0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (16)
  • R50 - R100 (48)
  • R100 - R250 (497)
  • R250 - R500 (41)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children

Die Bok Wat Sy Spring Verloor Het (Afrikaans, Paperback): Marleen Lammers Die Bok Wat Sy Spring Verloor Het (Afrikaans, Paperback)
Marleen Lammers; Illustrated by Gwendolyn de la Harpe
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wat is ’n springbok sonder sy spring? Net ’n … bok?

Wanneer arme Springbok sy spring verloor, moet sy vriende hom help om dit weer op te spoor – met skreeusnaakse gevolge.

’n Humoristiese en treffende storie oor dit wat jou spesiaal maak, en die krag van vriendskap.

Die Alfa Van Alfaville (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Die Alfa Van Alfaville (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen; Illustrated by Luan Serfontein
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Een Alfa Romeo, twee seuns, hope aksie en avontuur!

Rikus moet by sy oom Jake gaan kuier die vakansie. Hy sien nie juis uit nie, maar ten minste het sy oom 'n cool werkswinkel waar hy karre regmaak. Iets maak egter nie heeltemal sin nie - waarheen verdwyn sy oom sommige aande? Rikus en sy vriend besluit om hom te agtervolg ...

Wat volg is 'n avontuur met 'n wit Spider Alfa Romeo, 'n beste vriend en 'n Russies-Afrikaanse ingenieur - 'n storie so aksiebelaai soos die jongste Marvel-fliek!

Die Klein boek van skitterende speelgoed - skitterende speelgoed (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Die Klein boek van skitterende speelgoed - skitterende speelgoed (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Die Sokker-Fiasko (Afrikaans, Paperback): Andre Trantraal Die Sokker-Fiasko (Afrikaans, Paperback)
Andre Trantraal
R65 R61 Discovery Miles 610 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die opwindende avonture van Keegan en Samier.

Ontmoet vir Keegan en Samier. Hulle is beste vriende en Samier se tweelingsussie, Samia, kuier ook gewoonlik saam. Dan is daar ook Jenni-Lee, Keegan se klein sussie, en Keegan se slim en streng ouma. Saam het hierdie vriende hope heerlike avonture! Ongelukkig is Brent Petersen, die klasboelie, altyd daar om dinge bietjie te versuur …

Hierdie splinternuwe reeks, geskryf en geďllustreer deur André Trantraal, is perfek vir beginnerlesers. Die stories is eenvoudig, identifiseerbaar en geskryf met 'n lekker pas wat lesers se aandag sal hou.

Die sokker-fiasko.

Keegan, Samier en Samia gaan speel sokker in die parkie. Daar kry hulle vir Ghielie en sy nefies en saam speel hulle 'n heerlike spel. Samia is 'n uitstekende sokkerspeler! Maar dan kom Brent Petersen daar aan - en hy wil glad nie saam met 'n meisie sokker speel nie! Sal hulle nog steeds almal kan sokker speel of gaan Brent die hele dag bederf?

Bertie Blikbrein (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Jaco Jacobs Bertie Blikbrein (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Jaco Jacobs; Illustrated by Stephan Wallace
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Nico se pa is 'n uitvinder. Hy het al baie vreemde dinge ontwerp... Haarjel wat van kleur verander. 'n Stoel wat jou kielie as jy aan die slaap raak. Selfs sandale wat jou toonnaels knip! Maar sy nuutste uitvinding is die heel beste. Dis 'n regte, egte robot! Bertie Blikbrein kan praat, somme doen en selfs grappies vertel.

Wiskunde gee my maagpyn (Afrikaans, Paperback, 3rd ed): Jaco Jacobs Wiskunde gee my maagpyn (Afrikaans, Paperback, 3rd ed)
Jaco Jacobs
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Mia haat wiskunde. Sy hou nie van optelsomme nie en sy hou nie van aftreksomme nie. Vermenigvuldigsomme gee haar hoofpyn en sy verstaan nie deelsomme nie. Haar aaklige wiskunde-onderwyser, meneer Vermaak, se nie eers “More, klas” soos die ander onderwysers nie. Hy se net: “Vandag maak ek Maalvleis van die een wie se wiskunde nie gedoen is nie!” Maar wat meneer Vermaak nie weet nie, is dat Mia besig is om 'n boek oor hipnose te lees... En dat sy selfs onbeskofte wiskunde-onderwysers allerhande toertjies kan laat doen!

