0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (16)
  • R50 - R100 (48)
  • R100 - R250 (498)
  • R250 - R500 (41)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children

Baster (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Baster (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hondegevegte en doodsdreigemente!

Baster is die storie van Karel, ’n seun wat met honde kan praat, en Hêppie, ’n liefdevolle brak wat gedwing word om ’n straatvegter te word. Die verhaal vertel die storie van al die honde waarvoor Karel lief is, maar ook die hartverskeurende verhaal van die hondegevegte en geweld wat sy samelewing verskeur

Lea Lief 4: Muisvalle En Maanmelkskommels (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Lea Lief 4: Muisvalle En Maanmelkskommels (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn; Illustrated by Elanie Bieldt
R100 R94 Discovery Miles 940 Save R6 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hoe-hoe-hoekom gaan al die uile dood?

Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed!

Daar is ’n probleem in Lea-hulle se dorp: die uile is besig om dood te gaan! Terwyl al Lea se maats net dink aan die opwindende nuwe restaurant wat oopgemaak het, probeer Lea en haar ouers uitvind wat die uile doodmaak. Vinnig kom hulle agter: die dorp het ook ’n muisplaag en almal probeer van die muise ontslae raak! Is hierdie dinge dalk alles verbind, en wat kan Lea doen om al die diere te red?

CAPS Vis en tjips (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs CAPS Vis en tjips (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Aandag, alle onderwysers wat CAPS-boeke vir volgende jaar moet kies! Wil jy graag boeke deur ons drie heel gewildste kinder- en jeugboekskrywers in die klas behandel? Wat van ’n supergewilde Thomas@-boek om jou graadneges aan die lees te kry? Of slaan jou graadagts se asem weg met Jaco Jacobs se Perfek (waarvan tienduisende kopieë reeds verkoop is) of die lekkerleesboek Vis en tjips, wat beloof om net so gewild soos die topverkoper Suurlemoen! te word. En Fanie Viljoen se splinternuwe jeugboek Spring sal hulle laat naels kou tot die einde! Hier is LAPA se CAPS-goedgekeurde boeke vir graad 7, 8 en 9. Die CAPS-uitgawes van hierdie gewilde boeke bevat volledig uitgewerkte vrae en hope prettige aktiwiteite!Graad 7 EAT: Zackie Mostert druk ’n drie (Jaco Jacobs)Graad 8 EAT: Perfek (Jaco Jacobs)Graad 9 EAT: Spring (Fanie Viljoen)Graad 7 Huistaal: Gevaarlike lopies (Jaco Jacobs) Graad 8 Huistaal: Vis en tjips Graad 9 Huistaal: [email protected]

'n Grootwordgids Vir Seuns (Afrikaans, Paperback): Anita Naik 'n Grootwordgids Vir Seuns (Afrikaans, Paperback)
Anita Naik
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Sensitiewe en vriendelike gids vir grootword. Vriendelike, gerusstellende en positiewe gids vir seuns wat puberteit nader. Hierdie boek verduidelik al die veranderings wat met tieners gaan gebeur soos hul grootword en ook hoe hierdie veranderinge hulle sal laat voel. Puberteit- en ouerskapkenners Anika Naik en Phil Wilkinson behandel enige bekommernisse wat jong lesers mag hê oor wat “normal” is, verbeter lesers se selfbeeld en stel hul gerus oor al die veranderinge wat hul gaan ondergaan tydens puberteit. Die boek bevat ook leefstyladvies oor onderwerpe soos gesonde eetgewoontes en oefening, en inligting oor hoe puberteit die teenoorgestelde geslag beïnvloed. Onderwerpe sluit in: Wat is puberteit?; Wat gebeur wanneer?; Hoe werk hormone?; Groei en groei; ʼn Dieper stem; Verpestelike puisies; Hare net waar jy kyk; Jou eerste skeer; ’n Sweterige storie; Daar onder; Nog veranderinge daar onder; Nuwe gevoelens; Wat is seks?; Hoe word babas gemaak?; ’n Goeie selfbeeld; Buierigheid; Beheer jou buie; Gesonde eetgewoontes; Die voordele van oefening; Privaatheid en jou lyf; Puberteit vir meisies; Meisies het ook probleme.

