0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (16)
  • R50 - R100 (51)
  • R100 - R250 (467)
  • R250 - R500 (53)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children

Die Wandelende Geraamte - En Ander Spooksprokies (Afrikaans, Paperback): C. J. Langenhoven Die Wandelende Geraamte - En Ander Spooksprokies (Afrikaans, Paperback)
C. J. Langenhoven; Compiled by Wendy Maartens
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 4 - 8 working days

Hierdie bundel het ontstaan na aanleiding van ’n gesoute bibliotekaresse se vreugde oor kinders wat ’n ou hardebandbundel met Langenhoven se spookstories uit die volwasse afdeling smokkel om in die kinderafdeling voos te lees.

Die spookverhale is versigtig uitgekies en hervertel deur Wendy Maartens om by die oorspronklike teks aan te sluit, en terselfdertyd ook tot die kind van vandag te spreek.

Rommel Die Ruimtehondjie (Afrikaans, Paperback): Nico Meyer Rommel Die Ruimtehondjie (Afrikaans, Paperback)
Nico Meyer
R130 R120 Discovery Miles 1 200 Save R10 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Dis nie maklik om in die ruimte te kom nie, maar met verbeelding, vindingrykheid en beplanning is alles moontlik. Kom ons help Rommel om sy droom te bereik ... om in die ruimte te kom, en dalk tot so ver as die maan.

Sondag Steel jy my Hart (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Sondag Steel jy my Hart (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Net vriende. Dis al wat hulle is, sweer Karabo en Will. En dis waar.

Karabo het immers twee beloftes wat soos die Sondag-blues oor haar kop hang. Haar belofte aan haar tannie: dat sy nie eensaam en sonder liefde sou sterf soos sy nie. En haar belofte aan haarself: dat sy “die een” sal kry voor haar haar internskap by die hospitaal volgende jaar verby is. En Will, met sy motorfiets en leerbaadjies, is te wild om vir ewig aan iemand vasgeketting te wees, veral nie iemand soos sy nie. Hy slaan dan in kolle uit as iemand net “langtermynverhouding” noem.

So hulle is net pelle. Regtig. En pelle mag nie vryers word nie – dis algemene kennis.

Behalwe vir die klein feitjie dat Will heeltemal Karabo se hart gesteel het ... en sy het nie ’n idee hoe om dit terug te kry voor haar selfopgelegde sperdatum nie.

Anderkind (Afrikaans, Paperback): Betsie van Niekerk Anderkind (Afrikaans, Paperback)
Betsie van Niekerk
R235 R221 Discovery Miles 2 210 Save R14 (6%) Ships in 4 - 8 working days

'n Storie oor twee dapper tieners, Johannes en Dina, tydens die dodelike griepepidemie van 1918.

As die enigste oorlewendes uit hul gesinne op twee buurplase in die Sandveld kruis hul paaie met oom Andries, 'n dorpenaar wat ook sy hele gesin verloor het. Tesame met Lya, wat vir Johannes help grootmaak het, durf hulle verskeie aanslae aan - van wilde diere en boewe tot die regering se beleid oor weeskinders en die eienaarskap van plase.

Ben en die Boelies (Afrikaans, Paperback): Zuleka Smit Ben en die Boelies (Afrikaans, Paperback)
Zuleka Smit; Illustrated by Johann Strauss
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ben word geteister deur nie net een nie, maar twee boelies by die skool. Die rooikop-tweeling maak hom baie bang en ongelukkig en hy wil nie eers meer skool toe gaan nie. Mamma herinner Ben dat hy nooit hoef bang te wees as Jesus by hom is nie en dat daar ander maniere is om boelies te hanteer.

Zuléka Smit se pragtige storie bespreek die sensitiewe tema van boelies, veral by skole, en is gebaseer op haar baie jare van ondervinding in die onderwys en ook haar ervaring met haar eie kinders.

Maltrap (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Maltrap (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R140 R127 Discovery Miles 1 270 Save R13 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Maak jou sitplekgordel vas vir 'n monster-avontuur!

Adriaan hou van karre. En motorfietse. En vliegtuie. Hoe groter en vinniger, hoe beter.

Op 'n dag ontdek hy en sy pa die wrak van 'n ou monsterbakkie in 'n stowwerige motorhuis.

Sy pa besluit om die monsterbakkie reg te maak ... en dit is die begin van 'n maltrap - avontuur!

Spel (Afrikaans, Paperback): Annerle Barnard Spel (Afrikaans, Paperback)
Annerle Barnard
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die sewentienjarige Lukas is een van ’n handjievol oorblywende mense ná die aarde deur kuborge, transterrane en robotte oorgeneem is. Hy en sy beste vriend Dimpho en Dimpho se ouers boer op Lukas-hulle se plaas in die Bloemfontein-omgewing.

