![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children
Terwyl Tom en sy ouma ’n kunsgalery besoek, dwaal hy af en bevind homself in ’n syvertrek waar hy ’n baie spesiale uitstalling raakloop … Hierdie boek is ’n aangrypende inleiding tot kuns wat deur kinders sowel as volwassenes geniet sal word.
Soms vind harte mekaar selfs oor eeue heen … Sewe maande ná haar hartoperasie begin Madelaine Taaibosch vermoed daar is iets verkeerd. Sy is seker die skenkerhart wat in haar borskas klop, is 'n gebroke hart. Die dokters verseker haar daar is niks met die hart verkeerd nie, maar sy begin vreemde dinge sien. Dinge uit die verlede. Dinge wat in die toekoms gaan gebeur. Dis wanneer Madelaine op haar antieke hemelbed lê dat die Franssprekende Camille verskyn en sy in die verlede terugreis. Dis wanneer sy Koba word en verlief raak op Buks, wat sterf wanneer hy haar tydens die Anglo-Boereoorlog teen die Engelse beskerm; dis wanneer sy Madelaine Taillefert word en haar lewe nog eens deur haar beminde, Hildebrand von Solms, gered word … En dan is daar Brand, die rekenaar- en geskiedenisboffin wat graag navorsing oor sy stamboom doen. Hy vind uit Buks was sy pa se oupagrootjie en dat Hildebrand von Solms ook een van sy voorvaders was. Brand se oorlede meisie se hart klop nou in Madelaine se bors … Terwyl Madelaine en Brand die geheime van die verlede stadig maar seker ontrafel, is hulle gewikkel in 'n stryd teen tyd voordat die hart in Madelaine se borskas ophou klop … Hierdie asemrowende jeugroman deur die bekroonde skrywer Jan Vermeulen laat die grense tussen droom en werklikheid, hede en verlede meesterlik vervaag in 'n wegholrit van 'n liefdesverhaal wat jou meesleur tot op die laaste bladsy. 'n Uitdagende, boeiende roman vir jong volwassenes; temas soos sterflikheid, orgaanskenking, tweede kanse, reïnkarnasie, tydreise en tienerromanse word ondersoek. 'n Vorige roman deur Jan Vermeulen wat die LAPA Jeugromankompetisie in 2015 gewen het, is Asem. *Geskik vir ouderdomsgroep 17+
Sensitiewe en vriendelike gids vir grootword. Vriendelike, gerusstellende en positiewe gids vir meisies wat puberteit nader. Hierdie boek verduidelik al die veranderings wat met tieners gaan gebeur soos hul grootword en ook hoe hierdie veranderinge hulle sal laat voel. Puberteit- en ouerskapkenners Anika Naik en Phil Wilkinson behandel enige bekommernisse wat jong lesers mag hê oor wat “normal” is, verbeter lesers se selfbeeld en stel hul gerus oor al die veranderinge wat hul gaan ondergaan tydens puberteit. Die boek bevat ook leefstyladvies oor onderwerpe soos gesonde eetgewoontes en oefening, en inligting oor hoe puberteit die teenoorgestelde geslag beïnvloed. Onderwerpe in die gids sluit in: Wat is puberteit?; Wat gebeur wanneer?; Hoe werk hormone?; Borste en braʼs; Dieselfde ouderdom, verskillende lywe; Wat gaan aan met my vel?; Sweet en slegte reuke; Nuwe hare op nuwe plekke; Daar onder; Wat is menstruasie?; Praktiese wenke vir menstruasie; Hoe om menstruasie te hanteer; Wat is seks?; Hoe word babas gemaak?; Nuwe gevoelens; Hoe om jou buie te hanteer; Gesonde eetgewoontes; Die voordele van oefening; Selfbeeld en jou lyf; Privaatheid en jou lyf; Puberteit vir seuns; Seuns het ook probleme.
