0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (16)
  • R50 - R100 (48)
  • R100 - R250 (497)
  • R250 - R500 (41)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children

Spring (Afrikaans, Paperback, 5de Uitgawe): Fanie Viljoen Spring (Afrikaans, Paperback, 5de Uitgawe)
Fanie Viljoen
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hoe ver sal jy gaan om die meisie van jou drome te beindruk? Wat sal jy doen om jou beste vriend se lewe te red?

Rudi en Steven maak 'n snaakse video. Die soort dom video wat jy maak om 'n meisie te probeer beindruk. Kort voor lank het hulle hope aanhangers op YouTube. Hulle kry selfs 'n bynaam - die Vidiote. Maar dan ontmoet hulle vir Marco.

Marco het planne. Opwindende planne. Gevaarlike planne. Planne om die Vidiote se toertjies beter en waaghalsiger te maak. En dan loop dinge skeef ...

Die 17de Veer (Afrikaans, Paperback): Nanette van Rooyen Die 17de Veer (Afrikaans, Paperback)
Nanette van Rooyen
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Storie oor vriendskap, die verlede, vergifnis … en vere.

Lara is nog op skool, maar werk in haar vrye tyd by ’n tatoeëersalon en verkoop vintage-klere vir ekstra sakgeld. Haar ma gebruik kalmeerpille om die lewe in die oë te kyk en oom Dan, wat by hulle woon, is ’n vreedsame funksionele alkoholis. Haar pa was nog nooit deel van haar lewe nie.

Alex het in ’n kinderhuis grootgeword en het ’n troetel-uil. Hy help al sedert sy laerskooldae om siek en beseerde voëls te versorg en weer in die natuur vry te laat. En hy is in Kaapstad omdat hy ’n belofte aan iemand gemaak het.

Toe Lara die eerste keer vir Alex sien, is sy byna seker hy agtervolg haar. Wat sy nog nie weet nie, is dat hulle wêrelde op die punt is om bymekaar te kom. En alles begin met ’n hoededoos vol ou briewe wat Lara op haar ma se kas ontdek. Elkeen van die briewe is deur haar pa geskryf. En by elke brief is ’n veer met ’n storie …

In hierdie opwindende, liriese grootwordverhaal ondersoek Nanette van Rooyen die ingewikkelde bande wat gesinne bymekaarhou, en wat dit regtig beteken om ’n tuiste te hê.

Zackie Mostert: Omnibus 1 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Zackie Mostert: Omnibus 1 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus!

Granaatstraat is ’n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad!

Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou kulkunsies doen, spoke jag, probeer om ’n superheld te word of ’n plan moet maak om uit die skoolkonsert te kom – waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwêreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven – en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak!

Vir die heel eerste keer verskyn vyf van Zackie se lawwe avonture saam in een briljante, bekostigbare omnibus:

1. Zackie Mostert en die ongelooflike kulkunsie

2. Zackie Mostert en die (Byna) Baie Briljante Idee

3. Zackie Mostert en die super-aaklige soen

4. Zackie Mostert en die Gemaskerde Groen Gevaar

5. Zackie Mostert en die spokerige storie

Zackie Mostert Omnibus 3 (4-in-1) (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Zackie Mostert Omnibus 3 (4-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vyf keer meer Zackie-pret! Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou die allervreeslikste stinkbomme maak, sy lyf speurder hou of per ongeluk die buurvrou se kat Groenland toe pos - waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwêreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven - en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak! Kort op die hakke van die vorige omnibusse, verskyn nog vier van Zackie se lawwe avonture EN Zackie se groot grapboek saam in een briljante, bekostigbare omnibus:

- Zackie Mostert en die katkrisis Party katte is oulik en spelerig en hou daarvan om gevryf te word. Mevrou Langenhoven se kat, Katinka, is NIE een van daardie katte nie. Maar toe mevrou Langenhoven vir Zackie en Vincent vra om na Katinka te kyk, stem hulle in, want hulle het dringend ekstra sakgeld nodig. Hoe moeilik kan dit nou wees om 'n kat op te pas ...?

