![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children
Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – is nou heeltemal tuis in graadgagt en in die koshuis van Hoërskool Volkstroom. Dit is nie net die Otters se aartsvyande, die Vuis, nie maar ook die onderwysers en die dorpsmense wat gou besef dat die Otters ’n groep is om mee rekening te hou. As hulle nie ’n foefieslaaid uit die koshuis bou nie, dan moker Buks vir hom ’n plek in die eerstekrieketspan oop. Buks is die een wat ’n slag het met die meisies, maar dit is Litte wat soos ’n wafferse held die skone Helene red van verdrinking. Toe die skool se fietse op grootskaal begin wegraak, is dit die Otters wat hulle lewens waag om die diewe te probeer vastrek. Die probleem is net: Dit is ’n geharde bende wat nie sal skroom om te kry wat hulle wil hê nie. Kan die Otters regtig hierdie hardebaard-boewe aanvat?
‘Die Bonsmara se Hare’ volg die reis van 'n boer van droogte tot rykdom deur die oë van sy jong dogter. Te midde van 'n slegte droogte begin een van hulle bulle blonde, krullerige hare groei. In plaas daarvan om die bul na die veiling te neem, besef die boer dat hy 'n magiese produk kan maak wat hare laat groei! Die ongewone oorsprong van hierdie wonderlike produk is onbekend aan sy dankbare kliënte, wat rye staan om die wonder-sjampoe te koop. Die verhaal is in 'n speelse rym geskryf met illustrasies wat gebaseer is op die landskap van die Oos-Vrystaat.
“G’n mens kan so verkeerd verjaar nie!” roep ouma Mollie.
Riaan Manser, Suid-Afrika se gunsteling-ontdekker, is op sy moeilikste
en koudste avontuur nog – ’n kajakvaart rondom Ysland!
Alten die akkedis met sewe sterte is 'n storie van vriendskap en
avontuur. Alten, 'n akkedis met die merkwaardige vermoë om sy stert te
verloor en weer te laat groei, vind homself in 'n tuin vol gevare.
Elke aand as sy in die bed klim, word Verity se towerhuis wakker en
neem haar op asemrowende avonture: van strande tot woude. Maar soos
Verity ouer word, word die huis nie meer wakker nie. Net toe sy dink
haar avonture is verby, ontdek Verity ’n nuwe tipe towerkrag: om die
wêreld saam met haar familie te ontdek! Van berge uit klouter tot in
branders baljaar, word Verity se dae met opwinding en plesier gevul.
Ontmoet Lisa Liefbesie, 'n pragtige liewenheersbesie met bloedrooi
vlerkies en helder swart kolle. Sy is geliefd deur al die diere op die
groot plaas waar sy woon. Maar op haar verjaarsdag gebeur iets
skrikwekkends – haar mooi kolletjies verdwyn spoorloos!
Tibs Tabane en sy vriend Elroy is MAL oor sokker. Hulle berei voor vir
’n belangrike sokkerwedstryd, maar hoekom hoor hulle die heeltyd ’n
stem wat roep: “HONGER-R-R-R”?
Glo my, as jy op die ingewing van die oomblik ’n skaap by ’n kerkbasaar steel, sal jou lewe nooit weer dieselfde wees nie ... Luan se vakansieplanne is in hulle peetjie. In plaas daarvan dat hy by die huis gaan rondsit, PlayStation speel en saam met sy pelle kuier, moet hy Karoo toe gaan. Op ’n road trip. Saam met sy eksentrieke fotograaf-ouma wat ’n fotoboek oor windpompe wil publiseer. Dit is sy straf omdat hy en sy vriende een aand iets aangevang het wat hulle in groot moeilikheid laat beland het. Op pad deur die Karoo ontmoet hy vir Lana, wie se pa al die pad van Bloemfontein na Kaapstad met sy fiets ry om geld vir kankernavorsing in te samel. Lana wat nie vleis eet nie, mal is oor boeke en hom (sonder dat sy dit weet) oortuig om ’n skaap te steel. Luan leer ken vir die eerste keer werklik sy ouma – die hardekwas-predikantsvrou wat al die jare ’n geheim saam met haar ronddra. En die belangrikste van als: Hy leer homself ken. Kort voor lank verander ’n vervelige rit deur die Karoo in ’n onvergeetlike reis ... Hierdie humoristiese, hartroerende tienerboek uit die pen van Jaco Jacobs sal jou anders laat kyk na die dinge wat die lewe die moeite werd maak.
1996.
Die seerowers van die Silwer Sardien is ‘n reeks oor seerower-seemeeue,
pratende katte en geheime skatte.
Die opwindende finale boek in die Aksieheld Austin-reeks!
Die seerowers van die Silwer Sardien is ‘n reeks oor seerower-seemeeue,
pratende katte en geheime skatte.
Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer
net ouma Mollie noem – die grootse moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai.