n Bosveld- en wildtuinvakansie hou vir die Uile onverwagte avonture in... Philip, Hennie, Berrie, Vaatjie en Jorsie, die vyf vriende bekend as die Uile, reken die grootste vakansieavonture wag vir hulle op 'n bosveldplaas. Toe Philip, die Groot Uil, 'n luiperd uit 'n boom plattrek, dink hulle die vakansie kan nou net rustiger raak. Maar toe besluit die vyf om Krugerwildtuin toe te gaan. En daar skuil groter uitdagings, want Josie kom per ongeluk op die spoor van drie uitgeslape skelms vir wie die sukses van hulle smokkelstreke belangriker lyk as die lewe van vyf jong seuns.
Dit voel asof Thomas se lippe uiteindelik hul regte doel ontdek het … om Ella s'n te soen Thomas en Ella se wêrelde is ligjare van mekaar verwyder. Sy lewe in 'n wêreld van chauffeurs en rooi tapyte, satyn en pêrels. Hy is die bywoner in die buitekamer. Die ou wat die perfekte meisie rondry; nié die ou wat haar kry nie. Maar binne net ses weke kan baie dinge verander … Ella van der Spuy kan 'n klein entjie die toekoms in sien - 'n talent wat sy wens sy nié gehad het nie. Boonop is sy 'n ietwat rare verskynsel: 'n rykmanskind wat geen waarde aan geld heg nie. Toe sy aan die einde van haar graad elfjaar vir Thomas Edeling ontmoet, verander haar lewe ingrypend. Thomas het 'n passie vir motorfietse. Ella wil modeontwerp in Milaan gaan studeer. Thomas woon saam met sy familie op 'n kleinhoewe. Ella het amper nie familie nie. Om die waarheid te sê, is Thomas alles wat Ella nie is nie. Tog is daar onmiddellik 'n vonk tussen hulle. En die gebeure wat in die ses weke na hul ontmoeting afspeel, kon selfs Ella met haar derde oog nie voorspel het nie. Hierdie besonderse jeugroman, vertel deur beide Ella en Thomas se perspektiewe, is 'n humoristiese en aangrypende verhaal oor 'n somer romanse tussen twee jongmense wat uit verskillende wêrelde kom. Plaaslik val hierdie boek in dieselfde kategorie as Zelda Bezuidenhout se vorige jeugroman, As mens geluk kon proe. Dit kan ook vergelyk word met Die meisie op die dak deur Cecilia Steyn. Internasionaal val hierdie boek in dieselfde kategorie as kontemporêre jeugromanses soos To all the boys I've loved before en Always never yours.
Estelle is skaam vir hulle nuwe huis. Sy wens die ding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens sy hoef nie terug te gaan skool toe nie. Dan ontmoet Estelle vir Aiden. Aiden wat saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.
Hierdie heerlike boek bestaan uit drie titels: Projek Paddaprins, Projek Boontjierank en Projek Doringrosie. Al drie is nou saamgebundel vir meer genot en groter waarde vir geld. Angelette, Soekie en Toni is soort van maats. Hulle is nie, soos die meeste maats, saam op skool nie. Hulle bly nie eers in dieselfde buurt nie. Hulle is maats omdat hulle winkelkinders is. Hulle ouers het winkels in die winkelkompleks, Ninapark. Daar, in Ninapark, vind allerlei avonture plaas en enige een wat al ooit sprokiesverhale gelees het, sal besef: Elke avontuur klink amper soos ‘n sprokie! Meisies en seuns is die hoofkarakters. Dit beteken dat ʼn groot aantal lesers met Angelette, Soekie en Toni kan identifiseer.
