0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (14)
  • R50 - R100 (39)
  • R100 - R250 (468)
  • R250 - R500 (67)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children

Liewe Heksie: Leesboek 3 (Afrikaans, Paperback): Verna Vels Liewe Heksie: Leesboek 3 (Afrikaans, Paperback)
Verna Vels; Illustrated by Vian Oelofsen
R265 Discovery Miles 2 650 Ships in 2 - 4 working days

Suid-Afrika se mees geliefde vriendelike heksie is terug!

Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur illustrasies, sal verseker dat Verna Vels se besondere verhaalskat nou vir ’n nuwe generasie kinders oopgesluit word. Elke bundel bevat drie oorspronklike Liewe Heksie-stories, spesiaal aangepas as voorlees- of selfleesstories vir 3 tot 6 jariges. Besondere volkleur-illustrasies deur Vian Oelofsen vergesel die teks en beeld Liewe Heksie, Blommie Kabouter, Karel Kat, Koning Rosekrans en al die bekende karakters in Blommeland op ’n nuwe, maar tog baie herkenbare manier uit.

In Liewe Heksie: Leesboek 3 neem Liewe Heksie deel aan ’n donkieresies, pas sy Kwaaitjie se baba-boetie op en word sy en Koning Rosekrans deur die gifappeltjies ontvoer!

Liewe Heksie se onskuld, humor en verbeelding is nog net so bekoorlik soos altyd!

'n Boelie, 'n Bangbroek en 'n Bende - Laerskool-Stories (Afrikaans, Paperback): Francois Van Rooyen 'n Boelie, 'n Bangbroek en 'n Bende - Laerskool-Stories (Afrikaans, Paperback)
Francois Van Rooyen 2
R110 R102 Discovery Miles 1 020 Save R8 (7%) Ships in 5 - 10 working days

n Boelie, ’n bangbroek en ’n bende gaan oor die fiktiewe lewens van kinders in Laerskool Steenbras en fokus op die hoofkarakter (Dewaldt) en sy vriende wat deel is van ’n bende. Dit is gebaseer op karakters en ware gebeurtenisse uit die skrywer se kinderdae en word op ’n vars manier vertel deur teks en illustrasies te kombineer. Die leser leer die bende ken deur al die manewales wat in een pouse gebeur. Daar is ook baie ander interessante karakters wat die leser boei, soos Jak (die boelie) en Elsa (die meisie wat hy bewonder).

Z-A-K 4: Die Geheime Van Zenkion (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Z-A-K 4: Die Geheime Van Zenkion (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die lang reis na die planeet Zenkion is uiteindelik verby, maar vir Mitch Wilson is dit ’n antiklimaks omdat sy beste vriend, Lionel, dit nie saam met hom tot op Zenkion gemaak het nie. Min weet hy dat hy nog nie die laaste van Lionel gesien het nie.

Is die beweringe waar dat die mense van Deltaville iewers op Zenkion aangehou word? Sal Mitch en Lionel dit regkry om hulle gesinne weer te vind, en is Imke se Aarde-ouma ook daar?

Imke se pad kruis onverwags met die van haar pa, Drogan. Gaan hy haar probeer verhoed om saam met Mitchhulle terug te gaan Aarde toe as alles uiteindelik verby is? Wat gaan eintlik op Zenkion aan, en hoe pas die Aardbewoners in die prentjie?

Beleef die avontuur saam met die drie vriende en vind uit hoe die laaste stukkies van die legkaart inmekaarpas.

Superhelde van die Savanna (Afrikaans, Paperback): Marleen Lammers Superhelde van die Savanna (Afrikaans, Paperback)
Marleen Lammers; Illustrated by Anja Stoeckigt 1
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe ’n klein bakoorjakkals deur ’n vreeslose, brawe ratel gered word, besluit hy om by hom te bly vir beskerming. Die ratel dink eers glad nie dis oulik nie ... maar dalk het die jakkalsie ook ’n paar nuttige vaardighede!

’n Prettige en pragtige prenteboek oor vriendskap.

Spooksoeker (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Spooksoeker (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Warno Alberts is ‘n doodgewone ou wat in doodgewonde Sekelrivier bly. Behalwe dat hy geheime lêers het waarin hy die doen en late van spoke neerskryf. Daar is ook ‘n paar spoke wat hóm dophou ... Die boek bevat ‘n aantal spookstories met dieselfde hoofkarakter in al die stories.

