![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children
Lewensgeluk begin by liefde vir die Here – Spreuke 1:7
Ben word geteister deur nie net een nie, maar twee boelies by die skool. Die rooikop-tweeling maak hom baie bang en ongelukkig en hy wil nie eers meer skool toe gaan nie. Mamma herinner Ben dat hy nooit hoef bang te wees as Jesus by hom is nie en dat daar ander maniere is om boelies te hanteer. Zuléka Smit se pragtige storie bespreek die sensitiewe tema van boelies, veral by skole, en is gebaseer op haar baie jare van ondervinding in die onderwys en ook haar ervaring met haar eie kinders.
'n Storie oor twee dapper tieners, Johannes en Dina, tydens die dodelike griepepidemie van 1918. As die enigste oorlewendes uit hul gesinne op twee buurplase in die Sandveld kruis hul paaie met oom Andries, 'n dorpenaar wat ook sy hele gesin verloor het. Tesame met Lya, wat vir Johannes help grootmaak het, durf hulle verskeie aanslae aan - van wilde diere en boewe tot die regering se beleid oor weeskinders en die eienaarskap van plase.
Maak jou sitplekgordel vas vir 'n monster-avontuur! Adriaan hou van karre. En motorfietse. En vliegtuie. Hoe groter en vinniger, hoe beter. Op 'n dag ontdek hy en sy pa die wrak van 'n ou monsterbakkie in 'n stowwerige motorhuis. Sy pa besluit om die monsterbakkie reg te maak ... en dit is die begin van 'n maltrap - avontuur!
Stephan en sy vriend, Cobus, is in groot moeilikheid. Hulle het per ongeluk hulle onderwyser, juffrou Beneke, in ’n geraamte verander! Maar dit is net die begin van die storie . . . want dan moet hulle haar op die skoolbus smokkel sodat hulle op 'n Graadsewe-toer kan gaan. En dan is daar boonop 'n wildejaagtog op 'n spoedvarkie, ’n geveg met 'n seekat, gevaarlike rekspronge, wilde ape en wie weet wat nog alles! En wat gaan Stephan en Cobus omtrent juffrou Beneke doen?
Spienekelientjies is ‘n verseboek wat deur Antjie Krog saamgestel is. Lees en leer ou bekende versies soos “Trippe trappe tone” asook ‘n paar oorspronklike versies uit die pen van die Antjie Krog. ‘n Pragtige bundel wat sorgvuldig saamgestel is om jong kinders aan die taalmusiek van versies bloot te stel. ‘n Moet-hê versameling vir elke huis!
Talia spandeer elke pouse in die skoolbiblioteek om vir die boelies weg te kruip, tot die nare nuwe biblioteekjuffrou haar skuilplek in ’n nagmerrie verander. Saam met Mario, nog ’n buitestander, maak sy ’n geheime biblioteek in ’n ou skuur en bied ’n toevlug vir al die kinders wat voel asof hulle nêrens hoort nie. Maar gaan juffrou Grizzle hulle skuilplek kry, of gaan sy ’n geheim van haar eie ontbloot? Die Groot Storieboek Avontuur is vir elke kind wat al soos ’n buitestander gevoel het, maar ’n tuiste gekry het tussen die blaaie van ’n boek. Die boek is ryk in diversiteit en bevat karakters met neurodiversiteit, verskillende rasse en orientasies. Die boek word ook gemaak met verskeie leesbaarheidstegnieke, soos disleksie-vriendelike lettertipes en papier, groot spasies en meer.