- Zackie Mostert en die vreeslike verjaardag Zackie se beste vriend, Vincent, verjaar een van die dae. Zackie beplan 'n BAIE SPESIALE partytjie. Dit gaan 'n GROOT verrassing wees. Maar ongelukkig besluit Anton om sy partytjie op presies dieselfde dag te hou - en hy gaan seker maak daar is NIEMAND by Vincent se partytjie nie. Wie gaan die beste partytjie in Granaatstraat hou? Dis OORLOG!

- Zackie Mostert en die super-stinkbom Zackie hou nie juis van sing nie ... maar die skoolkoor gaan binnekort op 'n FANTASTIESE kamp. Daarom besluit Zackie en Vincent om in die koor te sing. Kort voor lank begin Anton, die skoolboelie, hulle egter terg. En boonop vind hulle uit die rugbykamp is dieselfde tyd as die koorkamp ... Die koor was 'n VROT idee! Maar dan maak Zackie en Vincent onverwags nuwe vriende - en hulle kry 'n plan om Anton 'n les te leer ... 'n Baie STINK plan!

- Zackie Mostert en die slim speurder Die hele skool is in REP EN ROER. Die beroemde sangeres Jenny Jay gaan 'n konsert by die skool hou ... en sy gaan haar nuutste MUSIEKVIDEO daar kom verfilm! Maar dan verdwyn die sangeres se baie duur halssnoer. En iemand dink Zackie se beste vriend, Vincent, het dit gevat ... Zackie besluit hy gaan sy lyf SPEURDER hou om Vincent se onskuld te bewys! - Zackie Mostert se Groot Grapboek Zackie en sy beste vriend, Vincent, het besluit om 'n boek propvol grappe bymekaar te maak. Lê van die lag met Zackie en Vincent se gunsteling-grappe! Meer as 200 grappies wat jou lekker sal laat skater.

Losprys In Parys (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Losprys In Parys (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Al wat Dienkie wil hê, is om raakgesien te word deur Eddie, die ou wat sy by die gimnasium ontmoet het. Wat sy nié wil hê nie, is die drama wat volg op ’n ontvoeringspoging. Want een van die skurke wat deel is van die groot hofsaak wat haar prokureur-ouers hanteer, hou juis van sulke bangmaak-tegnieke.

Haar ouers besluit daar is net een oplossing: Sy moet na Parys, Frankryk gaan.

Daar sal sy by haar vriendin Lea en haar ouers kan bly tot die hofsaak verby is.

Maar Dienkie beland weereens – per ongeluk – in die middel van ’n situasie wat vir haar moeilikheid veroorsaak.

Gelukkig is die aantreklike Sergio aan haar sy ...

Die Ware Avonture van Adelie en Riley 2 - Die Amadidas (Afrikaans, Paperback): Felicia Snyman-Du Toit, Nike Bekker Die Ware Avonture van Adelie en Riley 2 - Die Amadidas (Afrikaans, Paperback)
Felicia Snyman-Du Toit, Nike Bekker
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die reeks is soortgelyk aan die Kattemaai-reeks deur Betsie Vos. Dié boeke bevat ook ’n jong vroulike hoofkarakter met baie ligte elemente van fantasie. Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme! Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture wat hulle beleef nie. Die agtertuin verander in ’n wêreld waarin daar allerhande monsters en vreemde kreature wegkruip ... In “Die Amadidas” speel Adelie en Riley op die klimraam. Skielik is hulle omring deur baie bomme en bosse – die Amasone!Groot, kwaai voëls probeer hulle bykom. Adelie en Riley moet saamwerk om die vreemde voëls af te weer ...Mamma en Pappa dink die twee maats speel te lekker.Maar hoekom bly daar groot blertse op die klimraam agter?

Z-A-K 3: Die Avonture Van Lionel Afrika (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Z-A-K 3: Die Avonture Van Lionel Afrika (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R120 R113 Discovery Miles 1 130 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lionel Afrika sou daardie oggend nooit kon raai dat hy en sy beste vriend, Mitch, teen die aand op ’n ruimtereis sou gaan nie. Nog minder het hy geweet dat hulle paaie baie ure later sou skei, en dat hy alleen op ’n vreemde plek in die middel van die kosmos sou agterbly.

