0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (16)
  • R50 - R100 (48)
  • R100 - R250 (498)
  • R250 - R500 (41)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children

Sanri Steyn 1: Doktor Zombos se Geheime Formule (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Sanri Steyn 1: Doktor Zombos se Geheime Formule (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen; Illustrated by Johan Strauss
R173 Discovery Miles 1 730 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie is die eerste boek in ’n splinternuwe reeks oor aspirantjoernalis Sanri Steyn en haar vriend Markus se avonture op Raaiselfontein. Die aweregse humor en lekker grillerige avonture sal seuns en meisies vasgenael hou!

Nova 5: Eindspel (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Nova 5: Eindspel (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Lucas Niemand se hele lewe het verander een nag toe hy 'n vreemde ruimtetuig gesien het. Hy en sy vriende Duart, Ayanda, Olive en Brandon het reeds 'n reeks skrikwekkende avonture agter die rug. Lucas ken nou die Nova-weermagbasis se geheime. Hy weet wie die geheimsinnige Sterreloper is.

Sms'e, Skurke en Spinnekoppe (Afrikaans, Paperback, 4de UItgawe): Nerine Ahlers, Alet Steenkamp Sms'e, Skurke en Spinnekoppe (Afrikaans, Paperback, 4de UItgawe)
Nerine Ahlers, Alet Steenkamp
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 6 working days

Vier dae in die bos … Dit is wat vir Lindie en die res van die graadneges voorlê op die skoolkamp. Die enigste ligpuntjie is die luukse lodge met die Franse sjef waarvan Mia praat. Maar voordat die kamp begin, is daar eers ’n nare onderwyseres wat ’n les geleer moet word. En iemand sorg daarvoor dat Diaan met die blou oë en die kuiltjieglimlag dalk nooit weer met Lindie gaan praat nie. ’n Verskriklike ding gebeur egter op die kamp wat hulle gou van al hierdie probleme laat vergeet …

Ek + jy (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers, Alet Steenkamp Ek + jy (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers, Alet Steenkamp
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Nadat haar vorige ou haar verkul het, besluit Annabelle sy stel nie meer in ouens belang nie. Maar dan ontmoet sy ’n blouoog-hunk wat haar laat twyfel ... Moet sy dalk weer ’n ou ’n kans gee, of gaan sy weer seerkry?

Nova 4: Sterreloper (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Nova 4: Sterreloper (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R178 Discovery Miles 1 780 Ships in 4 - 6 working days

Niks sal ooit weer dieselfde wees nie. Lucas ken Nova-eenheid se geheime. Hy het met sy eie oe die eksperimente in die laboratoriums gesien: die monstermense, die verskrikte ruimtewesens in die tenks. En hy verstaan nou waar sy en sy vriende se spesiale kragte vandaan kom. Hulle was ook daar, in daardie laboratoriums, jare gelede. Hulle was ook eksperimente. Al verskil is, hulle was die suksesverhale ...

Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die seerower van Watsenaam (Afrikaans, Paperback): Henry Ferreira Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die seerower van Watsenaam (Afrikaans, Paperback)
Henry Ferreira
R162 Discovery Miles 1 620 Ships in 4 - 6 working days

Wie kom daar oor die vaal, verlate vlakte aangery? Dit is Cowboy Koekemoer en sy getroue kameelperd, Shorty. Na 'n lang dag is die twee baie honger en dors. In die dorpie Watsenaam is alles egter nie pluis nie. Vlugvoet die Vraatsige Seerower voer 'n skrikbewind onder die inwoners. Die sluwe skurk met sy nare kraai steel al die dorp se water. Maar as gevaar hom in die gesig staar, is Koekemoer nie verniet die dapperste cowboy in die Klein-Karoo nie...