Gevaarlike Lopies/Duskant die Doodlyn (2-in-1) (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Gevaarlike Lopies/Duskant die Doodlyn (2-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Fantastiese nuus vir jong sportliefhebbers! Vir die eerste keer verskyn twee van Jaco Jacobs se supergewilde sportstories saam in een omnibus - met 'n klomp lekker rugby- en krieketfeite as bonus!

In Gevaarlike lopies kan Henk nie wag vir die kriekettoer om te begin nie. Wat kan nou lekkerder wees as om saam met jou vriende die land plat te toer en die een krieketwedstryd ná die ander te speel! Maar van die begin af is dit duidelik dat hierdie nie 'n gewone toer gaan wees nie. Wie probeer by die span se bussie inbreek, en wat soek hulle? Is daar regtig iemand wat snags in die koshuisgange rondsluip, of is dit Henk se verbeelding? Kort voor lank lyk dit of die kriekettoer in 'n nagmerrie gaan ontaard ...

Werner en sy vriende in Duskant die doodlyn lééf vir rugby. Hierdie jaar is hulle vasbeslote om hul aartsvyande 'n ding of twee op die rugbyveld te wys. Maar iets is verkeerd. Wie is die geheimsinnige man wat snags by die skool rondsluip? En waarom gebeur daar skielik allerhande vreemde dinge met Werner-hulle se rugbyafrigter? Dit begin al hoe meer lyk of iemand nie volgens die reëls speel nie en Werner en die res van sy span beland in groot gevaar ...

Op Die Maat Van Maya (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Op Die Maat Van Maya (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Liefde op die maat van die musiek ...

Toe Maya en Joe mekaar een aand by ’n kuierplek raakloop waar hulle dieselfde Franco de Jong-liedjie sing, begin haar netjies-beplande lewe verander. Te danke aan Joe vergeet sy van haar eks, Mark, en die rampspoedige einde van hulle verhouding. Sy kry die geleentheid om in Joe se band te sing, en nou is sy nie meer so seker dat sy medies wil gaan studeer nie ...

Maar toe sy danksy Joe se band die kans kry om haar musiekheld, Franco de Jong, te ontmoet vind sy iets uit wat haar hele lewe in twyfel roep. Boonop is Mark se ma dodelik siek en sy begin al hoe meer tyd saam met haar eks, wat nog steeds vir haar lief is, spandeer.

Wanneer alles waarin Maya geglo het skielik uitmekaarval, moet sy leer om haar eie wysie te skryf.

Aksieheld Austin: Operasie sabotasie (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Aksieheld Austin: Operasie sabotasie (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ligte, kamera, aksie! Ewald is baie opgewonde toe hy sy eerste rol in ’n fliek losslaan. Dit is immers nie sommer enige rol nie – hy speel die hoofrol! Hy is Aksieheld Austin, ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeels wat skurke laat les opse! Iets is egter nie pluis op die filmstel nie. Dit lyk asof ’n regte skurk die rolprent probeer saboteer. Kort voor lank is die hele filmspan se lewe in gevaar. En as Ewald die fliek wil red, sal hy so dapper soos ’n REGTE aksieheld moet wees ... Hierdie asemrowende nuwe avontuurverhaal uit die pen van Fanie Viljoen is die eerste in ’n splinternuwe reeks oor Aksieheld Austin. Perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!

Z-A-K 2: Die Reis Na Zenkion (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Z-A-K 2: Die Reis Na Zenkion (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R120 R113 Discovery Miles 1 130 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

ʼn Buitengewone reis na die buitenste ruim ...

