![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children
Superhipermega-aaklig. Dis hoe Elle voel oor die vakansie wat voorle. En daar is 'n paar baie goeie redes waarom sy so voel: Beskaafde mense hou nie vakansie in ’n tent in die diepste bosse van Botswana nie. Sy mis haar twee beste vriende, Estelle en Chanelle, en die winkels en partytjies in die stad. Zero selfoonontvangs. Maar in die bosse van Botswana ontdek Elle boonop ’n nare geheim oor haar ouers ... en teen wil en dank moet sy die twee seuns beter leer ken.
Vreesloos? Elle is eerder vrekbang. Haar matriekjaar spoed ten einde. Sy wil brieke gooi, want sy weet nie of sy kans sien vir ’n lewe anderkant die rooibaksteenmure van Gravitas nie. Waar ander meisies planne maak vir hul groot matriekvakansie, probeer sy daarvan vergeet. Sy wil elke laaste oomblik met oorgawe geniet. Soos die matriekdans. Op hierdie dans gaan sy ’n laaste kans kry om haar stempel af te druk. Dit moet onvergeetlik wees, veral vir die nuwe hoofmeisie en die graadelfs. Alles is droommooi: van die statige ou skoolgeboue tot haar metgesel in sy donker pak. Alles is supermega-stylvol: van die oerwoud in die skoolsaal tot die gourmet disse op die tafel. Mevrou Bender is op haar pos, goedkeurend en in beheer. Wat kan verkeerd loop? Net mooi alles. As haar droomdans dan wel onvergeetlik is, maar om al die verkeerde redes, moet Elle keuses maak. Sy en Refilwe moet die gevolge dra, want hulle is die gesig van Gravitas. En wat wag vir Elle en Refilwe aan die einde van die eksamen? Gaan dit ’n vakansie in ’n pienk bikini wees, of ’n verblyf in ’n tronksel in ’n oranje oorpak?
Daar is rêrig goed soos spoke en zombies en vampiere en dooie dinge wat in die donker rondsluip. Dit is hulle wat die hare op jou vel laat regop staan. Wat jou laat omkyk as jy alleen in die donker loop. En dis hulle wat jou drome kan omtower in 'n nagmerrie! Hierdie lekker boek vol grillerige stories is al vir meer as tien jaar in druk en bly immergewild.
Verse vir tieners deur tieners
Kiets is anders as die ander katte in die agterstrate van Parys. Sy kan enige iets doen waarop sy haar kop sit. Selfs wanneer ander nie in haar glo nie. Sy verlaat haar katfamilie en gaan ontdek die stad waar sy die aande om dans en sing. Op haar reis ontmoet sy die legendariese Édith Piaf en Josephine Baker. Kort voor lank is sy ook beroemd. Maar is dit regtig die lewe wat sy wil hê? Katte het bowenal nege lewens, jy weet ... Dianne Hofmeyr is een van Suid-Afrika se voorste kinderboekskrywers wat met verskeie pryse vereer is, insluitend die Sanlam Goue toekenning vir jeugliteratuur, wat sy al meer as een keer ontvang het. Haar boeke is in 18 tale vertaal. Piet Grobler is 'n bekende, veel bekroonde Suid-Afrikaanse illustreerder en skrywer van meer as tagtig boeke vir kinders.
Wie gaan die MONSTER-MELKSKOMMEL tem? Dit is SKOOLVAKANSIE! Zackie en Vincent gaan sommer hope pret hê! Hulle gaan swem, skaatsplank ry in die parkie en met hulle watergewere speel. Maar soos gewoonlik is Anton die boelie ook in die omtrek. En hierdie keer het hy iemand wat hom gaan help om Zackie-hulle se pret te bederf. Boonop het mevrou Langenhoven kuiergaste vir die vakansie - en Zackie en Vincent word gedwing om met die VERVELIGE tweeling te speel. Dit lyk of dit die aakligste vakansie OOIT gaan wees! Maar toe 'n splinternuwe restaurant sy deure open met 'n kompetisie om te kyk wie die meeste Monster-melkskommels kan drink, begin dit lyk of die vakansie dalk GROOT pret kan wees ... Die wenner kry immers 'n splinternuwe, WILDE, WOESTE WATERGEWEER as prys ...
