![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children
Drie Sanri Steyn-stories in een omnibus! Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture - van vampiere wat op die dorp kom woon, tot 'n weerwolfmeisie wat haar opwagting in hul klas maak! Die aweregse humor en lekker grillerige avonture in hierdie gewilde reeks sal seuns en meisies vasgenael hou! Vir die eerste keer is die Sanri-reeks nou in 'n bekostigbare omnibus-formaat beskikbaar! Die drie titels in hierdie omnibus sluit in: 5: Die monsters van Middernagstraat Sanri se neus begin kriewel toe 'n vreemde ding een middag in Middernagstraat gebeur. En as Sanri se neus kriewel, beteken dit net een ding - sy ruik 'n storie! Sy is byna doodseker sy het gesien hoe een van Claudia Müller se oulike skoothondjies 'n oomblik lank in 'n monster verander ... 'n Nare monster met bloedrooi oë, 'n bek vol vreesaanjaende tande, en vreemde stekels op sy rug en nek. Markus is oortuig Sanri se verbeelding werk weer oortyd. Maar dan begin troeteldiere in Raaiselfontein verdwyn ... 6: Die nag van die weerwolwe Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe meisie in hul klas, Chrissie de Wolfe, ontmoet. Waarom het Chrissie 'n sappige rou steak in haar kosblik? Wat soek sy by die slaghuis en waarom koop sy soveel vleis? En hoekom lyk dit of sy supersterk is? As Sanri se neus kriewel, moet jy weet hier kom 'n storie ... Sanri is oortuig die nuwe meisie in haar klas is 'n weerwolf. Maar hoe gaan sy en Markus dit bewys? 7: Die vampiere van vlermuishoogte Sanri kan nie wag om haar beste vriend, Markus, se neef te ontmoet nie. Danté en sy gesin bly in Vlermuishoogte - 'n geheimsinnige ou kasteel. Maar iets is nie pluis nie ... Waarom het Danté se pa 'n skaduwee soos 'n vlermuis? En is Markus dalk in gevaar?
'n Dag saam met die dolfyne op Duinebaai! Jana en Alisha is beste vakansiemaats en groot opwinding heers in Duinebaai - 'n nuwe glyplank is by die swembad opgerig! Jana, Alisha, Tiaan en Rudie is gretig om by die nuwe glyplank af te gly. Ongelukkig vir die maats is die res van Duinebaai ook opgewonde oor die glyplank en is dit stampvol by die swembad. Jana, haar ma en Alisha besluit om eerder roomys te gaan eet en daarna in die see te swem. Asof in 'n droom, swem en speel dolfyne saam met hulle. Dit is beslis die beste dag óóit! Hierdie is 'n reeks vir meisies, met 'n sterk fokus op humor, vriendskap, vakansiepret en avontuur.
Jong Joe en Anna (albei 13) raak hartstogtelik verlief op mekaar. Maar dan tree die lewe tussenbeide en word hulle teen hul sin van mekaar geskei. Amper tien jaar later loop hulle mekaar weer onverwags raak, maar hul sterk band vanuit hul kinderdae is verlore. Sal hulle die lewe se baie hindernisse kan oorkom, en sal hulle ooit weer saam kan wees? Dit is ’n storie oor lewe, grootword, regte en verkeerde keuses maak, vashou aan dit waarin jy glo, ouerskap en hantering van die dood. Wat egter die sterkste uitstaan, is die liefde. Hierdie storie verken die moeilikhede wat tieners en studente daagliks in die gesig staar en leer ook jonk en oud om in liefde te glo ten spyte van hartseer.
Frankie se gesin is anders. Haar pa kom van Vlaandere, lyk soos Atilla die Hun, en hy praat nog steeds Nederlands - en soms 'n bietjie Frans as hy Frankie wil treiter. Hy ry met 'n Big Boy-bromponie en het sy eie kookskool. Haar ma het in die hippie-jare vasgesteek, dra batik-broeke en het die hele planeet en al sy bewoners lief. En Frankie? Sy is mal oor skaatsplank ry en kunsflieks. Sy wonder oor Milan, die geheimsinnige, stil ou in haar klas met die swart hare en bleek vel. En sy wonder oor die papier-rot en die Banksy-boek wat sy een oggend op haar balkon kry. Milan se pa is liewer vir syfers as vir woorde of ander mense. Hy is 'n wiskunde-onderwyser met 'n swartraambril en 'n strikdas. Min mense sal vermoed dat hy 'n swart gordel in judo het. En Milan? Hy neem kitaarlesse, hou van flieks, old school-musiek soos Pink Floyd en Led Zeppelin en sny snags stensils uit karton. Hy wonder wat deesdae met hom aangaan - is hy siek of verlief? Wat dit ook al is, dit het begin die oomblik toe hy Frankie by die Waterfront gesien het.
