0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (14)
  • R50 - R100 (40)
  • R100 - R250 (472)
  • R250 - R500 (67)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children

Bitterbosbende 2: Die Been In Die Bos (Afrikaans, Paperback): Anzil Kulsen Bitterbosbende 2: Die Been In Die Bos (Afrikaans, Paperback)
Anzil Kulsen
R175 R156 Discovery Miles 1 560 Save R19 (11%) Ships in 8 - 13 working days

Die Bitterbosbende kamp langs die rivier. Toe Zia en Nieke een aand badkamer toe loop, begin 'n hond verwoed blaf. Toe is daar die geluid van 'n trein wat kwaai rem aanslaan en dan 'n harde botsing. Dis eers toe Zia gil dat Nieke sien wat in haar hand is . . .  'n been?  En so begin die soeke na die geheimsinnige stoomlokomotief wat passasiers in die sewentigerjare vervoer het, wat daar naby ontspoor het. Wat het van die slagoffers, wat kinders en 'n hond ingesluit het, geword?

Jorsie die Worsie 1: Die Raaisel van die Lammervanger (Afrikaans, Paperback): Helene Booyens Jorsie die Worsie 1: Die Raaisel van die Lammervanger (Afrikaans, Paperback)
Helene Booyens; Illustrated by Helene Booyens
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ontmoet vir Jorsie, 'n klein worshond met 'n groot hart en 'n nog groter familie!

Maar wag, hy's nie sommer 'n gewone worsie nie ... terwyl sy neefs en niggies skoothonde is, is Jorsie anders. Hy's nie tevrede met 'n gewone hondelewe nie, hy wil 'n polisiehond wees!

Wanneer een van Jorsie se skaaphondmaats, se lammertjies skielik wegraak, is die dorp se drie polisiehonde nie baie lus om te help soek nie.

Jorsie kom gelukkig op 'n leidraad af ... Sal hy die raaisel kan oplos en die lammertjie veilig kan terugbring na die plaas?

Bastian Blom En Die Woedende Weerwolf (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Bastian Blom En Die Woedende Weerwolf (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Linki Brand
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank ’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op die boonste verdieping.

Bastian versamel graag vreemde goed, soos:

  • valstande,
  • ou brille,
  • posseëls met vlermuise op, (Hy het nog net dertien – daar is nie baie seëls met vlermuise op nie.)
  • skilderye van katte, (Hiervan hou Cheddar, sy troetelrot, glad nie.)
  • porselein-uile,
  • en boeke met spookstories.

Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture!
Die Klein boek van skouspelagtige sport - skouspelagtige sport (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Die Klein boek van skouspelagtige sport - skouspelagtige sport (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Monsterrugby (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Monsterrugby (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen 1
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ampie droom daarvan om sy skool se rugbyheld te word. Maar ongelukkig is sy bene maar aan die dun kant en hy vaar nie altyd te waffers op die rugbyveld nie. Daarom weet hy sommer hy gaan sy plek in die span verloor toe Max Swart sy opwagting in hul skool maak. Max is groot en sterk, hy leef vir rugby en hy is ’n regte boelie. Kort voor lank vind Ampie uit dat Max ’n nare geheim het ... Hoe gaan Ampie die res van sy rugbyspan oortuig dat die skool se nuwe ster-speler in werklikheid ’n Monster is? Het jy murg of melkskommel in jou pype? Maak reg vir ’n rugbywedstryd soos jy nog nooit gesien het nie – en die verloorders gaan geeet word! ’n Heerlike aksiebelaaide storie wat jong lesers sal laat skaterlag en hulle hoendervleis sal gee!

Die Sokker-Fiasko (Afrikaans, Paperback): Andre Trantraal Die Sokker-Fiasko (Afrikaans, Paperback)
Andre Trantraal
R65 R61 Discovery Miles 610 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die opwindende avonture van Keegan en Samier.