Justin Fortuin, Skattejagter (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Justin Fortuin, Skattejagter (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Seekaptein, ’n skattejag en spoke...

Justin Fortuin het glad nie lus om die vakansie saam met sy ma by haar tannie Mary te kuier nie. En wat daarvan as tannie Mary in ’n geheimsinnige ou kasteel by die see bly? Hy het ander vakansieplanne gehad.

Maar tannie Mary maak Justin se dag toe sy vir hom ’n pratende papegaai present gee. Hy vind gou uit Kaptein Kraakbeen is nie sommer énige papegaai nie, en kort voor lank is hy reg in die middel van ’n opwindende avontuur vol raaisels en geheime.

Spook dit in Kasteel Boekanier?

Sal Justin en sy vriend Liam die ou skeepskaptein se skat kan vind voor twee skelms dit doen?

Bastian Blom En Die Woedende Weerwolf (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Bastian Blom En Die Woedende Weerwolf (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Linki Brand
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank ’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op die boonste verdieping.

Bastian versamel graag vreemde goed, soos:

  • valstande,
  • ou brille,
  • posseëls met vlermuise op, (Hy het nog net dertien – daar is nie baie seëls met vlermuise op nie.)
  • skilderye van katte, (Hiervan hou Cheddar, sy troetelrot, glad nie.)
  • porselein-uile,
  • en boeke met spookstories.

Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture!
Wilde Wikus (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Wilde Wikus (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

'n Wilde wragtig genaamd Wilde Wikus Het daar 'n zombie-virus uitgebreek? Is ruimtewesens besig om die aarde aan te val? Het iemand 'n hele weermag ninja-robotte losgelaat? Of waarom wil Wikus se beste maat, Rico, dan skielik nie meer Vrydagmiddag by hom kom kuier nie? Die waarheid is nog erger as zombies, ruimtewesens of ninja-robotte. Rico het 'n nuwe beste maat. Iemand wat baie opwindender as Wikus is. Wikus besluit om 'n plan te maak … Hierdie is 'n humoristiese, toeganklike boek geskik vir beginner- en intermedięre lesers. Daar is min boeke vir seuns in hierdie ouderdomsgroep. Trefwoorde: humor, vriendskap, skool, boelies, avontuur, gesinne.

Thomas@ Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo Thomas@ Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Drie adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus!

Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinder- en jeug boekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuur belaaide topverkoper-reeks verskyn, sommige titels is in Engels vertaal, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot 'n TV-reeks op kykNET gelei. Die gewilde Thomas@-stories in nou in 'n reeks waarde-vir-geld-omnibusse beskikbaar. Hierdie omnibus bevat drie titels:

[email protected]

Die nuwe skooljaar begin nie goed vir Thomas nie. Eers het hy en Hannes 'n nagmerrieondervinding in 'n hyser en dan word hy vir 'n week lank geskors omdat hy 'n boelie geslaan het. Om alles te kroon begin 'n reeksmoordenaar paniek saai in Kaapstad ...

[email protected]

Dinge is in rep en roer oor die nuwe meisie in Thomas-hulle se klas: die aantreklike sepiester Fleur Vermaak. Hannes is dadelik tot sy ore toe verlief op Fleur, maar dit lyk asof sy net oë het vir een ou - Thomas! En Thomas sal nie daarvan droom om vir Alex te verneuk nie, maar Fleur is darem wraggies mooi ... Maar alles is nie pluis nie. Wie is die geheimsinnige man wat agter Fleur aan is? En wat is die nare geheim van Bailey se Bos, die plek waar die graad neges gaan kampeer?

[email protected]

Almal is baie opgewonde oor Thomas se kans om 'n sepiester te wees. Hy het immers 'n rol gekry in Die Malans van Marthaheim, die gewildste TV-reeks ooit! En sy mede-ster is boonop die aantreklike Fleur Vermaak. Maar kort voor lank begin Thomas vreemde dreigbriewe kry.

Hoeveel Tande Het 'n Engel? (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Hoeveel Tande Het 'n Engel? (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“Hulle wil my been afsit, Simphi. Net hierso.” Alex trek sy liniaal oor sy kaal bobeen. “Woep-wap-konynkap, weg is Alex Brown se been én sy beroemde skopvoet.”