Maar gelukkig is hy nie heeltemal alleen nie. Grol en Slom ontferm hulle oor hom en maak dit hulle missie om hom te beskerm. Hulle sal nie rus voor hy sy vriende weer gevind het nie.

En so begin die grootste avontuur van Lionel se lewe!

Engele Om Ons - Alles-In-Een Joernaal (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Engele Om Ons - Alles-In-Een Joernaal (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Jaar vol engele! Hierdie unieke dagboek en joernaal vir kinders bevat nie net plek om elke dag jou gedagtes neer te skryf nie, maar is propvol engele. Engele om ons is ’n kombinasie van dagstukkies en gebede, aanhalings en idiome, gedigte en rympies, Bybelstories en ander staaltjies oor al die wonders van engele … en nog baie meer. Wendy Maartens is die samesteller van hierdie joernaal en dit word aangevul deur ’n pragtige bladuitleg en illustrasies.

Nellie En Sion Thwala (Afrikaans, Paperback): Claudette Browne Storrar, Freda Meyer Nellie En Sion Thwala (Afrikaans, Paperback)
Claudette Browne Storrar, Freda Meyer
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Pragtige storie oor vriendskap en liefde Ons wonderlike, diverse, kleurvolle land is vol stories wat verdien om vertel te word. Een so pragtige en belangrike storie is dié van die vriendskap en liefde tussen kinders en hul oppassers.

Hierdie titel is die tweede in die reeks en gaan oor ’n klein seuntjie, Sion, en sy kreatiewe en inspirerende oppasser, Nellie. Nellie deel idees, plaaslike geskiedenis, tradisie en kultuur met Sion. Sy bring ’n bietjie van haar wêreld, woorde en hart in syne in. Sion, op sy beurt, doen wat alle klein seuntjies doen: hy word vrolik deel van die avontuur. Hierdie spesifieke storie handel rondom die konsep van thwala – die Zulu woord vir iets op jou kop dra. Deur ‘n vlak stroom te kruis vir ’n piekniek op die oorkantste oewer, leer Nellie vir Sion die kuns van thwala. Sion leer dat daar meer as een manier is om jou kop te gebruik as jy gekonfronteer word met ‘n probleem.

Hierdie is ’n storie van onskuld, liefde en omgee wat mense aan mekaar sal verbind regoor kulture heen.

Die bergengel (Afrikaans, Paperback): Carina Stander Die bergengel (Afrikaans, Paperback)
Carina Stander
R309 Discovery Miles 3 090 Ships in 4 - 6 working days

“ … daar is sekere vermoens wat alle Bergengele oor alle eeue heen in hul wese moes inweef. Vermoens soos die Dissipline van Feesviering (om elke klein vredesverdrag te vier), die Dissipline van Geheimhouding (om vir twee dekades aaneen die nasie sonder erkenning te dien, vermom as gewone werker) en die Dissipline van Gemeenskap en Afsondering. Vir ’n Bergengel is daar altyd die wisseling tussen binne en buite: of hy is ’n alleenloper wat tevrede is met sy eie geselskap, maar deur meegevoel gedryf word na die trop, of hy is ’n kuddewese wat moet leer om gelukkig te wees as ’n eenkantling. Om ’n Bergengel te wees, is om alleen deur die ondergrondse gange van ’n kapel te stap terwyl daar gesing word – jy hoor nie net die musiek en die stemme nie, jy hoor ook hoe dit eggo in die toekoms.” In Gabriellie het dertien jaar reeds verloop sedert daar enige teken was van ’n Bergengel en glo die jonger generasie byna nie meer aan die bestaan van die mitiese kreature nie. Eron Verberger, seun van die klokmakersegpaar Gibor en Alida Verberger, word egter gedwing om met nuwe oe na fantasie en werklikheid te kyk wanneer hy saam met sy pa op ’n lewensveranderende avontuur vertrek. Wie is die misterieuse Reenboogmaker met wie hulle pad elke nou en dan kruis? Is die brande wat deur die land trek werklik net vure van vernuwende “skoonbrand”, soos die Regiohoofde beweer, of is dit die gevreesde Vuurstorms waarvan die geskiedenis vertel? ’n Mistieke en allegoriese fantasieverhaal van grootword en groei wat tot volwasse sowel as jong volwasse lesers sal spreek.