Die bergengel (Afrikaans, Paperback): Carina Stander Die bergengel (Afrikaans, Paperback)
Carina Stander
R360 Discovery Miles 3 600 Ships in 2 - 4 working days

“ … daar is sekere vermoens wat alle Bergengele oor alle eeue heen in hul wese moes inweef. Vermoens soos die Dissipline van Feesviering (om elke klein vredesverdrag te vier), die Dissipline van Geheimhouding (om vir twee dekades aaneen die nasie sonder erkenning te dien, vermom as gewone werker) en die Dissipline van Gemeenskap en Afsondering. Vir ’n Bergengel is daar altyd die wisseling tussen binne en buite: of hy is ’n alleenloper wat tevrede is met sy eie geselskap, maar deur meegevoel gedryf word na die trop, of hy is ’n kuddewese wat moet leer om gelukkig te wees as ’n eenkantling. Om ’n Bergengel te wees, is om alleen deur die ondergrondse gange van ’n kapel te stap terwyl daar gesing word – jy hoor nie net die musiek en die stemme nie, jy hoor ook hoe dit eggo in die toekoms.” In Gabriellie het dertien jaar reeds verloop sedert daar enige teken was van ’n Bergengel en glo die jonger generasie byna nie meer aan die bestaan van die mitiese kreature nie. Eron Verberger, seun van die klokmakersegpaar Gibor en Alida Verberger, word egter gedwing om met nuwe oe na fantasie en werklikheid te kyk wanneer hy saam met sy pa op ’n lewensveranderende avontuur vertrek. Wie is die misterieuse Reenboogmaker met wie hulle pad elke nou en dan kruis? Is die brande wat deur die land trek werklik net vure van vernuwende “skoonbrand”, soos die Regiohoofde beweer, of is dit die gevreesde Vuurstorms waarvan die geskiedenis vertel? ’n Mistieke en allegoriese fantasieverhaal van grootword en groei wat tot volwasse sowel as jong volwasse lesers sal spreek.

Wo(o)rdslim - Prettige Woordspeletjies vir Kinders (Afrikaans, Staple bound): Jaco Jacobs Wo(o)rdslim - Prettige Woordspeletjies vir Kinders (Afrikaans, Staple bound)
Jaco Jacobs
R140 R132 Discovery Miles 1 320 Save R8 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Word speel-speel woordslim met hierdie fantastiese aktiwiteitsboek! Wo(o)rdslim bevat 48 bladsye propvol briljante blokraaisels, wonderlike woordspeletjies en lekker kopkrappers wat sal sorg vir ure se fantastiese vermaak. Speel dit op jou eie of daag mekaar uit om te kyk wie eerste die raaisels kan baasraak!

Van die aktiwiteite in hierdie boek sluit in:

- Tematiese blokraaisels wat saamgestel is rondom temas soos diere, my land, idiome en sport.

- Woordsoekblokke

- Spelspeletjies

- Letterblokke

- Kriptogramme en ander briljante breinboelies

Of julle nou langpad ry, op soek is na prettige opvoedkundige aktiwiteite vir die klaskamer, of sommer net lus het vir lekker woordspeletjies wat jou brein behoorlik kan laat spiere bult - hierdie bekostigbare aktiwiteitsboek is die perfekte manier om kinders se taalkennis speel-speel op te skerp. Volledige oplossings agter in die boek.

Nellie En Sion Thwala (Afrikaans, Paperback): Claudette Browne Storrar, Freda Meyer Nellie En Sion Thwala (Afrikaans, Paperback)
Claudette Browne Storrar, Freda Meyer
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Pragtige storie oor vriendskap en liefde Ons wonderlike, diverse, kleurvolle land is vol stories wat verdien om vertel te word. Een so pragtige en belangrike storie is dié van die vriendskap en liefde tussen kinders en hul oppassers.

Hierdie titel is die tweede in die reeks en gaan oor ’n klein seuntjie, Sion, en sy kreatiewe en inspirerende oppasser, Nellie. Nellie deel idees, plaaslike geskiedenis, tradisie en kultuur met Sion. Sy bring ’n bietjie van haar wêreld, woorde en hart in syne in. Sion, op sy beurt, doen wat alle klein seuntjies doen: hy word vrolik deel van die avontuur. Hierdie spesifieke storie handel rondom die konsep van thwala – die Zulu woord vir iets op jou kop dra. Deur ‘n vlak stroom te kruis vir ’n piekniek op die oorkantste oewer, leer Nellie vir Sion die kuns van thwala. Sion leer dat daar meer as een manier is om jou kop te gebruik as jy gekonfronteer word met ‘n probleem.