Die nuus is presies wat die veertienjarige Alex nie wou gehoor het nie: sy beenkanker is te laat ontdek en nou is daar ’n sterk kans dat hulle sy been sal moet afsit. Hy gaan nooit weer rugby of krieket kan speel nie. Vir ’n lang tyd nie skool toe kan gaan nie. Dalk selfs nie eers sy vyftiende verjaarsdag sien nie …

Sy beste vriend, Simphiwe, het nie veel raad nie. Maar toe ontmoet Alex vir Agapé-Ann; ’n pastoor se dogter met dieselfde tipe kanker wat ses maande vroeër haar eie been verloor het. Hy begin saam met haar kerk toe gaan, en stadig maar seker leer hy meer oor geloof en die Here, en dat sy kanker nie ’n straf is nie. En oor engele.

Gaan sy jong geloof die grootste toets ooit kan oorleef?

'n Boelie, 'n Bangbroek en 'n Bende - Laerskool-Stories (Afrikaans, Paperback): Francois Van Rooyen 'n Boelie, 'n Bangbroek en 'n Bende - Laerskool-Stories (Afrikaans, Paperback)
Francois Van Rooyen 2
R110 R102 Discovery Miles 1 020 Save R8 (7%) Ships in 5 - 10 working days

n Boelie, ’n bangbroek en ’n bende gaan oor die fiktiewe lewens van kinders in Laerskool Steenbras en fokus op die hoofkarakter (Dewaldt) en sy vriende wat deel is van ’n bende. Dit is gebaseer op karakters en ware gebeurtenisse uit die skrywer se kinderdae en word op ’n vars manier vertel deur teks en illustrasies te kombineer. Die leser leer die bende ken deur al die manewales wat in een pouse gebeur. Daar is ook baie ander interessante karakters wat die leser boei, soos Jak (die boelie) en Elsa (die meisie wat hy bewonder).

As Mens Geluk Kon Proe (Afrikaans, Paperback): Zelda Bezuidenhout As Mens Geluk Kon Proe (Afrikaans, Paperback)
Zelda Bezuidenhout
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

NAASWENNER VAN LAPA SE JEUGROMANKOMPETISIE 2017!

Soms is geluk soos ’n vergete peperment in jou skoolbaadjiesak.

Toe Arnelia en haar ma van Kaapstad na Potchefstroom verhuis, besluit sy dit is die ideale geleentheid om die draaiboek van haar lewe te herskryf. ’n Nuwe dorp en ’n nuwe skool is die perfekte geleentheid om haarself te heront-werp. ’n Nuwe blaadjie om te slaan. Operasie Nuwe Arnelia. Oprah sal trots wees.

Ongelukkig loop haar planne sommer uit die staanspoor skeef toe sy by die skool se entrepreneursdag pens en pootjies neerslaan met arms vol kos. Boonop is daar ’n groepie meisies wat duidelik vasbeslote is om die lewe vir haar moeilik te maak.

Dankie tog vir nuwe vriende soos Dineo en Ilana wat die daaglikse dramas van haar lewe ietwat draagliker maak.

En dan is daar Dewald. Die donkerkop-boerseun met die skewe glimlag wat weet hoe om crępes suzette, tiramisu en uiekonfyt te maak. Hy laat Arnelia se hart vreemde dinge doen, al weet sy hy sal nie twee keer na ’n meisie soos sy kyk nie.

Toe Dewald se lewe egter onverwags op sy kop gekeer word, gryp Arnelia en haar vriende in. Danksy ’n ou goudgeel kombi, ’n winkelpop genaamd Saartjie en ’n klomp fantastiese resepte begin hulle ’n mobiele snoepie by die skool. Die Snoeperheroes het die skool op hol met allerlei opwindende pousekos en prettige idees.

Maar toe Arnelia uit die bloute ’n groot rol in die skool se produksie van Hairspray losslaan, word haar nuwe vriendskappe tot die uiterste beproef, en sy word gedwing om haar moeilike verhouding met haar pa reguit in die oë te kyk …

’n Heerlike tienerverhaal propvol humor en deernis, wat bewys dat geluk dikwels in die klein dingetjies skuil.