Nova 3: Bloedbroers (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Nova 3: Bloedbroers (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R178 Discovery Miles 1 780 Ships in 4 - 6 working days

Terwyl Lucas en sy vriende probeer om Ayanda se dood te verwerk, word hulle gekonfronteer met vreemde gebeure: 'n misterieuse bol lig, so groot soos 'n rugbybal, hang in die donker buite Brandon-hulle se huis; 'n massiewe swart trok ry Nova se strate binne en verdwyn in die Hok. Die skool word ook skielik ontruim wanneer 'n vuur uitbreek en dele van die skool ontplof. Al die leerders en onderwysers soek skuiling in 'n ondergrondse bunker. Om sake te vererger vertel Lucas se ma vir hom 'n geheim...Dit keer sy hele wereld om en hy kan nie help om anders na homself en sy vriende te kyk nie. Wanneer Duart uitvind van die geheim, kom daar 'n breuk in sy en Lucas se vriendskap. Wanneer hulle toegesluit word in 'n klein, lee stoorkamer binne die Hok, breek daar selfs 'n rowwe stoeigeveg uit tussen die twee.

Soos 'n Wens, So Groot (Afrikaans, Hardcover): Ingrid Mennen Soos 'n Wens, So Groot (Afrikaans, Hardcover)
Ingrid Mennen; Illustrated by Katrin Coetzer
R127 Discovery Miles 1 270 Ships in 4 - 6 working days

Wat Rashied die graagste wil he, is iets ronds. "Wat is rond?" vra Oupa toe hy en Rashied die aand stories lees, en weer toe Rashied ontbyt eet. Rashied gooi 'n sirkel melk om die pap in sy blou bakkie, en daar sien hy dit: 'n eiland in sy bord! Dis Robbeneiland! Toe vertel Oupa vir hom die storie van hoe hulle op Robbeneiland, jare gelede, sokker gespeel het en hoe die spel hulle weer gevul het met hoop en hulle vry laat voel het. Soos 'n wens, so groot is 'n hartverwarmende verhaal oor 'n oupa en kleinseun se spesiale band.

Kondensmelk (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Kondensmelk (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Superhipermega-aaklig. Dis hoe Elle voel oor die vakansie wat voorle. En daar is 'n paar baie goeie redes waarom sy so voel: Beskaafde mense hou nie vakansie in ’n tent in die diepste bosse van Botswana nie. Sy mis haar twee beste vriende, Estelle en Chanelle, en die winkels en partytjies in die stad. Zero selfoonontvangs. Maar in die bosse van Botswana ontdek Elle boonop ’n nare geheim oor haar ouers ... en teen wil en dank moet sy die twee seuns beter leer ken.

Offers Vir Die Vlieë (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Offers Vir Die Vlieë (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Op sewentien, toe ons by Opleidingskamp Alpha rapporteer, het ons elkeen ons eie S13 gekry. Daardie dag, toe ek my hande op die swart metaalhuls van die geweer lê, het iets in my doodgegaan. Ek het dit net nie toe al besef nie.

Dertig soldate kry van kleintyd af intense weermagopleiding in ’n distopiese staat.

Ses jong soldate, ontneem van hul menslikheid en hulle jeug, bly oor en word ontplooi na die Front.

Een van hulle vermoor hul seksieleier.

Almal ontken hulle is skuldig.

Wie van hulle lieg?

'n Klein Bietjie Magic (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen 'n Klein Bietjie Magic (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Soms voel dit net of daar ’n bietjie magic in die lug is ...

Toe Janke se pa-hulle besluit hulle gaan nie hierdie Desember op Gourits vakansie hou soos gewoonlik nie, is sy nie baie beïndruk nie. Toe sy uitvind hulle gaan na die piepklein, geïsoleerde Noord-Kaap kusdorp McDougallsbaai bly vir vier weke, nog minder. ’n Piepklein dorp saam met ’n oorbeskermende ma is NIE Janke se idee van ’n prettige vakansie nie ...

Ten minste is daar ’n oulike buurseun, Stefen, wat vinnig die ligpunt van Janke se vakansie word. Daar is net iets aan Stefan se sjarme en die verlatenheid van die dorpie onder die groot sterrehemel wat haar laat voel daar is iets magical in die lug ... En wie weet wat kan
gebeur?

Vreesloos (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Vreesloos (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vreesloos? Elle is eerder vrekbang. Haar matriekjaar spoed ten einde. Sy wil brieke gooi, want sy weet nie of sy kans sien vir ’n lewe anderkant die rooibaksteenmure van Gravitas nie. Waar ander meisies planne maak vir hul groot matriekvakansie, probeer sy daarvan vergeet. Sy wil elke laaste oomblik met oorgawe geniet. Soos die matriekdans.

