![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children
n Studiereis na Parys was die laaste ding wat Emma vir haar 16de verjaardag wou he! Sy word egter gou oorrompel deur die skoonheid van die stad. Boonop is daar Luc, Madame Flaubert se seun, wat gids speel en die stad se bes bewaarde geheime vir Emma oopsluit. Soos dat die sleutels tot Parys as middelpunt vir musiek, argitektuur en letterkunde deur drie muses gedra word. Na elke eeu moet hierdie sleutels aan Parys se burgemeester oorhandig word. Maar wat het dit met Emma te doen?
As Rietrot moet jy jou plek ken, besef Daniël du Randt met die
intrapslag in Rietvallei Hoër. Almal sê daar bestaan nie iets soos
ontgroening nie, maar hierdie matrieks het duidelik nog nie die
boodskap gekry nie. Gelukkig het hy vriende soos Malebo, Antonie en
Giovanni, want Peet Pretorius eet graad 8’s vir ontbyt en spoeg
hulle soos fyngekoude grate uit.
Sammi is 13 en bly saam met haar tannie Valerie, 'n kunstenaar. Hulle gaan kuier vir die vakansie by Oumie en Dedda in die Noord-Kaap. Sammi gaan haar vriendinne April en Lerato mis, maar die klein dorpie gaan 'n goeie change of scene vir haar wees. Dit sal haar gedagtes afvat van Richfire Arts Academy, die kunsteskool waar sy so graag wil inkom. Maar die platteland is vol verrassings. En kansvatters. Sal sy vir Dedda en Oumie kan help as die slymerige George sy flikkers kom gooi?
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke van dié gewilde reeks. Hierdie is die tweede titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke! Jasper het nog altyd geweet hy is lief vir rugby, maar hy het nie besef dat hy ’n rugbyheld sou word nie! Kom deel in die avonture van Jasper!
Die Flixies leer vir ons een van hulle belangrikste geheime: verskeidenheid. So leer ons wat die woord biodiversiteit beteken en hoekom dit so belangrik is dat ons dit moet verstaan. Facto leer van die baie verskillende soorte plante en diere op Aarde en dat elkeen wat ontdek word, 'n naam moet kry. Ouma Flox verras die Flixies met 'n spesiale stuk borduurwerk...
Die Mak Maniere van Wilde Diere is ’n boek om kinders deur die avonture van Suid-Afrika se wild te inspireer. Met stories van olifante wat trou of slange wat in knope vasgebind word, ontlok hierdie plaaslike kindertitel 'n gevoel van verwondering. Hierdie vier kortverhale, wat gemik is op ouderdomme 5-10 jaar, vorm 'n prettige wêreld van dieremanewales. Met pragtige illustrasies van Annerina de Beer; die verhale is geskryf deur 'n ma van twee met die doel om 'n liefde vir stories by Suid-Afrika se jong generasie te kweek.
Die Otters gaan saam met hulle pa’s op ’n kampeervakansie na Moremi, ’n wildreservaat in die oostelike gedeelte van die Okavango-delta. Een pa nooi ’n studentevriend van hom en dié se seun Berrie ook saam. Sommer gou besef die Otters dat Berrie deel is van die Uil-bende, en dat hulle op hom kan staatmaak. Die pad na Moremi loop lang draaie deur vreemde plekke. Wanneer die viertal seuns op Maun ontvoer word, moet hulle die waterkanale by Matlapaneng in ’n mokoro aandurf en die woestynstreek, waar net die Boesmans woon, trotseer.
Stories word daagliks van een person na ‘n ander oorgedra. Dit is ‘n natuurlike deel van mense se sosiale omgang met mekaar. “Stories word aan kinders vertel om lewenslesse oor te dra, en vriende vertel vir mekaar stories om mekaar te vermaak, of om inligting oor te dra. Die vertelling van verhale is dus ‘n belangrike deel van menslike interaksie. “Vertel stories waar dit nodig is. Dit voed die mens se siel. Ons het partykeer elkeen net ‘n goeie storie nodig.