Bethel Se Berg (Afrikaans, Paperback): Maretha Maartens Bethel Se Berg (Afrikaans, Paperback)
Maretha Maartens
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dis die onstuimige tagtigerjare.

Bethel Hendrix, haar broers en hulle ma reis deur die land in ʼn Kombi.

Hulle leef ʼn nomadiese bestaan en bly net vir ʼn kort ruk in een dorp voor hulle na ʼn volgende beweeg.

Om die gesin aan die lewe te hou, verkoop Bethel se ma vetkoek.

Maar oral waar hulle kom, is dit duidelik dat die gesin anders is. Dat hulle arm is. Dat hulle nie in ʼn regte huis bly nie. Dat hulle ma anders lyk en dink. Dat daar nie ʼn pa saam met hulle is nie.

Al wat Bethel graag wil hê is ʼn plek waar sy haarself kan wees …

CAPS Spring: Afrikaans huistaal (Afrikaans, Paperback, School ed): Fanie Viljoen CAPS Spring: Afrikaans huistaal (Afrikaans, Paperback, School ed)
Fanie Viljoen 2
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hoe ver sal jy gaan om die meisie van jou drome te beindruk? Wat sal jy doen om jou beste vriend se lewe te red? Rudi en Steven maak ’n snaakse video. Die soort dom video wat jy maak om ’n meisie te probeer beindruk. Kort voor lank het hulle hope aanhangers op YouTube. Hulle kry selfs ’n bynaam – die Vidiote. Maar dan ontmoet hulle vir Marco. Marco het planne. Opwindende planne. Gevaarlike planne. Planne om die Vidiote se toertjies beter en waaghalsiger te maak. En dan loop dinge skeef ... Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.

Verlief (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Jaco Jacobs Verlief (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Jaco Jacobs
R94 Discovery Miles 940 Ships in 4 - 6 working days

Was jy al ooit verlief op iemand? Vlinders-op-die-mag-verlief. Halsoorkopdolverlief. So verlief dat jy in die geheim vir iemand ’n liedjie op jou kitaar geskryf het? So verlief dat jy aan niks anders kon dink nie? So verlief dat jy iets baie dom aangevang het? Dan sal die romantiese stories in hierdie bundel jou hart tjoklits laat klop! Verlief bevat 11 liefdesverhale deur bekende en gewilde jeugskrywers soos Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Solet Scheers, Christine Neser en Nelia Engelbrecht.

Die Vierletterwoord (Afrikaans, Paperback): Nelia Engelbrecht Die Vierletterwoord (Afrikaans, Paperback)
Nelia Engelbrecht 1
R148 Discovery Miles 1 480 Ships in 4 - 6 working days

Clarissa Mentz is 'n gr. 11-leerder aan 'n dubbelmedium privaatskool wat verskeie uitdagings moet hanteer: sy moet vrede maak met die omstandighede waarin haar pa verdwyn het; sy moet besin oor haar verhouding met die skool se hoofseun; sy moet haar lojaliteite teenoor vriende in oenskou neem; asook die lewenswaardes wat sy onderskryf, evalueer. Die verhaal speel af in 'n kontemporere Suid-Afrikaanse skoolopset. Dit maak die uitdagings waarmee karakters gekonfronteer word, soveel meer oortuigend, en hul reaksies daarop relevant. Die hoofkarakter word multidimensioneel uitgebeeld, met haar sterk en kwesbare eienskappe in balans. Keurders het hierdie boek aanbeveel vir die voorskryfmark: veral graad 10 tot 12 Addisionele Taal

Jy Handle Dit Net (Afrikaans, Paperback): Eleanor Lombard Jy Handle Dit Net (Afrikaans, Paperback)
Eleanor Lombard
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Drikus voel soos God se afskeepkind. Hy kan nie rugby speel nie. Hy het nie veel maats nie. Hy verloor die skaaktoernooi. En dan is hy in ’n fietsongeluk en daar is nie geld om dit reg te maak nie. Wat nou?

Hy besluit om worsbroodjies te begin verkoop om geld te maak, en toe ontmoet hy vir Donovan, ’n straatkind met ’n unieke uitkyk op die lewe.

So begin ’n ongewone vriendskap wat al twee seuns se lewens onherroeplik verander.