Die Koning Se Paddaboudjies En Ander Sprokies (Afrikaans, Paperback): Janneke Schoveld Die Koning Se Paddaboudjies En Ander Sprokies (Afrikaans, Paperback)
Janneke Schoveld
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie moderne sprokiesboek bevat 15 moderne sprokies deur topskrywer Janneke Schotveld. Hierdie verhale handel onder andere oor die kleine Oek, wat dapper genoeg is om die bos binne te gaan waar 'n gevaarlike reus woon. Oor die ridder wat besluit om die prins van haar drome uit die kasteel van sy ouers te bevry. Oor die heks, Hettie, wat 'n besem kry vir haar verjaardag, maar nie durf vlieg nie. Oor prinses Lupine wat haar bruidegom uit sewehonderd prins moet kies, maar geen skoenlappers in haar maag voel met een van hulle nie. En oor die koning wat daarvan hou om paddaboudjies te eet - totdat hy self skielik in 'n padda verander.

Die koning se paddaboudjies is 'n bundel geestige en roerende sprokies wat net effens van die tradisionele sprokiesresep afwyk. Met elke verhaal is daar pragtige tekeninge van 'n ander top-illustreerder, waaronder Martijn van der Linden, Thé Tjong-Khing, Linde Faas, Milja Praagman en Annet Schaap.

My Eerste Wilde Eiland-Avontuur (Afrikaans, Paperback): Riaan Manser My Eerste Wilde Eiland-Avontuur (Afrikaans, Paperback)
Riaan Manser
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In Julie 2009 het Manser ‘n volgende wêreldrekord gestel toe hy die eerste persoon was wat die wêreld se vierde grootste eiland, Madagaskar, per kajak omseil het - ook alleen en sonder hulp. Hierdie kolossale reis van 5000 km, wat hom elf maande geneem het, was volgens hom aansienlik meer veeleisend, beide fisies en geestelik. Hy moes uiterste eensaamheid oorwin terwyl hy verraderlike toestande verduur het, soos donderende golwe, siklone en ‘n skroeiende son wat, gekombineer met soutwater, hom amper lewendig gepekel het. Tydens sy omseiling het hy baie onvergeetlike noue ontmoetings met Madagaskar se seelewe gehad – boggelrugwalvisse wat meters van sy kajak af deur die oppervlak gebreek het, reuse-leerskilpaaie wat langs hom geswem het, en sy boot wat deur ‘n haai gestamp is. Riaan het in ‘n tydperk van uiterste politieke onrus in Madagaskar rondgereis en hy het 5 keer in die tronk beland, die laaste keer drie nagte op vermoede dat hy huursoldaataktiwiteite uitgevoer het. In April 2010 is Manser se pogings beloon met sy tweede toekenning, “Out There Adventurer of the Year 2009”. “Around Madagascar on my Kayak”, die boek waarin hy van sy wonderlike prestasie vertel, het ook lof ontvang.

Hoephoepieland - Tien Omgeestories Met Hart (Afrikaans, Paperback): Ronel van der Watt Hoephoepieland - Tien Omgeestories Met Hart (Afrikaans, Paperback)
Ronel van der Watt
R178 Discovery Miles 1 780 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie spesiale kinderboek bevat tien omgeestories met hart.

Elke kind in juffrou Ansie se klas by Hoephoepieland het ’n eie storie wat in uitdagende omstandighede binne ’n multikulturele Suid- Afrikaanse konteks afspeel. Die situasies wissel van trauma (’n taxi-ongeluk, vreemdelingehaat, ’n huis wat afbrand en gesinsgeweld), mediese toestande (kongenitale hartdefek, ’n aansteeklike longsiekte en serebrale verlamming) tot verskillende gesinsamestellings (aanneming en ’n afwesige vader). Die outeur pak gewigtige kwessies met deernis, sensitiwiteit en fyn humor aan.

Die boek maak kinders bewus van ander se lewensomstandighede en help om hulle kapasiteit vir empatie te ontwikkel. Daar is ook agtergrondinligting oor elke storie se spesifieke tema asook vrae om oor te gesels.

Fanie Word Grootwildjagter (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Fanie Word Grootwildjagter (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 6 - 10 working days

Fanie is nou 'n bietjie ouer en sy pa reken dis tyd om hom alleen saam met die Zoeloes op 'n jagtog te stuur. Met 'n splinternuwe jaggeweer oor die skouer vertrek Fanie in die rigting van die Swart-Mfoloz. In die ongerepte Bosveld moet Fanie groot besluite neem: 'n Goeie skoot of regte besluit kan die verskil maak tussen lewe en dood. Hartsake kwel hom ook. Met die moontlikheid van oorlog tussen Boer en Brit wat swaar op sy skouers druk, moet hy kies aan wie sy hart gaan behoort: Die Engelse meisie, Jekkie, of Soekie, 'n Boerenooientjie. Soos die weke in die Bosveld verbygaan, ontluik die wispelturige seun in 'n verantwoordelike jong man.