Lank, lank gelede was die Diepgrawers ’n groot erdfamilie, maar nou is daar net ses van hulle oor: Ouma Smakkie, Pa Vasgryp, Ma Uilverskrik en die drieling, Droomoog, Witstert en Snoetie. Die ander erdfamilies maak al hoe meer snuffelpraatjies oor die Diepgrawers, nie net omdat hulle so min is nie, maar ook omdat hulle allerhande onerdse dinge aanvang. Die jong Diepgrawers klouter dan selfs in bome rond! Wanneer Droomoog een nag iets doen wat geen opregte erd ooit mag doen nie, is dit die laaste strooi. Die Diepgrawers moet gestraf word – hulle moet veld-uit. Sal Droomoog kan regmaak wat hy verbrou het? En sal hy kan ontsnap van die woeste vuur en die wrede Vreet se kloue? Gelukkig is Droomoog ’n ware Diepgrawer, ’n erd wat nie opgee nie, ’n erd met ‘n plan.
Vyf keer meer Zackie-pret! Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou die allervreeslikste stinkbomme maak, sy lyf speurder hou of per ongeluk die buurvrou se kat Groenland toe pos - waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwêreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven - en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak! Kort op die hakke van die vorige omnibusse, verskyn nog vier van Zackie se lawwe avonture EN Zackie se groot grapboek saam in een briljante, bekostigbare omnibus: - Zackie Mostert en die katkrisis Party katte is oulik en spelerig en hou daarvan om gevryf te word. Mevrou Langenhoven se kat, Katinka, is NIE een van daardie katte nie. Maar toe mevrou Langenhoven vir Zackie en Vincent vra om na Katinka te kyk, stem hulle in, want hulle het dringend ekstra sakgeld nodig. Hoe moeilik kan dit nou wees om 'n kat op te pas ...? - Zackie Mostert en die vreeslike verjaardag Zackie se beste vriend, Vincent, verjaar een van die dae. Zackie beplan 'n BAIE SPESIALE partytjie. Dit gaan 'n GROOT verrassing wees. Maar ongelukkig besluit Anton om sy partytjie op presies dieselfde dag te hou - en hy gaan seker maak daar is NIEMAND by Vincent se partytjie nie. Wie gaan die beste partytjie in Granaatstraat hou? Dis OORLOG! - Zackie Mostert en die super-stinkbom Zackie hou nie juis van sing nie ... maar die skoolkoor gaan binnekort op 'n FANTASTIESE kamp. Daarom besluit Zackie en Vincent om in die koor te sing. Kort voor lank begin Anton, die skoolboelie, hulle egter terg. En boonop vind hulle uit die rugbykamp is dieselfde tyd as die koorkamp ... Die koor was 'n VROT idee! Maar dan maak Zackie en Vincent onverwags nuwe vriende - en hulle kry 'n plan om Anton 'n les te leer ... 'n Baie STINK plan! - Zackie Mostert en die slim speurder Die hele skool is in REP EN ROER. Die beroemde sangeres Jenny Jay gaan 'n konsert by die skool hou ... en sy gaan haar nuutste MUSIEKVIDEO daar kom verfilm! Maar dan verdwyn die sangeres se baie duur halssnoer. En iemand dink Zackie se beste vriend, Vincent, het dit gevat ... Zackie besluit hy gaan sy lyf SPEURDER hou om Vincent se onskuld te bewys! - Zackie Mostert se Groot Grapboek Zackie en sy beste vriend, Vincent, het besluit om 'n boek propvol grappe bymekaar te maak. Lê van die lag met Zackie en Vincent se gunsteling-grappe! Meer as 200 grappies wat jou lekker sal laat skater.
Pete de Lange moet as tiener probeer oorleef in ’n klein Natalse dorpie gedurende die onstuimige tagtigerjare saam met sy nuutgevonde vriende: Petrus en Sarita. In ’n land wat bloei van rassekonflik is dit makliker gesê as gedaan. Pete en sy vriende het ’n wrede misdaad gesien en die skuldige is op hulle spoor. Sal reg en geregtigheid geskied in ’n land wat reeds polities verwronge is?
Ligte, kamera, aksie! Ewald is baie opgewonde toe hy sy eerste rol in ’n fliek losslaan. Dit is immers nie sommer enige rol nie – hy speel die hoofrol! Hy is Aksieheld Austin, ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeels wat skurke laat les opse! Iets is egter nie pluis op die filmstel nie. Dit lyk asof ’n regte skurk die rolprent probeer saboteer. Kort voor lank is die hele filmspan se lewe in gevaar. En as Ewald die fliek wil red, sal hy so dapper soos ’n REGTE aksieheld moet wees ... Hierdie asemrowende nuwe avontuurverhaal uit die pen van Fanie Viljoen is die eerste in ’n splinternuwe reeks oor Aksieheld Austin. Perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!
Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank
’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die
onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op
die boonste verdieping.
Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture!
Hondegevegte en doodsdreigemente! Baster is die storie van Karel, ’n seun wat met honde kan praat, en Hêppie, ’n liefdevolle brak wat gedwing word om ’n straatvegter te word. Die verhaal vertel die storie van al die honde waarvoor Karel lief is, maar ook die hartverskeurende verhaal van die hondegevegte en geweld wat sy samelewing verskeur
Liefde op die maat van die musiek ...
Gits! Dis ’n spul vriendelik mense! Die een wil jou laat vuis ruik en die ander wil op jou koekblik spring. Die Otters besluit dis ’n tyd in hulle lewe dat hulle moet saamstaan, want ’n koshuiskind het nou maar eenmaal sy plesier en ellendes. Buks gaan toe mos en sê vir ou Biltong sy vingers ruik na sigarette – wat ’n ellende! Buks, Kassie en Litte sit buitendien in ’n verskriklike verknorsing. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle die koshuisspens besteel het. ’n Mens kan jou nie indink dat die Otters sal steel nie, opsetlik sal wil inbreek nie... dis wat die kinders sê.
Wat soek ’n haai in die skool se swembad? Hoe lank is ’n weerwolf se humeur? Is enige iets erger as skottelgoed was? Wat is ’n huis sonder ’n moeder? Is ’n draak die perfekte troeteldier? Wat soek jou ouma op die Pick n Pay se dak? Hoekom dra bere nie klere nie? Wat sou gebeur het as die maan ’n pizza was? Waarom is daar so min rympies oor erdvarke? Bestaan daar iets soos ’n spaghettiboom? Wat moet jy doen as ’n renoster jou jaag? Hoe klink die perfekte monsterbrul? Wat eet Dracula vir nagereg? Kan jy jou eie elmboog lek? Jy sal die antwoorde op al hierdie vrae in dié lawwe lekkerlagboek vind. Moenie hierdie boek eet nie! bevat 365 rympies (en ’n bonusrympie vir ’n skrikkeljaar) wat kinders (én grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag! Daar’s rympies oor oupas en oumas, goggas, krieket, ruimtevaarders, seerowers, spoke, skooltoilette, erdvarke, Kersvader, krokodille, volstruismelk, Valentynsdag, en dinge wat baie sleg ruik ...
Wenner - Maskew Miller Longman 2016 Letterkundeprys. "Dit is nie net Anebelle se mond wat oopval toe hulle by die kampplek aankom nie. Want dis groot. Wyd. En propvol niks.". Nadat agt tieners gekies is om aan die skool se beeldbouaksie deel te neem, word hulle gedwing om die wintervakansie in mekaar se geselskap deur te bring. Te midde van vreesaanjaende, maar ook ongelooflike ervarings, word onwaarskynlike vriendskappe gesmee en herinneringe vir 'n leeftyd gebou. 'n Heerlike oorspronklike stuk skryfwerk! Johan Hugo. 'n Boek met oorgenoeg inspirasie, kreatiwiteit en karakters waarin lesers hulleself waarskynlik sal herken; allesopgesluit in 'n lekker storie! Francois Bloemhof
Mia haat wiskunde. Sy hou nie van optelsomme nie en sy hou nie van aftreksomme nie. Vermenigvuldigsomme gee haar hoofpyn en sy verstaan nie deelsomme nie. Haar aaklige wiskunde-onderwyser, meneer Vermaak, se nie eers “More, klas” soos die ander onderwysers nie. Hy se net: “Vandag maak ek Maalvleis van die een wie se wiskunde nie gedoen is nie!” Maar wat meneer Vermaak nie weet nie, is dat Mia besig is om 'n boek oor hipnose te lees... En dat sy selfs onbeskofte wiskunde-onderwysers allerhande toertjies kan laat doen!
Superhipermega-aaklig. Dis hoe Elle voel oor die vakansie wat
voorlê. En daar is 'n paar baie goeie redes waarom sy so voel:
Zia se pa se werk is om pizza af te lewer. Vanaand gaan Zia vir die heel eerste keer saam met hom op sy bromponie ry. Maar as ’n mens pizza aflewer, kan jy vreemde mense ontmoet … en baie vreemde dinge kan gebeur!