Tania Brink Omnibus 1 (3-In-1) (Afrikaans, Paperback): Tania Brink Tania Brink Omnibus 1 (3-In-1) (Afrikaans, Paperback)
Tania Brink
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lees nou drie van Tania Brink se gewildste tienerliefdesverhale in een lekkerlees-liefdesomnibus!

My hart is vol graffiti
Lara het die perfekte ou. Maar wanneer sy en haar beste vriendin, ’n artikel vir ’n tienertydskrif moet skryf oor graffiti, ontmoet hulle ’n regte graffitikunstenaar wat hulle aan ’n nuwe wêreld bekend stel ...

My eerste soen en ander dinge wat jou uit die bloute kan tref
Toe Reza op haar blog vertel van haar rampspoedige afspraak met ’n ou van die seunskool, het dit onverwagte gevolge. Skielik kan sy uit honderde ouens kies ...

Ouens is nie pizzas nie
Anja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in ’n pizzarestaurant by die see, en dan ontmoet hulle twee aantreklike boeties … en dinge raak warmer as ‘n Meksikaanse pizza met ekstra chilli-sous!

Reg In Die Middel Van Nerens (Afrikaans, Paperback): Nellie Alberts Reg In Die Middel Van Nerens (Afrikaans, Paperback)
Nellie Alberts
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vir die eerste keer vandat Vandre en sy ma Engeland toe geëmigreer het, gaan hy en sy pa sy ouma-hulle besoek, maar ’n lelike motorongeluk reg in die middel van die Boesmanland ontspoor hulle planne. Vandre, op soek na hulp vir sy beseerde pa, verdwaal heeltemal in ’n onbekende stukkie van die wêreld.

Dit word ’n stryd van oorlewing teen die natuur en teen homself

SSS Omnibus 2 (4-in-1) (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers, Alet Steenkamp SSS Omnibus 2 (4-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers, Alet Steenkamp
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Nog vier koshuisavonture in een boek!

Waar Lindie en haar vriendinne is, is daar altyd hope pret, avontuur en naelbyt-aksie! Die vyfstuks Lindie, Talita, Mia, Gina en Andrea beleef allerlei opwindende avonture saam in die Bergrif Meisieskool se koshuis.

Nog vier van die gewilde SSS-boeke verskyn nou saam in een omnibus:

Seesand, sonbrille en smokkelaars

Lindie-hulle kan nie wag om op Seesterbaai te gaan vakansie hou nie. Vyf dae van sand, see, son ... en daar aangekom, ontmoet hulle boonop twee sexy lewensredders! Maar alles is nie pluis op Seesterbaai nie - iemand is met skelmstreke besig wat Lindie-hulle in groot moeilikheid kan laat beland ...

Spoke, speurders en straatkafees

Parys. Die stad van romantiese straatkafees. Aantreklike ouens. En boonop die modehoofstad van die wêreld. Lindie en haar vriendinne kan nie wag vir die toer na Frankryk nie. Maar sommer op die lughawe begin dinge al skeefloop ... Wie is die geheimsinnige donkerkopman op die vliegtuig? En hoekom voel dit of iemand hulle in Parys agtervolg?

Skaduwees, skatte en skelmstreke

Die nuwe skooljaar skop op 'n besige noot af. Lindie se pa trou binnekort. Haar vriende oefen vir 'n padwedloop. En almal is opgewonde oor die Valentynsbal wat voorlê. Maar soos gewoonlik probeer Danelle om dinge vir Lindie-hulle moeilik te maak.En natuurlik is dit haar skuld dat Lindie en Gina douvoordag een oggend by die koshuis moet uitglip en by die grillerige begraafplaas gaan rondsluip. Wat hulle daar sien, is genoeg om enige iemand nagmerries te gee - 'n oop graf, en 'n hand wat uit die graf te voorskyn kom. Wat is by die begraafplaas aan die gang? En sal Lindie-hulle hierdie nuwe raaisel kan oplos?

