0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (16)
  • R50 - R100 (48)
  • R100 - R250 (497)
  • R250 - R500 (41)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children

Wie ry saam? Graad 4 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Wie ry saam? Graad 4 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R99 R92 Discovery Miles 920 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Alles wat op Aarde lewe, is ‘ruimteskip’ Aarde se bemanning en nie passasiers wat net kan saamry nie...

Ons leer dat plante en diere en mense elkeen, hoe klein of hoe groot ookal, 'n spesifieke nis ('n plek en 'n werkie) het om die aarde meer leefbaar te maak vir alles wat moet lewe. Die Flixies leer ook die lewensiklus van vleiseters, planteters en ontbinders!

#PresiesAnders 3: Somerskool en Spoke (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn #PresiesAnders 3: Somerskool en Spoke (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R185 R165 Discovery Miles 1 650 Save R20 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Zoe oortuig haar tweelingsussie om na 'n somerskool te gaan, maar sy wil eintlik net die plaaslike spook ontmoet wat volgens legende op die kampus dwaal. Zoya mag net nie uitvind dat daar 'n spook is nie, want sy is doodbang! Sommer gou is Zoya se senuwees op hol . . . En dis nie net omdat mislike Queen Bee Beula byna ’n groot ramp veroorsaak nie. Kan dit wees dat die tweeling se ouer broer Zane se hart gebreek is deur die berugte kampusspook?

As Jy Droom (Afrikaans, Paperback): Daniella van Heerden As Jy Droom (Afrikaans, Paperback)
Daniella van Heerden
R180 R163 Discovery Miles 1 630 Save R17 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Elke droom begin met ’n dromer. Megan Werner, die stigter van die U Dream Global-inisiatief, het in 2018 besluit om saam met ‘n groep van 20 tieners vanuit verskillende agtergronde ’n vliegtuig te bou. In Junie 2019 was die vliegtuig uiteindelik gereed en kon die 17-jarige Megan saam met vyf ander tieners die vlug van Kaapstad na Kaïro aanpak. Hulle doel was om om kinders in ander Afrikalande te inspireer om hul drome na te jaag. Min het die ses tieners egter geweet dat dit uiteindelik HULLE sou wees wat deur die reis geïnspireer sou word.

Verskeie avonture en naelbyt-oomblikke het gevolg voordat Megan-hulle uiteindelik op Kaïro-lughawe geland het. Hier het hulle grootste ondersteuner, Megan se pa, die tieners ingewag. “Ons het dit gemaak!” het hy gejuig en vir Megan ’n stywe druk gegee. ’n Paar dae later het ’n tevrede span die reis terug na SuidAfrika aangepak. Oudergewoonte het Megan se pa en sy medevlieënier in hul eie vliegtuig saamgereis om ondersteuning te bied. Maar bokant Tanzanië het die droom in tragedie geëindig …

As jy droom is ’n storie van durf, deursettingsvermoë, hoop én hartseer. ‘n Avontuur met soveel adrenalien dat jy dit dalk vergesog sou noem – as dit nie die waarheid was nie …

Hol (Afrikaans, Paperback): Bernadine Lightfoot Hol (Afrikaans, Paperback)
Bernadine Lightfoot
R200 R185 Discovery Miles 1 850 Save R15 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Hulle is in dieselfde skool, maar lewe in twee teenoorgestelde wêrelde.

Sy is vet en vaal; hy is ‘n joller en die skoolhartebreker. Deur ’n simpele insident vang en hou Evie per ongeluk Joshua se aandag. Tyd om haar te bekommer oor die lang lys gebroke harte op Joshua se kerfstok is daar nie, want om soos ‘n voëltjie te eet en terselfdertyd te oefen vir ‘n onmoontlike halfmarathon is blerrie harde werk.

Tog begin die lewe baie interessant lyk. Maar dan daag Joshua se dinamiese, befoeterde ouer broer op om ‘n breek te neem van sy mediese studies en Evie se wêreld draai heeltemal op sy kop.

Hierdie splinternuwe jeugroman is ‘n goed verdoeselde hardloopgids geskryf vir enige tiener wat moed, kennis of motivering nodig het om na ‘n paar tekkies te reik!

Breuk Onder Die Uile (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Cor Dirks Breuk Onder Die Uile (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Cor Dirks
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Wat niemand ooit sou glo nie, het toe wel gebeur: 'n skeuring onder die Uile-geledere. Berrie is die een wat uit die hegte kringetjie wegbreek het. Met krieket kan hy en Philip nog saam speel sonder om werklik saam te werk. Maar toe breek die rugbyseisoen en daardie belangrike naelbyterwedstryd teen Excelsior aan.