Ontmoet vir Keegan en Samier. Hulle is beste vriende en Samier se tweelingsussie, Samia, kuier ook gewoonlik saam. Dan is daar ook Jenni-Lee, Keegan se klein sussie, en Keegan se slim en streng ouma. Saam het hierdie vriende hope heerlike avonture! Ongelukkig is Brent Petersen, die klasboelie, altyd daar om dinge bietjie te versuur …

Hierdie splinternuwe reeks, geskryf en geïllustreer deur André Trantraal, is perfek vir beginnerlesers. Die stories is eenvoudig, identifiseerbaar en geskryf met 'n lekker pas wat lesers se aandag sal hou.

Die sokker-fiasko.

Keegan, Samier en Samia gaan speel sokker in die parkie. Daar kry hulle vir Ghielie en sy nefies en saam speel hulle 'n heerlike spel. Samia is 'n uitstekende sokkerspeler! Maar dan kom Brent Petersen daar aan - en hy wil glad nie saam met 'n meisie sokker speel nie! Sal hulle nog steeds almal kan sokker speel of gaan Brent die hele dag bederf?

Kan 'n Walvis Winde Los? - En Ander Gruwelike En Grillerige Vrae oor Diere (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Kan 'n Walvis Winde Los? - En Ander Gruwelike En Grillerige Vrae oor Diere (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Zinelda McDonald
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Feite wat jou sal laat RIL en GRIL ... Eeuw! Jig! Sies! Bleg! Dis WALGLIK - maar dis WAAR! WEES GEWAARSKU - hierdie boek is propvol dierefeite wat jou kan NAAR MAAK! Watter oulike dierebabas eet hul ma se poef? Kan 'n gorilla puisies kry? Wat laat miere in zombies verander? Wat is 'n snotvis? Watter voëltjie los winde om sy prooi te vang? Word gril-gril slim en ontdek die grieselige kant van die natuur met hierdie prettige boek wat jong feitevrate sal laat ril van lekkerkry!

Professor Fungus Omnibus 2 (5-In-1) (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Professor Fungus Omnibus 2 (5-In-1) (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

By Einstein se snor!

Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en keer 'n blikbrein wat buite beheer is, maak kennis met 'n klomp vreemde ruimtewesens, ontmoet 'n skurk met 'n nare breinspoel-plan, duik saam onderwater op soek na 'n eienaardige seegedierte … en veg saam teen 'n weermag tuinkabouters!

Vyf fantastiese Professor Fungus-stories in een boek!

  1. Professor Fungus en die robotkrisis
  2. Professor Fungus en die jelliemonsters van Mars
  3. Professor Fungus en die BreinDrein-eksperiment
  4. Professor Fungus en die diepsee-dilemma
  5. Professor Fungus en die vreeslik gevaarlike tuinkabouter

Hierdie boeke is deel van 'n reeks vir intermediêre lesers met 'n sterk fokus op wetenskap, humor en avontuur.
Maroelaboomstories (Afrikaans, Paperback): Leon De Villiers Maroelaboomstories (Afrikaans, Paperback)
Leon De Villiers; Illustrated by Linki Lutz
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Herleef ou gunstelinge uit die maroelaboom

Elke aand teen skemer klim die trop bobbejane tot bo in die groot maroelaboom. Dit is hulle gunsteling slaapboom. Almal klim en klouter op soek na die gemaklikste slaapplek.

Die klein bobbejaantjies wil eers gou nog gryp-en-knyp speel, maar die groot bobbejane raas kwaai.

Die son sak vinnig en die nag is op pad ... Wil jy ook soos die klein bobbejaantjies weet waarom olifante nie in neste woon nie, waar koedoes aan hul gedraaide horings kom en hoe buffels hulle strepe verloor het?

Dan is hierdie storiebundel met 15 diereverhale net vir jou!

Hierdie heruitgawe van Leon de Villiers se oorsponklike diereverhale is deur die talentvolle kunstenaar Linki Lutz geïllustreer.