Barto haat Dinsdae. Niks opwindends gebeur ooit op ’n Dinsdag nie. Elke Dinsdag ná skool laai ouma Elsa hom op. Dan gaan hulle biblioteek toe. Dinsdae kuier Ouma en haar vriendinne in die biblioteek se tuin. Hulle drink tee en gesels oor boeke. “Gaan soek vir jou ’n boek, Barto,” sê Ouma elke Dinsdag. Maar Barto het nooit lus nie. Die enigste ander kind wat elke keer daar is, is die geheimsinnige Boekmeisie. Die Boekmeisie het nog nooit ’n woord met hom gepraat nie. Hy weet nie eens wat haar regte naam is nie. Maar toe Barto een middag ’n bal skop, is dit die begin van ’n holderstebolder avontuur … vol betowerende wesens, raaisels en asemrowende aksie. In hierdie heerlik aweregse, snaakse storie vol trolle, drake, kabouters en ander towerwesens skep Jaco Jacobs ’n moderne sprokie wat hulde bring aan die wonder van boeke en die verbeelding – gepaste temas vir hierdie uitsonderlike skrywer
Sean is nog altyd gefassineer deur die heelal en alles daarin. Hy lê gereeld in die aande in sy bed en dink aan al die mense wat voor hom op aarde was. Hoe almal gepoog het om die heelal te verstaan: waar ons vandaan kom en waarheen ons op pad is. Die probleem is, jy weet nie wat gebeur met jou in die ander heelalle nie en die kans om hulle ooit te sien is skraal of nul. Sean hou duim vas vir ’n inter-meer-al-ruimtewurm, maar al wat nou bestaan is hierdie heelal en hierdie realiteit. Om die waarheid te sê, hy dink hy het beland in een van die heelalle van Sean wat beslis ’n fabrieksfout was. Dit tot hy vir Mika ontmoet het en hulle lewens nooit weer dieselfde sou wees nie. Altans, nie in hierdie heelal nie ...
Die sewentienjarige Lukas is een van ’n handjievol oorblywende mense ná die aarde deur kuborge, transterrane en robotte oorgeneem is. Hy en sy beste vriend Dimpho en Dimpho se ouers boer op Lukas-hulle se plaas in die Bloemfontein-omgewing. Wanneer hongersnood die voortbestaan van die superwesens bedreig, stel die wrede heerser Dakian ’n bose plan in werking om Lukas te vang en toegang tot sy oorlewingstrategieë te verkry. Hy lei Lukas suksesvol om die bos en Lukas en ’n paar nuwe vriende vertrek in sy pa se ou Datsun om sy jonger broer, wat voor sy ouers se dood veiligheidshalwe na familie gestuur is, te gaan haal. Een van hulle reismaats is egter ’n informant...
17jarige Sybella probeer die raaisel rondom haar ma en suster se dood in ’n lugtaxi-ongeluk oplos, met die hulp van haar vriend, Jax. Haar pad kruis met Yala Uba, ’n onwettige hokvegter, Cedric Morton, ’n kuborg, en Lilith Rox, direkteur van Biotron Babas, ’n maatskappy wat geneties gemodifiseerde babas verskaf aan die ryk elite. Wanneer Sybella Lilith Rox se werksaanbod aanvaar, raak sy betrokke by donker geheime. Gaan sy uitvind wat werklik gebeur het, en watter prys gaan sy daarvoor betaal?
Greg Owen, die ou wat sy eie pa vir die wolwe gegooi het, is 'n eerstejaar op Stellenbosch. Klaar met hacking. Ingeskryf vir 'n graad in Sportwetenskap. Maar sal hy ooit van die skadu van Lawson Kollege en Project Nursery Rhyme kan wegkom? As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe, besef hy gou, in hierdie vervolg op die topverkoper Onderwêreld. Verkorte skooluitgawe van die topverkoper. 'n Gratis leesgids is beskikbaar.
Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! In die tweede boek in die reeks speel Engela bewimpelaar vir haar onderwysers; sy probeer om haar eie tuisgemaakte limonade te maak en sy kry met die Lelike Susters te doen ...
Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! Engela staan uit wanneer sy ’n nuwe vaardigheid aanleer vir die skool se talentkompetisie; sy verdwaal op ’n natuuruitstappie en sy speel saam met ’n groep seuns op die sokkerveld!
Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! In hierdie boek is Engela oortuig daarvan dat die hoof ’n pruik dra en sy probeer bewys dat sy reg is; sy probeer ook haar vyand, Twané Witvoetjie, uitoorlê en sy is heeltemal uit haar diepte by ’n spa-naweek, maar sy’s vasbeslote om haar merk te maak!