Toe Mitch daardie oggend met 'n knop op sy maag wakker geword het, het hy geen idee gehad dat aliens sy tuisdorp sou binneval en sy gesin saam met so baie ander sou ontvoer nie. Nog minder sou hy kon raai dat hy en sy beste vriend Lionel daardie aand die ruimte sou invaar saam met Imke en haar Zenkioniet-vriende. Maar hier is hulle nou, iewers in die ruimte op Akaï-hulle se astrotuig, en Mitch se lewe is op pad om nog méér uitmekaar te val. Hulle ontmoet vir Grol en Slom, twee aliens wat Mitch aan paddas laat dink, en vir Martura en sy makkers, die eenoog-aliens wat hulle gevange neem en op Skurorinok, die alien-swartmark, wil gaan verkoop. Op Skurorinok word Mitch, Akaï en die ander van Lionel en Imke geskei. Sal hy ooit weer vir Imke of Lionel sien? Wat gaan in die geheim op Zenkion aan en hoe pas die ontvoerde Aardbewoners in die prentjie? Sluit by Mitch aan vir 'n aksiebelaaide avontuur oor aliens, astrotuie en 'n soeke na antwoorde.

Z-A-K: Die reis na Zenkion is die opvolg van die eerste boek in die Z-A-K-reeks, Z-A-K: Die Blou Planeet.

Superhelde van die Savanna (Afrikaans, Paperback): Marleen Lammers Superhelde van die Savanna (Afrikaans, Paperback)
Marleen Lammers; Illustrated by Anja Stoeckigt 1
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe ’n klein bakoorjakkals deur ’n vreeslose, brawe ratel gered word, besluit hy om by hom te bly vir beskerming. Die ratel dink eers glad nie dis oulik nie ... maar dalk het die jakkalsie ook ’n paar nuttige vaardighede!

’n Prettige en pragtige prenteboek oor vriendskap.

Wo(o)rdslim 2 - Nog Prettige Woordspeletjies Vir Kinders! (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Wo(o)rdslim 2 - Nog Prettige Woordspeletjies Vir Kinders! (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Zinelda McDonald
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Nog meer prettige woordspeletjies vir kinders!

Word speel-speel woordslim met hierdie fantastiese aktiwiteitsboek!

Na die sukses van Wo(o)rdslim bevat hierdie tweede boek 56 bladsye propvol briljante blokraaisels, wonderlike woordspeletjies en lekker kopkrappers wat sal sorg vir ure se fantastiese vermaak.

Speel dit op jou eie of daag mekaar uit om te kyk wie eerste die raaisels kan baasraak!

Van die aktiwiteite in hierdie boek sluit in:

  • Tematiese blokraaisels wat saamgestel is rondom ’n verskeidenheid temas.
  • Woordsoekblokke
  • Spelspeletjies
  • Letterblokke
  • Kriptogramme en ander briljante breinboelies

Of julle nou langpad ry, op soek is na prettige opvoedkundige aktiwiteite vir die klaskamer, of sommer net lus het vir lekker woordspeletjies wat jou brein behoorlik kan laat spiere bult – hierdie bekostigbare aktiwiteitsboek is die perfekte manier om kinders se taalkennis speel-speel op te skerp.

Volledige oplossings agter in die boek.
Verkleurmannetjie (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Verkleurmannetjie (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dirk du Toit is iemand soos wie hy graag wil wees

Toe Marco sy biologiese pa ontmoet, is dit die antwoord op baie vrae. Die regte antwoord, want Dirk du Toit is iemand soos wie hy graag wil wees.

Die eintlike vrae kom egter nog. Wat nou van die mense wat Marco in die stad agtergelaat het? Wat is sy halfbroer se probleem? En Dirk se vrou s’n? Word hy agtervolg? Alles  is reg aan Dirk, maar soveel is verkeerd óm hom …

Soos die titel belowe, is Verkleurmannetjie nie net een soort storie nie. Hier is meer ratverwisselings en onthullings as in ’n hele TV-reeks, deur ’n skrywer wat weet hoe ’n tiener se kop werk – en hou van hoe dit werk!

Die Verdwyning Van Seamus Smit (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Die Verdwyning Van Seamus Smit (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Seamus wakker word, is sy bene weg. Hulle het net verdwyn.

Hy kan nie vir sy ma daarvan sê nie, want sy sal heeltemal uitfreak en sy het vandag ‘n belangrike onderhoud. Hy wens hy het geweet wat om te doen. Is dit ’‘n siekte? Is hy besig om dood te gaan? Moet hy die ambulans bel of is dit normaal? Dalk is dit niks om oor te stres nie. Dalk gebeur dit met alle kinders as hulle dertien is en praat met niemand daaroor nie.

