![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children
’n Pretdraf?
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."

Wanneer Cazlee se pa een aand weer sy hande vir haar lig, slaan sy
terug. Voor sy haar kom kry, veg sy elke naweek by ’n onwettige vegklub
om kos op die tafel te sit en sy dobbelgewoonte te onderhou.
Minki se verjaardag is om die draai.
Neo hou van avonture, maar partykeer voel hy ’n bietjie bang. Sy
suster, Thandi, is sterk en dapper … en sy het ’n slim plan om Neo
veilig te laat voel. Sy gee vir hom ’n spesiale kombers – ’n onsigbare
kombers. En dit werk! Hy skrik nie eens meer vir die hoogste boom in
die tuin nie. Maar sal die onsigbare kombers help wanneer Neo na ’n
nuwe skool toe moet gaan … en aan die swemgala deelneem? ’n
Inspirerende storie oor dapper wees en glo in jouself.
Minki en haar twee beste maats, Natalie en Lara, kan nie wag vir hulle pajamapartytjie met ’n llama-tema nie. Hulle gaan llama-koekies bak en versier, hulle gaan hulle naels verf en llama-plakkers opplak en dan gaan hulle hulself trommeldik eet aan die lekkergoed in die llama-piñata wat Natalie self gemaak het. Maar toe die aand van die pajamapartytjie uiteindelik aanbreek, loop die een ding na die ander skeef. Minki se tweeling-boeties byt die llama-koekies se koppe af, daar mors naellak op Natalie se splinternuwe nagklere en Lara is allergies vir die grondboontjies in die piñata-lekkers. Die pajamapartytjie waarna hulle so uitgesien het, is ’n reuse-flop! Gelukkig het Minki ’n slim plan om vir haar maats te wys dat hulle vriendskap enigiets kan oorleef …
Van ’n teddiebeer wat lewend word, tot ’n snotmonster wat ’n koshuis terroriseer en ’n spookmeisie wat in die middel van die nag in jou oor fluister. Hierdie bundel bevat 11 naelkou-lekker kortverhale deur twee skrywers wat presiés weet hoe om al die hare op jou kop regop te laat staan. Die laaste storie is boonop ekstra spannend en onvoorspelbaar, aangesien dit as ’n aflosverhaal geskryf is – een hoofstuk elk, afwisselend deur hierdie twee grilverhaal-meesters.
Wilson se lewe is, net soos haar naam, ietwat buitengewoon. Sy woon
saam met haar ouers in 'n huis op wiele en moet elke paar maande na 'n
nuwe dorp trek. Dit frustreer haar baie. Amper so baie soos Errol. Hy
het onlangs besluit dat Wilson sy beste maat is en dat sy hom moet
vergesel op vervelige uitstappies soos voëlkyk. Net toe Wilson dink dat
Verkeerdevlei net so vervelig gaan wees soos al die ander klein dorpies
waar sy al gewoon het, ontdek sy iets uitsonderlik - iets wat ten alle
koste geheim gehou moet word. Maar dan raak dinge gevaarlik ... Iemand
is daarop uit om wraak te neem, en niks en niemand gaan hom stuit nie -
veral nie twee kinders nie.
Moeg vir jou planeet se troeteldiere? Bestel vandag nog ‘n troeteldier
van ‘n ander planeet!
Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, is terug met Diereland se manewales in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending word Haas Das deur Snawel Knawel ontvoer! Diereland is baie bekommerd oor die vermiste nuusleser. Die gewilde Haas Das- stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.
Nadat Moessorgski na ’n uitstalling van skilderye van sy gestorwe vriend Viktor Hartmann gegaan het, het hy in 1874 ’n klavierwerk geskryf wat in 1922 deur Ravel georkestreer is en as gevolg van die orkesweergawe beroemd geword het. Philip de Vos het met sy verse die werk gemoderniseer om dit meer toegangklik vir moderne lesers te maak, terwyl dit steeds die gevoel van hierdie klassieke meesterwerk behou. Die prettige en slim Prente by ’n uitstalling beeld die besoeker uit soos hy van die een skildery na die volgende beweeg.