Wat Werner Doen Met Sy (Drie) Miljoen (Afrikaans, Paperback): Tertius Janse Van Rensburg Wat Werner Doen Met Sy (Drie) Miljoen (Afrikaans, Paperback)
Tertius Janse Van Rensburg
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wat sal jy doen as jy die LOTTO wen?

Dit is die vraag wat Werner, TC en Einstein hulself afvra een pouse. Soos die meeste graad 9 seuns, droom hulle oor sportmotors en privaat vliegtuie. Vir die grap besluit die drie seuns om regtig elkeen ’n LOTTO-kaartjie te koop. Hulle vat vir Oupa Ig (Werner se oupa
wat Alzheimers het) om “roomys” te koop, en sonder dat hy besef wat aangaan speel hulle die LOTTO. Dan gebeur die onverwagte: hulle wen wraggies meer as R3 miljoen!

Werner voel baie skuldig oor hoe hulle sy siek oupa misbruik het, en hulle besluit om nie die geld te eis nie ... maar dan verloor Werner se ma haar werk. Oupa Ig se gesondheid begin agteruitgaan, en Werner is baie bang sy ma trou met die nare oom Daan.

Nou begin die groot uitdaging: sy ma glo dobbel is doodsonde, so hoe op aarde gaan hulle die geld by haar uitkry?

Weg (Afrikaans, Paperback): Alet Steenkamp, Nerine Ahlers Weg (Afrikaans, Paperback)
Alet Steenkamp, Nerine Ahlers
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Niekie is weg, en niemand gee om nie. Sy is immers bekend vir haar impulsiewe kunstenaarstemperament en het al voorheen vir ’n paar dae pad gevat om te gaan skilder.

Maar haar kęrel, Zack, word al hoe meer bekommerd. Waarom het Niekie nie opgedaag vir hulle afspraak nie? Hoekom antwoord sy nie haar foon nie? Toe hy boonop haar woonstel verlate aantref, weet hy iets is verkeerd. Baie verkeerd.

Intussen word Niekie in ’n vreemde bed wakker; vasgemaak en vol kneusplekke. En by haar is ’n man. Hy noem haar sy prinses. Hy wil vir haar ’n storie vertel oor ’n meisie wat dieselfde naam as sy gehad het. En as die storie eers verby is, gaan hy vir haar ’n spesiale towerdrankie gee om haar te laat slaap. Vir altyd …

Terwyl die uurglas vir Niekie leegloop, probeer Zack en Niekie se vriende die vreemde spoor van leidrade volg wat hulle hopelik na haar ontvoerder sal lei … voor dit te laat is.

Wereld Van Wolwe 3 - Derde Mag (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Wereld Van Wolwe 3 - Derde Mag (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“Jou pa is ’n moordenaar,” sis Wolfgang. “Hy moor my weerwolwe. Eendag gaan hy jou ook skiet. Wag maar, daardie dag kom.”

Joshua Reinders se lewe is ’n gemors. Hy dra ’n groot geheim: Hy is ’n weerwolf. En sy pa is ’n weerwolfjagter. Die spanning verhoog egter toe Wolfgang Lycaon in Droomhoek opdaag. Die afskuwelike leier van die Węreld van Wolwe glo dat Joshua aan hom behoort. En hy wil die seun terughę. Of Joshua gaan sterf.

Maar sal dit werklik gebeur? Joshua sal vir sy lewe moet veg en van Wolfgang ontslae raak.

Daar wag egter nuwe geheime wat Joshua eers moet ontrafel: Hoekom het hy elke keer bloed aan sy hande as iemand in die dorp wegraak? Hoe is sy ma werklik dood? Wat is die derde mag?

Z-A-K 4: Die Geheime Van Zenkion (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Z-A-K 4: Die Geheime Van Zenkion (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R120 R113 Discovery Miles 1 130 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die lang reis na die planeet Zenkion is uiteindelik verby, maar vir Mitch Wilson is dit ’n antiklimaks omdat sy beste vriend, Lionel, dit nie saam met hom tot op Zenkion gemaak het nie. Min weet hy dat hy nog nie die laaste van Lionel gesien het nie.