Hierdie is ’n storie van onskuld, liefde en omgee wat mense aan mekaar sal verbind regoor kulture heen.

My Eerste Wilde Eiland-Avontuur (Afrikaans, Paperback): Riaan Manser My Eerste Wilde Eiland-Avontuur (Afrikaans, Paperback)
Riaan Manser
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In Julie 2009 het Manser ‘n volgende wêreldrekord gestel toe hy die eerste persoon was wat die wêreld se vierde grootste eiland, Madagaskar, per kajak omseil het - ook alleen en sonder hulp. Hierdie kolossale reis van 5000 km, wat hom elf maande geneem het, was volgens hom aansienlik meer veeleisend, beide fisies en geestelik. Hy moes uiterste eensaamheid oorwin terwyl hy verraderlike toestande verduur het, soos donderende golwe, siklone en ‘n skroeiende son wat, gekombineer met soutwater, hom amper lewendig gepekel het. Tydens sy omseiling het hy baie onvergeetlike noue ontmoetings met Madagaskar se seelewe gehad – boggelrugwalvisse wat meters van sy kajak af deur die oppervlak gebreek het, reuse-leerskilpaaie wat langs hom geswem het, en sy boot wat deur ‘n haai gestamp is. Riaan het in ‘n tydperk van uiterste politieke onrus in Madagaskar rondgereis en hy het 5 keer in die tronk beland, die laaste keer drie nagte op vermoede dat hy huursoldaataktiwiteite uitgevoer het. In April 2010 is Manser se pogings beloon met sy tweede toekenning, “Out There Adventurer of the Year 2009â€. “Around Madagascar on my Kayakâ€, die boek waarin hy van sy wonderlike prestasie vertel, het ook lof ontvang.

Briewe Van Mieliepit (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Briewe Van Mieliepit (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Megan Bird
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hallo Liefsteling!

Ontmoet vir Mieliepit: ’n baie pittige troetelhoender van Bloemfontein. ’n Bietjie lui (sal sy self erken), en baie lief vir gesels, skryf sy die allersnaakste briewe aan ene Liefsteling. Sy vertel stories oor Jaco en Janet, die twee kinders in die huis, en alles wat hulle aanvang.

Soos alle broers en susters baklei hulle soms lelik, en soos alle kinders vertel hulle soms nie heeltemal die waarheid nie. Gelukkig is Mieliepit altyd daar om hulle te help. Elke storie bevat ’n bietjie pitkos om die leser te laat nadink, sowel as ’n Bybelgedeelte om verder te gaan lees, en ’n gebed wat die leser kan bid. Party storiebriewe het selfs aktiwiteite vir die lesers om te doen.

Hierdie eerste kinderboek uit LUCA se stal is uit die pen van geliefde kinderboekskrywer Fanie Viljoen, en is pragtig geïllustreer deur Megan Bird.

Pieksel (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Pieksel (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vossie de Vos bou 'n robot Vossie de Vos is alleen. Stoksielalleen. Sy ma en pa is altyd besig met werk, werk, werk. Sy tuisskool-onnie, mevrou Moerdyk, het 'n humeur soos 'n dreigende donderstorm. En Vossie het niemand om met hom te speel of hom geselskap te hou nie. Maar Vossie is goed daarmee om dinge uitmekaar te haal en aanmekaar te sit. Op 'n dag besluit hy om vir hom 'n maat te bou. Al wat hy nodig het, is hope planne en allerhande goeters en katoeters. Die oomblik toe Pieksel se ligte aan flikker en sy ratte klikketie-klak begin beweeg, verander Vossie se hele lewe. Pieksel is 'n briljante robot! Hy kan praat, speel, boeke lees en hy is die wêreld se beste boomklimmer. Saam met Pieksel is elke dag 'n avontuur, en Vossie hoef nooit weer alleen te wees nie! Maar hoe lank sal hulle maats kan bly? Pieksel is 'n pragtige storie oor 'n seuntjie wat alleen is en wie se ouers heeldag werk.