Op hierdie dans gaan sy ’n laaste kans kry om haar stempel af te druk. Dit moet onvergeetlik wees, veral vir die nuwe hoofmeisie en die graadelfs. Alles is droommooi: van die statige ou skoolgeboue tot haar metgesel in sy donker pak. Alles is supermega-stylvol: van die oerwoud in die skoolsaal tot die gourmet disse op die tafel. Mevrou Bender is op haar pos, goedkeurend en in beheer.

Wat kan verkeerd loop? Net mooi alles.

As haar droomdans dan wel onvergeetlik is, maar om al die verkeerde redes, moet Elle keuses maak. Sy en Refilwe moet die gevolge dra, want hulle is die gesig van Gravitas.

En wat wag vir Elle en Refilwe aan die einde van die eksamen? Gaan dit ’n vakansie in ’n pienk bikini wees, of ’n verblyf in ’n tronksel in ’n oranje oorpak?

Die Uile Van Kranskop (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Cor Dirks Die Uile Van Kranskop (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Cor Dirks
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Op ’n geheimsinnige brief wat Philip Senekal vir Hennie Pretorius in die Wiskundeklas stuur, staan in groot drukletters: “UITERS GEHEIM – WYS VIR NIEMAND NIE”. Die brief is onderteken deur Die Groot Uil en Hennie moet hom tweede pouse by die bome agter die skietbaan ontmoet. Wat kan dit beteken?

Dit is nie net Hennie wat so ’n vreemde boodskap van Die Groot Uil kry nie. Ook drie ander graad 9’s Berrie du Toit, Vaatjie Botha en Jorsie Neethling kry opdragte om op ’n sekere tyd op ’n sekere plek te wees.

Gou is dit duidelik dat Die Groot Uil, oftewel Philip, sy vier Kranskopse vriende – wat voortaan as Die Uile bekend sal staan – bymekaargeroep het vir die begin van ’n hele reeks onvergeetlike avonture. Diewe word gevang en boelies moet les opsê … Maar sal alles vir hierdie vyf Uile ewe glad verloop? Wat gebeur as hulle onder verdenking kom en as Philip se suster skielik spoorloos verdwyn?

Spoke en ander gruwelike goed (Afrikaans, Paperback, New Edition): Fanie Viljoen Spoke en ander gruwelike goed (Afrikaans, Paperback, New Edition)
Fanie Viljoen
R236 Discovery Miles 2 360 Ships in 4 - 6 working days

Daar is rêrig goed soos spoke en zombies en vampiere en dooie dinge wat in die donker rondsluip. Dit is hulle wat die hare op jou vel laat regop staan. Wat jou laat omkyk as jy alleen in die donker loop. En dis hulle wat jou drome kan omtower in 'n nagmerrie! Hierdie lekker boek vol grillerige stories is al vir meer as tien jaar in druk en bly immergewild.

Een teen Adamastor (Afrikaans, Paperback): Francois Verster Een teen Adamastor (Afrikaans, Paperback)
Francois Verster
R178 Discovery Miles 1 780 Ships in 4 - 6 working days

Een teen Adamastor is ’n historiese roman wat ’n rekonstruksie van ’n bepaalde historiese tydperk (omstreeks 1830–1834) bied, maar ook naby kom aan ’n ewe bekende subgenre: die ou Kaapse romans – spanningsverhale verpak in ’n historiese milieu.

Verskillende magte wat inderdaad histories bestaan het, word teen mekaar uitgespeel terwyl die hooffigure tussendeur hul weg moet vind.

Toring Van Jasmyn (Afrikaans, Paperback): Derick van der Walt Toring Van Jasmyn (Afrikaans, Paperback)
Derick van der Walt
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Toring van Jasmyn speel in die kleurvolle strate van Istanboel af. Markus Combrink reis saam met sy pa, suster en "nuwe boetie'' Neil (hy trek in by hulle na sy ouers se dood), na dié Turkse stad. Terwyl hulle pa werk, verken die tieners die pragtige besienswaardighede en raak bevriend met twee plaaslike tieners, Meryem en Sahib. Daar is politieke onrus, en bomaanvalle deur plaaslike terreurgroepe dreig om die Combrinks se vakansie in ’n nagmerrie te omskep. Boonop worstel Markus met sy ouers se onlangse egskeiding en moet Neil die verlies van sy ouers verwerk. Wanneer Markus se suster egter ontvoer word, begin die poppe behoorlik dans. Die vakansie ontaard in ’n avontuur wat die Combrinks nie sommer sal vergeet nie.

