![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children
Hoera vir heldhaftige honde Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregteaktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Lea en haar maats, Nikita en Hazel, is kliphard besig om gereed te maak vir die skool se groot honderatsheidskompetisie. Daar is net een probleem: Hik, die hondjie wat Lea gered het, wil net nie die toertjies leer nie! En Lea se ma het gesê as Hik nie maniere leer nie, dan moet hulle hom opgee om aangeneem te word ... Om dinge erger te maak, vind Lea-hulle uit dat daar ’n hondemeule is wat honde in aaklige omstandighede teel net vir wins. Sy en haar maats moet iets doen om hulle te red voor dit te laat is.
Lulu droom daarvan om ’n modeontwerper te word! Dan verskyn ’n vreemde reuk in Lulu-hulle se huis – ’n baba-reuk! Dis groot pret om vir hom babakleertjies te maak. Maar Greta, die nuwe meisie in die klas, dink sy is ’n baie beter modeontwerper as Lulu – en hulle besluit om ’n modevertoning te hou!
Toe Jana haar oë oopmaak, weet sy sommer … vandag gaan ’n BLOU MAANDAG wees! Dit lyk asof ’n tornado haar hare getref het. Die hamster het haar huiswerk opgeëet. Daar is aspersies in haar kosblik. En dit is háár skuld dat die hele skool glo haar beste vriendin se kop is vol grillerige goggas! Boonop is vanaand die groot talentaand waarna Jana al weke lank uitsien. Sê nou dinge loop skeef op die verhoog? Hoe erg kan een Maandag wees?
Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregteaktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Lea en haar klasmaats is op pad na ’n primaatskuiling toe om vir ’n paar dae as vrywilligers te werk. Sy kan nie wag nie, maar ’n paar van die seuns het heeltemal die verkeerde idee en dink sowaar die apies is troeteldiere! Boonop dwing Suna en Mpho vir Lea, Hazel en Nikita om al hulle werk ook te doen en hulle moet ’n kamer deel. Glad nie pret nie. Dan begin alles skeefloop: iemand het ’n paar van die apies gesteel! En net toe Lea uitpluis wat met hulle gebeur het, begin die bos brand ...
Welkom op ’n planeet propvol pret! Jaco Jacobs se planeet is ’n vreemde, fantastiese, vrolike plek waar ENIGE iets kan gebeur. Daar kan wurms met tamatiesous op jou spyskaart wees … of ’n walvis kan in jou sop beland. Jy kan uitvind hoe ’n skoonheidskompetisie vir monsters werk … of die waarheid oor haaie uitvind. Jy kan ontdek jou boetie is ’n ruimtewese … jou troetel-dinosourus saam skool toe vat .. of ’n luislang kan jou ouma insluk! Daar is deesdae byna nie ’n eisteddfod, kunswedstryd of klaskamer in die land waar Jaco Jacobs se skreeusnaakse, lawwe rympies nie gehoor word nie. Sedert die verskyning van sy eerste rympieboek, Wurms met tamatiesous, in 2005 het ’n hele rits rympies uit sy pen gevloei. Hierdie reuse-rympieboek bevat van die gewildste verse uit Jaco se bundels wat oor die jare verskyn het, insluitende: * Wurms met tamatiesous (Alba Bouwerprys, C.P. Hoogenhoutmedalje) * ’n Brulpadda in my tas * My boetie dink hy’s Batman * Kougom in my hare * Op die punt van my tong: 80 tawwe tongknopers En daar is ook ’n paar SPLINTERNUWE rympies as bonus!
Wat gebeur as jy die apokalips misloop? Rufus (eintlik Ruth) en Xandr het pas graad 10 klaargemaak en hulle ken mekaar van kleintyd af. Voordat Rufus en haar gesin die land verlaat besluit hulle om vir oulaas ’n baie belangrike eerste saam te beleef. Sal hulle die plan kan deurvoer?
