Op ’n geheimsinnige brief wat Philip Senekal vir Hennie Pretorius in die Wiskundeklas stuur, staan in groot drukletters: “UITERS GEHEIM – WYS VIR NIEMAND NIE”. Die brief is onderteken deur Die Groot Uil en Hennie moet hom tweede pouse by die bome agter die skietbaan ontmoet. Wat kan dit beteken?
Dit is nie net Hennie wat so ’n vreemde boodskap van Die Groot Uil kry nie. Ook drie ander graad 9’s Berrie du Toit, Vaatjie Botha en Jorsie Neethling kry opdragte om op ’n sekere tyd op ’n sekere plek te wees.
Gou is dit duidelik dat Die Groot Uil, oftewel Philip, sy vier Kranskopse vriende – wat voortaan as Die Uile bekend sal staan – bymekaargeroep het vir die begin van ’n hele reeks onvergeetlike avonture. Diewe word gevang en boelies moet les opsê …
Maar sal alles vir hierdie vyf Uile ewe glad verloop? Wat gebeur as hulle onder verdenking kom en as Philip se suster skielik spoorloos verdwyn?
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!