Vetplantfeetjies (Afrikaans, Paperback): Ingrid De Kok, Antjie Krog Vetplantfeetjies (Afrikaans, Paperback)
Ingrid De Kok, Antjie Krog; Illustrated by Fiona Moodie
R283 Discovery Miles 2 830 Ships in 4 - 6 working days

Suider-Afrika het die rykste en uiteenlopendste groepering vetplante ter wêreld. Vetplantfeetjies is ’n versameling kinderryme en pragtige kunswerk oor inheemse vetplante wat ook feetjies is, in die styl van Fynbosfeetjies, die boek se suksesvolle voorganger. Antjie Krog en Ingrid de Kok het die verse geskryf, en Fiona Moodie het kunswerk in volkleur geskep. Soos in Fynbosfeetjies, kry die plantjies se wonderlike volksname lewe en word die wetenskaplike name ook aangedui in ’n boek wat gou ’n klassieke werk sal raak.

Faizel En Die Sterre (Afrikaans, Paperback): Rafiek Mammon Faizel En Die Sterre (Afrikaans, Paperback)
Rafiek Mammon; Illustrated by Joan Rankin
R168 Discovery Miles 1 680 Ships in 4 - 6 working days

All Faizel ever wanted was to "shine" like the stars he so dearly adores. The day before his fifth birthday is an ordinary day: he and his sister play with her dolls and he helps his mother with the laundry. But his dad always has something to say about Faizel being "like that". What exactly does his dad mean when he uses the words, "like that"? What is in the wrapped gift that they surprise him with on the morning of his birthday, and what lies ahead for Faizel's future? Will he get to live his dream and shine like a star? A gentle story about a little AfriKaaps boy who is different that teaches children about acceptance and tolerance, and to be loving.

Blou is nie 'n Kleur nie (Afrikaans, Paperback): Carin Krahtz Blou is nie 'n Kleur nie (Afrikaans, Paperback)
Carin Krahtz
R199 Discovery Miles 1 990 Ships in 4 - 6 working days

Na die ongeluk drie jaar gelede val die oënskynlik gelukkige Vorster-gesin se lewens uitmekaar. Carin Krahtz sny met presisie deur die lewens van elk van die gesinslede met skerpsinnige dialoog en temper die verhaal met humor. Hierdie is nie 'n wroegroman nie, maar 'n nugtere kyk na die lewens van 'n gesin wat verbrokkel en verswelg word deur voorstedelike angs en ander bagasie.

Hoera! Thoko (Afrikaans, Paperback): Niki Daly Hoera! Thoko (Afrikaans, Paperback)
Niki Daly
R157 Discovery Miles 1 570 Ships in 4 - 6 working days

Hier kom Thoko! Thoko is vindingryk! Thoko is vol pret! Thoko is goedhartig! Thoko is Niki Daly se lieflike nuwe heldin. Thoko huppel deur die lewe en laat ’n spoor van vrolikheid en ’n paar fronse agterna. Thoko gaan beslis jou geliefkoosde nuwe vriendin word.

Niki maak die leeservaring oor die lewe as jong kind amusant en realisties. Niki is in 2009 vereer met die Molteno Goue Prys vir Lewensprestasie in Letterkunde.Hierdie is die eerste boek in die Thoko reeks, met vier maklik leesbare stories.

Die towervis (Afrikaans, Paperback): Margie Orford Die towervis (Afrikaans, Paperback)
Margie Orford; Illustrated by Lizza Littlewort
R110 Discovery Miles 1 100 Ships in 4 - 6 working days
Helde en Boewe in die Wilde Weste - MML 2017 Literature Award Winner (Afrikaans, Paperback): Alwyn Tredoux Helde en Boewe in die Wilde Weste - MML 2017 Literature Award Winner (Afrikaans, Paperback)
Alwyn Tredoux 1
R154 Discovery Miles 1 540 Ships in 5 - 10 working days

Almal se koppe swaai in Cor se rigting. Groot Ben Slechter kom reguit na hom toe aangestap. Benoudheid druk Cor se bors inmekaar.