Die gewildste perdestories in Afrikaans! Die immergewilde Stalmaats-boeke is nou in 'n reeks lekkerlees-omnibusse beskikbaar! Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Of hulle nou aan 'n perdekompetisie deelneem, vakansie by die see gaan hou, of geld insamel om mishandelde en hawelose perde by 'n skuiling te red - waar Anri en haar maats is, is daar altyd hope pret! Natuurlik is die katterige Vinette gedurig besig met allerlei planne om die lewe vir die res van die Stalmaats moeilik te maak. En dan is daar Jacques, die ryskooleienaars se seun met sy blou oë, wat net so mal is oor perde en Anri se hart vinniger laat klop. Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats! Jong perdeliefhebbers sal versot wees op hierdie reeks! Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels: * Komaan, Karen! * Seeponies * Roset * Vrye Teuels * Gevaar op Dagbreek
Hoe-hoe-hoekom gaan al die uile dood? Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Daar is ’n probleem in Lea-hulle se dorp: die uile is besig om dood te gaan! Terwyl al Lea se maats net dink aan die opwindende nuwe restaurant wat oopgemaak het, probeer Lea en haar ouers uitvind wat die uile doodmaak. Vinnig kom hulle agter: die dorp het ook ’n muisplaag en almal probeer van die muise ontslae raak! Is hierdie dinge dalk alles verbind, en wat kan Lea doen om al die diere te red?
Sensitiewe en vriendelike gids vir grootword. Vriendelike, gerusstellende en positiewe gids vir seuns wat puberteit nader. Hierdie boek verduidelik al die veranderings wat met tieners gaan gebeur soos hul grootword en ook hoe hierdie veranderinge hulle sal laat voel. Puberteit- en ouerskapkenners Anika Naik en Phil Wilkinson behandel enige bekommernisse wat jong lesers mag hê oor wat “normal” is, verbeter lesers se selfbeeld en stel hul gerus oor al die veranderinge wat hul gaan ondergaan tydens puberteit. Die boek bevat ook leefstyladvies oor onderwerpe soos gesonde eetgewoontes en oefening, en inligting oor hoe puberteit die teenoorgestelde geslag beïnvloed. Onderwerpe sluit in: Wat is puberteit?; Wat gebeur wanneer?; Hoe werk hormone?; Groei en groei; ʼn Dieper stem; Verpestelike puisies; Hare net waar jy kyk; Jou eerste skeer; ’n Sweterige storie; Daar onder; Nog veranderinge daar onder; Nuwe gevoelens; Wat is seks?; Hoe word babas gemaak?; ’n Goeie selfbeeld; Buierigheid; Beheer jou buie; Gesonde eetgewoontes; Die voordele van oefening; Privaatheid en jou lyf; Puberteit vir meisies; Meisies het ook probleme.
Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank
’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die
onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op
die boonste verdieping.
Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture!
Superjoernalis Sanri Steyn skrik nie vir ’n geraamte nie … Sanri droom daarvan om eendag ’n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees … Superjoernalis Sanri Steyn. Daar is ’n nuwe seun in Sanri en Markus se klas, en hy het ’n buikspraakpop wat soos ’n geraamte lyk. Maar is Bennie Bene regtig net ’n pop, en is Jamahl werklik só ’n goeie buikspreker? Sanri is nie so seker daarvan nie. Toe Bennie Bene een aand verdwyn, help Sanri en Markus vir Jamahl om na hom te soek. Wat ondek hulle op Raaiselfontein se ou treinstasie en sal hulle dit kan regkry om vir Bennie te vind?
Soms voel dit net of daar ’n bietjie magic in die lug is ...
Hierdie heerlike boek bestaan uit drie titels: Projek Paddaprins, Projek Boontjierank en Projek Doringrosie. Al drie is nou saamgebundel vir meer genot en groter waarde vir geld. Angelette, Soekie en Toni is soort van maats. Hulle is nie, soos die meeste maats, saam op skool nie. Hulle bly nie eers in dieselfde buurt nie. Hulle is maats omdat hulle winkelkinders is. Hulle ouers het winkels in die winkelkompleks, Ninapark. Daar, in Ninapark, vind allerlei avonture plaas en enige een wat al ooit sprokiesverhale gelees het, sal besef: Elke avontuur klink amper soos ‘n sprokie! Meisies en seuns is die hoofkarakters. Dit beteken dat ʼn groot aantal lesers met Angelette, Soekie en Toni kan identifiseer.