Die Otters gaan veldskool toe. Hier leer hulle ’n paar dinge oor die natuur en oor hulself, en versterk die vriendskapsbande terwyl die seuns snags om ’n kampvuurtjie sit en die veldskoollied sing. Bedags moet hulle deur hindernisbane sukkel en hul weg met ’n kompas oor berge en deur dale terug na die kamp vind. Weggesteek in die digte bosveldwêreld is tekens van ’n ou beskawing. Die seuns kom op vreemde plekke af. Hulle ontdek ’n donker tonnel, ’n gevaarlike grot en ’n vervalle kasteel … Maar wat soek twee gewapende mans in die grot? En is die ou kasteel regtig so verlate soos wat dit van ver af lyk?
Facto hoor interessante stories van groen plante – Ruimteskip Aarde se lugversorgers - wat sorg dat daar genoeg suurstof in die atmosfeer is en dat 'n ander giftige gas, kooldioksied, verwyder word. Hy leer by die Flixies van hoe plante ontwikkel het vanaf klein, byna onsigbare mosplantjies, tot die reuse bome wat ons oral sien.
EEUW! JIG! SIES! BLEG! Dis WALGLIK – maar dis WAAR! WEES GEWAARSKU – hierdie boek is propvol feite wat jou kan NAAR MAAK en laat GRIL! Wat is ’n snotblom? Hoe groot was ’n T-rex se poef? Eet party mense regtig paddaboudjies – en hoe smaak dit? Wat is hiënabotter? Watter dier se piepie ruik soos warm springmielies? Word gril-gril slim en ontdek die grieselige kant van die natuur met hierdie prettige boek wat jong feitevrate sal laat ril van lekkerkry!
A troublemaker about to get kicked out of school. An eccentric
grandmother with a canary yellow Land Rover and a camera. A girl who
loves books. A sheep that turns into an internet sensation overnight. A
long dusty road. An unforgettable journey.
Ster bly by haar broer en sy vrou op 'n plaas. Een nag word sy wakker en 'n erdvark staan langs haar bed, sy snoet op die lakens."Kom verken die wêreld saam met my," nooi hy. En so neem die erdvark vir Ster op 'n nag van snuffel en ontdek. Hulle gaan op ander nagtelike ontdekkingstogte daarna, want die erdvark wil vir Ster die ander skaam diere wys, die skugter vyf: die erdvark, oewerkonyn, Kaapse luiperd, ietermagog, en wit leeu.
Deidre Anker se lewe raak verstrengel met die van ’n bende van vyf seuns wat berug is vir die lewensgevaarlike en ekstreme stunts wat hulle uitvoer en video's daarvan op youtube post. Deur haar ontstuimige verhouding met Louw, begin sy die Branderjaers se geheime ontrafel - soos die feit dat hulle Bloedskuld moet betaal deur dit uit te baklei in die Kring se arena. Daar is ’n prys om te betaal as jy met ’n Branderjaer deurmekaar raak . . .
Facto luister wat die Flixies te sê het oor water en hy hoor dat dit 'n wonderstof is! Geen lewe soos ons dit ken is moontlik sonder water nie. Dit is 'n wonderlike oplosmiddel, wat beteken dat die plante en diere se kos eers daarin moet oplos voordat dit deel van die plant of dier se liggaam kan word. Dit is ook 'n was- en spoelmiddel en dit koel af. Ons voorraad vars water wat bruikbaar is, is baie beperk en die Flixies verduidelik hoekom.
Hierdie tweetalige (Afrikaans en Engels) badboeke kan ure se vermaak
aan kleintjies verskaf. In hierdie badboek word kinders vertroud met
verskillende diere, soos 'n by, pikkewyn, wurm, beer, seekat, kat,
skaap en krap terwyl hulle die Afrikaans en Engels kan leer lees.
Die drie vriende gaan saam met Buks se ouers na die Seychelles. Hulle hou lekker vakansie en vergaap hulle aan die koraalriwwe wat soos slange langs die kus van Mahe af kronkel. Hulle sien interessante en gevaarlike visse en eet vreemde kosse. Die Otters se aandag dwaal egter af van hierdie nuwighede wanneer Kassie per ongeluk hoor hoe twee mans praat van 'n kaart wat hulle na seerowerskatte kan lei. Ongelukkig kom die mans agter dat die seuns ook wil deel in die buit!
Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – is nou heeltemal tuis in graadgagt en in die koshuis van Hoërskool Volkstroom. Dit is nie net die Otters se aartsvyande, die Vuis, nie maar ook die onderwysers en die dorpsmense wat gou besef dat die Otters ’n groep is om mee rekening te hou. As hulle nie ’n foefieslaaid uit die koshuis bou nie, dan moker Buks vir hom ’n plek in die eerstekrieketspan oop. Buks is die een wat ’n slag het met die meisies, maar dit is Litte wat soos ’n wafferse held die skone Helene red van verdrinking. Toe die skool se fietse op grootskaal begin wegraak, is dit die Otters wat hulle lewens waag om die diewe te probeer vastrek. Die probleem is net: Dit is ’n geharde bende wat nie sal skroom om te kry wat hulle wil hê nie. Kan die Otters regtig hierdie hardebaard-boewe aanvat?
Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – hou vakansie, maar sal dit sorgeloos verloop met son, see, roomys en visvang elke dag? Wanneer drie boelies sorg dat een van die Otters in die see beland, begin misterieuse dinge gebeur ... Het die boelies enigiets te doen met die geheimsinnige huis op die krans? Wat sal gebeur as een van die Otters ontvoer word? Sal die Otterfluit hulle kan help om mekaar weer op te spoor? Die Otters en die huis op die krans is die vierde aksie-belaaide boek in die Otter-reeks van die befaamde Cor Dirks. Ons weet teen hierdie tyd dat die seuns maar net nie kan help om in die moeilikheid te kom nie, maar sal hulle hulself hierdie keer weer daar uit kan kry?
In Liewe Heksie: Leesboek 1 kry Heksie ’n verjaardag, Heksie en Blommie Kabouter sing in die straat om geld in te samel vir Blommeland se nuwe hospitaal, en Heksie spog op die strand met haar unieke bikini.
Daar is ’n paar basiese reëls wanneer jy jou eerste band begin …
Here comes Thoko again! Thoko is resourceful! Thoko is full of fun! Thoko is kind-hearted! Niki Daly makes reading about life as a kid entertaining and realistic with his delightful new local heroine, Thoko. Thoko skips through life, leaving behind a trail of laughter. With adorable illustrations and four heart-warming easy-to-read stories, Niki Daly has created a second book about Thoko - who is sure to become one of his most beloved characters. Look out for Hooray! Thoko.
Hierdie gebruikersvriendelik en praktiese gids is perfek vir
klaskamergebruik. Die gids sal leerders help om die roman Wolk se
letterkundige aspekte beter te verstaan en die roman in geheel te
geniet. Dit kan in beide Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele
Taal-klasse gebruik word. Literêre aspekte word binne die konteks van
die roman bespreek, daar is kontekstuele vrae met nasienriglyne,
moontlike temas word uitgewys, interessante en moeilik woordeskat word
uitgelig, en besprekingspunte en navorsingsonderwerpe word gegee.
Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – skryf briewe aan hul ouers sodat hulle fietse vir ʼn fietstoer kan bekom. Na heelwat beplanning, vertrek die seuns met ʼn gesonde voorraad blikkieskos en water in groot rugsakke na die Tuliblok langs die Limpoporivier. Wanneer hulle besef dat hulle oor die 400 km sal moet ry, kry hulle rygeleenthede saam met interessante trokdrywers ... Net ná Potgietersrus (deesdae bekend as Mokopane) haak hulle egter by een van die plase vas en word dit al gou duidelik dat hulle die Limpoporivier nie te siene sal kry nie ... Wanneer hulle agterkom dat die mense hier onwettig beeste oor die grens smokkel, maak hulle spore, maar kan hulle die bloeddorstige boer en sy spoorsnyer ontglip? En wat sal gebeur as hulle in ondergrondse tonnels vasgekeer word en wit geraamtes in die donker grotte ontdek? |
You may like...
Ecological Aspects for Application of…
W. Takken, T.W. Scott
Hardcover
R4,034
Discovery Miles 40 340
The Columbian Exchange - Biological and…
Alfred W. Crosby, Jr
Hardcover
R3,018
Discovery Miles 30 180
Marine Ecotoxicology - Current Knowledge…
Julian Blasco, Peter M. Chapman, …
Hardcover
R2,429
Discovery Miles 24 290
America's Changing Coasts - Private…
Diana M Whitelaw, Gerald R. Visgilio
Hardcover
R2,940
Discovery Miles 29 400
|