![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children
Wie gaan die MONSTER-MELKSKOMMEL tem? Dit is SKOOLVAKANSIE! Zackie en Vincent gaan sommer hope pret hê! Hulle gaan swem, skaatsplank ry in die parkie en met hulle watergewere speel. Maar soos gewoonlik is Anton die boelie ook in die omtrek. En hierdie keer het hy iemand wat hom gaan help om Zackie-hulle se pret te bederf. Boonop het mevrou Langenhoven kuiergaste vir die vakansie - en Zackie en Vincent word gedwing om met die VERVELIGE tweeling te speel. Dit lyk of dit die aakligste vakansie OOIT gaan wees! Maar toe 'n splinternuwe restaurant sy deure open met 'n kompetisie om te kyk wie die meeste Monster-melkskommels kan drink, begin dit lyk of die vakansie dalk GROOT pret kan wees ... Die wenner kry immers 'n splinternuwe, WILDE, WOESTE WATERGEWEER as prys ...
Die kleurvolle boek maak voorskoolse kinders op 'n prettige manier vertroud met die alfabet van A tot Z. Eenvoudige eerste woorde en klanke wat met elke letter geassosieer word, maak dit maklik om die ABC te leer. Kinders kan aangemoedig word om na die klanke en woorde te luister en dit saam uit te spreek, terwyl die pragtige tonele verken word. Die boek vol letters en woorde vorm deel van die Storiemuis-reeks – 'n moet vir elke voorskoolse kind!
Hier kom Thoko! Thoko is vindingryk! Thoko is vol pret! Thoko is
goedhartig! Thoko is Niki Daly se lieflike nuwe heldin. Thoko
huppel deur die lewe en laat ’n spoor van vrolikheid en ’n paar
fronse agterna. Thoko gaan beslis jou geliefkoosde nuwe vriendin
word.
Vonkie hou sy vlam al goed in toom! Hy kan al vier perfekte rookringetjies blaas! Maar Vonkie voel ... anders ... Hy dink nie hy hoort in Hoefysterbos nie. Die drie beste maatjies, Vonkie, Magriet en Bertie, gaan soek na Vonkie se pa in die Kreukelberge. Maar klein perdjies is nie veronderstel om alleen in die bos rond te loop nie. Gou-gou is die drie in groot moeilikheid! Hulle is stoksielalleen in die berge waar luiperds en drake skuil. Dan word dit donker ... 'n Yslike skaduwee val oor die son ... "Noem my Vuurslag," glimlag die draak.
Prinses Paris het ’n besige dag voor haar. Maar as haar kroon gesteel word, is Paris bang dat sy nie die koning sal kan verteenwoordig nie. Sy ontmoet luiperde, ’n olifant en ’n buffel en sy besef dat elkeen ’n unieke probleem het. Maar sal sy hulle kan help? En sal sy haar kroon betyds terugkry om die koning te kan ontmoet? Kom saam op hierdie Afrika-avontuur met Paris, Kobe en Chunk (die hele Tebow-familie) en besef dat om ander te help die belangrikste doel van alles is.
Gretchen en Barbara haat mekaar. Gretchen kry die hoofrol in hulle dramaklub, maar word geboelie oor haar gewig, terwyl die gewilde Barbara die boelie is. 'n Geheimsinnige sakkie wenspoeier veroorsaak egter chaos . . . Want Barbara daag die vakansie in Gretchen se lyf by die dieetkamp op, terwyl Gretchen in Barbara se lyf by die dramakamp aankom! ’n Skreeusnaakse, maar deernisvolle storie oor boeliegedrag, selfbeeld en ware vriendskap.
Pa is weg, en skielik moet ek ’n grootmens wees. Ek wil nie die man van
die huis wees nie. Ek wil nie hoor hoe Ma in die stilte huil nie. Ek
wil nie hê Mason moet eendag opdaag en vra “Waar is Pa?” nie.
‘n Vertelling oor ons oorsprong, ons geskiedenis, en wie ons is.
Uiteindelik het Daniël ’n nuwe kamermaat, maar daar is iets baie vreemds met hom aan die gang. Waarheen verdwyn Wesley in die middel van die nag? Verder gaan die soektog na Daniël se pa voort. Die kanse begin egter baie skraal te lyk dat hy gevind sal word.
Tibs Tabane en sy vriend Elroy is MAL oor sokker. Hulle berei voor vir
’n belangrike sokkerwedstryd, maar hoekom hoor hulle die heeltyd ’n
stem wat roep: “HONGER-R-R-R”?
Pampoenpit word een oggend wakker van ’n geraas. Toe sy en Toets die
kat by die venster uitloer, sien hulle mense wat besig is om rommel te
verwyder. Die mans en vroue skitter en blink in hul uniforms, soos ware
helde. Toe begin Pampoenpit wonder oor waar daar oral geheime helde is
...
Athandwa se hart is anders as ander mense s’n. Vir so lank as sy kan onthou, kan sy haar hart hoor sing. Eers maak dit haar ’n bietjie bang. Hoekom is sy anders as ander mense? Maar toe sy haar hart probeer stilmaak, ontdek Atandwa ’n geheim – en ’n baie spesiale liedjie … een wat Mamma, Gogo en Koko ook ken. Jy is liefde is ’n liriese verhaal oor hoe liefde en ons uniekhede ons oor generasies heen bind. Die boek is ook beskikbaar in isiZulu en Engels. |
![]() ![]() You may like...
Advances in Robot Kinematics - Theory…
Jadran Lenarcic, Federico Thomas
Hardcover
R6,197
Discovery Miles 61 970
Data Mining and Knowledge Discovery for…
Wesley W Chu
Hardcover
Artificial Intelligence Applications and…
Ilias Maglogiannis, Lazaros Iliadis, …
Hardcover
R3,113
Discovery Miles 31 130
|