Sergio is hot! Hy is die eerste prys! Soos ’n gratis vliegkaartjie Ysland toe met al jou verblyf betaal! En nou het hy vir Dienkie genooi om Vrydagaand in Parys saam met hom te gaan rolskaats. Sy weet nie of sy moet gaan nie. Want Sergo is ’n hunk. ’n Franse hunk. En die probleem is eenvoudig: Dienkie hou baie van hom. Eintlik miskien te veel. Hierdie situasie spel vir haar net een woord: Moeilikheid. Veral toe Sergio se Franse vriendin, Veronique, van die uitnodiging hoor. En dit is nog voordat tannie Mon en Dienkie se niggie, Trish, in Parys aankom. Hoekom is twee onbekende mans op Trish se spoor? En hoe gaan hulle van die mans ontslae raak? Veral as Dienkie vir Sergio ook nog op ’n afstand moet probeer hou?
Talia, Didi en Lienka is al van kleuterskooldae af beste vriendinne. Noudat hulle in graad tien is, weet hulle presies wat die skool nodig het: ’n funky agentskap wat partytjies reël, fantastiese klere ontwerp en modewenke gee. Maar as jy in graad tien is, is dit nie kinderspeletjies om almal te oorreed om jou ernstig op te neem nie. Tussen die agentskap, meisies wat vasbeslote is om die Glam-divas se lewens te versuur en seuns wat hulle knieë lam maak, is daar nooit ’n vervelige oomblik nie. Lees nou al drie hierdie geliefde verhale saam in een lekkerlees-omnibus. Daar is 552 bladsye in hierdie monster van ‘n boek. Uitstekende waarde vir geld en die beste ding ooit tydens grendeltyd! Met ’n sterk fokus op entrepreneurskap kan hierdie reeks jong meisies bemagtig en inspireer om hulle belangstellings en talente te verander in vaardighede wat hulle toekoms kan bou.
Wat gebeur as jy die apokalips misloop? Rufus (eintlik Ruth) en Xandr het pas graad 10 klaargemaak en hulle ken mekaar van kleintyd af. Voordat Rufus en haar gesin die land verlaat besluit hulle om vir oulaas ’n baie belangrike eerste saam te beleef. Sal hulle die plan kan deurvoer?
Hoera vir heldhaftige honde Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregteaktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Lea en haar maats, Nikita en Hazel, is kliphard besig om gereed te maak vir die skool se groot honderatsheidskompetisie. Daar is net een probleem: Hik, die hondjie wat Lea gered het, wil net nie die toertjies leer nie! En Lea se ma het gesê as Hik nie maniere leer nie, dan moet hulle hom opgee om aangeneem te word ... Om dinge erger te maak, vind Lea-hulle uit dat daar ’n hondemeule is wat honde in aaklige omstandighede teel net vir wins. Sy en haar maats moet iets doen om hulle te red voor dit te laat is.
Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregteaktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Lea en haar klasmaats is op pad na ’n primaatskuiling toe om vir ’n paar dae as vrywilligers te werk. Sy kan nie wag nie, maar ’n paar van die seuns het heeltemal die verkeerde idee en dink sowaar die apies is troeteldiere! Boonop dwing Suna en Mpho vir Lea, Hazel en Nikita om al hulle werk ook te doen en hulle moet ’n kamer deel. Glad nie pret nie. Dan begin alles skeefloop: iemand het ’n paar van die apies gesteel! En net toe Lea uitpluis wat met hulle gebeur het, begin die bos brand ...
Frankie se gesin is anders. Haar pa kom van Vlaandere, lyk soos Atilla die Hun, en hy praat nog steeds Nederlands - en soms 'n bietjie Frans as hy Frankie wil treiter. Hy ry met 'n Big Boy-bromponie en het sy eie kookskool. Haar ma het in die hippie-jare vasgesteek, dra batik-broeke en het die hele planeet en al sy bewoners lief. En Frankie? Sy is mal oor skaatsplank ry en kunsflieks. Sy wonder oor Milan, die geheimsinnige, stil ou in haar klas met die swart hare en bleek vel. En sy wonder oor die papier-rot en die Banksy-boek wat sy een oggend op haar balkon kry. Milan se pa is liewer vir syfers as vir woorde of ander mense. Hy is 'n wiskunde-onderwyser met 'n swartraambril en 'n strikdas. Min mense sal vermoed dat hy 'n swart gordel in judo het. En Milan? Hy neem kitaarlesse, hou van flieks, old school-musiek soos Pink Floyd en Led Zeppelin en sny snags stensils uit karton. Hy wonder wat deesdae met hom aangaan - is hy siek of verlief? Wat dit ook al is, dit het begin die oomblik toe hy Frankie by die Waterfront gesien het.