Grilgrypers 3: Kamp vir Monsters (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Grilgrypers 3: Kamp vir Monsters (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo; Illustrated by Shan Fischer
R185 R165 Discovery Miles 1 650 Save R20 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Volgens Clayton se pa en sy nuwe verloofde is hy 'n probleemkind. Hy word na 'n eksklusiewe rehabilitasiekamp vir tieners gestuur, maar dis nie net die streng sekuriteit en geheimsinnige personeel wat aandui iets is nie pluis nie. Clayton is vreesbevange vir die digte bome wat die kamp omring en snags sluip vreemde gediertes in die woud rond. En dan begin van die tieners verdwyn . . .

Elf Dae Op 'n Eiland (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Elf Dae Op 'n Eiland (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R230 R205 Discovery Miles 2 050 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Danika ontmoet uiteindelik die man wat sy net van 'n ou foto af ken: haar pa, bewaarder op 'n eiland in die Seychelles! Die heel eerste aand op die eiland hoor sy toevallig van 'n ryk sjeik wat sy oog op die eiland het. Wat daarvan as hy nie werklik belang stel in ekotoerisme nie, maar in die finansiële gewin uit 'n painiet-myn? Uit die bloute kom nog bekendes uit Kaapstad op Cousin aan . . . So word dit elf dae wat Danika nooit sal vergeet nie!

Jorsie die Worsie 1: Die Raaisel van die Lammervanger (Afrikaans, Paperback): Helene Booyens Jorsie die Worsie 1: Die Raaisel van die Lammervanger (Afrikaans, Paperback)
Helene Booyens; Illustrated by Helene Booyens
R251 Discovery Miles 2 510 Ships in 5 - 7 working days

Ontmoet vir Jorsie, 'n klein worshond met 'n groot hart en 'n nog groter familie!

Maar wag, hy's nie sommer 'n gewone worsie nie ... terwyl sy neefs en niggies skoothonde is, is Jorsie anders. Hy's nie tevrede met 'n gewone hondelewe nie, hy wil 'n polisiehond wees!

Wanneer een van Jorsie se skaaphondmaats, se lammertjies skielik wegraak, is die dorp se drie polisiehonde nie baie lus om te help soek nie.

Jorsie kom gelukkig op 'n leidraad af ... Sal hy die raaisel kan oplos en die lammertjie veilig kan terugbring na die plaas?

My Eerste Ysland-Avontuur (Afrikaans, Paperback): Riaan Manser, Murray Williams My Eerste Ysland-Avontuur (Afrikaans, Paperback)
Riaan Manser, Murray Williams; Translated by Nandi Lessing-Venter; Illustrated by Martinus van Tee
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Riaan Manser, Suid-Afrika se gunsteling-ontdekker, is op sy moeilikste en koudste avontuur nog – ’n kajakvaart rondom Ysland!

In hierdie avontuur sluit Dan Skinstad, wat dapper die uitdagings van ligte serebrale verlamming trotseer, by Riaan aan. Saam pak hulle ‘n kajakreis deur die ysige water van Ysland aan, waar hulle massiewe golwe, stormagtige winterweer en selfs ‘n aktiewe vulkaan trotseer.

Met stories wat jou hare sal laat reggop staan, en illustrasies wat jou sal laat skaterlag, vang hierdie boek die hart van avontuur vas teen die ontnugterende, beeldskone agtergrond van Ysland.

Maak jouself gereed vir ‘n avontuur wat jou hart uit jou borskas sal laat spring van opwinding!

Droomhuisavonture (Afrikaans, Paperback): Lauren O?Connor-May Droomhuisavonture (Afrikaans, Paperback)
Lauren O’Connor-May; Illustrated by Nadine Wiese
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Elke aand as sy in die bed klim, word Verity se towerhuis wakker en neem haar op asemrowende avonture: van strande tot woude. Maar soos Verity ouer word, word die huis nie meer wakker nie. Net toe sy dink haar avonture is verby, ontdek Verity ’n nuwe tipe towerkrag: om die wêreld saam met haar familie te ontdek! Van berge uit klouter tot in branders baljaar, word Verity se dae met opwinding en plesier gevul.

Toe haar jonger sussie, Max, die een word wat troos nodig het, word dit tyd om die geheim van die Droomhuis oor te gee.