Is die beweringe waar dat die mense van Deltaville iewers op Zenkion aangehou word? Sal Mitch en Lionel dit regkry om hulle gesinne weer te vind, en is Imke se Aarde-ouma ook daar?

Imke se pad kruis onverwags met die van haar pa, Drogan. Gaan hy haar probeer verhoed om saam met Mitchhulle terug te gaan Aarde toe as alles uiteindelik verby is? Wat gaan eintlik op Zenkion aan, en hoe pas die Aardbewoners in die prentjie?

Beleef die avontuur saam met die drie vriende en vind uit hoe die laaste stukkies van die legkaart inmekaarpas.

Sterre Vir Die Donker (Afrikaans, Paperback): Noreen Nolte Sterre Vir Die Donker (Afrikaans, Paperback)
Noreen Nolte
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dit is aaklig om op amper sewentien so baie dinge nie te weet nie. Nie te weet of jou ma dalk reg is en jy net ’n pil moet drink om die donkerte tekeer nie, nie te weet of jou broer se ambisie hom die kluts gaan laat kwyt raak nie. Om nie eers te praat oor die feit dat jy glád nie te weet wat jy met die res van jou vreeslike gemiddelde lewe wil doen nie. En die een persoon wat alles sou verstaan het, is vir altyd weg. Gelukkig bring die nuwe jaar ’n paar veranderinge wat Helena so ’n bietjie ligter laat voel. Haar viool begin weer sing, en sy besluit om self antwoorde te begin soek. Ongelukkig is ’n antwoord egter nie altyd goeie nuus nie ... Hoe kón sy Luca met die duifgrys oë se gesels, sy hand om hare, so heeltemal verkeerd verstaan het? Kan een dom-onnosele besluit se gevolge regtig so ver uitkring dat dit iemand se toekoms sal vernietig? Ergste nog, wat presies moet sy met al hierdie antwoorde doen? Helena begin dink dat om nie te weet nie, dalk tóg beter is. Skielik klink weghardloop na ’n goeie plan … maar is dit?

Die Groot Jaco Jacobs-Storieboek (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Die Groot Jaco Jacobs-Storieboek (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vyf fantastiese Jaco Jacobs-boeke in een omnibus!

Vir die eerste keer word vyf van Jaco Jacobs se gewilde kinderverhale saam in een waarde-vir-geld omnibus aangebied! Geniet hierdie fantastiese verhale oor onbeskofte feetjies, 'n geheimsinnige meermin, 'n superheld-boetie, 'n baie stink poets en 'n klomp raserige dinosourusse!

Pasop vir die feetjies

Is daar regtig iets soos feetjies? Natuurlik nie! Wie glo nou in piepklein meisietjies wat kamma kan vlieg en heeldag blomme verf? Beslis nie die ondeunde tweeling Dieter en Pieter nie. Maar Lienke en Nonkwe glo in feetjies. Hulle glo daar bly feetjies in 'n ou boomstam in die biblioteek se tuin. Daarom besluit Dieter en Pieter om die meisies 'n poets te bak. Hulle maak superstink Feetjie-Vlug-Formule en gooi dit in die ou boomstam! Kort voor lank kry die tweeling 'n nare verrassing - twee omgekrapte, ongemanierde besoekers ... 'n Prettige skaterlagstorie met 'n belangrike les - moenie met 'n feetjie skoorsoek nie!

Borrels

Ontmoet vir Borrels! Sy is die nuwe meisie in Christo en Nelson se klas. Dit is nie net haar naam wat vreemd is nie ... Borrels dra skulpe in haar hare. Sy bring haar goudvis saam skool toe. En sy het 'n GROOT geheim ... Ontdek hoeveel pret dit kan wees as die nuwe meisie in jou klas 'n meermin is! 'n Verbeeldingryke storie met 'n bewaringstema, ideaal vir beginnerlesers.

Superboetie

Ryno Rademan is moeg daarvoor om die oudste broer van 'n superheld te wees. Ja, jy het reg gelees. Sy bababoetie is 'n superheld. Die nag toe hy gebore is, het 'n meteoriet die dorp getref. Dit het hom spesiale kragte gegee. Hy red mense uit brandende geboue en roei misdaad uit - al maak hy nog gereeld sy doeke vuil. Maar op 'n dag besluit Ryno se ma om sy bababoetie vir 'n kompetisie in te skryf ... en hulle kom van aangesig tot aangesig met 'n baba-skurk! Kan Ryno sy boetie uit die kloue van die boosaardige baba red - voor dit te laat is?