Minki en haar maats sien al weke lank uit na die skool se avontuurkamp. Hulle gaan in die bos kampeer, swem, kampvuuraande hou en in tente slaap. Boonop is daar allerhande lekker uitdagings waaraan hulle kan deelneem. Dit klink na vet pret! Maar Danika is vasbeslote om weer dinge vir Minki-hulle so goor as moontlik te maak. Sy besluit dat haar span as die Kampkampioene gekroon gaan word en dat niks in haar pad gaan staan nie. Nie eens al beteken dit sy moet vuil speel nie …
Wat sluip daar in die maanlig rond? Waldo en Connie bly in dieselfde woonstelblok – en hulle krap behoorlik kop. Oral in hulle buurt verskyn plakkate en pamflette oor vermiste troeteldiere. En boonop is daar iets vreemds met Waldo aan die gang … hy sien helder oordag dinge wat nie bestaan nie! ’n Nat, slymerige bol hare lei Waldo en Connie op die spoor van ’n onvergeetlike (en gevaarlike) avontuur – een wat jou sal laat tjank van lekkerkry!
Bea Malan, oftewel, Koningin Bea, vind met 'n skok uit haar ouers gaan
skei en dat sy en haar ma na Johannesburg verhuis. Nou bevind sy haar
tussen vreemde kinders in 'n stad wat sy nie ken nie en 'n skool wat sy
nie verstaan nie. Maar namate haar geheim al swaarder op haar druk,
beweeg sy nader daaraan om nuwe mense – en dinge – in haar lewe toe te
laat. Sy sal moet grootword as sy nie wil toelaat dat die lewe haar
soos borrelgom kou nie.
Kom kuier in die oerwoud en ontmoet die diere! Kinders kan hierdie prettige kartonboek enige plek saamdra en speel-speel meer leer oor hulle gunsteling- wilde diere. Daar’s baie om te ontdek!
WJ, sy suster Mindie, en hul beste vriend Raj, wil graag iets
asemrowends aantrek vir die skool se kostuumdag aan die einde van
Boekeweek. Hulle moet soos karakters uit hulle gunstelingboek aantrek
en besluit op Die Drie Musketiers. Maar wanneer hulle in 'n vreemde
oudhedewinkel op die perfekte bykomstighede vir hulle kostuums afkom,
loop dinge lelik skeef. Nou is hulle Die Drie Muskiete! En hulle moet
'n wêreld van insekte en monsters oorleef om weer hul pad terug te vind
huis toe.
Dennis verhuis saam met sy ouers na 'n afgeleë padstal in die
Drakensberge. Die eienaar hou 'n unieke klompie diere op die plaas aan
- maar die vreemdste van almal is 'n grys wolf genaamd
Bruno. Wanneer die buurman se alpakkas dood gevind word, is daar
gerugte van 'n "Wolfmens". En dan ontdek hy 'n ou selfoon in sy
kamer met 'n ysige boodskap. Hy moet die waarheid ontrafel voordat
wat ook al in die donker skuil nog 'n slagoffer eis . . .
´n Aardbewing op ´n Vrystaatse myndorp laat 'n skoolgebou ineenstort en
keer drie tieners onder die puin vas. Terwyl hulle suurstof en hulle
hoop al minder word, beleef die leser die angswekkende situasie saam
met hulle. Die vasgekeerde kinders ervaar engtevrees en angs vir die
naderende dood, en opflikkerings van verbete hoop en selfs humor,
totdat ´n reddingspan hulle dae later eers uitgrawe. Maar een van hulle
oorleef dit nie . . . |
You may like...
Reënboogrant Maats: Omnibus 2 (3 in 1)
Maritha Snyman, Lorraine Hattingh
Paperback
Skooluitgawe: Pad Na Jou Hart - 'n…
Ivan Botha, Donnalee Roberts
Paperback
R185
Discovery Miles 1 850
|