Dan begin die res van sy lyf te verdwyn.

Hy besef hy het probleme. Groot probleme. En daar begin die vreemdste dag van sy lewe .....

Zackie Mostert Druk 'n Drie (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Zackie Mostert Druk 'n Drie (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Zackie en Vincent sien baie uit na die rugbytoer. Selfs al speel hulle nie vir die A-span nie. En selfs al dra hulle span se afrigter lipstiffie! Maar dan word die rugbytoer afgestel, en almal dink dis Zackie se skuld ...

Eerste Bloed - Wereld Van Wolwe: Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Eerste Bloed - Wereld Van Wolwe: Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Alle kinders is bang vir iets. As hulle sê hulle is nie, lieg hulle.”

Joshua Reinders maak ’n groot fout. As hy net nie so bang was nie, het sy pa nooit daardie aand ’n kind geskiet nie. Dis hoekom hulle na Droomhoek moes vlug. Maar ook in Droomhoek teister die vrees hom. Skaduwees is nie net skaduwees nie. Geluide is nie net geluide nie. En mense is nie almal mense nie ...

“Almal het geheime,” waarsku Joshua se nuwe vriend Gio.

Joshua besef net nie hoe naby daardie geheime aan hom lê nie. En wanneer hy dit uitvind, gaan sy hele wêreld op sy kop keer.

Die weerwolwe wag vir hom ...

Klaskameraad Studiegids: Dit Het Alles Begin By 'n Hond (Afrikaans, Paperback): Marieta Nel Klaskameraad Studiegids: Dit Het Alles Begin By 'n Hond (Afrikaans, Paperback)
Marieta Nel
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die gids is ’n gebruikersvriendelike en praktiese hulpmiddel wat die onderrigproses van die roman Dit het alles begin by ’n hond as letterkundige werk in die klaskamer ondersteun en bydra tot die leerder se begrip en genieting van die teks. Dit kan in beide Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal-klasse gebruik word.

Literêre aspekte word binne die konteks van die roman bespreek, daar is kontekstuele vrae met nasienriglyne, en verskeie navorsingsonderwerpe vir die Letterkundeprojek word gegee.

Storiekaros (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Storiekaros (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie bundel stories is ʼn karos waarmee jy jou kind opnuut kan koester. Daarmee saam kom die genadegawe om waarlik mekaar se harte te hoor. Om dit reg te kry het jy nie geld of goed nodig nie. Al wat nodig is, is om vir slegs 20 minute elke aand sonder die selfoon, TV en al die 1001 dinge wat jou aandag deur die dag opeis vir jou kind ʼn storie te lees. Die sleutel tot behoorlike lees- en taalvaardigheid begin lank vóór gr. R – by iets eenvoudig soos ʼn slaaptydstorie en jou onverdeelde aandag. ’n Ideale boek vir jou kleinding wat hou van stories, rympies en speletjies.

Die Uile in Die Wildtuin (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Uile in Die Wildtuin (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 6 working days

n Bosveld- en wildtuinvakansie hou vir die Uile onverwagte avonture in... Philip, Hennie, Berrie, Vaatjie en Jorsie, die vyf vriende bekend as die Uile, reken die grootste vakansieavonture wag vir hulle op 'n bosveldplaas. Toe Philip, die Groot Uil, 'n luiperd uit 'n boom plattrek, dink hulle die vakansie kan nou net rustiger raak. Maar toe besluit die vyf om Krugerwildtuin toe te gaan. En daar skuil groter uitdagings, want Josie kom per ongeluk op die spoor van drie uitgeslape skelms vir wie die sukses van hulle smokkelstreke belangriker lyk as die lewe van vyf jong seuns.

Blou Maandag (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Blou Maandag (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Jana haar oë oopmaak, weet sy sommer … vandag gaan ’n BLOU MAANDAG wees! Dit lyk asof ’n tornado haar hare getref het. Die hamster het haar huiswerk opgeëet. Daar is aspersies in haar kosblik. En dit is háár skuld dat die hele skool glo haar beste vriendin se kop is vol grillerige goggas! Boonop is vanaand die groot talentaand waarna Jana al weke lank uitsien. Sê nou dinge loop skeef op die verhoog? Hoe erg kan een Maandag wees?

