![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children
Wat sal gebeur as jy die skoolhoof kielie?
'n Karavaanpark klink dalk na 'n idilliese plek om te woon, maar Kruhan
Malherbe dink nie so nie. Die plek is vol eienaardige mense en daar's
geen vriende nie. Een nag volg Kruhan twee otters tot anderkant die
riete, na waar 'n vriendelike seun op 'n vlot sit en braai. Timma is
die vriend waarop Kruhan gewag het! Terug in die karavaanpark hoor hy
stories van mense wat verdwyn het: die eienaar se kleindogter, en
ses jaar vantevore, ’n elfjarige seun. Kan Timma help om die raaisels
op te klaar?
Mamma stuur vir Mila en Pappa winkel toe om melk te gaan koop. Wat gewoonlik ’n vervelige en voorspelbare uitstappie is, word ’n onvergeetlike avontuur. Hulle ry op ’n eenhoring, vlieg in ’n ruimtetuig, koop kos vir Mila se troeteldraak koop en kom soos wafferse superhelde tot die redding toe ’n reuse-toring blikkieskos amper omval. Daar is net een probleem – hulle het sowaar die melk vergeet!
Gabby en haar niggie Georgia lyk baie na mekaar met hulle krullerige
hare, hoë wangbene en vol lippe, en toe hulle jonger was, was hulle
onafskeidbaar. Maar iewers het hulle vreemdelinge vir mekaar geword en
al wat hulle nou in gemeen het, is die bloed in hulle are.
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is sy verjaardag! Hy
kry baie geskenke. Maar saam met wie van sy maats moet hy eerste speel?
Dit is tog die lekkerste as almal leer om saam te speel.
Willem is oor die wêreld heen beroemd as speurhond. Maar 'n paar jaar gelede het 'n sending skeefgeloop en het hy in Kaapstad by die DBV beland. Dis waar Adriaan en sy ouers die oulike swart-en-wit spanjoelhondjie raakgeloop het. En van daardie dag af is Adriaan en Willem onafskeidbaar. Hierdie omnibus bevat die eerste drie avonture: hulle reis na Istanbul, Parys en Londen, 'n seerower-avontuur op 'n passasierskip en die Bosveld-vakansie waarin hulle 'n bende renosterstropers vastrap.
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe, se avonture voortgesit! In Saartjie se donkie besluit sy om vir die dorp se seuns te bewys sy kan beter as enigeen van hulle donkie ry. In Saartjie se nuwe maat maak die Drie Muskiete kennis met die parmantige Gail Smith wat spog dat sy alles net so goed soos Saartjie kan! En in Saartjie se slim plan besluit Saartjie sy wil darem ook voel hoe dit is om ’n modepop te wees. Die Drie Muskiete kry haar ma se grimering beet en dan klop Galpil aan die deur. Saartjie is seker sy gaan sy voete onder hom uitslaan, maar sy reaksie is nie wat sy verwag het nie... Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!
Rorisang en haar tweelingbroer, Mo, moet die skooljaar by ’n nuwe skool begin nadat hulle ma besluit het dat die gesin uit hulle gemaksone moet kom. Die tweeling is al sedert hulle kleuters was in die skool oorkant die pad. Al hulle vriende is daar en die skoolhoof is hulle pa se beste vriend. Die nuwe skool is ver van hulle huis af en soggens sit hulle in die verkeer vas. Die buitemuurse aktiwiteite wat aangebied word, is dinge waarvan Rorisang nog nooit eens gehoor het nie, en alhoewel sy goed gevaar het in atletiek in haar ou skool, verloor sy ver teen haar nuwe klasmaats. Maar gelukkig maak sy sommer vinnig vriende, leer hoe om sagtebal te speel en neem deel aan die Eisteddfod. Sy oorleef selfs die lang ritte in die motor saam met haar irriterende broer deur speellyste saam te speel wat in elke lid van die gesin se musieksmaak val! ’n Storie oor die belangrikheid van vriendskap en familie en om jou stem te vind te midde van verandering. Die boek is ook beskikbaar in isiZulu en Engels.
Gegrond op Jou Romeo, die tienerrolprentsensasie van die jaar. Yvette droom al van graad agt af om Shakespeare se Romeo en Juliet in haar matriekjaar op die planke te bring. Maar die hoof het ander planne - die skool se kuns- en kultuurbegroting word gesny en al die geld word vir die T20-kriekettoernooi aangewend. In 'n poging om te verseker dat die produksie steeds plaasvind, vra Yvette die gewildste ou in die skool, die krieketheld Marko Marais, om die rol van Romeo te vertolk.