Pete de Lange moet as tiener probeer oorleef in ’n klein Natalse dorpie gedurende die onstuimige tagtigerjare saam met sy nuutgevonde vriende: Petrus en Sarita. In ’n land wat bloei van rassekonflik is dit makliker gesê as gedaan. Pete en sy vriende het ’n wrede misdaad gesien en die skuldige is op hulle spoor. Sal reg en geregtigheid geskied in ’n land wat reeds polities verwronge is?
Wat soek ’n haai in die skool se swembad? Hoe lank is ’n weerwolf se humeur? Is enige iets erger as skottelgoed was? Wat is ’n huis sonder ’n moeder? Is ’n draak die perfekte troeteldier? Wat soek jou ouma op die Pick n Pay se dak? Hoekom dra bere nie klere nie? Wat sou gebeur het as die maan ’n pizza was? Waarom is daar so min rympies oor erdvarke? Bestaan daar iets soos ’n spaghettiboom? Wat moet jy doen as ’n renoster jou jaag? Hoe klink die perfekte monsterbrul? Wat eet Dracula vir nagereg? Kan jy jou eie elmboog lek? Jy sal die antwoorde op al hierdie vrae in dié lawwe lekkerlagboek vind. Moenie hierdie boek eet nie! bevat 365 rympies (en ’n bonusrympie vir ’n skrikkeljaar) wat kinders (én grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag! Daar’s rympies oor oupas en oumas, goggas, krieket, ruimtevaarders, seerowers, spoke, skooltoilette, erdvarke, Kersvader, krokodille, volstruismelk, Valentynsdag, en dinge wat baie sleg ruik ...
Warno Alberts is ‘n doodgewone ou wat in doodgewonde Sekelrivier bly. Behalwe dat hy geheime lêers het waarin hy die doen en late van spoke neerskryf. Daar is ook ‘n paar spoke wat hóm dophou ... Die boek bevat ‘n aantal spookstories met dieselfde hoofkarakter in al die stories.
Lank, lank gelede was die Diepgrawers ’n groot erdfamilie, maar nou is daar net ses van hulle oor: Ouma Smakkie, Pa Vasgryp, Ma Uilverskrik en die drieling, Droomoog, Witstert en Snoetie. Die ander erdfamilies maak al hoe meer snuffelpraatjies oor die Diepgrawers, nie net omdat hulle so min is nie, maar ook omdat hulle allerhande onerdse dinge aanvang. Die jong Diepgrawers klouter dan selfs in bome rond! Wanneer Droomoog een nag iets doen wat geen opregte erd ooit mag doen nie, is dit die laaste strooi. Die Diepgrawers moet gestraf word – hulle moet veld-uit. Sal Droomoog kan regmaak wat hy verbrou het? En sal hy kan ontsnap van die woeste vuur en die wrede Vreet se kloue? Gelukkig is Droomoog ’n ware Diepgrawer, ’n erd wat nie opgee nie, ’n erd met ‘n plan.