Somer (Afrikaans, Paperback): Jaco Fouche Somer (Afrikaans, Paperback)
Jaco Fouche
R199 Discovery Miles 1 990 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie stil, maar stemmingsvolle ​coming-of-age roman, beskryf die onwaarskynlike vriendskap tussen twee seuns soos hulle die oorgang na volwassenheid betree tydens die somervakansie aan die einde van hulle laaste skooljaar. Saam eksperimenteer hulle met hul nuutgevonde vryheid - met meisies, drank, en selfs vandalisme. Maar daar is ook besluite om te maak oor die toekoms. En beide van hulle word teruggehou deur moeilike gesinsverhoudinge.

Bastian Blom En Die Gillende Geraamte (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Bastian Blom En Die Gillende Geraamte (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Linki Brand
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank ’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op die boonste verdieping.

Bastian versamel graag vreemde goed, soos:

  • valstande,
  • ou brille,
  • posseëls met vlermuise op, (Hy het nog net dertien – daar is nie baie seëls met vlermuise op nie.)
  • skilderye van katte, (Hiervan hou Cheddar, sy troetelrot, glad nie.)
  • porselein-uile,
  • en boeke met spookstories.

Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture!
Ek Leer van Kleure (Afrikaans, Paperback): Leon Rousseau, Johann Strauss Ek Leer van Kleure (Afrikaans, Paperback)
Leon Rousseau, Johann Strauss; Illustrated by Karen Ahlschlager
R120 Discovery Miles 1 200 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie kleurvolle boek maak voorskoolse kinders op 'n prettige manier vertroud met al die primêre kleure. Daar is ook kort rympies om saam op te sê en 'n storie om die kleure van die reënboog te leer ken. Moedig jou kind aan om die kleure self uit te ken, terwyl julle die pragtige tonele op elke bladsy verken. Hierdie boek vol kleure vorm deel van die Storiemuis-reeks – 'n moet vir elke voorskoolse kind!

Thomas@skaduwee.net (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo [email protected] (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 6 working days

Thomas se hele wereld ruk tot stilstand toe sy meisie, Alex, hom uit die bloute los. Boonop lyk dit of sy beste pel, Hannes, vooraf van alles geweet het. Asof dit nie erg genoeg is nie, maak die skoolhoof, meneer Volschenk, en die twee skoolboelies, Flip en Japie, Thomas se lewe vir hom moeilik. Toe hy in skooltyd wegglip om van die hele spul weg te kom, hoor hy per ongeluk ’n geheime gesprek – twee mans beraam planne om ’n besending onwettige vuurwapens van die hawe tot in die hartjie van Kaapstad te smokkel. Die smokkelaars beplan om ’n netwerk van geheime tonnels te gebruik wat onder die stad deurloop. ’n Speurtog op die internet bevestig Thomas se vermoede dat daar wel 300 jaar oue tonnels deur die stad loop. Kort voor lank is Thomas vasgevang in ’n duister onderwereld van smokkelary – en sy lewe is in gevaar. Hierdie is die tiende titel in die uiters gewilde Thomas@-reeks. Die reeks fokus sterk op tegnologie, avontuur, vriendskap en tienerromanse – en seuns en meisies vind ewe sterk daarby aanklank. Twee seisoene van ’n TV-reeks gegrond op die boeke is onlangs op kykNET uitgesaai.

Padda Word Kwaad (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Padda Word Kwaad (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Nicolene Louw
R65 R61 Discovery Miles 610 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy jou kind kan gee! Die Ek lees self-reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Die prettige, bekostigbare dierestories sal ure se leesvermaak verskaf. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker.

Zackie Mostert 17: Slaan 'n Ses (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Zackie Mostert 17: Slaan 'n Ses (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie ... Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends ...