Die Koning Se Paddaboudjies En Ander Sprokies (Afrikaans, Paperback): Janneke Schoveld Die Koning Se Paddaboudjies En Ander Sprokies (Afrikaans, Paperback)
Janneke Schoveld
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie moderne sprokiesboek bevat 15 moderne sprokies deur topskrywer Janneke Schotveld. Hierdie verhale handel onder andere oor die kleine Oek, wat dapper genoeg is om die bos binne te gaan waar 'n gevaarlike reus woon. Oor die ridder wat besluit om die prins van haar drome uit die kasteel van sy ouers te bevry. Oor die heks, Hettie, wat 'n besem kry vir haar verjaardag, maar nie durf vlieg nie. Oor prinses Lupine wat haar bruidegom uit sewehonderd prins moet kies, maar geen skoenlappers in haar maag voel met een van hulle nie. En oor die koning wat daarvan hou om paddaboudjies te eet - totdat hy self skielik in 'n padda verander.

Die koning se paddaboudjies is 'n bundel geestige en roerende sprokies wat net effens van die tradisionele sprokiesresep afwyk. Met elke verhaal is daar pragtige tekeninge van 'n ander top-illustreerder, waaronder Martijn van der Linden, Thé Tjong-Khing, Linde Faas, Milja Praagman en Annet Schaap.

Die Groot Jaco Jacobs-Storieboek (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Die Groot Jaco Jacobs-Storieboek (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vyf fantastiese Jaco Jacobs-boeke in een omnibus!

Vir die eerste keer word vyf van Jaco Jacobs se gewilde kinderverhale saam in een waarde-vir-geld omnibus aangebied! Geniet hierdie fantastiese verhale oor onbeskofte feetjies, 'n geheimsinnige meermin, 'n superheld-boetie, 'n baie stink poets en 'n klomp raserige dinosourusse!

Pasop vir die feetjies

Is daar regtig iets soos feetjies? Natuurlik nie! Wie glo nou in piepklein meisietjies wat kamma kan vlieg en heeldag blomme verf? Beslis nie die ondeunde tweeling Dieter en Pieter nie. Maar Lienke en Nonkwe glo in feetjies. Hulle glo daar bly feetjies in 'n ou boomstam in die biblioteek se tuin. Daarom besluit Dieter en Pieter om die meisies 'n poets te bak. Hulle maak superstink Feetjie-Vlug-Formule en gooi dit in die ou boomstam! Kort voor lank kry die tweeling 'n nare verrassing - twee omgekrapte, ongemanierde besoekers ... 'n Prettige skaterlagstorie met 'n belangrike les - moenie met 'n feetjie skoorsoek nie!

Borrels

Ontmoet vir Borrels! Sy is die nuwe meisie in Christo en Nelson se klas. Dit is nie net haar naam wat vreemd is nie ... Borrels dra skulpe in haar hare. Sy bring haar goudvis saam skool toe. En sy het 'n GROOT geheim ... Ontdek hoeveel pret dit kan wees as die nuwe meisie in jou klas 'n meermin is! 'n Verbeeldingryke storie met 'n bewaringstema, ideaal vir beginnerlesers.

Superboetie

Ryno Rademan is moeg daarvoor om die oudste broer van 'n superheld te wees. Ja, jy het reg gelees. Sy bababoetie is 'n superheld. Die nag toe hy gebore is, het 'n meteoriet die dorp getref. Dit het hom spesiale kragte gegee. Hy red mense uit brandende geboue en roei misdaad uit - al maak hy nog gereeld sy doeke vuil. Maar op 'n dag besluit Ryno se ma om sy bababoetie vir 'n kompetisie in te skryf ... en hulle kom van aangesig tot aangesig met 'n baba-skurk! Kan Ryno sy boetie uit die kloue van die boosaardige baba red - voor dit te laat is?

Koebaai Gorilla

WAARSKUWING! Hierdie storie STINK! Hein beland gedurig in die moeilikheid omdat sy beste pel, Morné, hom uitdaag om simpel goed aan te vang. Simpel goed soos om 'n asblik op sy kop skool toe te dra. Hein neem hom voor dat hy klaar is met hierdie soort grappies. Maar teen sy sin aanvaar Hein wéér sy Morné se nuutste uitdaging ... Hy moet 'n hele week lank oorleef sonder 'n tandeborsel. Of vlos. Of pepermente. Of van daardie aaklige groen gorrelgoed. Hoe moeilik kan dit nou eintlik wees? Maar kort voor lank ruk dinge hand-uit ... 'n Stink storie wat jou sal laat skaterlag ... terwyl jy jou neus toeknyp!