In die magiese woud van die Grootrivier woon duisende feetjies, elkeen met haar eie spesiale taak. Maar die sonskynfeetjie, Christelientjie, is anders — sy is ‘n Downsindroom-feetjie met ‘n hart van goud. Sy bring lig en warmte waar sy gaan, en leer die ander bewoners van die woud dat geduld, deursettingsvermoë en vriendelikheid kragtiger is as perfeksie. Toe die trotse Kolonel Wolhuter Wurm haar as “dom” uitskel, wys sy hom dat moed en deernis die ware maatstaf van wysheid is. ’n Warm, humoristiese verhaal oor aanvaarding, diversiteit en die mooi van elke kind se unieke lig.
Martin Retief se hele lewe verander toe sy pa een middag stilhou om aandete te koop. Maar dan ontmoet Martin vir Drikus. Drikus wat aan ’n siekte ly en sy eie zombiefliek wil maak. Wat volg is ’n avontuur vol skouhoenders, skelms, mooi meisies, wiskunde, kammabloed en zombies.
’n Onderwyseres wat op volmaannagte in ’n weerwolf verander. ’n Speelding wat allerhande vreemde dinge begin aanvang. ’n Eksperiment wat jou in ’n insek laat verander. ’n Vakansieplaas waar reuse-vlermuise snags buite rondvlieg. En ’n grillerige monsterfliek waaruit jy nie maklik ontsnap nie. Kry jou flits uit, kruip onder die komberse in en maak gereed om lekker te ril en te gril met hierdie GROOT en GRILLERIGE versameling stories. Vir die eerste keer verskyn vyf van Jaco Jacobs se gewildste grilstories saam in een boek. Dit sluit in: - Troetelgedrog - Tande - Nag van die monsters - Nagvlerke - Voelers
Bosman is dikmond dat hy saamgesleep word na Parys, Frankryk terwyl sy
pa daar moet werk. Gelukkig kom sy pelle saam. Bosman is darem
opgewonde oor een ding.
Timo wonder wie die geheimsinnige inwoner op die boonste verdieping van hulle woonstelblok is. Wanneer hy gaan ondersoek instel, verander sy vervelige skoolvakansie skielik in ’n groot avontuur! Hy maak kennis met Felina Kat, maar sy is geen gewone kat nie . . . Sy is ’n GEHEIME AGENT. Speurder Skote Petoors het ’n probleem. ’n Kosbare blou diamantring is gesteel en daar is nog geen leidraad nie. Die Geheime Agent moet kom help. Sal Felina, Skote en Timo saam die skurke kan vastrek?
Mieke se pad kruis met Sasha Dyssel, Miss Eco Warrior Limpopo-finalis, wat die skool en Mtwana se gas is. Fen en al die graadsewe-seuns verloor hul hart op die mooie Sasha. Maar dis Mieke wat die dieper kant van die meisie leer ken, en uitvind waarom sy en Smiley, die outjie wat gedurig 'n nuwe blouoog het, soveel in gemeen het. Die ontkoping is die finaal van Miss Eco Warrior, met afskeid en oorgang vir beide Mieke en Fen wat deur die storie verweef is.
Blonde hare … Helderblou oë …’n Skitterwit glimlag … Natasja is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net ’n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het ’n plan … Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.
Ses vriende woon ’n musiekfees in die Cederberg by. Net vyf kom terug.
Springbokke het ’n superkrag. Hulle is die beste rugbyspelers, natuurlik. Amabhokobhoko! Maar wat as jy ’n ander superkrag het? Dalk is LEES jou superkrag! Soos Springboekie! Springboekie is MAL daaroor om te lees. Hy wens net sy maats het ook daarvan gehou. Hulle wil net HEELDAG in die moddergat speel en hulle dink boeke is VERVELIG. Gelukkig is Springboekie baie slim. Hy wys sy maats dat daar ʼn boek vir elkeen bestaan. Selfs ’n kwaai leeu! |
You may like...
Skooluitgawe: Pad Na Jou Hart - 'n…
Ivan Botha, Donnalee Roberts
Paperback
R185
Discovery Miles 1 850
Reënboogrant Maats: Omnibus 2 (3 in 1)
Maritha Snyman, Lorraine Hattingh
Paperback
|