Die Klein boek van mal modes - mal modes (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Die Klein boek van mal modes - mal modes (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Kaptein Pipskwiek (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Kaptein Pipskwiek (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof; Illustrated by Shaun Samuel
R150 R139 Discovery Miles 1 390 Save R11 (7%) Ships in 5 - 10 working days

In die vernuwende strokiesboek Kaptein Pipskwiek moet die bleeksiel Danie skielik ’n geweldige taak aanpak: om die aarde teen ’n gevaarlike aanvaller te beskerm. Nou dra hy ’n kostuum en kan hy selfs vlieg – hy is ’n gemaskerde superheld! Alles is egter nie net pret en avontuur nie, want dit gaan sleg by die huis. Danie se stiefpa en -broer gee hom probleme en verder wil dit lyk of sy ma sieker raak elke keer as hy in Kaptein Pipskwiek verander. Hoe kan hy dan die dorp red? Hy sal vinnig die regte besluite moet neem...

Die Bok Wat Sy Spring Verloor Het (Afrikaans, Paperback): Marleen Lammers Die Bok Wat Sy Spring Verloor Het (Afrikaans, Paperback)
Marleen Lammers; Illustrated by Gwendolyn de la Harpe
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wat is ’n springbok sonder sy spring? Net ’n … bok?

Wanneer arme Springbok sy spring verloor, moet sy vriende hom help om dit weer op te spoor – met skreeusnaakse gevolge.

’n Humoristiese en treffende storie oor dit wat jou spesiaal maak, en die krag van vriendskap.

Die Klein boek van skitterende speelgoed - skitterende speelgoed (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Die Klein boek van skitterende speelgoed - skitterende speelgoed (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Thomas@sms.net KABV (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo [email protected] KABV (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die nuwe skooljaar begin nie goed vir Thomas nie. Eers het hy en Hannes 'n nagmerrieondervinding in 'n hyser en dan word hy vir 'n week lank geskors omdat hy die ou drel van 'n Piet Senekal geslaan het. Thomas se pa is so kwaad hieroor, dat hy hom verbied om naby enige rekenaar te kom en hom vir 'n week lank hok! Dit beteken dat Thomas die interhuisdans gaan misloop - sy enigste kans om vir Alex amptelik te vra om sy meisie te wees. Die enigste voordeel van die paar dae by die huis, is dat Louisa, sy stiefma, hom kan help om voor te berei vir die toneeloudisie - die manlike hoofrol kry immers die kans om vir Alex te soen! Maar dan begin 'n reeksmoordenaar paniek saai in Kaapstad en dit lyk asof dinge nie heeltemal gaan uitwerk soos wat Thomas beplan het nie. Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.

Bastian Blom En Die Gillende Geraamte (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Bastian Blom En Die Gillende Geraamte (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Linki Brand
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank ’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op die boonste verdieping.

Bastian versamel graag vreemde goed, soos:

  • valstande,
  • ou brille,
  • posseëls met vlermuise op, (Hy het nog net dertien – daar is nie baie seëls met vlermuise op nie.)
  • skilderye van katte, (Hiervan hou Cheddar, sy troetelrot, glad nie.)
  • porselein-uile,
  • en boeke met spookstories.

Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture!
Thomas@ Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo Thomas@ Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Drie adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus!

Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinder- en jeug boekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuur belaaide topverkoper-reeks verskyn, sommige titels is in Engels vertaal, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot 'n TV-reeks op kykNET gelei. Die gewilde Thomas@-stories in nou in 'n reeks waarde-vir-geld-omnibusse beskikbaar. Hierdie omnibus bevat drie titels:

[email protected]

Die nuwe skooljaar begin nie goed vir Thomas nie. Eers het hy en Hannes 'n nagmerrieondervinding in 'n hyser en dan word hy vir 'n week lank geskors omdat hy 'n boelie geslaan het. Om alles te kroon begin 'n reeksmoordenaar paniek saai in Kaapstad ...

[email protected]

Dinge is in rep en roer oor die nuwe meisie in Thomas-hulle se klas: die aantreklike sepiester Fleur Vermaak. Hannes is dadelik tot sy ore toe verlief op Fleur, maar dit lyk asof sy net oë het vir een ou - Thomas! En Thomas sal nie daarvan droom om vir Alex te verneuk nie, maar Fleur is darem wraggies mooi ... Maar alles is nie pluis nie. Wie is die geheimsinnige man wat agter Fleur aan is? En wat is die nare geheim van Bailey se Bos, die plek waar die graad neges gaan kampeer?