Wanneer hongersnood die voortbestaan van die superwesens bedreig, stel die wrede heerser Dakian ’n bose plan in werking om Lukas te vang en toegang tot sy oorlewingstrategieë te verkry. Hy lei Lukas suksesvol om die bos en Lukas en ’n paar nuwe vriende vertrek in sy pa se ou Datsun om sy jonger broer, wat voor sy ouers se dood veiligheidshalwe na familie gestuur is, te gaan haal.

Een van hulle reismaats is egter ’n informant...

Geraamte In Die Klas (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Fanie Viljoen Geraamte In Die Klas (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Fanie Viljoen
R185 R174 Discovery Miles 1 740 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Stephan en sy vriend, Cobus, is in groot moeilikheid. Hulle het per ongeluk hulle onderwyser, juffrou Beneke, in ’n geraamte verander! Maar dit is net die begin van die storie . . . want dan moet hulle haar op die skoolbus smokkel sodat hulle op 'n Graadsewe-toer kan gaan. En dan is daar boonop 'n wildejaagtog op 'n spoedvarkie, ’n geveg met 'n seekat, gevaarlike rekspronge, wilde ape en wie weet wat nog alles! En wat gaan Stephan en Cobus omtrent juffrou Beneke doen?

Kantiga Vind Die Perfekte Naam (Afrikaans, Paperback): Mabel Mnensa Kantiga Vind Die Perfekte Naam (Afrikaans, Paperback)
Mabel Mnensa
R160 R148 Discovery Miles 1 480 Save R12 (7%) Ships in 5 - 10 working days

“Daar was eenmaal ’n pragtige dogtertjie met ’n hart so groot soos haar naam, Kantiga. Maar Kantiga hou nie van haar naam nie.” Toe haar ouma dit hoor, vertel sy vir haar ’n familiestorie van die towerkleipot wat lyk of dit nutteloos is omdat dit gekraak en stukkend is. Maar ons leer hoe juis hierdie swak plek dit meer as perfek maak.

Volg hierdie pragtige verhaal, vol kleur en folklore, waarin Kantiga die perfekte naam probeer vind, en op die reis meer leer van wie sy is en waar sy vandaan kom.

Kompleks (Afrikaans, Paperback): Louis Pretorius Kompleks (Afrikaans, Paperback)
Louis Pretorius
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Sean is nog altyd gefassineer deur die heelal en alles daarin. Hy lê gereeld in die aande in sy bed en dink aan al die mense wat voor hom op aarde was. Hoe almal gepoog het om die heelal te verstaan: waar ons vandaan kom en waarheen ons op pad is. Die probleem is, jy weet nie wat gebeur met jou in die ander heelalle nie en die kans om hulle ooit te sien is skraal of nul. Sean hou duim vas vir ’n inter-meer-al-ruimtewurm, maar al wat nou bestaan is hierdie heelal en hierdie realiteit. Om die waarheid te sê, hy dink hy het beland in een van die heelalle van Sean wat beslis ’n fabrieksfout was. Dit tot hy vir Mika ontmoet het en hulle lewens nooit weer dieselfde sou wees nie. Altans, nie in hierdie heelal nie ...

Donkerbloed (Afrikaans, Paperback): Elrien Scheepers Donkerbloed (Afrikaans, Paperback)
Elrien Scheepers
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 4 - 8 working days

17jarige Sybella probeer die raaisel rondom haar ma en suster se dood in ’n lugtaxi-ongeluk oplos, met die hulp van haar vriend, Jax. Haar pad kruis met Yala Uba, ’n onwettige hokvegter, Cedric Morton, ’n kuborg, en Lilith Rox, direkteur van Biotron Babas, ’n maatskappy wat geneties gemodifiseerde babas verskaf aan die ryk elite. Wanneer Sybella Lilith Rox se werksaanbod aanvaar, raak sy betrokke by donker geheime. Gaan sy uitvind wat werklik gebeur het, en watter prys gaan sy daarvoor betaal?

Donker Web (Afrikaans, Paperback, Skooluitgawe): Fanie Viljoen Donker Web (Afrikaans, Paperback, Skooluitgawe)
Fanie Viljoen 2
R285 R250 Discovery Miles 2 500 Save R35 (12%) In Stock

Greg Owen, die ou wat sy eie pa vir die wolwe gegooi het, is 'n eerstejaar op Stellenbosch. Klaar met hacking. Ingeskryf vir 'n graad in Sportwetenskap. Maar sal hy ooit van die skadu van Lawson Kollege en Project Nursery Rhyme kan wegkom? As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe, besef hy gou, in hierdie vervolg op die topverkoper Onderwêreld. Verkorte skooluitgawe van die topverkoper. 'n Gratis leesgids is beskikbaar.