Soene, sonroom en seestrome

Lindie en haar vriendinne, Gina, Mia, Talita en Andrea, beleef oudergewoonte hope opwinding en avonture in die Bergrif Meisieskool se koshuis. Gina smokkel twee oulike baba-konyntjies die koshuis binne, en dit is glad nie so maklik om hulle vir Matrone weg te steek nie. 'n Aand van skelm-fliek loop boonop skeef toe die kwaai nuwe wiskundejuffrou die vier vriendinne uitvang. En dan is daar die skreeusnaakse voorval met die luislang, wat selfs op YouTube beland ... Maar ten minste lê daar vir Lindie-hulle 'n fantastiese wegbreek-naweek in Durban voor. Mia speel in 'n sepie en hulle gaan almal die kans kry om ekstras te wees - en dit beteken hulle kan die hele naweek lank in hulle swemklere op 'n luukse boot in die son rondlê. Maar toe Mia per ongeluk met 'n geheimsinnige pakkie opgeskeep sit, begin die moeilikheid hulle agtervolg. Waarom kom soek twee geheimsinnige mans helder oordag in die koshuis na die pakkie? En waarom kry Lindie die gevoel dat hulle agtervolg word ...?

Permanente Ink (Afrikaans, Paperback): Carina Dierericks-Hugo Permanente Ink (Afrikaans, Paperback)
Carina Dierericks-Hugo
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kaapstad word deur 'n reeksmoordenaar geteister. Die Romeo-en-Juliet-moordenaar se slagoffers is almal tieners. Verliefde paartjies. En almal word op dieselfde manier gevind: die lyke langs mekaar neergele, hul hande inmekaargevleg. Die meisies het 'n steekwond aan die bors en die seuns is vergiftig. Terwyl die polisie probeer om die moordenaar vas te trek, beland ’n groepie niksvermoedende tieners in ’n gevaarlike web wat al stywer span..

Superskurk (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Superskurk (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Daar is ten minste 10 000 redes waarom ’n vakansie by Wessel se oupa NIE ’n goeie idee is nie.

Sy oupa Zirk bly in ’n groot, grillerige ou huis buite die stad.

’n Tronk is meer pret. Die kamers is donker en dit ruik na visaas en seemeeupoef.

Daar is honderde reëls in sy oupa se huis, en selfs al gehoorsaam jy al die reëls, is ’n hamerkophaai met tandpyn nog steeds vriendeliker as sy oupa. Toe Wessel se ouers hom dus by sy oupa aflaai sodat hulle op ’n eilandvakansie kan gaan, weet hy die goorste vakansie van sy lewe het pas aangebreek.

Maar iets is nie pluis nie. Waarom sluip sy oupa snags in die donker rond?

Wat steek hy in die geheimsinnige gebou buite in die tuin weg waar Wessel glad nie mag kom nie? Hoekom het hy party oggende vreemde skrape en bloukolle, asof hy in ’n geveg was?

Daar is net een manier om uit te vind ...

Kort voor lank is Wessel deel van ’n wilde pretrit vol superhelde, skurke, supercool tegnologie, agterbakse planne en ongelooflike ontploffings! En dit lyk of die verveligste vakansie van sy lewe dalk die avontuur van ’n leeftyd gaan word ...

Thomas@sms.net: Boek 4 (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo [email protected]: Boek 4 (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo 1
R194 Discovery Miles 1 940 Ships in 4 - 6 working days

Die nuwe skooljaar begin nie goed vir Thomas nie. Eers het hy en Hannes 'n nagmerrieondervinding in 'n hyser en dan word hy vir 'n week lank geskors omdat hy die ou drel van 'n Piet Senekal geslaan het. Thomas se pa is so kwaad hieroor, dat hy hom verbied om naby enige rekenaar te kom en hom vir 'n week lank hok! Dit beteken dat Thomas die interhuisdans gaan misloop – sy enigste kans om vir Alex amptelik te vra om sy meisie te wees.