Sindikaat is ’n avontuurverhaal waarin drie vriende se lewens omvergegooi word wanneer die hoofkarakter, Paul, per ongeluk op onwettige smokkelgoed afkom. Hulle paaie kruis met die van die Chinese mafia. Die verhaal begin in Bloemfontein, waarvandaan Paul en sy vriende saam met sy lyfwag, Bossie, deur drie Afrikalande reis om van die moorddadige Chinese bende te vlug. Tydens hul reis deur Zimbabwe, Zambië en Namibië word hul lewe gereeld bedreig. Spannende aksietonele laat die adrenalien behoorlik pomp. Tussendeur al die aksie moet Paul, Karlien en Adriaan die uitdagings en probleme waarmee tieners daagliks worstel, oorkom. Seksualiteit, liefde, vriendskap en lojaliteit word op die manier by die aksie betrek in hierdie verhaal waarin die goeie die bose oorwin en geregtigheid seëvier.
Die tingerige Wian is baie opgewonde wanneer hy uiteindelik in pleegsorg geplaas word en van die weeshuis kan ontsnap. Net jammer dat die oorgewig boelie, Pierre, saam met hom by dieselfde gesin gaan woon. Maar Wian se nuwe ouers is glad nie gaaf en ordentlik soos hy hom voorgestel het nie. Inteendeel, hulle maak hom doodbenoud. Veral toe hulle hom voorstel aan sy nuwe "suster", Cornelia - 'n massiewe, mak krokodil wat in die agterplaas woon.
Sara Sloot-Smit woon in 'n luukse huis in 'n welvarende buurt, gaan na 'n spogskool en het ouers wat baie belangrike werk doen. Maar hulle het min tyd vir Sara. Toe hulle 'n maand lank oorsee gaan, moet Sara by haar drie tannies in die stad gaan bly. Haar pa dink sy susters ken nie hul plek nie. Suzie giggel graag en maak grappies. Silvie is konstant met 'n nuwe kêrel of twee, en Sofia is wel suksesvol, maar sy's kwaai en gemeen en veels te luidrugtig. Sal Sara ooit die vakansie oorleef?
Babette se pa gaan oorsee en sy moet by die vreemde tannie Theodora op Rustfontein gaan bly. Sy voel gou tuis, veral toe sy die aantreklike Tiaan en tannie Theodora se oulike hondjie ontmoet. Sy kan boonop haar sangtalent uitleef in die plaaslike teater se musiekproduksie. Maar alles is nie pluis in die dorp nie. Dit het iets te doen met die geskiedkundige begraafplaas op die bult en die legende van die meisie in die maanlig. Wie is die vrou in die swart lykswa wat Babette agtervolg? En waarom sien haar nuwe vriendin, Avani, ook die aaklige toneel wat een middag haar kamer afspeel? Babette moet veg vir haar lewe wanneer sy haar vasloop in 'n horde grillige zombies. Maar sal sy haar grootste vrese kan oorkom?
Nina en Jessie woon die Eksotiese Eksperimente Ekspo by. Dit is die beste ooit! Hulle verkyk hulle aan al die slim uitvindings. Die pet het ook saamgekom, want Nina wil die briljante professor Crower vra om dit te ondersoek. Daar is dalk 'n wetenskaplike verklaring vir die pet se kragte. Maar dan raak die pet weg . . .
Two very different nocturnal creatures learn the give and take of
friendship on the African savannah, when they decide to open a hotel.
Vir die vyf dapper vriende wat hulleself die Uile noem, is dit opwindend om na die skatte van 'n geheimsinnige, verlore stad in die Kalahari te gaan soek. Opwindend, ja, maar ook lewensgevaarlik. Want in die Kalahariwoestyn is die enigste bedreigings nie net die roofdiere en sandstorms nie, maar ook vyande wat self 'n oog op die buit het. Sal die Uile hierdie gevaarlike manne kan uitoorlê? En is daar werklik 'n verlore stad en skatte diep in die woestyn?
Nicci is 'n willewragtig op 'n bergfiets. Die heel lekkerste is om die seuns se reaksie te sien wanneer hulle besef 'n meisie het vir hulle weggery. Tot die dag wat Nicci wreed aangeval en van haar fiets beroof word. Haar wêreld tuimel ineen. Wie sal so iets doen? Stuk-stuk pas Nicci en haar vriende Felicity en Donovan die legkaart inmekaar, en wat hulle uitvind toets hulle geloof in hulle medemens, en hulle eie waardes. Die boek daag ook geslags- en verhoudingstereotipes speels en slim uit. Nicci is ewe goed in ballet en bergfietsry, maar omdat sy 'n meisie is, verwag haar ouers en onderwysers dat sy vanselfsprekend ballet sal kies. Haar oë gaan ook oop oor die ou op wie sy verlief is, wat eintlik maar net 'n modelmooi meisie soek vir wie voorkoms en wat ander mense van haar dink, mees belangrik is. Sy vind in Donovan 'n ware vriend wat haar toelaat om haarself te wees.
Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers in Vreesbaai kom woon nie, begin vreemde dinge gebeur. Nie net is die kusdorpie permanent toe onder digte mis nie, maar Miek word skielik gedurig gekonfronteer met sy grootste vrees: 'n monsteragtige, woedende hond. Gou lyk dit ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen ook 'n geheim met hulle saamdra. Kan dit wees dat al die kinders op Vreesbaai deur iets afgrysliks geterroriseer word?
Dewald se ouers stuur hom na 'n nuwe skool na sy lewe omvergegooi is. Elke skool het nuwe uitdagings en elke skool het sy boelies, en dis nie maklik om 'n tiener te wees met 'n skielike hakkelprobleem nie. Dewald probeer weer sy balans vind, om sin te maak van hoekom sy beste vriendin hom nooit ingesluit het in haar grootste besluit nie. Dit terwyl een van die grootste boelies in die skool sy lewe hel maak. En hy besluit: genoeg is genoeg. 'n Hartroerende verhaal oor relevante tienerkwessies.
In Liewe Heksie: Leesboek 4 vang Liewe Heksie 'n boef by Karel Kat se huis, kry sy haar eie koekoekhorlosie en reken sy met die Geelheks af by Koning Rosekrans se verjaardagpartytjie. Liewe Heksie se onskuld, humor en verbeelding is nog net so bekoorlik soos altyd!
Henning van Aswegen skryf volkstories en kinderverhale oor die Vrystaat
se hartlike mense en interessante diertjies wat hy tydens sy ongebonde
grootwordjare langs Virginia se magtige Sandrivier teëgekom het.
Oom Fanie se plaas het te klein geword vir al sy seuns en vir Martiens en Piet, die twee oudstes, was dit tyd om uit te spring en hulle eie potjie te gaan krap. Nou moet hulle hul eie plaas van die grond af opbou, paaie en kampe aanle, opstalle bou en heelwat uitdagings trotseer. Gelukkig is hulle nie alleen nie: 'n Vriendelike sersant genaamd oom Lafras en sy regterhand Phefeni gaan kom aftree op die plaas. Maar sal die leeu wat elke nag sy teenwoordigheid bekend maak, vir hulle een uitdaging te veel wees?
Ingonyama En Ander Maats Met Leeueharte is ’n bundel propvol tematiese nuwerwetse verhale vir graadvier- tot graadseskinders van Afrikaans as eerste addisionele taal. Dié bundel neem die riglyne van die KABV in ag en die Departement van Basiese Onderwys se strewe om laerskoolonderwys by die “Vierde Industriële Rewolusie” te betrek. Elke verhaal bied:
Carin Krahtz, Nelia Engelbrecht, Annelie Ferreira, Jaco Fouché, Troula Goosen, Henriëtte Linde-Loubser, Elrien Scheepers, Christina van Deventer, Annerle Barnard, De Wet Hugo, Carin Krahtz, Anzil Kulsen, Naomi Meyer, Christien Neser, Carina Stander, Marita van Aswegen, Elizbè Van der Colff, Derick van der Walt, Elizabeth Wasserman, Zelda Bezuidenhout, EKM Dido, Sidney Gilroy, Rouxnette Meiring, Chase Rhys, Cecilia Steyn, Fanie Viljoen, Sasha Richards
Die Bitterbosbende besluit om in die skoolkoor te sing. Maar meneer Louw is nie die vriendelikste nie en boonop is daar nuwe koorlede wat Kurt nog nooit in die skool opgemerk het nie en wat blykbaar vir die res van die bende onsigbaar is. Dan ontdek Nieke 'n stuk papier met snaakse simbole, amper soos bladmusiek, in haar geskiedenisboek. Nieke en Kurt besef hulle droom albei oor onaardse aaklige musiek, en 'n koor van kinders geklee in swart, met aardige groot koppe . . . |
You may like...
Identification, Adaptation, Learning…
Sergio Bittanti, Giorgio Picci
Hardcover
R5,472
Discovery Miles 54 720
Signal Processing and Machine Learning…
Toshihisa Tanaka, Mahnaz Arvaneh
Hardcover
Networks-on-Chip - From Implementations…
Sheng Ma, Libo Huang, …
Paperback
R1,247
Discovery Miles 12 470
Genetic Algorithms: Principles and…
Colin R. Reeves, Jonathan E Rowe
Hardcover
R4,058
Discovery Miles 40 580
|