Koebaai Gorilla

WAARSKUWING! Hierdie storie STINK! Hein beland gedurig in die moeilikheid omdat sy beste pel, Morné, hom uitdaag om simpel goed aan te vang. Simpel goed soos om 'n asblik op sy kop skool toe te dra. Hein neem hom voor dat hy klaar is met hierdie soort grappies. Maar teen sy sin aanvaar Hein wéér sy Morné se nuutste uitdaging ... Hy moet 'n hele week lank oorleef sonder 'n tandeborsel. Of vlos. Of pepermente. Of van daardie aaklige groen gorrelgoed. Hoe moeilik kan dit nou eintlik wees? Maar kort voor lank ruk dinge hand-uit ... 'n Stink storie wat jou sal laat skaterlag ... terwyl jy jou neus toeknyp!

Die probleem met dinosourusse

As jou vriende 'n klomp REUSE, RASERIGE dinosourusse is, kan dinge nogal moeilik raak. Veral as hulle boonop saam skool toe gaan. Maar die probleem met dinosourusse … is dat jy nooit lank vir hulle kwaad kan bly nie!

Briewe Van Mieliepit (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Briewe Van Mieliepit (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Megan Bird
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hallo Liefsteling!

Ontmoet vir Mieliepit: ’n baie pittige troetelhoender van Bloemfontein. ’n Bietjie lui (sal sy self erken), en baie lief vir gesels, skryf sy die allersnaakste briewe aan ene Liefsteling. Sy vertel stories oor Jaco en Janet, die twee kinders in die huis, en alles wat hulle aanvang.

Soos alle broers en susters baklei hulle soms lelik, en soos alle kinders vertel hulle soms nie heeltemal die waarheid nie. Gelukkig is Mieliepit altyd daar om hulle te help. Elke storie bevat ’n bietjie pitkos om die leser te laat nadink, sowel as ’n Bybelgedeelte om verder te gaan lees, en ’n gebed wat die leser kan bid. Party storiebriewe het selfs aktiwiteite vir die lesers om te doen.

Hierdie eerste kinderboek uit LUCA se stal is uit die pen van geliefde kinderboekskrywer Fanie Viljoen, en is pragtig geďllustreer deur Megan Bird.

Clint Fryer En Die Helde Van Huis Hindernis - Die Soektog (Afrikaans, Paperback): Anzil Kulsen Clint Fryer En Die Helde Van Huis Hindernis - Die Soektog (Afrikaans, Paperback)
Anzil Kulsen; Illustrated by Andre Trantraal
R65 R61 Discovery Miles 610 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In Die soektog besef die kinders alles is nie pluis nie. Eers kry hulle nie meer iets soets om te eet nie en dan hoor hulle daar’s nie genoeg geld vir hulle om aan sportaktiwiteite deel te neem nie. Dis veral onregverdig omdat Verna op pad was om aan die Nasionale Danskampioenskap deel te neem.

Die mislike Dedrei, die dogter van die welsyntannie, mag dan nog steeds deelneem.

Clint en sy maats besluit om ’n soektog te loods en uit te vind wat aangaan ...

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Donkerster
Annerle Barnard Paperback R240 R225 Discovery Miles 2 250
Hartklop - Die Ontwaking Van Winter…
Sunel Combrinck Paperback R280 R263 Discovery Miles 2 630
Sankind Lees Die Wind
Wendy Maartens Paperback R210 R197 Discovery Miles 1 970
Kattemaai 2: Annabel Gaan Skool Toe
Betsie Vos Paperback R160 R150 Discovery Miles 1 500
Samboksalf en ’n Draaktraan
A.M. Holder Paperback R270 R253 Discovery Miles 2 530
In My Ander Lewe Is Ek Ellie
Nerine Ahlers Paperback R220 R175 Discovery Miles 1 750
Quinn se Jaar van Kwik
Zelda Bezuidenhout Paperback R270 R253 Discovery Miles 2 530
Die Weerligvoel
Jaco Jacobs Paperback R230 R179 Discovery Miles 1 790
Dit Is Nie 'n Boek Nie
Jaco Jacobs Paperback R250 R227 Discovery Miles 2 270
Engela Goedhart 2: Koningby
Alan MacDonald Paperback R180 R169 Discovery Miles 1 690

 

Partners