Lawwe grappe vir enige onderwerp onder die son! Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat hope grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor rugby en krieket, miskruiers, miere en ander snaakse diere, vakansiegrappe en 'n klomp lekker spokerige grappe! Hoekom wou die hond nie tennis speel nie? Hy was 'n bokser. Het jy gehoor van die hokkiespan wat so opgewonde was omdat hulle vyfuur die oggend moes oefen? Toemaar, ek ook nie. Watter soort kryt maak 'n mens pimpel en pers? 'n Stoeikryt. Waar boer spoke? In begraafplase. Wat eet vegetariese vampiere? Nek-tariens en bloedlemoene Daar is nou vier splinternuwe lekkerlag-titels in die reeks: - 101 Sportgrappe - 101 Vakansiegrappe - 101 Spookgrappe 101 Goggagrappe Vorige titels in die reeks: - 101 Dieregrappe - 101 Klop-klop-grappe - 101 Lawwe grappe - 101 Grappe vir pousetyd
Dit is tyd om jou binne-leeu te ontdek. Die wêreld het verander. Dit is warm en dit het jare laas gereën. Die bome is weg. Al die ys het gesmelt. Sedert Feliks se mense sonder hom weggetrek het, bly hy alleen op 'n strand, met net 'n lafhartige leeu, 'n veglustige seemeeu en 'n trop lastige bobbejane as geselskap. Maar op 'n dag is daar seilskepe op die horison. Aan boord is die bevelvoerder, kaptein Blou, en haar vreesaanjaende bemanning. Hulle is ysbere wat die wêreld vol swerf op soek na die laaste oorblywende ys. Toe die bere voet aan wal sit, is hulle eers vasbeslote om Feliks op te vreet. Maar die ysbeer-kaptein is seker sy ruik iets geheimsinnigs in sy bloed. Sy glo Feliks kan hulle gaan wys waar die laaste ys is! Wat volg is 'n swerftog die onbekende in, om ys iewers in die berge te gaan soek. En terwyl Feliks die ysbere aanvanklik op 'n dwaalspoor lei, begin hy stadig maar seker besef hul reis kan dalk die wêreld verander … as hy die bere kan oortuig van sy droom oor die Groot Koelte. Hierdie meesleurende fantasieverhaal is meesterverteller Leon de Villiers op sy allerbeste. Dit is 'n aksiebelaaide storie wat knetter met vonke van humor, kraakvars taal, kreatiwiteit, deernis, hoop - en 'n onblusbare liefde vir die natuur.
Your favourite children's author is back with his delightful local heroine, Thoko! Niki Daly makes reading about life as a child entertaining and realistic with his much-loved character. Thoko's laughter and positivity makes her stories fun and accessible. The stories will cultivate the joy of reading in the hearts of children. This is the third book in the Thoko series with four easy-to-read stories: 'Thoko's Special Soup', 'Thoko's Scary Night', 'Thoko's Snail Garden' and 'Thoko's Holiday'. Like all the books in the series, What's up! Thoko is available in English, Afrikaans, isiXhosa and isiZulu.
Een teen Adamastor is ’n historiese roman wat ’n rekonstruksie van ’n bepaalde historiese tydperk (omstreeks 1830–1834) bied, maar ook naby kom aan ’n ewe bekende subgenre: die ou Kaapse romans – spanningsverhale verpak in ’n historiese milieu. Verskillende magte wat inderdaad histories bestaan het, word teen mekaar uitgespeel terwyl die hooffigure tussendeur hul weg moet vind.
Stefan vry graag in die bondel. Maar Ciska, met haar krullerige rooi hare en sexy lyf, is die eerste meisie wat sy voete regtig onder hom uitslaan. Vir haar sal hy enigiets doen, selfs in 'n getroue verhouding wees vir altyd. Maar die irriterende rykmansdogter, Surette, is vasberade om haar kloue in Stefan te hou. Hierdie romantiese reeks met heelwat avontuur, aksie en hartstog sal lesers vasgevang hou tot die laaste bladsy!
Toring van Jasmyn speel in die kleurvolle strate van Istanboel af. Markus Combrink reis saam met sy pa, suster en "nuwe boetie'' Neil (hy trek in by hulle na sy ouers se dood), na dié Turkse stad. Terwyl hulle pa werk, verken die tieners die pragtige besienswaardighede en raak bevriend met twee plaaslike tieners, Meryem en Sahib. Daar is politieke onrus, en bomaanvalle deur plaaslike terreurgroepe dreig om die Combrinks se vakansie in ’n nagmerrie te omskep. Boonop worstel Markus met sy ouers se onlangse egskeiding en moet Neil die verlies van sy ouers verwerk. Wanneer Markus se suster egter ontvoer word, begin die poppe behoorlik dans. Die vakansie ontaard in ’n avontuur wat die Combrinks nie sommer sal vergeet nie.
Die Vasbyt Vyf is almal op Handré se oom se wildsplaas vir ’n
ontspannende vakansie na hulle ontvoering en ontsnapping. Altans, dis
veronderstel om een te wees – tot hulle pens en pootjies in nog ’n
avontuur beland.
“GEEN BABAS IN HIERDIE HUIS NIE!”
Uiteindelik het Daniël ’n nuwe kamermaat, maar daar is iets baie vreemds met hom aan die gang. Waarheen verdwyn Wesley in die middel van die nag? Verder gaan die soektog na Daniël se pa voort. Die kanse begin egter baie skraal te lyk dat hy gevind sal word.
‘n Vertelling oor ons oorsprong, ons geskiedenis, en wie ons is.
Athandwa se hart is anders as ander mense s’n. Vir so lank as sy kan onthou, kan sy haar hart hoor sing. Eers maak dit haar ’n bietjie bang. Hoekom is sy anders as ander mense? Maar toe sy haar hart probeer stilmaak, ontdek Atandwa ’n geheim – en ’n baie spesiale liedjie … een wat Mamma, Gogo en Koko ook ken. Jy is liefde is ’n liriese verhaal oor hoe liefde en ons uniekhede ons oor generasies heen bind. Die boek is ook beskikbaar in isiZulu en Engels. |
You may like...
Towards Efficient Fuzzy Information…
Chongfu Huang, Yong Shi
Hardcover
R2,862
Discovery Miles 28 620
|