WARNO SAL MOET KEER, WANT NOU'S DAAR MÉÉR. MEER SKRIKKE. MEER SKOKKE. MEER SPOKE. Gedink jy kan nie verder verras word nie? O ja, jy kán … Dis tyd vir oorlog en die spooksoeker van Sekelrivier se aartsvyand, Henry, gaan alles in die stryd werp. Hy speel graag speletjies - en hy speel graag vuil. Niks wat Warno en Allies al geleer het, kon hulle gereed kry vir wat hier aankom nie. Nuwe onthullings. En nuwe gevare. Wat is die slangvrou se geheim? Hoe het Warno se pa gesterf? Watter wrede jong gedaante dwaal deur die dorp? En wat wag in die begraafplaas? Hierdie laaste Spooksoeker-boek is soos 'n wegholperd. Jy beter jou sit ken en klou vir al wat jy werd is! Hierdie boek volg op Spooksoeker #2 deur dieselfde skrywer en is die laaste boek in die trilogie.
By die Nova-weermagbasis word geheime weggesteek. Gevaarlike geheime. Iets is nie pluis op die weermagdorp Nova nie. Nadat Lucas een aand vreemde ligte in die naghemel gewaar, begin hy allerlei geheime oopkrap. Geheime oor besoekers uit die buitenste ruimte. Geheime waarby nie net Lucas nie, maar ook sy beste vriende en selfs sy gesin betrokke is. Gevaarlike geheime ... Die eerste drie titels in Fanie Viljoen se naelkou-wetenskapsfiksiereeks is nou in ’n omnibus beskikbaar: Die begin Iets is nie pluis in die dorpie Nova nie. Wat is die vreemde ligte wat Lucas en die res van sy gesin een aand op pad terug van vakansie sien? Waarom jok sy pa vir hom? Waarom is die weermag so geheimsinnig oor die projekte waarmee hulle agter hoë heinings besig is? En wat is die glibberige swart ding wat Lucas in die rivier gesien het? Voor hy sy oë uitvee, word Lucas en sy vriende deel van ’n wilde avontuurrit vol tergende – en gevaarlike – raaisels. Vuurdoop Dit is vir Lucas en sy vriende steeds onwerklik om te dink hulle is vroeër ontvoer. Deur ruimtewesens. Maar gelukkig is al vier van hulle nou veilig, en dinge op die weermagdorp, Nova, kan terugkeer na normaal. Als is egter nie pluis nie. Watter geheime skuil nog agter die hoë heinings van die Nova-eenheid? Wat sal gebeur as Lucas se pa uitvind die ruimtewesens het hulle geopereer? Wat beteken die vreemde aanvalle wat Lucas kry en wie is die geheimsinnige Sterreloper wat vir hom boodskappe stuur? En hoe lank voor die geheimsinnige ruimteskepe weer hul verskyning maak? Bloedbroers Lucas wens hy kan alles vergeet wat gebeur het ... Hy wil vergeet van die aand toe hy die eerste keer die vreemde ruimtetuig gesien het. Vergeet van die ruimtewesens wat hom en sy vriende ontvoer het. Vergeet van die vreemde voorwerpe wat daar op die ruimtetuig in hul koppe ingeplant is – en die vreemde kragte wat hulle daarna gekry het. Bowenal wil hy vergeet van die grusame vliegtuigongeluk waarin een van sy vriende dood is. Maar die Nova-weermagbasis is ’n plek vol geheime. Is Lucas en sy vriende gereed om die grootste geheim van almal te ontdek?
SPOKE BESTAAN NIE.