Groot Ben kom staan amper teenaan Cor. So naby dat hy hom kan ruik. Cor maak op ’n ongaangename manier kennis met ’n spul boewe in die dorpie Grafhout. Nadat hulle die bank beroof het, vlug hulle die woestyn in met al Grafhout se goud.

Sal die Sheriff en sy manne dit regkry om die spul boewe vas te trek, of maak Cor self ’n plan?

MML 2017 Letterkunderprys Wenner.

Trompie Omnibus 8 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Topsy Smith Trompie Omnibus 8 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Topsy Smith
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 4 - 6 working days

Die laaste omnibus in hierdie reeks bevat nóg drie gewilde Trompie-stories. Die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit en Trompie en sy maats besluit om in die kloof te gaan swem en dan teen die berg op te klim en die grotte daarbo te verken. Trompie ontmoet ook die mooiste meisie wat hy nog ooit gesien het en ding mee teen sterk kompetisie in die atletiekspan.  

Staan Op Vir Die Six (Afrikaans, Paperback): Celeste Slabber-Loriston Staan Op Vir Die Six (Afrikaans, Paperback)
Celeste Slabber-Loriston
R220 R165 Discovery Miles 1 650 Save R55 (25%) Pre-order

‘n Bende-oorlog ontstaan oor die Six, waar Astrid se broer Poema en sy Strikers regeer. Rolo en die Havanaboys beheer al die ander buurte, maar Poema weier om die Six af te gee.

Astrid begin ‘n veldtog aanlyn, #bendesmustfall, en dit maak dat Rolo haar raaksien, want haar veldtog is besig om mense teen die bendes te laat draai. Wanneer Rolo sy broer Mervin dwing om met Astrid vriende te maak, begin dit ‘n onkeerbare golf van geweld en verraad in die Six.

Waar bendes baklei, wen niemand nie.

Vreesvanger (Afrikaans, Paperback): Brigette Labuschagne Vreesvanger (Afrikaans, Paperback)
Brigette Labuschagne; Illustrated by Stephen Wallace
R220 R165 Discovery Miles 1 650 Save R55 (25%) Pre-order

Wie sal JY bel as jou grootste vrese waar word?

Henri dink dit spook in Skilliepark. Ligte flikker, goed verdwyn, en vreemde geluide hou hom snags wakker. Maar wanneer sy eienaardige buurman oom Charl en die snipperige Amelia hom die waarheid vertel, ontdek Henri iets veel ergers as spoke...

Dit is Vrese – werklike vrese wat uit mense se gedagtes ontsnap en moles maak in die regte wêreld. Boonop is Henri blykbaar een van die min mense wat Vrese kan sien – en kan help om hulle te vang.

Maar om ‘n Vreesvanger te word is nie so maklik nie.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Reënboogrant Maats: Omnibus 2 (3 in 1)
Maritha Snyman, Lorraine Hattingh Paperback R260 R244 Discovery Miles 2 440
Die Beste Raaiselboek - Speletjies Wat…
Heidri Mittendorf Paperback R157 Discovery Miles 1 570
Anderkant Die Blou
Zelda Bezuidenhout Paperback R170 R152 Discovery Miles 1 520
Rommel Die Ruimtehondjie
Nico Meyer Paperback R130 R120 Discovery Miles 1 200
Skooluitgawe: Pad Na Jou Hart - 'n…
Ivan Botha, Donnalee Roberts Paperback R185 Discovery Miles 1 850
Hartklop - Die Ontwaking Van Winter…
Sunel Combrinck Paperback R280 R263 Discovery Miles 2 630
Samboksalf en ’n Draaktraan
A.M. Holder Paperback R270 R253 Discovery Miles 2 530
Jakkals en Wolf 1 - 6 Lekkerlag Stories…
Wendy Maartens Paperback R230 R216 Discovery Miles 2 160
Die Wilde Wereld Van Afrika - 'n…
Owen Hendry Paperback R220 R203 Discovery Miles 2 030
Kattemaai 2: Annabel Gaan Skool Toe
Betsie Vos Paperback R160 R150 Discovery Miles 1 500

 

Partners