[email protected]

Almal is baie opgewonde oor Thomas se kans om 'n sepiester te wees. Hy het immers 'n rol gekry in Die Malans van Marthaheim, die gewildste TV-reeks ooit! En sy mede-ster is boonop die aantreklike Fleur Vermaak. Maar kort voor lank begin Thomas vreemde dreigbriewe kry.

Liefde Laat Jou Rice Krispies Anders Proe (Afrikaans, Paperback, 20 Jaar-Uitgawe): Tania Brink Liefde Laat Jou Rice Krispies Anders Proe (Afrikaans, Paperback, 20 Jaar-Uitgawe)
Tania Brink
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Marzanne Odendal is ’n uitgesproke tiener – en ouens is min of meer die laaste ding waarin sy belang stel.

Haar beste vriendin, Nadia, raak egter gereeld halsoorkop verlief – op ouens soos Armand Hattingh, die rugbykaptein wat glo die son skyn blokkies as hy op ’n tuinstoel gaan sit.

Maar dan begin sy uit die bloute e-posse van ’n geheimsinnige anonieme digter kry wat lyk asof hy weet hoe meisies se harte klop ...

Jakkals En Kraai En Die Stuk Kaas (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Jakkals En Kraai En Die Stuk Kaas (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Nicolene Louw
R65 R61 Discovery Miles 610 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy jou kind kan gee! Die Ek lees self-reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Die prettige, bekostigbare dierestories sal ure se leesvermaak verskaf. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker.

CAPS Perfek - CAPS (Afrikaans, Paperback, School ed): Jaco Jacobs CAPS Perfek - CAPS (Afrikaans, Paperback, School ed)
Jaco Jacobs; Illustrated by Nicolene Louw
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Blonde hare ... Helderblou oe ...'n Skitterwit glimlag ...Natasja is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net ’n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het ’n plan ... Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.

Die Uile in Die Kalahari (Afrikaans, Paperback, Reprint ed): Cor Dirks Die Uile in Die Kalahari (Afrikaans, Paperback, Reprint ed)
Cor Dirks
R257 Discovery Miles 2 570 Ships in 2 - 4 working days

Die lede van die Genootskap van die Groot Uil staar nuwe, vreemde bedreigings in die gesig … Philip Senekal, die leier van ’n vyftal vriende wat hulleself die Uile noem, oortuig sy pa om hulle almal saam te neem op ’n jagvakansie in die Kalahari. Maar die opwindende vakansie draai anders uit as wat hierdie seuns van Kranskop verwag het. Kort voor lank kruis hulle paaie met gevaarlike wilde diere en hulle moet uit verknorsings gehelp word. Wie is die geheimsinnige woestynman met sy onverstaanbare taal wat hulle elke keer help? En sal hy ook kan help wanneer die Uile deur ’n groep gevaarlike inboorlingpriesters ontvoer word?

Iewers Vlieg Daar Fairy Dust (Afrikaans, Paperback): Marisa Haasbroek Iewers Vlieg Daar Fairy Dust (Afrikaans, Paperback)
Marisa Haasbroek 2
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Elmien droom daarvan om eendag ná skool ’n dokter te word. Maar waar sy vandaan kom, is dit ’n gróót droom. Hoewe 717 is die amptelike naam van die plakkerskamp waar sy die aantreklike Ruan ontmoet en uit die nare oom Bok se vatterige kloue moet probeer bly. ’n Onvergeetlike Aspoester-verhaal wat wys dat drome kan waar word …

Saartjie Die Spinnekop Met Sewe Bene (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Saartjie Die Spinnekop Met Sewe Bene (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die idee vir hierdie pragtig geïllustreerde boek het gespruit uit die behoefte wat die skrywer gehad het om kennis aan kinders oor te dra oor wesens, soos insekte, wat hul omgewing deel. Hierdie prenteboek lei kinders se denke in 'n rigting oor hoe om hierdie klein wesens te respekteer.

