldbosengeltjie, hulle hart se punt. Tot Vaselinetjie tien jaar oud is en die Welsyn haar laat wegstuur na die kosskool in Gauteng – die weeshuis waar Madiba se weggooikinders bly.

Dis ’n vreemde, harde, gevaarlike wêreld van skomgatkinders, kwaai huistannies en ’n hardvogtige, onregverdige koshuisvader; van entjies rook, hare laat afskeer en planne maak om te whallap. Waar niemand oor jou traak nie, en waar jy ook leer om oor niemand te traak nie.

Maar soos die maande jare word, kruis een naam telkens Vaselinetjie se pad: Texan Kirby. En daardie naam loop reguit na haar hart.

**Film weergawe van boek in teaters 22 September 2017

Pienk Is Nie Vir Sissies Nie (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Pienk Is Nie Vir Sissies Nie (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R225 R201 Discovery Miles 2 010 Save R24 (11%) Ships in 10 - 15 working days

Nicci is 'n willewragtig op 'n bergfiets. Die heel lekkerste is om die seuns se reaksie te sien wanneer hulle besef 'n meisie het vir hulle weggery. Tot die dag wat Nicci wreed aangeval en van haar fiets beroof word. Haar wêreld tuimel ineen. Wie sal so iets doen? Stuk-stuk pas Nicci en haar vriende Felicity en Donovan die legkaart inmekaar, en wat hulle uitvind toets hulle geloof in hulle medemens, en hulle eie waardes. Die boek daag ook geslags- en verhoudingstereotipes speels en slim uit. Nicci is ewe goed in ballet en bergfietsry, maar omdat sy 'n meisie is, verwag haar ouers en onderwysers dat sy vanselfsprekend ballet sal kies. Haar oë gaan ook oop oor die ou op wie sy verlief is, wat eintlik maar net 'n modelmooi meisie soek vir wie voorkoms en wat ander mense van haar dink, mees belangrik is. Sy vind in Donovan 'n ware vriend wat haar toelaat om haarself te wees.

Van Manenberg Met Liefde (Afrikaans, Paperback): Mike Michaels Van Manenberg Met Liefde (Afrikaans, Paperback)
Mike Michaels
R89 Discovery Miles 890 Ships in 6 - 10 working days

’Ie liewe is 'n dice game; ’ie dice rol soes hy rol en jy moet ’it ma’ vat, broe’. Jay en Alpha deel ’n wereld van armoede en bendes en het al twee sonder ’n pa grootgeword. Maar hulle paaie skei: Alpha bly die leier van die Lo$Boys, ’n klein bende in Manenberg, terwyl Jay ’n beurs kry om in Kaapstad te gaan studeer. Vir Jay is dit ’n nuwe begin, maar dan word dinge meteens kompleks wanneer sy pad met die van ’n weggooibaba kruis. Kort voor lank is die situasie nie slegs kompleks nie, maar ook gevaarlik. Waarheen gaan ’n student met ’n baba? Die welsyn en polisie vertrou hy nie, maar sy opsies is beperk. Sou hy dit in Manenberg kon waag? Terwyl ’n bendeoorlog dreig?

Grilgrypers 1: Die Vloek van Vreesbaai (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Grilgrypers 1: Die Vloek van Vreesbaai (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo
R199 R178 Discovery Miles 1 780 Save R21 (11%) Ships in 10 - 15 working days

Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers in Vreesbaai kom woon nie, begin vreemde dinge gebeur. Nie net is die kusdorpie permanent toe onder digte mis nie, maar Miek word skielik gedurig gekonfronteer met sy grootste vrees: 'n monsteragtige, woedende hond. Gou lyk dit ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen ook 'n geheim met hulle saamdra. Kan dit wees dat al die kinders op Vreesbaai deur iets afgrysliks geterroriseer word?

Vrystaatstories (Afrikaans, Paperback): Henning van Aswegen Vrystaatstories (Afrikaans, Paperback)
Henning van Aswegen
R300 R277 Discovery Miles 2 770 Save R23 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Henning van Aswegen skryf volkstories en kinderverhale oor die Vrystaat se hartlike mense en interessante diertjies wat hy tydens sy ongebonde grootwordjare langs Virginia se magtige Sandrivier teëgekom het.

In Vrystaatstories ontmoet die leser vir Mossieman en Geronkie die Donkie wat die niksvermoedende inwoners van die Vrystaat onderwerp aan avonture en poetse, meesal met onvoorspelbare en humoristiese gevolge.

Elke storie en elke skets is oorspronklik, uniek en humoristies – en is geskik vir kinders van 8-80 jaar.

Kinders leer om nie ander kinders af te knou nie (bullying); om kinders en diere met respek te behandel, om teen niemand te diskrimineer nie, en nie lelik en afbrekend met ander te praat nie.

Selfs die kleinste diertjies in die stories soos Mys die Muis, Spinne Spinnekop en ‘n Dowe Paddatjie word met respek en empatie behandel.

In Vrystaatstories word lesers deel van die karakters se koeterwaals en manewales!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Onderwereld
Fanie Viljoen Paperback R242 R216 Discovery Miles 2 160
Kattemaai 2: Annabel Gaan Skool Toe
Betsie Vos Paperback R160 R150 Discovery Miles 1 500
Sankind Lees Die Wind
Wendy Maartens Paperback R200 R188 Discovery Miles 1 880
Die Beste Raaiselboek - Speletjies Wat…
Heidri Mittendorf Paperback R150 R141 Discovery Miles 1 410
Quinn se Jaar van Kwik
Zelda Bezuidenhout Paperback R260 R244 Discovery Miles 2 440
Twa Die Tydloper
Anoeschka Von Meck Paperback R320 R295 Discovery Miles 2 950
Die Woud Van Sneeu & Ys
Frenette van Wyk Paperback R270 R253 Discovery Miles 2 530
Anderkant Die Blou
Zelda Bezuidenhout Paperback R170 R152 Discovery Miles 1 520
Skooluitgawe: Pad Na Jou Hart - 'n…
Ivan Botha, Donnalee Roberts Paperback R185 Discovery Miles 1 850
Hartklop - Die Ontwaking Van Winter…
Sunel Combrinck Paperback R280 R263 Discovery Miles 2 630

 

Partners