Kom ontdek saam met Verity dat die beste avonture dié is wat jy kan deel met die mense vir wie jy lief is. Perfek vir dromers van alle ouderdomme! Beskikbaar in Afrikaans en Engels.

?n Jaar in my lewe (Afrikaans, Paperback): Louis Pretorius ’n Jaar in my lewe (Afrikaans, Paperback)
Louis Pretorius
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

1996.

Die jaar van ons nuwe grondwet en die krieketwêreldbeker.

Van die tweede KKNK en die begin van “Friends” op MNet.

Liam is ’n lenige diskusgooier. Hy herinner Martin aan ’n lelike Brad Pitt. Wat nog steeds mooi is.

Liam dink Martin lyk soos Jonty Rhodes met sy aarbei-blonde hare. En hy is irriterend slim.

’n Valentynssokkie en ’n wolkbreuk. ’n Rekenaarspeletjie en ‘n oomblik in die fliek.

’n Laataand gesprek met Eurythmics se “Sweet Dreams” wat speel.

’n Vonk.

Martin, die dominee se kind, weet wie en wat hy is. Hy hoort nie in hierdie dorp nie, maar hy weet hy hou van Liam. Liam droom van meisies en seuns. Hy weet nie wie hy is nie, maar hy weet hy hou van Martin.

Die vraag is, mag hy?

In hierdie dorp?

In hierdie tyd?

Is die liefde sterk genoeg om alles te oorwin?

Alten Akkedis se Sewe Sterte (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Alten Akkedis se Sewe Sterte (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers; Illustrated by Elsabe Ebersohn
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Alten die akkedis met sewe sterte is 'n storie van vriendskap en avontuur. Alten, 'n akkedis met die merkwaardige vermoë om sy stert te verloor en weer te laat groei, vind homself in 'n tuin vol gevare.

Wanneer sy vriend Frida, die verkleurmannetjie, in die moeilikheid beland, moet Alten sy moed bymekaar skraap om haar te red. Saam droom hulle van 'n plek waar hulle veilig kan wees, weg van die bedreigings van die menslike wêreld. Ontdek hoe Alten se unieke
talent hom help om die dag te red en leer meer oor die wonderlike verdedigingsmeganismes van akkedisse. 'n Verhaal vol humor, spanning en die krag van ware vriendskap.

Ek lees self-omnibus 1 (6-in-1) (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Ek lees self-omnibus 1 (6-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Nicolene Louw
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In hierdie fantastiese leesreeks, met pragtige illustrasies, vertel Wendy Maartens die klassieke dierestories in eenvoudige taal wat selfs die huiwerigste beginnerlesers kan baasraak. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker, en het dus baie goeie opvoekundige waarde.

Omnibus 1
Skilpad leer vlieg; Plaasmuis en stadsmuis; Haas en skilpad hardloop resies; Wolf dra skaapklere; Olifant en seekoei trek tou; Jakkals en kraai en die stuk kaas

Lisa Liefbesie se Sewe Verlore Kolle (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Lisa Liefbesie se Sewe Verlore Kolle (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers; Illustrated by Elsabe Ebersohn
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ontmoet Lisa Liefbesie, 'n pragtige liewenheersbesie met bloedrooi vlerkies en helder swart kolle. Sy is geliefd deur al die diere op die groot plaas waar sy woon. Maar op haar verjaarsdag gebeur iets skrikwekkends – haar mooi kolletjies verdwyn spoorloos!

Volg Lisa op 'n opwindende avontuur terwyl sy soek vir haar kolle.

Ontmoet vriende soos Kollehond, Bessie die Frieskoei, en Takelane Tarentaal, wat almal probeer help om die raaisel op te los. Sal Lisa haar kolletjies vind voordat haar verjaarsdagpartytjie verby is?

Zombiesokker (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Zombiesokker (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Luan Serfontein
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Tibs Tabane en sy vriend Elroy is MAL oor sokker. Hulle berei voor vir ’n belangrike sokkerwedstryd, maar hoekom hoor hulle die heeltyd ’n stem wat roep: “HONGER-R-R-R”?

Gaan Tibs en Elroy betyds die zombies kan keer wat dreig om die sokkerwedstryd te ontwrig?

Die Beste Sussie vir 'n Babadraak (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Die Beste Sussie vir 'n Babadraak (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R190 R150 Discovery Miles 1 500 Save R40 (21%) Ships in 7 - 11 working days

“GEEN BABAS IN HIERDIE HUIS NIE!”

Zeldi wil VREESLIK graag ’n boetie of sussie hê.

Maar haar pa en ma soek nie ’n baba nie.