Die probleem met dinosourusse

As jou vriende 'n klomp REUSE, RASERIGE dinosourusse is, kan dinge nogal moeilik raak. Veral as hulle boonop saam skool toe gaan. Maar die probleem met dinosourusse … is dat jy nooit lank vir hulle kwaad kan bly nie!

SSS-Omnibus (3-in-1) - Selfone, skelms en sjokolade / SMS'e, skurke en spinnekoppe / Sepiesterre, sokkies en skobbejakke... SSS-Omnibus (3-in-1) - Selfone, skelms en sjokolade / SMS'e, skurke en spinnekoppe / Sepiesterre, sokkies en skobbejakke (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers, Alet Steenkamp
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Drie koshuisavonture in een boek!

Waar Lindie en haar vriendinne is, is daar altyd hope pret, avontuur en naelbyt-aksie! Die vyfstuks Lindie, Talita, Mia, Gina en Andrea beleef allerlei opwindende avonture saam in die Bergrif Meisieskool se koshuis. As daar nie gevaarlike skurke op hulle spoor is nie, gebeur daar vreemde dinge op die skoolkamp, of kry een van hulle selfs die kans om dalk ’n TV-ster te word. En tussendeur is daar darem ook oorgenoeg kans vir koshuiskattekwaad aanvang, die nuutste modes en grimering uittoets … en natuurlik ’n bietjie romanse!

Vir die eerste keer verskyn drie van die gewilde SSS-boeke nou saam in een omnibus:

Selfone, skelms en sjokolade

Lindie en haar maats se skooltermyn skop af met allerhande probleme. Wie is die twee geheimsinnige mans wat agter Lindie en Talita aan is – en wat wil hulle hê? En dan is daar nog Gina se katastrofiese nuwe haarstyl, Matrone wat ’n sjampanjebottel ontdek het en vasbeslote is om die skuldiges uit te snuffel, en die aantreklike Diaan met die kuiltjies wat Lindie se bene lam maak …

SMS’e, skurke en spinnekoppe

Vier dae in die bos… Dit is wat vir Lindie en die res van die graadneges voorlê op die skoolkamp. Die enigste ligpuntjie is die luukse lodge met die Franse sjef waarvan Mia praat. Maar voordat die kamp begin, is daar eers ’n nare onderwyseres wat ’n les geleer moet word. En iemand sorg daarvoor dat Diaan met die blou oë en die kuiltjieglimlag dalk nooit weer met Lindie gaan praat nie. ’n Verskriklike ding gebeur egter op die kamp wat hulle gou van al hierdie probleme laat vergeet…

Sepiesterre, sokkies en skobbejakke

Lindie en haar vriendinne is baie opgewonde oor die revue wat by die skool aangebied gaan word. Dit gaan fantasties wees en iemand gaan boonop gekies word om in ’n sepie te speel. Dink net, een van hulle kan dalk op TV wees! Ongelukkig kry hulle ’n nare verrassing toe hulle sien wie die nuwe dramajuffrou is …

SSS Omnibus 2 (4-in-1) (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers, Alet Steenkamp SSS Omnibus 2 (4-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers, Alet Steenkamp
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Nog vier koshuisavonture in een boek!

Waar Lindie en haar vriendinne is, is daar altyd hope pret, avontuur en naelbyt-aksie! Die vyfstuks Lindie, Talita, Mia, Gina en Andrea beleef allerlei opwindende avonture saam in die Bergrif Meisieskool se koshuis.

Nog vier van die gewilde SSS-boeke verskyn nou saam in een omnibus:

Seesand, sonbrille en smokkelaars

Lindie-hulle kan nie wag om op Seesterbaai te gaan vakansie hou nie. Vyf dae van sand, see, son ... en daar aangekom, ontmoet hulle boonop twee sexy lewensredders! Maar alles is nie pluis op Seesterbaai nie - iemand is met skelmstreke besig wat Lindie-hulle in groot moeilikheid kan laat beland ...