En nou is ouma Mollie op pad terug skool toe. Gaan sy soet wees? Of
gaan sy die arme onderwysers moedeloos maak? Maar, wag, jy moet maar
self lees wat TOE gebeur.
Wat niemand ooit sou glo nie, het toe wel gebeur: 'n skeuring onder die Uile-geledere. Berrie is die een wat uit die hegte kringetjie wegbreek het. Met krieket kan hy en Philip nog saam speel sonder om werklik saam te werk. Maar toe breek die rugbyseisoen en daardie belangrike naelbyterwedstryd teen Excelsior aan.
In hierdie fantastiese leesreeks, met pragtige illustrasies, vertel
Wendy Maartens die klassieke dierestories in eenvoudige taal wat selfs
die huiwerigste beginnerlesers kan baasraak. Elke boek bevat ook
nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te
wakker, en het dus baie goeie opvoekundige waarde.
Lea gaan skool toe is gebaseer op die suksesvolle Ben gaan skool toe
boek en Ben-reeks deur Zuléka Smit wat by dogtertjies aanklank sal
vind. Hierdie lieflike boeke word geïllustreer deur Johann Strauss en
Lea sal sommer dadelik in almal se harte inkruip. Hierdie is die eerste
boek in die nuwe Lea-reeks en fokus op Lea, wat net soos haar boetie
Ben, ook nou moet skool toe gaan.
Die wêreldbekende, jaarlikse hoenderskou in Roosville is ’n groot
gebeurtenis. Maar toe twee diamante spoorloos verdwyn, is daar
konsternasie. Die diewe voel vere vir mense se waardevolle juwele.
Pampoenpit word een oggend wakker van ’n geraas. Toe sy en Toets die
kat by die venster uitloer, sien hulle mense wat besig is om rommel te
verwyder. Die mans en vroue skitter en blink in hul uniforms, soos ware
helde. Toe begin Pampoenpit wonder oor waar daar oral geheime helde is
...
Pa is weg, en skielik moet ek ’n grootmens wees. Ek wil nie die man van
die huis wees nie. Ek wil nie hoor hoe Ma in die stilte huil nie. Ek
wil nie hê Mason moet eendag opdaag en vra “Waar is Pa?” nie.
In hierdie fantastiese leesreeks, met pragtige illustrasies, vertel
Wendy Maartens die klassieke dierestories in eenvoudige taal wat selfs
die huiwerigste beginnerlesers kan baasraak. Elke boek bevat ook
nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te
wakker, en het dus baie goeie opvoekundige waarde.
Lea wil nie meer skool toe gaan nie want dit is deesdae nie vir haar
lekker nie. Daar is ’n kwaai tweeling, Miems en Elsie, wat lelike dinge
vir haar sê by die skool en die meisies vat haar kos wanneer dit pouse
is. Op ’n dag verloor Miems haar gunstelingpop se haarlint en voel baie
hartseer daaroor. Maar Lea maak ’n slim plan om vir Miems te help en sy
en die tweeling word vriende!
Henk en sy ma het na Chengdu in China verhuis. Henk is nogal 'n
senuweeagtige kind en hy het allerhande bygelowe – bo-aan die lys is
die nommer 13. Almal weet bose dinge gebeur as daardie nommer betrokke
is. Wanneer die hysbak in hul woonstelgebou aanhou om by die 13de
verdieping te stop en Henk begin knipperende oë in die donker sien
wanneer die deure oopgaan, beteken dit sekerlik dat die spook van Sarah
Mallory hom teister, nie waar nie? Hoekom anders gebeur allerhande
vreemde en onverklaarbare dinge met Henk in hierdie land vol mites en
legendes?
Maak die potlode skerp. Skiet daai doppies van die merkpenne af. Lê op ‘n baal, sit agterstevoor op ’n trekker, klim op na die solder in die skuur, of gooi ‘n kombersie oop onder ‘n boom. Die tyd het aangebreek. Kom ons kleur in! Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 eg-Afrikaanse gesegdes en idiome, elk met interessante feite oor plaasdiere en volg op die gewilde Rooimiere-in-diebroek idioom-inkleurboek.
Nog meer prettige woordspeletjies vir kinders!
Of julle nou langpad ry, op soek is na prettige opvoedkundige aktiwiteite vir die klaskamer, of sommer net lus het vir lekker woordspeletjies wat jou brein behoorlik kan laat spiere bult – hierdie bekostigbare aktiwiteitsboek is die perfekte manier om kinders se taalkennis speel-speel op te skerp. Volledige oplossings agter in die boek. |
You may like...
NMR of Paramagnetic Molecules, Volume 2…
Ivano Bertini, Claudio Luchinat, …
Hardcover
Handbook on the Governance of…
Duncan Russel, Nick Kirsop-taylor
Hardcover
R5,483
Discovery Miles 54 830
Spectrophotometry, Volume 46 - Accurate…
Thomas Germer, Joanne C. Zwinkels, …
Hardcover
R4,020
Discovery Miles 40 200
|