Om die vrees vir spinnekoppe aan te spreek, het die skrywer hierdie avontuurstorie oor die oulike spinnekop met die naam Saartjie geskep. Die storie wys daarop dat sommige spinnekoppe onskadelik is en dat hulle, en baie ander kreatuurtjies in die natuur, nie die behandeling verdien wat mense hulle gee nie.

Hoeveel Tande Het 'n Engel? (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Hoeveel Tande Het 'n Engel? (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“Hulle wil my been afsit, Simphi. Net hierso.” Alex trek sy liniaal oor sy kaal bobeen. “Woep-wap-konynkap, weg is Alex Brown se been én sy beroemde skopvoet.”

Die nuus is presies wat die veertienjarige Alex nie wou gehoor het nie: sy beenkanker is te laat ontdek en nou is daar ’n sterk kans dat hulle sy been sal moet afsit. Hy gaan nooit weer rugby of krieket kan speel nie. Vir ’n lang tyd nie skool toe kan gaan nie. Dalk selfs nie eers sy vyftiende verjaarsdag sien nie …

Sy beste vriend, Simphiwe, het nie veel raad nie. Maar toe ontmoet Alex vir Agapé-Ann; ’n pastoor se dogter met dieselfde tipe kanker wat ses maande vroeër haar eie been verloor het. Hy begin saam met haar kerk toe gaan, en stadig maar seker leer hy meer oor geloof en die Here, en dat sy kanker nie ’n straf is nie. En oor engele.

Gaan sy jong geloof die grootste toets ooit kan oorleef?

Klaskameraad Studiegids: Veergewig (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Klaskameraad Studiegids: Veergewig (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen; Compiled by Mia Singels
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie gebruikersvriendelike en praktiese gids is ideaal vir klaskamergebruik. Die gids is so saamgestel dat dit die analise van die roman vir die onderwyser vergemaklik: literêre aspekte word binne die konteks van die roman bespreek, daar is kontekstuele vrae met nasienriglyne, daar word verskeie skryf- en mondelingaktiwiteite binne konteks van die roman gegee, en daar is klasbesprekingspunte.

Die Alfa Van Alfaville (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Die Alfa Van Alfaville (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen; Illustrated by Luan Serfontein
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Een Alfa Romeo, twee seuns, hope aksie en avontuur!

Rikus moet by sy oom Jake gaan kuier die vakansie. Hy sien nie juis uit nie, maar ten minste het sy oom 'n cool werkswinkel waar hy karre regmaak. Iets maak egter nie heeltemal sin nie - waarheen verdwyn sy oom sommige aande? Rikus en sy vriend besluit om hom te agtervolg ...

Wat volg is 'n avontuur met 'n wit Spider Alfa Romeo, 'n beste vriend en 'n Russies-Afrikaanse ingenieur - 'n storie so aksiebelaai soos die jongste Marvel-fliek!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Die Spaghettiboom
Jaco Jacobs Hardcover R248 Discovery Miles 2 480
Anderkind
Betsie van Niekerk Paperback R235 R210 Discovery Miles 2 100
Reënboogrant Maats: Omnibus 2 (3 in 1)
Maritha Snyman, Lorraine Hattingh Paperback R250 R234 Discovery Miles 2 340
Dit Is Nie 'n Boek Nie
Jaco Jacobs Paperback R250 R227 Discovery Miles 2 270
Quinn se Jaar van Kwik
Zelda Bezuidenhout Paperback R260 R244 Discovery Miles 2 440
Die Beste Raaiselboek - Speletjies Wat…
Heidri Mittendorf Paperback R150 R141 Discovery Miles 1 410
Die Mooiste Sprokies Van Grimm
Marita van der Vyver Paperback R290 R259 Discovery Miles 2 590
Jakkals en Wolf 1 - 6 Lekkerlag Stories…
Wendy Maartens Paperback R230 R216 Discovery Miles 2 160
Skooluitgawe: Pad Na Jou Hart - 'n…
Ivan Botha, Donnalee Roberts Paperback R185 Discovery Miles 1 850
Twa Die Tydloper
Anoeschka Von Meck Paperback R320 R295 Discovery Miles 2 950

 

Partners