50 Bybelblokkiesraaisels, woordsoeke en ander woordspeletjies en aktiwiteite vir ure se pret! Help jou kind om hul taalvermoëns te verbeter en terselfdertyd ook hulle Bybelkennis te toets en op te skerp met hierdie bekostigbare en prettige aktiwiteitsboek.
n Bosveld- en wildtuinvakansie hou vir die Uile onverwagte avonture in... Philip, Hennie, Berrie, Vaatjie en Jorsie, die vyf vriende bekend as die Uile, reken die grootste vakansieavonture wag vir hulle op 'n bosveldplaas. Toe Philip, die Groot Uil, 'n luiperd uit 'n boom plattrek, dink hulle die vakansie kan nou net rustiger raak. Maar toe besluit die vyf om Krugerwildtuin toe te gaan. En daar skuil groter uitdagings, want Josie kom per ongeluk op die spoor van drie uitgeslape skelms vir wie die sukses van hulle smokkelstreke belangriker lyk as die lewe van vyf jong seuns.
Estelle is skaam vir hulle nuwe huis. Sy wens die ding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens sy hoef nie terug te gaan skool toe nie. Dan ontmoet Estelle vir Aiden. Aiden wat saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.
Almal se koppe swaai in Cor se rigting. Groot Ben Slechter kom reguit na hom toe aangestap. Benoudheid druk Cor se bors inmekaar. Groot Ben kom staan amper teenaan Cor. So naby dat hy hom kan ruik. Cor maak op ’n ongaangename manier kennis met ’n spul boewe in die dorpie Grafhout. Nadat hulle die bank beroof het, vlug hulle die woestyn in met al Grafhout se goud. Sal die Sheriff en sy manne dit regkry om die spul boewe vas te trek, of maak Cor self ’n plan? MML 2017 Letterkunderprys Wenner.
Op sewentien, toe ons by Opleidingskamp Alpha rapporteer, het ons
elkeen ons eie S13 gekry. Daardie dag, toe ek my hande op die swart
metaalhuls van die geweer lê, het iets in my doodgegaan. Ek het dit net
nie toe al besef nie.
Bella ken 'n paar parmantige truuks. Sy en haar kat Sebastiaan woon op Wag-'n-Bietjie en sommer met die intrapslag laat hulle die dorp regopsit toe Bella al haar meubels by die voordeur uit toor. Sy neem ook deel aan die dorp se talentkonsert - as kulkunstenaar! Bella skryf Sebastiaan in vir die katteskou, met katastrofiese gevolge, en wanneer Bella werk kry as "misterieuse koper" moet die dorp se diewe ligloop vir Bellamet- haar-kamera-bril!
Die aksiebelaaide opvolg op Emma En Die Geheime Gang. Die skool en koshuis op Kosterkloof het weer na normaal teruggekeer ná die skoolhoof se komplot om kinders se DNA aan ruimtewesens te verkoop, oopgevlek is. Die kinders word nou aangemoedig om gesond te eet en ook sport te beoefen. Emma kom egter gou agter dat die blou koelsakke wat die onderhoof in die middel van die nag kombuis toe dra, nie die rugbyspan se koeldranke bevat soos hy beweer nie. En wat het die nuwe hoteleinenaar, die Plottenboers, Jori Appelgryn en die Snopkes, wat steeds in die tronk sit, met mekaar te doen? Emma besluit natuurlik om ondersoek in te stel, maar niks kan haar en Zoltan egter voorberei vir die gruwelike fonds wat hulle een aand in die koelsakke ontdek nie . . .
Die boek takel die kwessie van kindermolestering en dien om kinders in te lig en te bemagtig. Die gevaartekens van molestering word uitgewys en riglyne gebied oor hoe om in so ’n situasie op te tree. Kevin is gek oor stories van die dapper prins van Arabia wat teen drake veg. Maar sy ouer sussie, Abby, glo nie meer in sprokies nie. Abby sê daar is ’n draak in hulle huis – een wat vir niks en niemand skrik nie. Maar wie kan dit wees? Gelukkig leer Kevin net wat om te doen om homself te beskerm. |
You may like...
Computational Methods in Engineering
S. P. Venkateshan, Prasanna Swaminathan
Hardcover
R1,891
Discovery Miles 18 910
Imperfect Bifurcation in Structures and…
Kiyohiro Ikeda, Kazuo Murota
Hardcover
R2,200
Discovery Miles 22 000
Recent Advances in Optimization and its…
Moritz Diehl, Francois Glineur, …
Hardcover
R7,729
Discovery Miles 77 290
Robust Output LQ Optimal Control via…
Leonid Fridman, Alexander Poznyak, …
Hardcover
Laboratory Mathematics - Medical and…
Joe Bill Campbell, June Mundy Campbell
Hardcover
R1,260
Discovery Miles 12 600
Bond Graph Modelling of Engineering…
Wolfgang Borutzky
Hardcover
Advanced Control Techniques in Complex…
Yuriy P. Kondratenko, Arkadii A. Chikrii, …
Hardcover
R2,697
Discovery Miles 26 970
Controlling Epidemics With Mathematical…
Abraham Varghese, Eduardo M. Lacap, Jr., …
Hardcover
R6,677
Discovery Miles 66 770
|