Drome word waar in die laaste boek in hierdie gewilde meisiereeks! Uiteindelik word Lulu se grootste droom bewaarheid: sy gaan Parys toe vir haar eie modevertoning, en die grootste name in die modewêreld gaan haar klere modelleer! Die nare tweeling, Alex en Alet, daag ook onverwags op en Lulu is eers bang hulle gaan al haar planne in die wiele ry - maar dan loop iets GROOT verkeerd! Al die uitrustings wat sy gemaak het, raak weg en arriveer nooit in Parys nie! Lulu en haar vriende en familie moet inderhaas 'n plan maak, maar Lulu is op die punt om moed op te gee. Kan sy nog 'n suksesvolle modevertoning doen en haar drome laat waar word? 'n Reeks vir beginnerlesers, ideaal vir jong meisies wat 'n belangstelling in modeontwerp het.
Drie Sanri Steyn-stories in een omnibus! Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture - van vampiere wat op die dorp kom woon, tot 'n weerwolfmeisie wat haar opwagting in hul klas maak! Die aweregse humor en lekker grillerige avonture in hierdie gewilde reeks sal seuns en meisies vasgenael hou! Vir die eerste keer is die Sanri-reeks nou in 'n bekostigbare omnibus-formaat beskikbaar! Die drie titels in hierdie omnibus sluit in: 5: Die monsters van Middernagstraat Sanri se neus begin kriewel toe 'n vreemde ding een middag in Middernagstraat gebeur. En as Sanri se neus kriewel, beteken dit net een ding - sy ruik 'n storie! Sy is byna doodseker sy het gesien hoe een van Claudia Müller se oulike skoothondjies 'n oomblik lank in 'n monster verander ... 'n Nare monster met bloedrooi oë, 'n bek vol vreesaanjaende tande, en vreemde stekels op sy rug en nek. Markus is oortuig Sanri se verbeelding werk weer oortyd. Maar dan begin troeteldiere in Raaiselfontein verdwyn ... 6: Die nag van die weerwolwe Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe meisie in hul klas, Chrissie de Wolfe, ontmoet. Waarom het Chrissie 'n sappige rou steak in haar kosblik? Wat soek sy by die slaghuis en waarom koop sy soveel vleis? En hoekom lyk dit of sy supersterk is? As Sanri se neus kriewel, moet jy weet hier kom 'n storie ... Sanri is oortuig die nuwe meisie in haar klas is 'n weerwolf. Maar hoe gaan sy en Markus dit bewys? 7: Die vampiere van vlermuishoogte Sanri kan nie wag om haar beste vriend, Markus, se neef te ontmoet nie. Danté en sy gesin bly in Vlermuishoogte - 'n geheimsinnige ou kasteel. Maar iets is nie pluis nie ... Waarom het Danté se pa 'n skaduwee soos 'n vlermuis? En is Markus dalk in gevaar?
Wat kry jy as jy die volgende bymekaarsit?
Hannah is vasgekeer. Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer. Sy is vas tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste jeans. Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord speel en die wêreld vanuit sy studeerkamer probeer red. Vas in haar onvermoë om haarself te laat geld. Sy is moeg vir wegkruip, moeg om die enigste agter-die-klip-tiener te wees en te vries wanneer sy moet vlieg. Tot Lua onverwags ʼn paar ou rolskaatse vir Hannah gee en haar help om kelnerin by die akwarium se koffiewinkel te word. Hannah kom voor ʼn keuse te staan: veg, vlug of vries? Sy kies! Sy kyk video’s oor hoe om bo te bly, want skaats gaan sy skaats. Die De Lange-broers kruis haar pad. Leo leer haar skaats, Ben wys haar die dolfyne en Hannah se vlerke kry vere. Sy vlieg en wanneer sy land ... land sy op wiele!
'n Dag saam met die dolfyne op Duinebaai! Jana en Alisha is beste vakansiemaats en groot opwinding heers in Duinebaai - 'n nuwe glyplank is by die swembad opgerig! Jana, Alisha, Tiaan en Rudie is gretig om by die nuwe glyplank af te gly. Ongelukkig vir die maats is die res van Duinebaai ook opgewonde oor die glyplank en is dit stampvol by die swembad. Jana, haar ma en Alisha besluit om eerder roomys te gaan eet en daarna in die see te swem. Asof in 'n droom, swem en speel dolfyne saam met hulle. Dit is beslis die beste dag óóit! Hierdie is 'n reeks vir meisies, met 'n sterk fokus op humor, vriendskap, vakansiepret en avontuur.
