Nog meer prettige woordspeletjies vir kinders!
Word speel-speel woordslim met hierdie fantastiese aktiwiteitsboek!
Na die sukses van Wo(o)rdslim bevat hierdie tweede boek 56 bladsye
propvol briljante blokraaisels, wonderlike woordspeletjies en lekker
kopkrappers wat sal sorg vir ure se fantastiese vermaak.
Speel dit op jou eie of daag mekaar uit om te kyk wie eerste die
raaisels kan baasraak!
Van die aktiwiteite in hierdie boek sluit in:
- Tematiese blokraaisels wat saamgestel is rondom ’n verskeidenheid
temas.
- Woordsoekblokke
- Spelspeletjies
- Letterblokke
- Kriptogramme en ander briljante breinboelies
Of julle nou langpad ry, op soek is na prettige opvoedkundige
aktiwiteite vir die klaskamer, of sommer net lus het vir lekker
woordspeletjies wat jou brein behoorlik kan laat spiere bult – hierdie
bekostigbare aktiwiteitsboek is die perfekte manier om kinders se
taalkennis speel-speel op te skerp.
Volledige oplossings agter in die boek.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!