Engela Goedhart 2: Koningby (Afrikaans, Paperback): Alan MacDonald Engela Goedhart 2: Koningby (Afrikaans, Paperback)
Alan MacDonald; Illustrated by David Roberts
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie!

In die tweede boek in die reeks speel Engela bewimpelaar vir haar onderwysers; sy probeer om haar eie tuisgemaakte limonade te maak en sy kry met die Lelike Susters te doen ...

Engela Goedhart 3: Superster (Afrikaans, Paperback): Alan MacDonald Engela Goedhart 3: Superster (Afrikaans, Paperback)
Alan MacDonald; Illustrated by David Roberts
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie!

Engela staan uit wanneer sy ’n nuwe vaardigheid aanleer vir die skool se talentkompetisie; sy verdwaal op ’n natuuruitstappie en sy speel saam met ’n groep seuns op die sokkerveld!

Engela Goedhart (Afrikaans, Paperback): Alan MacDonald Engela Goedhart (Afrikaans, Paperback)
Alan MacDonald; Illustrated by David Roberts
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie!

In hierdie boek is Engela oortuig daarvan dat die hoof ’n pruik dra en sy probeer bewys dat sy reg is; sy probeer ook haar vyand, Twané Witvoetjie, uitoorlê en sy is heeltemal uit haar diepte by ’n spa-naweek, maar sy’s vasbeslote om haar merk te maak!

Volmaan: Omnibus - Troetelgedrog / Tande / Nag Van Die Monsters / Nagvlerke / Voelers (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Volmaan: Omnibus - Troetelgedrog / Tande / Nag Van Die Monsters / Nagvlerke / Voelers (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Onderwyseres wat op volmaannagte in ’n weerwolf verander.

’n Speelding wat allerhande vreemde dinge begin aanvang.

’n Eksperiment wat jou in ’n insek laat verander.

’n Vakansieplaas waar reuse-vlermuise snags buite rondvlieg.

En ’n grillerige monsterfliek waaruit jy nie maklik ontsnap nie.

Kry jou flits uit, kruip onder die komberse in en maak gereed om lekker te ril en te gril met hierdie GROOT en GRILLERIGE versameling stories. Vir die eerste keer verskyn vyf van Jaco Jacobs se gewildste grilstories saam in een boek. Dit sluit in:

- Troetelgedrog

- Tande

- Nag van die monsters

- Nagvlerke

- Voelers

Oor 'n Motorfiets, 'n Zombiefliek en Lang Getalle Wat Deur Elf Gedeel Kan Word (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Oor 'n Motorfiets, 'n Zombiefliek en Lang Getalle Wat Deur Elf Gedeel Kan Word (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Martin Retief se hele lewe verander toe sy pa een middag stilhou om aandete te koop. Maar dan ontmoet Martin vir Drikus. Drikus wat aan ’n siekte ly en sy eie zombiefliek wil maak. Wat volg is ’n avontuur vol skouhoenders, skelms, mooi meisies, wiskunde, kammabloed en zombies.

Skerwe (Afrikaans, Paperback): Sally Partridge Skerwe (Afrikaans, Paperback)
Sally Partridge
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ses vriende woon ’n musiekfees in die Cederberg by. Net vyf kom terug.

Vir haar sewentiende verjaarsdag nooi Demi Crowley haar vyf beste vriende saam met haar na ’n musiekfees vir die partytjie van die dekade. Maar wat veronderstel was om die beste nag van hulle lewens te wees, verander in ’n nagmerrie wat nie een van hulle ooit sal vergeet nie.

Skerwe is ’n holderstebolder, wegholverhaal oor liefde, verlies en vriendskap wat jou lank gaan bybly.

Wian en die Viking-swaard (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Wian en die Viking-swaard (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bosman is dikmond dat hy saamgesleep word na Parys, Frankryk terwyl sy pa daar moet werk. Gelukkig kom sy pelle saam. Bosman is darem opgewonde oor een ding.

Hy kan uiteindelik na die Viking-museum toe gaan. Hy is MAL oor die Vikings!

Maar watter vreemde ding gebeur dat hy skielik die Vikings ONTMOET?!

Hoe moet hy terugkom in Parys in die huidige tyd? Hoe maak hy seker hy beland nie onder die swaard van ’n Viking nie?

Lees saam aan hierdie wegholrit van ’n avontuur!

Felina Kat, Geheime Agent (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Felina Kat, Geheime Agent (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit; Illustrated by Zinelda McDonald
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Timo wonder wie die geheimsinnige inwoner op die boonste verdieping van hulle woonstelblok is. Wanneer hy gaan ondersoek instel, verander sy vervelige skoolvakansie skielik in ’n groot avontuur!

Hy maak kennis met Felina Kat, maar sy is geen gewone kat nie . . . Sy is ’n GEHEIME AGENT.