Pieksel (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Pieksel (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vossie de Vos bou 'n robot Vossie de Vos is alleen. Stoksielalleen. Sy ma en pa is altyd besig met werk, werk, werk. Sy tuisskool-onnie, mevrou Moerdyk, het 'n humeur soos 'n dreigende donderstorm. En Vossie het niemand om met hom te speel of hom geselskap te hou nie. Maar Vossie is goed daarmee om dinge uitmekaar te haal en aanmekaar te sit. Op 'n dag besluit hy om vir hom 'n maat te bou. Al wat hy nodig het, is hope planne en allerhande goeters en katoeters. Die oomblik toe Pieksel se ligte aan flikker en sy ratte klikketie-klak begin beweeg, verander Vossie se hele lewe. Pieksel is 'n briljante robot! Hy kan praat, speel, boeke lees en hy is die wêreld se beste boomklimmer. Saam met Pieksel is elke dag 'n avontuur, en Vossie hoef nooit weer alleen te wees nie! Maar hoe lank sal hulle maats kan bly? Pieksel is 'n pragtige storie oor 'n seuntjie wat alleen is en wie se ouers heeldag werk.

Die Klein boek van hipercool hondetoertjies - hipercool hondetoertjies (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Die Klein boek van hipercool hondetoertjies - hipercool hondetoertjies (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Tyd Om Te Skaats (Afrikaans, Paperback): Jacolet van den Berg Tyd Om Te Skaats (Afrikaans, Paperback)
Jacolet van den Berg
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hannah is vasgekeer.

Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer. Sy is vas tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste jeans. Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord speel en die wêreld vanuit sy studeerkamer probeer red. Vas in haar onvermoë om haarself te laat geld. Sy is moeg vir wegkruip, moeg om die enigste agter-die-klip-tiener te wees en te vries wanneer sy moet vlieg.

Tot Lua onverwags ʼn paar ou rolskaatse vir Hannah gee en haar help om kelnerin by die akwarium se koffiewinkel te word.

Hannah kom voor ʼn keuse te staan: veg, vlug of vries?

Sy kies! Sy kyk video’s oor hoe om bo te bly, want skaats gaan sy skaats. Die De Lange-broers kruis haar pad. Leo leer haar skaats, Ben wys haar die dolfyne en Hannah se vlerke kry vere.

Sy vlieg en wanneer sy land ... land sy op wiele!

Spooksoeker 3 (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Spooksoeker 3 (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

WARNO SAL MOET KEER, WANT NOU'S DAAR MÉÉR. MEER SKRIKKE. MEER SKOKKE. MEER SPOKE.

Gedink jy kan nie verder verras word nie? O ja, jy kán … Dis tyd vir oorlog en die spooksoeker van Sekelrivier se aartsvyand, Henry, gaan alles in die stryd werp. Hy speel graag speletjies - en hy speel graag vuil. Niks wat Warno en Allies al geleer het, kon hulle gereed kry vir wat hier aankom nie. Nuwe onthullings. En nuwe gevare. Wat is die slangvrou se geheim? Hoe het Warno se pa gesterf? Watter wrede jong gedaante dwaal deur die dorp? En wat wag in die begraafplaas? Hierdie laaste Spooksoeker-boek is soos 'n wegholperd. Jy beter jou sit ken en klou vir al wat jy werd is!

Hierdie boek volg op Spooksoeker #2 deur dieselfde skrywer en is die laaste boek in die trilogie.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Die Beste Raaiselboek - Speletjies Wat…
Heidri Mittendorf Paperback R157 Discovery Miles 1 570
Die Spaghettiboom
Jaco Jacobs Hardcover R220 Discovery Miles 2 200
Katastrofe
De Wet Hugo Paperback R170 R152 Discovery Miles 1 520
Reënboogrant Maats: Omnibus 2 (3 in 1)
Maritha Snyman, Lorraine Hattingh Paperback R260 R244 Discovery Miles 2 440
Die Wandelende Geraamte - En Ander…
C. J. Langenhoven Paperback R209 Discovery Miles 2 090
In My Ander Lewe Is Ek Ellie
Nerine Ahlers Paperback R220 R175 Discovery Miles 1 750
Quinn se Jaar van Kwik
Zelda Bezuidenhout Paperback R270 R253 Discovery Miles 2 530
Anderkant Die Blou
Zelda Bezuidenhout Paperback R170 R152 Discovery Miles 1 520
Jakkals en Wolf 1 - 6 Lekkerlag Stories…
Wendy Maartens Paperback R230 R216 Discovery Miles 2 160
Skooluitgawe: Pad Na Jou Hart - 'n…
Ivan Botha, Donnalee Roberts Paperback R185 Discovery Miles 1 850

 

Partners