Verse vir tieners deur tieners
Word speel-speel woordslim met hierdie fantastiese aktiwiteitsboek! Wo(o)rdslim bevat 48 bladsye propvol briljante blokraaisels, wonderlike woordspeletjies en lekker kopkrappers wat sal sorg vir ure se fantastiese vermaak. Speel dit op jou eie of daag mekaar uit om te kyk wie eerste die raaisels kan baasraak! Van die aktiwiteite in hierdie boek sluit in: - Tematiese blokraaisels wat saamgestel is rondom temas soos diere, my land, idiome en sport. - Woordsoekblokke - Spelspeletjies - Letterblokke - Kriptogramme en ander briljante breinboelies Of julle nou langpad ry, op soek is na prettige opvoedkundige aktiwiteite vir die klaskamer, of sommer net lus het vir lekker woordspeletjies wat jou brein behoorlik kan laat spiere bult - hierdie bekostigbare aktiwiteitsboek is die perfekte manier om kinders se taalkennis speel-speel op te skerp. Volledige oplossings agter in die boek.
Zia se pa se werk is om pizza af te lewer. Vanaand gaan Zia vir die heel eerste keer saam met hom op sy bromponie ry. Maar as ’n mens pizza aflewer, kan jy vreemde mense ontmoet … en baie vreemde dinge kan gebeur!
Kiets is anders as die ander katte in die agterstrate van Parys. Sy kan enige iets doen waarop sy haar kop sit. Selfs wanneer ander nie in haar glo nie. Sy verlaat haar katfamilie en gaan ontdek die stad waar sy die aande om dans en sing. Op haar reis ontmoet sy die legendariese Édith Piaf en Josephine Baker. Kort voor lank is sy ook beroemd. Maar is dit regtig die lewe wat sy wil hê? Katte het bowenal nege lewens, jy weet ... Dianne Hofmeyr is een van Suid-Afrika se voorste kinderboekskrywers wat met verskeie pryse vereer is, insluitend die Sanlam Goue toekenning vir jeugliteratuur, wat sy al meer as een keer ontvang het. Haar boeke is in 18 tale vertaal. Piet Grobler is 'n bekende, veel bekroonde Suid-Afrikaanse illustreerder en skrywer van meer as tagtig boeke vir kinders.
Drome word waar in die laaste boek in hierdie gewilde meisiereeks! Uiteindelik word Lulu se grootste droom bewaarheid: sy gaan Parys toe vir haar eie modevertoning, en die grootste name in die modewêreld gaan haar klere modelleer! Die nare tweeling, Alex en Alet, daag ook onverwags op en Lulu is eers bang hulle gaan al haar planne in die wiele ry - maar dan loop iets GROOT verkeerd! Al die uitrustings wat sy gemaak het, raak weg en arriveer nooit in Parys nie! Lulu en haar vriende en familie moet inderhaas 'n plan maak, maar Lulu is op die punt om moed op te gee. Kan sy nog 'n suksesvolle modevertoning doen en haar drome laat waar word? 'n Reeks vir beginnerlesers, ideaal vir jong meisies wat 'n belangstelling in modeontwerp het.
Hierdie prettige boek propvol humor, aksie en avontuur sal lesers laat kraai van plesier. Jannes wil baie graag ’n troeteldier vir geselskap hê, maar in sy wildste drome sou hy nie kon raai dat ’n bekkige papegaai wat deur ’n seerower ontvoer is by hom sou kom skuiling soek nie. Die papegaai, ene Sampie, se maniere laat hom gruwelik in die steek en boonop vloek hy soos ’n matroos. Sal Jannes die papegaai se wettige eienaar kan opspoor voordat kaptein Rob van die Skedelskip hom teruggaps?
Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank
’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die
onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op
die boonste verdieping.
Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture!
Stefan vry graag in die bondel. Maar Ciska, met haar krullerige rooi hare en sexy lyf, is die eerste meisie wat sy voete regtig onder hom uitslaan. Vir haar sal hy enigiets doen, selfs in 'n getroue verhouding wees vir altyd. Maar die irriterende rykmansdogter, Surette, is vasberade om haar kloue in Stefan te hou. Hierdie romantiese reeks met heelwat avontuur, aksie en hartstog sal lesers vasgevang hou tot die laaste bladsy! |
You may like...
|