Dan kom los ’n mamma-draak een aand ’n eier op hulle huis se stoep.

Die eier KRIK en KROK en KRAAK.

’n Ogie loer na buite. ’n Poot verskyn. En ’n stert ...

WA-A-AT? Gaan Zeldi uiteindelik ’n GROOTSUS word?

Vir ’n BABA-DRAAK?

Eben Die Ellendige Eenhoring (Afrikaans, Paperback): Koos Kombuis Eben Die Ellendige Eenhoring (Afrikaans, Paperback)
Koos Kombuis
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Na meer as twee dekades as musikant en kulturele opstoker het Koos Kombuis die afgelope paar jaar ‘n nuwe nis vir homself begin uitkerf; dié van kinderboek-skrywer.

En nou, sy eerste self-geïllustreerde kinderboek vir alle ouderdomme van agt tot agt-en-tagtig: Eben die Ellendige Eenhoring!

Die Seerowers van die Silwer Sardien 2: Die drie swaarde (Afrikaans, Paperback): Jacolene du Plooy Die Seerowers van die Silwer Sardien 2: Die drie swaarde (Afrikaans, Paperback)
Jacolene du Plooy; Illustrated by Elsabe Ebersohn
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die seerowers van die Silwer Sardien is ‘n reeks oor seerower-seemeeue, pratende katte en geheime skatte.

In “Oogsterretjies” leer Septimus die skaam seerower en Grommer die kat oor wat hulle harte laat warm klop. Wat dit is wat vir hulle oogsterretjies gee sodat hulle presies doen wat hulle veronderstel is om te doen!

In “Die drie swaarde” moet Septimus en Grommer help om ‘n verlore skat te vind voor die verkeerde groep seerowers hulle kloue op die skat kry. Gaan hulle betyds die skat kan vind?

Die Seerowers van die Silwer Sardien 1: Oogsterretjies (Afrikaans, Paperback): Jacolene du Plooy Die Seerowers van die Silwer Sardien 1: Oogsterretjies (Afrikaans, Paperback)
Jacolene du Plooy; Illustrated by Elsabe Ebersohn
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die seerowers van die Silwer Sardien is ‘n reeks oor seerower-seemeeue, pratende katte en geheime skatte.

In “Oogsterretjies” leer Septimus die skaam seerower en Grommer die kat oor wat hulle harte laat warm klop. Wat dit is wat vir hulle oogsterretjies gee sodat hulle presies doen wat hulle veronderstel is om te doen!

In “Die drie swaarde” moet Septimus en Grommer help om ‘n verlore skat te vind voor die verkeerde groep seerowers hulle kloue op die skat kry. Gaan hulle betyds die skat kan vind?

Die Otters op die Bosveldplaas (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Otters op die Bosveldplaas (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Waar die Otters is, is daar nou eenmaal nie vrede nie. En ’n vakansie is vir die drie nie sommer net ’n gewone kuiertjie nie. Met die intrapslag loop dinge in Die Otters op die Bosveldplaas skeef: daar is oornag by die kuikenhokke gepeuter: Bykans al die kuikens het deur groot gate in die sifdraad ontsnap en Litte is juis ’n man wat half sentimenteel raak wanneer ’n paar vinkies uitgeroei moet word. Maar hoe verdink ’n Otter dan ’n mede-Otter?

Arende, bobbejane en luiperds is vir die stadsjapies nie ’n alledaagse verskynsel nie. Maar waarom kom die Otters een middag erg bedremmeld en gekneus en net geklee in grasrompies by die huis aan? En watter rol het Helene en Magriet, twee skoolpelle, om te speel?

Hoe haal ek nou asem? (Afrikaans, Paperback): Cliffordene Norton Hoe haal ek nou asem? (Afrikaans, Paperback)
Cliffordene Norton
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Pa is weg, en skielik moet ek ’n grootmens wees. Ek wil nie die man van die huis wees nie. Ek wil nie hoor hoe Ma in die stilte huil nie. Ek wil nie hê Mason moet eendag opdaag en vra “Waar is Pa?” nie.

Ek wil teruggaan na twee jaar gelede – toe ek nog net Ethan was. Ethan met die cool broer en ôsim ouers. Ethan wie se ouers Sondagmiddae in die agterplaas gedans het. Maar op Vrydagaand het die dood Pa kom haal. Hoe oorleef ek my eerste week sonder hom – en alles wat nou anders is?

Hoe haal ek nou asem?