Zackie Mostert slaan 'n ses. Die krieketseisoen is hier! Zackie en Vincent sien baie uit na die krieketkliniek. Hulle gaan 'n hele week lank leer om soos kampioene te kolf, briljant te boul en fantasties veldwerk te doen! Maar Anton is vasbeslote om vanjaar die beste speler in die krieketspan te word. Anton is nie verniet die grootste boelie in Granaatstraat nie. Toe hy 'n nare poets op Zackie bak, loop dinge lelik skeef. En dit lyk sowaar of Vincent se vreemde, krieketmal oupa dalk hulle enigste hoop is om uit die penarie te kom ...

'n Humoristiese, toeganklike reeks boeke geskik vir beginner- en intermediêre lesers. Trefwoorde: humor, vriendskap, skool, boelies, avontuur, gesinne.

Elle Omnibus 1 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Elle Omnibus 1 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Superhipermega-aaklig. Dis hoe Elle voel oor die vakansie wat voorlê. En daar is 'n paar baie goeie redes waarom sy so voel:

1. Beskaafde mense hou nie vakansie in 'n tent in die diepste bosse van Botswana nie.

2. Die familie en haar pa en ma se universiteitsvriende, die Mosterts, kom sak en pak saam.

3. Die Mosterts se twee irriterende, beterweterige, kondensmelkdrinkende seuns, Divan en Alex. Twee dorpsjapies. Twee koshuisbrakke. Wat haar boonop ignoreer. Vir háár, Elle-Belle. Geen normale ou met gesonde hormone het haar nog ooit geïgnoreer nie.

Maar in die bosse van Botswana ontdek Elle boonop 'n nare geheim oor haar ouers ... en teen wil en dank moet sy die twee seuns beter leer ken.

Die naam alleen klink al klaar vir Elle soos 'n doodsvonnis. Want terwyl haar ouers 'n jaar lank oorsee werk, moet sy na 'n ander skool toe gaan. 'n Meisieskool. 'n Superstreng meisieskool. Boonop is haar selfoon doodstil terwyl sy die heeltyd wens Alex se naam wil op die skerm flits.

Het hy ná hul Botswana-vakansie heeltemal van haar vergeet? Het die blikkie kondensmelk wat hy daardie aand vir haar gegee het, dan heeltemal niks beteken nie? In Blou sjokolade vind Elle tot haar skok uit dat die orkestoer Frankryk toe, waarna sy so lank reeds uitsien, afgestel is.

Dit beteken sy gaan waarskynlik die hele vakansie alleen by die huis sit en kyk hoe die grasperk doodryp, want haar ma en pa is op ’n navorsingsending na Antarktika. Maar dan kry Elle die kans om die Otter-wandelpad te gaan stap saam met haar kamermaat, Refi, die aantreklike Mostert-boeties, Alex en Divan, en drie kinders wat kanker gehad het.

Sommer gou vind Elle uit die Otter is beslis nie vir sissies nie – en twee aantreklike ouens op die staptog laat boonop haar hart vreemde dinge doen ...

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Dit Is Nie 'n Boek Nie
Jaco Jacobs Paperback R250 R227 Discovery Miles 2 270
Anderkant Die Blou
Zelda Bezuidenhout Paperback R170 R152 Discovery Miles 1 520
Jakkals en Wolf 1 - 6 Lekkerlag Stories…
Wendy Maartens Paperback R230 R216 Discovery Miles 2 160
Skooluitgawe: Pad Na Jou Hart - 'n…
Ivan Botha, Donnalee Roberts Paperback R185 Discovery Miles 1 850
Engela Goedhart 3: Superster
Alan MacDonald Paperback R180 R169 Discovery Miles 1 690
Samboksalf en ’n Draaktraan
A.M. Holder Paperback R270 R253 Discovery Miles 2 530
Kompleks
Louis Pretorius Paperback R250 R234 Discovery Miles 2 340
Die Wilde Wereld Van Afrika - 'n…
Owen Hendry Paperback R220 R203 Discovery Miles 2 030
Hartklop - Die Ontwaking Van Winter…
Sunel Combrinck Paperback R280 R263 Discovery Miles 2 630
Quinn se Jaar van Kwik
Zelda Bezuidenhout Paperback R270 R253 Discovery Miles 2 530

 

Partners