Spoke, speurders en straatkafees

Parys. Die stad van romantiese straatkafees. Aantreklike ouens. En boonop die modehoofstad van die wêreld. Lindie en haar vriendinne kan nie wag vir die toer na Frankryk nie. Maar sommer op die lughawe begin dinge al skeefloop ... Wie is die geheimsinnige donkerkopman op die vliegtuig? En hoekom voel dit of iemand hulle in Parys agtervolg?

Skaduwees, skatte en skelmstreke

Die nuwe skooljaar skop op 'n besige noot af. Lindie se pa trou binnekort. Haar vriende oefen vir 'n padwedloop. En almal is opgewonde oor die Valentynsbal wat voorlê. Maar soos gewoonlik probeer Danelle om dinge vir Lindie-hulle moeilik te maak.En natuurlik is dit haar skuld dat Lindie en Gina douvoordag een oggend by die koshuis moet uitglip en by die grillerige begraafplaas gaan rondsluip. Wat hulle daar sien, is genoeg om enige iemand nagmerries te gee - 'n oop graf, en 'n hand wat uit die graf te voorskyn kom. Wat is by die begraafplaas aan die gang? En sal Lindie-hulle hierdie nuwe raaisel kan oplos?

Soene, sonroom en seestrome

Lindie en haar vriendinne, Gina, Mia, Talita en Andrea, beleef oudergewoonte hope opwinding en avonture in die Bergrif Meisieskool se koshuis. Gina smokkel twee oulike baba-konyntjies die koshuis binne, en dit is glad nie so maklik om hulle vir Matrone weg te steek nie. 'n Aand van skelm-fliek loop boonop skeef toe die kwaai nuwe wiskundejuffrou die vier vriendinne uitvang. En dan is daar die skreeusnaakse voorval met die luislang, wat selfs op YouTube beland ... Maar ten minste lê daar vir Lindie-hulle 'n fantastiese wegbreek-naweek in Durban voor. Mia speel in 'n sepie en hulle gaan almal die kans kry om ekstras te wees - en dit beteken hulle kan die hele naweek lank in hulle swemklere op 'n luukse boot in die son rondlê. Maar toe Mia per ongeluk met 'n geheimsinnige pakkie opgeskeep sit, begin die moeilikheid hulle agtervolg. Waarom kom soek twee geheimsinnige mans helder oordag in die koshuis na die pakkie? En waarom kry Lindie die gevoel dat hulle agtervolg word ...?

Ben en die Groot Toets (Afrikaans, Paperback): Zuleka Smit Ben en die Groot Toets (Afrikaans, Paperback)
Zuleka Smit; Illustrated by Johann Strauss
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ben moet sy eerste groot toets skryf, en hy is bang hy gaan nie al die spel-woorde kan onthou nie. Mamma herinner Ben dat hy nooit hoef bang te wees as Jesus by hom is nie, en dit gee hom nuwe moed. Zuléka Smit se pragtige storie oor die angstigeheid van skool en toetse is gebaseer op haar baie jare in die onderwys en ook haar ervarings met haar eie kinders.

Pampoenpit Kry 'n Beat (Afrikaans, Paperback): Bianca Flanders, Zinelda McDonald Pampoenpit Kry 'n Beat (Afrikaans, Paperback)
Bianca Flanders, Zinelda McDonald
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Pampoenpit word een oggend wakker met ’n spesiale liedjie in haar hart. ’n Op en wakker ritme wat binne haar borrel en bruis …

Die musiek is ongeduldig,
dit wil almal graag laat sing.
Die ritme wil die hele buurt
laat dans en laat rondspring!

Kort voor lank vaar Pampoenpit die strate in om haar spesiale liedjie met almal te deel!

Al Wat Ek Weet (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver Al Wat Ek Weet (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Gabriel is vyftien jaar oud. Fifteen going on fifty, soos sy ma altyd geterg het. En ná haar dood weet hy skielik nie meer waar hy inpas nie. Die sielkundige wil hê hy moet oor sy gevoelens praat.

Maar hoe verduidelik jy vir haar dat dit die afgelope paar maande makliker geword het om met woede te cope as met snot en trane?

Hoe verduidelik jy dat jou kastige “gemengde bloed” jou anders as die res maak? Hoe verduidelik jy dat dinge net nie meer dieselfde tussen jou pa is nadat hy in ’n sielkundige inrigting opgeneem is nie, terwyl jy moet probeer aangaan met jou lewe? Hoe verduidelik jy waarom jy al twee keer jou polse met ’n knipmes probeer oopkerf het?