Speurder Skote Petoors het ’n probleem. ’n Kosbare blou diamantring is gesteel en daar is nog geen leidraad nie. Die Geheime Agent moet kom help.

Sal Felina, Skote en Timo saam die skurke kan vastrek?

Spikkelsterre op Mtwana - Mieke: Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Spikkelsterre op Mtwana - Mieke: Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R205 R192 Discovery Miles 1 920 Save R13 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Mieke se pad kruis met Sasha Dyssel, Miss Eco Warrior Limpopo-finalis, wat die skool en Mtwana se gas is. Fen en al die graadsewe-seuns verloor hul hart op die mooie Sasha. Maar dis Mieke wat die dieper kant van die meisie leer ken, en uitvind waarom sy en Smiley, die outjie wat gedurig 'n nuwe blouoog het, soveel in gemeen het. Die ontkoping is die finaal van Miss Eco Warrior, met afskeid en oorgang vir beide Mieke en Fen wat deur die storie verweef is.

Perfek (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Jaco Jacobs Perfek (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Jaco Jacobs
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Blonde hare … Helderblou oë …’n Skitterwit glimlag …

Natasja is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net ’n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het ’n plan …

Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.

Springboekie (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Springboekie (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Elsabe Ebersohn
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Springbokke het ’n superkrag. Hulle is die beste rugbyspelers, natuurlik. Amabhokobhoko! Maar wat as jy ’n ander superkrag het?

Dalk is LEES jou superkrag! Soos Springboekie!

Springboekie is MAL daaroor om te lees. Hy wens net sy maats het ook daarvan gehou. Hulle wil net HEELDAG in die moddergat speel en hulle dink boeke is VERVELIG.

Gelukkig is Springboekie baie slim. Hy wys sy maats dat daar ʼn boek vir elkeen bestaan. Selfs ’n kwaai leeu!

Die Feetjiepolisiediens (Afrikaans, Paperback): Leon-Ben Lamprecht Die Feetjiepolisiediens (Afrikaans, Paperback)
Leon-Ben Lamprecht; Illustrated by Zinelda McDonald
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Almal in Feetjieland kan rustig slaap met Kaptein Fanie en Sersant Saarkie van die Feetjiepolisiediens wat 'n oog oor hulle hou!

Daar is drie sake wat ondersoek moet word: in die Groot Woud by die De Beer-huis het iemand ingebreek en al die pap geëet, Jan Christoffel Reus se hennetjie wat goue eiers lê, is gesteel en Hansie en Grietjie Fick is weg . . . te midde van vreemde gebeure by Mevrou Le-Vy se gemmerbroodhuisie.

Liewe Heksie se Groot Omnibus (Afrikaans, Paperback): Verna Vels Liewe Heksie se Groot Omnibus (Afrikaans, Paperback)
Verna Vels
R410 R384 Discovery Miles 3 840 Save R26 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie reuse-omnibus bevat al 41 van Verna Vels se oorspronklike Liewe Heksie-stories waarin die bekoorlike klein karaktertjie en haar maats, Blommie Kabouter, Karel Kat, Kwaaitjie Kabouter, Koning Rosekrans en vele meer weer oud en jonk laat skaterlag met hulle mannewales.

Die stories is ’n versameling uit die bundels: Die Liewe Heksie-Omnibus (2002) en ​Liewe Heksie en die rekenaar ​(2001).

Vian Oelofsen se pragtige illustrasies laat hierdie klassieke stories en karakters weer leef!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Sitting Pretty - White Afrikaans Women…
Christi van der Westhuizen Paperback  (1)
R365 R337 Discovery Miles 3 370
Advances in Computational and…
S. Jyothi, D. M. Mamatha, … Hardcover R5,672 Discovery Miles 56 720
Liberation Diaries - Reflections On 30…
Busani Ngcaweni Paperback R300 R277 Discovery Miles 2 770
Advances in Arthropod Repellents
Joel Coats, Caleb Corona, … Paperback R3,143 Discovery Miles 31 430
Simultaneous Statistical Inference…
Thorsten Dickhaus Hardcover R4,867 Discovery Miles 48 670
Understanding Normal and Clinical…
Kathryn Pinna, Ellie Whitney, … Hardcover  (1)
R1,608 R1,488 Discovery Miles 14 880
Integrating Creative Movement and…
Kelly Mancini Becker Paperback R966 Discovery Miles 9 660
The Land Is Ours - Black Lawyers And The…
Tembeka Ngcukaitobi Paperback  (11)
R400 R369 Discovery Miles 3 690
Studying Teachers in Early Childhood…
Olivia N. Saracho, Bernard Spodek Hardcover R2,777 Discovery Miles 27 770
Lost On The Map - A Memoir Of Colonial…
Bryan Rostron Paperback R340 R314 Discovery Miles 3 140

 

Partners