Die dertiende dag in Chengdu (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Die dertiende dag in Chengdu (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo; Edited by Shawna-Leze Meiring
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Henk en sy ma het na Chengdu in China verhuis. Henk is nogal 'n senuweeagtige kind en hy het allerhande bygelowe – bo-aan die lys is die nommer 13. Almal weet bose dinge gebeur as daardie nommer betrokke is. Wanneer die hysbak in hul woonstelgebou aanhou om by die 13de verdieping te stop en Henk begin knipperende oë in die donker sien wanneer die deure oopgaan, beteken dit sekerlik dat die spook van Sarah Mallory hom teister, nie waar nie? Hoekom anders gebeur allerhande vreemde en onverklaarbare dinge met Henk in hierdie land vol mites en legendes?

‘n Naelbyt-verhaal wat perfek is vir jonger tieners!

Die Hoenders In (Afrikaans, Paperback): Marita van Aswegen Die Hoenders In (Afrikaans, Paperback)
Marita van Aswegen; Illustrated by Cheslea Taylor
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die wêreldbekende, jaarlikse hoenderskou in Roosville is ’n groot gebeurtenis. Maar toe twee diamante spoorloos verdwyn, is daar konsternasie. Die diewe voel vere vir mense se waardevolle juwele.

Dit gaan ’n vreeslike klad op Roosville se naam wees. Wie sal ooit weer die skou wil bywoon?

Gelukkig skrop die vier speurders, Karla, Kumiko, Douw en Devan nie doelloos rond nie.

Gaan hulle dit regkry om koning te kraai en betyds die diamante te vind?

Aksieheld Austin 5: Redding op die Rooi Planeet (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Aksieheld Austin 5: Redding op die Rooi Planeet (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die opwindende finale boek in die Aksieheld Austin-reeks!

Ewald Eloff staar sy grootste uitdaging ooit in die gesig. Al speel hy al jare lank die rol van die geliefde Aksieheld Austin, moet Ewald homself nou bewys teen sterk mededinging van die nuwe akteurs Geon en Lex, wat ook die gesogte rol wil hê.

Teen die agtergrond van 'n Mars-agtige landskap is hierdie avontuur vol spanning, aksie en onverwagte kinkels. Sal Ewald sy titel as die ware Aksieheld Austin behou, of sal hy deur sy mededingers oorskadu word?

Ouma Mollie se Verkeerde Verjaarsdag (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Ouma Mollie se Verkeerde Verjaarsdag (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Johann Strauss
R195 R183 Discovery Miles 1 830 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“G’n mens kan so verkeerd verjaar nie!” roep ouma Mollie.

Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootste moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid.

Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Ouma Mollie vergeet skoon van haar eie verjaarsdag. Toe sy dit vinnig wil vier, eindig die verjaarsdag in ’n GROOT ramp. Niemand het geweet suurlemoentert kan so SUUR wees nie. Ouma Mollie se vingers en tone krul sommer in vuisies. Ouma Mollie besluit sy moet weer verjaar – sommer môre! Maar o genade, Ouma Mollie se TWEEDE verjaarsdag loop ook nie volgens plan nie.

Gaan Ouma Mollie dit regkry om uiteindelik REG te verjaar? En wat het dit te doen met ’n walvis se oog? En seepborrels? En ’n waterwurm?

Nee, wag, lees maar self hoe Ouma Mollie die grootste partytjie ooit hou.

VEELS GELUK, OUMA!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Anderkant Die Blou
Zelda Bezuidenhout Paperback R170 R152 Discovery Miles 1 520
Kattemaai 2: Annabel Gaan Skool Toe
Betsie Vos Paperback R160 R150 Discovery Miles 1 500
Donkerster
Annerle Barnard Paperback R240 R225 Discovery Miles 2 250
Twa Die Tydloper
Anoeschka Von Meck Paperback R320 R295 Discovery Miles 2 950
Sankind Lees Die Wind
Wendy Maartens Paperback R210 R197 Discovery Miles 1 970
Spikkelsterre op Mtwana - Mieke: Boek 2
Christien Neser Paperback R205 R183 Discovery Miles 1 830
Samboksalf en ’n Draaktraan
A.M. Holder Paperback R270 R253 Discovery Miles 2 530
Hartklop - Die Ontwaking Van Winter…
Sunel Combrinck Paperback R280 R263 Discovery Miles 2 630
Quinn se Jaar van Kwik
Zelda Bezuidenhout Paperback R270 R253 Discovery Miles 2 530
Die Spaghettiboom
Jaco Jacobs Hardcover R220 Discovery Miles 2 200

 

Partners