Daarom verloor Gabriel homself in die wêreld van performance poetry, waar jy jou woede in woorde kan omsit en dit vir ’n gehoor uitbasuin.

In hierdie wonderwêreld van woorde leer hy om sy hand diep binne-in sy rugsak vol woorde te steek en die woorde soos gloeiende kole vir ’n gehoor te gooi.

Dan ontmoet hy vir Sasha, wat mooier is as Sneeuwitjie en boonop ’n ding of twee van poësie weet ...

Een Dag In Julie (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Een Dag In Julie (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Matt háát haar. Kiana, die koningin. Sy pa se nuwe vrou wat stil-stil hulle lewens kom oorneem het tydens die Covid-inperkings, net nadat sy ma oorlede is. Hy mis sy regte ma. Hy mis Saterdagoggende se plaatkoekies bak saam met sy pa. Hy mis sy eksmeisie. Hy mis hoe alles was voor Kiana. En toe, een dag in die Julievakansie, word als erger. Eers kom waai Kiana sy slegte rapporte rond. Toe vat sy Matt se TV weg. Toe sy reke-naar, en uiteindelik ook sy selfoon. Genoeg is genoeg. Kiana bied hom ’n ultimatum: óf hy aanvaar haar gesag, óf hy loop uit die huis uit. Matt kies opsie twee … en dit word een lang dag in Julie wat alles kan verander.

Soen (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Soen (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R257 Discovery Miles 2 570 Ships in 2 - 4 working days

Peet Rautenbach is Algoa Hoër se hoofseun: hoogs intelligent en met baie talent in musiek, kuns en redenaars. Daar word sewe A's van hom verwag. Daarby is Peet 'n toegewyde, voorbeeldige seun in die oë van sy pastoor-ouers. Maar Peet het 'n swakte: sy obsessie met die blonde onderwyseres Scarlett Rose Reynolds. Dit maak die deur oop vir talle aanslae op hom, en wat hom uiteindelik amper sy lewe kan kos.

Tania Brink Omnibus 1 (3-In-1) (Afrikaans, Paperback): Tania Brink Tania Brink Omnibus 1 (3-In-1) (Afrikaans, Paperback)
Tania Brink
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lees nou drie van Tania Brink se gewildste tienerliefdesverhale in een lekkerlees-liefdesomnibus!

My hart is vol graffiti
Lara het die perfekte ou. Maar wanneer sy en haar beste vriendin, ’n artikel vir ’n tienertydskrif moet skryf oor graffiti, ontmoet hulle ’n regte graffitikunstenaar wat hulle aan ’n nuwe wêreld bekend stel ...

My eerste soen en ander dinge wat jou uit die bloute kan tref
Toe Reza op haar blog vertel van haar rampspoedige afspraak met ’n ou van die seunskool, het dit onverwagte gevolge. Skielik kan sy uit honderde ouens kies ...

Ouens is nie pizzas nie
Anja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in ’n pizzarestaurant by die see, en dan ontmoet hulle twee aantreklike boeties … en dinge raak warmer as ‘n Meksikaanse pizza met ekstra chilli-sous!

Ouma Mollie En Die Mensvreter (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Ouma Mollie En Die Mensvreter (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen 1
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“Die laaste een in die see is ’n bolletjie snot!” roep ouma Mollie.

Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootse moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai.

Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid.

Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Dit begin toe ouma Mollie soos ’n verdrinkende meermin in die bad lê. Gou laai sy vir Nina en Blapsie, die basterbrak, in haar kar, Spokie. Hulle sit af see toe. Dis waar hulle in GROTER moeilikheid beland, want ouma Mollie wil mos leer surf. En sy wil die dolfyne voer. En ...

Nee, wag, jy moet maar self lees wat TOE gebeur.

Ai, as ouma Mollie net geluister het toe Simon Jantjies vir haar waarsku dat daar ’n HAAI in die water is.

Oepsie! Die arme haai ...