“Dis weird om te weet jy is ’n weerwolf. Maar dis ook cool.”
Frankie se gesin is anders. Haar pa kom van Vlaandere, lyk soos Atilla die Hun, en hy praat nog steeds Nederlands - en soms 'n bietjie Frans as hy Frankie wil treiter. Hy ry met 'n Big Boy-bromponie en het sy eie kookskool. Haar ma het in die hippie-jare vasgesteek, dra batik-broeke en het die hele planeet en al sy bewoners lief. En Frankie? Sy is mal oor skaatsplank ry en kunsflieks. Sy wonder oor Milan, die geheimsinnige, stil ou in haar klas met die swart hare en bleek vel. En sy wonder oor die papier-rot en die Banksy-boek wat sy een oggend op haar balkon kry. Milan se pa is liewer vir syfers as vir woorde of ander mense. Hy is 'n wiskunde-onderwyser met 'n swartraambril en 'n strikdas. Min mense sal vermoed dat hy 'n swart gordel in judo het. En Milan? Hy neem kitaarlesse, hou van flieks, old school-musiek soos Pink Floyd en Led Zeppelin en sny snags stensils uit karton. Hy wonder wat deesdae met hom aangaan - is hy siek of verlief? Wat dit ook al is, dit het begin die oomblik toe hy Frankie by die Waterfront gesien het.
Jong Joe en Anna (albei 13) raak hartstogtelik verlief op mekaar. Maar dan tree die lewe tussenbeide en word hulle teen hul sin van mekaar geskei. Amper tien jaar later loop hulle mekaar weer onverwags raak, maar hul sterk band vanuit hul kinderdae is verlore. Sal hulle die lewe se baie hindernisse kan oorkom, en sal hulle ooit weer saam kan wees? Dit is ’n storie oor lewe, grootword, regte en verkeerde keuses maak, vashou aan dit waarin jy glo, ouerskap en hantering van die dood. Wat egter die sterkste uitstaan, is die liefde. Hierdie storie verken die moeilikhede wat tieners en studente daagliks in die gesig staar en leer ook jonk en oud om in liefde te glo ten spyte van hartseer.
Lank, lank gelede was die Diepgrawers ’n groot erdfamilie, maar nou is daar net ses van hulle oor: Ouma Smakkie, Pa Vasgryp, Ma Uilverskrik en die drieling, Droomoog, Witstert en Snoetie. Die ander erdfamilies maak al hoe meer snuffelpraatjies oor die Diepgrawers, nie net omdat hulle so min is nie, maar ook omdat hulle allerhande onerdse dinge aanvang. Die jong Diepgrawers klouter dan selfs in bome rond! Wanneer Droomoog een nag iets doen wat geen opregte erd ooit mag doen nie, is dit die laaste strooi. Die Diepgrawers moet gestraf word – hulle moet veld-uit. Sal Droomoog kan regmaak wat hy verbrou het? En sal hy kan ontsnap van die woeste vuur en die wrede Vreet se kloue? Gelukkig is Droomoog ’n ware Diepgrawer, ’n erd wat nie opgee nie, ’n erd met ‘n plan. |
You may like...
Advances in Genetic Enhancement of Early…
Baffour Badu-Apraku, M.A.B. Fakorede
Hardcover
R5,265
Discovery Miles 52 650
Tropospheric Ozone and its Impacts on…
Supriya Tiwari, Madhoolika Agrawal
Hardcover
Plant Abiotic Stress Tolerance…
Mirza Hasanuzzaman, Khalid Rehman Hakeem, …
Hardcover
R4,778
Discovery Miles 47 780
Instant Insights: Improving Crop…
Ulrike Mathesius, Jian Jin, …
Paperback
R1,187
Discovery Miles 11 870
Wild Germplasm for Genetic Improvement…
Muhammad Tehseen Azhar, Shabir Hussain Wani
Paperback
R3,947
Discovery Miles 39 470
Meta-topolin: A Growth Regulator for…
Naseem Ahmad, Miroslav Strnad
Hardcover
R4,735
Discovery Miles 47 350
|