Sterre Vir Die Donker (Afrikaans, Paperback): Noreen Nolte Sterre Vir Die Donker (Afrikaans, Paperback)
Noreen Nolte
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dit is aaklig om op amper sewentien so baie dinge nie te weet nie. Nie te weet of jou ma dalk reg is en jy net ’n pil moet drink om die donkerte tekeer nie, nie te weet of jou broer se ambisie hom die kluts gaan laat kwyt raak nie. Om nie eers te praat oor die feit dat jy glád nie te weet wat jy met die res van jou vreeslike gemiddelde lewe wil doen nie. En die een persoon wat alles sou verstaan het, is vir altyd weg. Gelukkig bring die nuwe jaar ’n paar veranderinge wat Helena so ’n bietjie ligter laat voel. Haar viool begin weer sing, en sy besluit om self antwoorde te begin soek. Ongelukkig is ’n antwoord egter nie altyd goeie nuus nie ... Hoe kón sy Luca met die duifgrys oë se gesels, sy hand om hare, so heeltemal verkeerd verstaan het? Kan een dom-onnosele besluit se gevolge regtig so ver uitkring dat dit iemand se toekoms sal vernietig? Ergste nog, wat presies moet sy met al hierdie antwoorde doen? Helena begin dink dat om nie te weet nie, dalk tóg beter is. Skielik klink weghardloop na ’n goeie plan … maar is dit?

Superskurk (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Superskurk (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Daar is ten minste 10 000 redes waarom ’n vakansie by Wessel se oupa NIE ’n goeie idee is nie.

Sy oupa Zirk bly in ’n groot, grillerige ou huis buite die stad.

’n Tronk is meer pret. Die kamers is donker en dit ruik na visaas en seemeeupoef.

Daar is honderde reëls in sy oupa se huis, en selfs al gehoorsaam jy al die reëls, is ’n hamerkophaai met tandpyn nog steeds vriendeliker as sy oupa. Toe Wessel se ouers hom dus by sy oupa aflaai sodat hulle op ’n eilandvakansie kan gaan, weet hy die goorste vakansie van sy lewe het pas aangebreek.

Maar iets is nie pluis nie. Waarom sluip sy oupa snags in die donker rond?

Wat steek hy in die geheimsinnige gebou buite in die tuin weg waar Wessel glad nie mag kom nie? Hoekom het hy party oggende vreemde skrape en bloukolle, asof hy in ’n geveg was?

Daar is net een manier om uit te vind ...

Kort voor lank is Wessel deel van ’n wilde pretrit vol superhelde, skurke, supercool tegnologie, agterbakse planne en ongelooflike ontploffings! En dit lyk of die verveligste vakansie van sy lewe dalk die avontuur van ’n leeftyd gaan word ...

Reg In Die Middel Van Nerens (Afrikaans, Paperback): Nellie Alberts Reg In Die Middel Van Nerens (Afrikaans, Paperback)
Nellie Alberts
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vir die eerste keer vandat Vandre en sy ma Engeland toe geëmigreer het, gaan hy en sy pa sy ouma-hulle besoek, maar ’n lelike motorongeluk reg in die middel van die Boesmanland ontspoor hulle planne. Vandre, op soek na hulp vir sy beseerde pa, verdwaal heeltemal in ’n onbekende stukkie van die wêreld.

Dit word ’n stryd van oorlewing teen die natuur en teen homself

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Management for Engineers, Scientists and…
JV Chelsom Paperback R1,660 Discovery Miles 16 600
Career Counselling And Guidance In The…
Melinda Coetzee, Herman Roythorne-Jacobs, … Paperback R715 R652 Discovery Miles 6 520
Francis Bacon and the Refiguring of…
Julie Robin Solomon Paperback R1,500 Discovery Miles 15 000
The Loo Ledger: Record Your Thoughts…
Hardcover R432 R393 Discovery Miles 3 930
The Art of Wireless Sensor Networks…
Habib M. Ammari Hardcover R5,283 Discovery Miles 52 830
Kill As Few Patients As Possible - And…
Oscar London Hardcover R465 R427 Discovery Miles 4 270
Geometry of Deep Learning - A Signal…
Jong Chul Ye Hardcover R1,130 Discovery Miles 11 300
Land In South Africa - Contested…
Khwezi Mabasa, Bulelwa Mabasa Paperback R1,838 Discovery Miles 18 380
Complete Second Order Linear…
Alexander Ya Shklyar Hardcover R2,774 Discovery Miles 27 740
Media Studies: Volume 3 - Media Content…
Pieter J. Fourie Paperback  (1)
R908 R807 Discovery Miles 8 070

 

Partners